In vandag se Beeld rapporteer Elkarien Fourie die volgende:
PROJEK VERANDER SKOOL IN GA-RANKUWA SE LOT.
"Goeie dissipline en 'n positiewe gesindheid was al wat in die guns van die
Hoe"rskool Tebogwana getel het nadat inbrekers lankal alles weggedra het wat
draagbaar was. Daar was nie eens meer 'n biblioteekboek of 'n proefbuis nie.
Onderwysers het nie voorberei of volgens 'n leerplan gewerk nie.
"Dit was voordat Projek Handevat die skool verlede jaar soos handomkeer
verander het. Die doel van die projek is om die gehalte van die onderrig van
Afrikaans as tweede taal te verbeter.
"Tebogwana bedien oorwegend Tswanasprekers in Ga-Rankuwa in Noordwes. Die
inwoners het meestal met Afrikaans grootgeword en het self gekies om
Afrikaans as tweede taal op skool te leer.
"Mnr Tobie van Dyk, wat die projek as navorsingsonderwerp vir sy
meestersgraad lei, sê die eerste stap was om 'n leerplan vir die
teikengroep gr. 10 - 12 leerlinge in oorleg met die Dept van Onderwys op te
stel. Hy het 5 maande by die Universiteit van Antwerpen se Centrum voor Taal
en Spraak gaan kers opsteek.
"Hy besoek die skool 2-3 maal per week as hulponderwyser en het ook die
leerlinge se fisieke, sosiale en emosionele welstand op die hart.
"'n Jaar nadat die program met die gr.10 klas begin het, het die skool se
matrieks 8 onderskeidings in Afrikaans behaal. Die skool se slaagsyfer was
verlede jaar meer as 75%."
Hoede af vir Tobie!
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Op 'n ligter noot, het ek dit goedgedink om julle bekend te stel aan die
kookvernuf van Richard van der Westhuizen.
Vir die wat dalk nie weet nie, Richard is 'n sanger en akteur, tans te sien
in 'n televisiedrama, getiteld, Samaritaan. Hy sing gewoonlik saam met
Lochner de Kock, wat 'n vermaarde kok is, en sy eie kookrubriek in Beeld
het.
Richard vertel in gister se Beeld van sy eie kookvermoee":
"Ek ken net een resep en hy is baie eenvoudig. Jy soek vir jou 'n lekker
doringboom uit. Dan krap jy in sy koelte vir jou 'n stukkie grond skoon, pak
'n klomp stompe op mekaar en steek hulle aan die brand. En as hulle kole
gemaak het, sit jy vir jou 'n rooster met vleis daarop en braai dit. Dit is
my totale kennis van kos maak. En dis vir my genoeg."
Durf ek meer sê?
Groete
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
hierdie koerant bevat bydraes deur intekenaars op
soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede
geen direkte bydraes sal aanvaar word nie, so sny en plak dele om daarop te
reageer in die nuusgroep
dit bevat ook opsommings van vorige bydraes, en word slegs aan lede van
hiedie nuusgroep gestuur
indien u dit nie wil ontvang nie, gebruik die wenk onder ' BRIEWE KOLLOM;
WEEK 16/98 '
hierdie koerant bevat bydraes deur intekenaars op
soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede
geen direkte bydraes sal aanvaar word nie, so sny en plak dele om daarop te
reageer in die nuusgroep
dit bevat ook opsommings van vorige bydraes, en word slegs aan lede van
hiedie nuusgroep gestuur
indien u dit nie wil ontvang nie, gebruik die wenk onder ' BRIEWE KOLLOM;
WEEK 16/98 '
"Kobus Pietersen" writes: > e-KRANT
>
> hierdie koerant bevat bydraes deur intekenaars op
> soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede
> geen direkte bydraes sal aanvaar word nie, so sny en plak dele om daarop te
> reageer in die nuusgroep
> dit bevat ook opsommings van vorige bydraes, en word slegs aan lede van
> hiedie nuusgroep gestuur
> indien u dit nie wil ontvang nie, gebruik die wenk onder ' BRIEWE KOLLOM;
> WEEK 16/98 '
Geagte Meneer Kobus Pietersen,
wat is die wenk onder "Briewe
Kollom" wat vir my vertel hoe
om aan te dui dat ek u E-krant
nie wil ontvang nie. (Terloops,
sover dit my aangaan, is die
korrekte spelling van die
Engelse woord "column" in
Afrikaans "kolom.")
Ek hoop dat ek die hele situasie
misverstaan. Maar as ek uiteindelik
uitvind dat u vir my die E-krant
as 'n e-pos stuur sonder dat ek
daarop ingeskryf het, dan sal ek
baie ongelukkig wees, en voel dat
ek u van dinge kan beskuldig - soos
byvoorbeeld dat u nie my privaatheid
respekteer nie. Ek hoop ek verstaan
die hele situasie mis. Laat ek dit
net weer duidelik maak: ek wil nie
u E-krant as e-pos ontvang nie.
Ek hoop ook dat u besef dat mense
wat die Afrikaanse nuusgroep lees
en daarop pos, nie "intekenaars"
is nie.
Ek is besig om my eie tuis blad te ontwikkel en wil graag 'n klank le�r
insluit met Nkosi sikelel' i-Afrika sodat die buitelanders daarna kan
luister. Is daar iemand wat my hiermee kan help? Ek is bereid om daarvoor
te betaal.
Hier volg 'n uittreksel uit 'n berig wat in vandag se Rapport verskyn het,
onde die opskrif soos gemeld in die titellyn:
Die kans is goed dat die Namibiese myndorp Tsumeb 'n spookdorp gaan word
nadat Gold Fields Namibia (GFN) aangekondig het dat Tsumeb Corporation Ltd
(TCL), die hoof werkverskaffer op die dorp, gelikwideer word.
Die bom het verlede Vrydag gebars toe die sowat 1 950 werkers van TCL huis
toe gestuur is met 'n boodskap dat die kopermyn voorlopig gesluit is weens
'n likwidasie-aansoek en 'n likwidateur oor hul toekoms sal moet beslis.
In 'n dringende hofaansoek het dit aan die lig gekom dat GFN - die eienaar
van TCL - nie genoeg geld het om die sowat 2 000 werknemers se salarisse vir
April te betaal nie. Intussen het die Namibiese minister van myn- en
energiesake, Mnr Andimba Toivo ya Toivo dit duidelik gemaak dat hy Gold
Fields SA (GFSA) verantwoordelik hou vir die penarie waarin hul myne in
Namibie" is.
"Die maatskappy moet die lyding van die werknemers verlig", sê hy. "GFSA
kon nie onbewus gewees het van die verwikkelinge nie."
Verskeie terugslae het TCL die afgelope jare getref. 'n Staking in 1996 het
die tydelike opskorting van operasies tot gevolg gehad.Dit het tot verlies
van inkomste gelei, terwyl tegniese probleme die Australiese smelteraanleg
by Tsumeb geteister het. (Nota: 'n Daling in internasionale koperprys het
die situasie vererger. HB)
Spanning loop hoog op die dorp. TCL is die ekonomiese hartklop van Tsumeb en
sowat 90% van al die besighede is direk of indirek van die myn afhanklik.
Ook die stadsklerk, Mnr Ockert Brits, het die sluiting van die myn as 'n
ramp beskryf. "Die myn is die hoofwerkgewer van die dorp en direk of indirek
is almal van hom afhanklik." (Einde)
'n Tragies storie, nie net vir Tsumeb en sy mense nie, maar vir almal met 'n
passie vir die plek, asook Namibie" in die algemeen. Vir my was dit nog
altyd een van die mooistes van baie mooi dorpe in Namibie".
Let op, Gloudina, wat die onderliggende tema in al hierdie tragedies is, en
ook, waar die blaam van owerheidswee" geplaas word.
(Terloops, Gloudina, uit 'n vorige plasing van jou - 'trade surplus' =
handelsoorskot, 'trade deficit' = handelstekort.)
Groete
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
het my skiereiland vir jou te klein geword
het jy die padkaart met jou wysvinger gevolg
by die flouerige lig van verwarring
wat ophelder tot jou professionele sonopkoms?
al die jare kon ek jou vang voor die waterval
ek kon vir jou visvang, ek kon jou ekologies behandel
jy't saam met my verstedelik
jy't saam met my elke winter verjaar
en nou sê jy -
jou sandduin het verskuif
die lugfoto's kan jy nou verduidelik
miskien is dit hoekom jy huil
skielik het die seisoenale monsoene hulself vergeet...
ek hoop jy kan my bo die sikloon hoor skree
ek wil jou laat weet van mooiweer,
verspoelings wat herstel is na die onlangse reën, en
as jy kans kry om in die atlas te kyk, seblief beskryf
waarheen die kontinente dryf?
Hierdie is 'n vertaling van die opsomming van 'n artikel oor riglyne vir
nuusgroep gebruik, vir die wat belang stel.
(Die volledige artikel, "A Primer on How to Work With the Usenet Community",
oorspronklik geskryf deur Chuq Von Rospach, en geplaas deur Mark Moraes, is
te kry by die nuusgroep news.announce.newusers.)
Riglyne:
Onthou altyd dat die persoon aan die ander kant 'n mens is.
Moenie administrateurs blameer vir ander gebruikers se gedrag nie.
Moenie aanvaar dat 'n persoon namens sy organisasie praat nie.
Wees versigtig wat jy van ander sê.
Wees saaklik.
Jou plasings sê iets van jouself; wees trots daarop.
Gebruik beskrywende opskrifte.
Dink oor wie moontlik jou artikels kan lees.
Wees versigtig met humor en sarkasme, dit word dikwels mis gelees.
Plaas 'n berig slegs een keer.
Plaas 'n kort opsomming van dit waarop jy antwoord.
As dit gepas is, stuur liewer e-pos.
Lees alle opvolge voordat jy antwoord.
Sorg dat jy die korrekte e-pos adres verskaf, en verwag om reaksie te kry.
Maak dubbel seker van die relevante nuusgroep.
Wees versigtig vir kopiereg oortredings.
Noem die toepaslike bronne.
Dui aan in die titel as jy 'n uitslag bekend maak, en moenie die uitslag in
die titellyn plaas nie.
Die uitwys van spelfoute/onkorrekte taalgebruik word beskou as swak smaak.
Moenie identifikasielyne ('signatures') te lank maak nie.
Moenie nuusgroepe gebruik as bron vir take nie.
Moenie adverteer nie.
Beperk kruispos na verskillende nuusgroepe.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')