Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Not personal - please.

Tue, 28 April 1998 00:00

Mooi so Nico, volk hulle almal ! o|:-)

Groete
kobbus (Het Dr. Bill Gates al 'n genesing teen e-hakkel uitgevind?)

> Please do not attack people on this newsgroup! And please do your
> correspondence in Afrikaans, if you can.
> Try to be as possitive as possible!
>
> Kind regards!
> Nico!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse leestekens

Tue, 28 April 1998 00:00

Danksy 'n wenk van Hannes Cilliers, kan ek nou 'n oplossing bied vir die
korrekte plasing van Afrikaanse leestekens:

Gaan na 'Control Panel', 'Keybord', 'Language' en dubbelklik op die blou
strook reg onder 'Layout'. Verander nou na "United States International". Jy
sal moontlik gevra word vir jou Windows CD of 'n spesifieke stiffie.

Hierna werk die sleutelbord soos 'n outydse tikmasjien. Tik eers die ", of
^, of ', of `, en daarna die betrokke klinker. Jou masjien praat nou
Afrikaans, soos Hannes dit stel!

Ek het 'n probleem gehad om aanhalingstekens te gebruik met 'n klinker direk
daarna (die masjien sit 'n deelteken op die klinker), maar die oplossing is
om die spasiebalk ná die aanhalingsteken te druk.

Nogmaals dankie, Hannes!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Naamsverandering: Kalahari Gemsbokpark

Tue, 28 April 1998 00:00

Vanaf 2 Oktober 1998 word die Kalahari Gemsbokpark en sy eweknie in Botswana
een park, en sal bekend staan as die Kgalagadipark, en gesamentlik bestuur
word deur bewaringsowerhede van die twee lande, is verlede week bekend
gemaak.

Die park sal 37 991 vk km groot wees (Kruger Wildtuin 19 458), en dit word
beskou as 'n mylpaal in die skepping van parke oor landsgrense heen. Nog ses
sulke tipe parke word beoog in Suider Afrika, waarvan die kroonjuweel 'n
park sal wees bestaande uit die Kruger Wildtuin, Banhine in Mosambiek,
Gonarhezou in Zimbabwe, en die verbindingsgebiede tussen hulle. Hierdie park
sal 95 712 vk km groot wees.

In nog 'n verwikkeling, word beoog om die Mata-Mata hek tussen die
Gemsbokpark en Namibie" later vanjaar te heropen. Om te verhoed dat die park
bloot 'n deurgangsroete word, sal daar minstens 2 nagte in die park geslaap
moet word.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Leendert vra: wat is Apartheid?

Mon, 27 April 1998 00:00

Wel, Leendert, ek weet dis 'n lokval. Jy wil
hê ek moet vir jou "apartheid" "verduidelik." Dan
het jy nou 'n kans om vir almal jou nuutgewas- en
gestrykte konsep van apartheid voor te lê. Op so 'n
manier voel jy dan "beter" oor wat die afgelope half-
eeu in SA gebeur het.
Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
1948 nie. Aanvanklik het die mense wat "apartheid"
verkondig het, dit voorgestel as 'n nuwe bedeling wat
die probleme sou oplos van die vorige halfeeu. Maar
baie gou het dit geblyk dat die agenda iets anders is.
Vroeg in die vyftigerjare het daar 'n klomp wette ver-
skyn wat dit duidelik gemaak het dat almal wat nie "wit"
is nie net in sekere plekke kan bly, nie kan trou met wie
hulle wil nie, nie kan studeer waar hulle wil nie, en so
aan en so aan en so aan. Eers het die SA bevolking wat
nie "blank" was nie deur die howe probeer om sake te
probeer verander. Maar toe dit lyk asof niks help nie, het
hulle 'n baie laegraadse burgeroorlog begin.
Dinge het al slegter geraak in die sestigerjare. Teen die
1970's en 1980's was almal wat nog Christelike beginsels
gehad het, al teen die sisteem gekant. Maar daar was so 'n
duiwelse netwerk van skobbejakke wat die land geterroriseer
het, dat dit lank geneem het voordat die "Broederbond" self
gesien het dat dinge nou hand uitruk en stappe gedoen het
om dinge weer te normaliseer: dit wil sê om 'n atmosfeer
te skep waar demokratiese magte kon oorneem en die land
red van die boelies wat 'n fascistiese staat geskep het. 'n
Soort van staatsgreep het PW Botha uit die saal gelig. Later
het dinge hulle verloop geneem. Aanvanklik het de Klerk
ook maar seker gedink hy kan sy draaie gooi en nog die mag
in hande hou. Die geskiedenis vertel ons egter dat hy nie
geslaag het nie. Dis daarom dat in 1998 ons nou in SA 'n
bedeling het wat nader lyk aan 'n demokratiese staat as
wat die geval was in die laaste paar eeue.
Natuurlik is die sosio-politieke en ekonomiese toestande
in SA op die oomblik in 'n warrelwindtoestand - die mense
wat "apartheid" ontwerp en die mense wat dit in stand gehou
het, het direk hand daarby dat daar 'n vryheidsbeweging onder
die nie-blankes ontstaan het. Jy het dus nou die toestand dat
vorige vryheidsvegters 'n land moet regeer (omdat hulle die
sterkste party is.) Miskien, as die mense wat so in "apartheid"
geglo het in die middel van die eeu, kon sien wat in die toe-
koms sou gebeur, sou hulle tweekeer gedink het voordat hul
vir hul kinders die bed van spykers ontwerp het waarop hulle
nou moet lê. Miskien moes hulle in 1948 op hulle knieë
gegaan het en die Vader se leiding gevra het. Dan het SA
miskien met reg en geregtigheid ontwikkel in 'n staat waar
dit nie nodig was vir 'n burgeroorlog om uit te breek nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Regstellende Aksie of Wettige Rassisme?

Mon, 27 April 1998 00:00

Ek moet nog die persoon ontmoet wat
nie in enige mate 'n rassis is nie. Ek glo
net dat solank jy niemand benadeel, of
skat volgens etniese groep nie, jy 'n gesonde
grondslag het om goeie besluite te neem.

Huidiglik word wetgewing verander om
werkgewers te dwing om mense aan te
stel volgens velkleur. Ek wonder net hoe
regverdig dit is teenoor die arme persoon
wat aangestel word met die minimum
ondervinding, alhoewel hulle meestal die
kwalifikasies het.

Sulke persone word eerstens verwerp deur
hulle eie mense as "sell-outs", en ten tweede
vind meeste van hulle dit onmoontlik om
effektief hulle nuwe posisies te behartig.
Deels omdat die persoon wat hom nou moet
leer, en dra in die posisie, nie die pos gekry
het nie omdat hy die verkeerde velkleur het.

Ons land probeer om kompiterend te raak
op die internationale markte. Hoe gaan ons
dit ooit regkry terwyl ons mense in poste aanstel
omdat hy die regte velkleur het in plaas van
omdat dat hy die werk kan doen.

Ek glo nog 'n mens gooi fondasie voordat
jy dak opsit.

Groetnis
('n uiters bekommerde)Sakkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Robin Hood in Afrika

Mon, 27 April 1998 00:00

Hier volg 'n vertaling van 'n berig deur Cornina Pretorius in die Sunday
Times van gister, getiteld "Long-awaited books stolen at school gates" :

'n Skoolhoof en sy 1 020 leerlinge het 4 maande gewag vir skryfboeke, net om
te sien hoe die afleweringsvoertuig by die skoolhek gekaap word. Elias
Moloto, 'n werker by die skool, het gesien hoe 6 gewapende mans
Woensdagoggend die voertuig kaap.

Brenton Phokojoe, skoolhoof van George Khosa Sekonde^re Skool in
Dobsonville, Soweto sê, "Ek is platgeslaan. Ons het baie lank gehoop die
boeke daag op". Phokojoe het 'n vergadering gehou met die beheerliggaam, en
hoop dat ouers sal help om skryfbehoeftes te koop.

"Kinders wie se ouers nie kan bekostig om boeke te koop nie, steel nou ander
leerlinge s'n", sê Sipiwe Mthimkhulu, leerlingraad voorsitter.(Einde)

Robin Hood? Miskien, maar met 'n verskil. Die motto 'robbing the rich to pay
the poor' het iewers verlore gegaan.

Maar die tragedie het 'n stertjie. Die laaste paragraaf sê die volgende:

Alhoewel die polisie die kaping bevestig het, het 'n amptenaar belas met die
verspreiding van skoolboeke gesê die Gautengse Dept. van Onderwys weet niks
daarvan nie. Hulle vermis nie 'n aflewerings voertuig nie, en het nie 'n
vragmotorbestuurder genaamd Kagiso Mmamabolo in diens nie.(Einde)

Soos my ouma sou gesê het, "Die plot tiekens!"

My vrou is normaalweg nie die siniese soort nie, maar sy het hardop gewonder
of die Dept nie 'n lee" vragmotor gestuur het, en self die 'kaping' geree"l
het om hul onvermoee" te verberg nie. Ek weet nie, maar enige iets is
moontlik, en die moontlikhede legio.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Prosessie" deur MARIA ROSSOUW

Mon, 27 April 1998 00:00

PROSESSIE
Maria Rossouw


Ek is die een
wat die klokkie lui
in die prosessie.
Ek is die een wat,
wanneer voëls in die lente
eroties fluit
en die sade en die muggies
vloei en stoei,
weet wat gedoen moet word.
Ek is die een wat
die brein ingaan,
die impuls bring,
by die sinapse spring
en die afstand meet
na die volgende sinaps.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

WEEK 16/98

Mon, 27 April 1998 00:00

This is great ... gee julle mensom om as ek in Engels skryf?

Squirrel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit "Scriba van die Carbonari" deur D.J. OPPERMAN

Mon, 27 April 1998 00:00

Uit "Scriba van die Carbonari"
D.J. Opperman

...
en ook waar berg en bos styg uit die see
met winde wat oor rots en denne fluit,
ken ek in alles die angs en wee
van God in ieder ding en mens gesluit,
en as volksgenoot is dit my doel:
Ek moet my land, wat buite die hemele lê,
deur Sy genade en Sy meegevoel
bestendig in my volk se taal en sê
wat my aangryp; en in volstrekte
vereenselwiging met alles om my heen:
bloeisels, Alpe en viswyf, verlos ek
deur die gedig die engel uit die steen.
...

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die uitwerking van gepolariseerde visie op persepsies van rassisme

Mon, 27 April 1998 00:00

Gloukoma skryf:

********* begin aanhaling *************

From:
Subject: Re: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek
Date: 24 Apr 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans

sizwe...@aol.com (SizweBanzi) writes: >
> Snaaks hoe sirkulere redenering vir eie gewin toegepas word. Wanneer iemand
> genaamd koos, en piet of dergeliks iets "onbeskaafds" pos (en daar is velerlei
> sulke voorbeelde) word daar OF nie daarop gereageer nie OF dit word toegeskryf
> aan een of ander individuele renegade. Met 'n naam soos Sizwe, egter, word dit
> 'n onbeskaafde karaktertrek van 'n hele groep - die "einddoel" van die julle in
> ZA. Wel ek dink daar is ver genoeg agteruit gebuig in die naam van
> rekonsiliasie vir mense soos jy. Skielik is rekonsiliasie 'n prioriteit vir
> jou wanneer jy dit kan gebruik om my aan te val en jou verantwoordelikheid
> daarmee kwyt te skeld. Ek sien deur jou ploy.

Ja, nee, Sizwe, jy het hulle in 'n lekker
lokval gelei. Sodra die sogenaamde "swart
naam" deur iemand gebruik word, word daar
rassisties aangeval. Hoe weet hulle dat
dit nie 'n sielkundige is wat hulle uit-
toets om inligting in te samel vir 'n
sielkundige dokument oor rassisme op die
kubernet nie.

*************** aanhaling eindig **************

Nee, Gloudina, nie 'n sielkundige nie. Wel 'n historikus, as ek dit reg
het - een met 'n besondere belangstelling in sosiale geskiedenis.

In elk geval. Hier had ons 'n "bekende Kleurlinggeleerde" (soos Rapport vir
baie jare by "Gus Adams" se naamlyn geskryf het - dit was toe al die Richard
van der Ross).

Hy kom af op 'n stuk kwaadwillige laster (te goed om nie verder te versprei
nie) oor ene PW Botha. Dit verskyn in 'n gewilde boek wat as gesaghebbend
beskou word in radikale swartbewussynskringe in die VSA. (ons aanvaar maar
hy dit dit nie self gefabriseer het en aan die skrywer toeskryf nie). Die
stuk is lasterlik, want dit gee voor dat PW Botha in 1985 uiters rassistiese
boodskappe aan Afrikaners gestuur het. Die implikasie is ook dat Afrikaners
ontvanklik was vir sulke berigte. Dit belaster, op uiters rassitiese wyse,
dus nie net PW Botha nie, maar ook die meerderheid Afrikaners.

Hy weet baie goed dat hy nie in sy eie naam gevang kan word dat hy die
stukkie materiaal ernstig opneem nie - en veral nie dat hy dit versprei nie.
Dit sou sy reputasie as wetenskaplike onder sy kollegas onberekenbare skade
aandoen.

Hy kies dus 'n skuilnaam uit 'n stuk van Athol Fugard uit die
sewentigerjare. 'n Xhosanaam. Met 'n vals Xhosa-identiteit (maar met die
pragtige taalgebruik van Genadendal, wat by geleentheid verval in die patois
van Mannenberg) plaas hy die stuk rassistiese laster op die
Afrikaansnuusgroep. Heel provokatief.

Drie dinge gebeur:

1) Iemand haal dieselfde triek op hom uit, gebruik dieselfde skuilnaam en
adres, en gee voor dat sy vals persona ook gay voorkeure het.

2) Iemand anders ontbloot sy stukkie propaganda vir wat dit is.

3) Ons geleerde vriend (in sy vals Xhosa-gedaante) doen 'n dosyn
bollemakiessies en piepie straaltjies in alle rigtings.

In sy reaksies ontbloot hy sy eie vooroordele en kwaadwilligheid soos volg:

1) Maak die stelling dat bewerings oor gay voorkeure 'n teken van
rassisme is. In die proses toon hy sy eie homofobiese vooroordele. (Kort
tevore is presies dieselfde poets op iemand ander in die nuusgroep gebak -
dit het onder andere gelei tot bewerings dat Afrikaners die grootste
voorkoms van manlike homoseksualiteit vertoon. Dit beskou hy egter nie as
"rassisties" nie.)

2) Maak 'n massiewe krater van homself toe hy hom op die wetenskaplike
metode beroep, en demonstreer in die proses dat hy sommige van die
fundamentele begrippe in sy gereedskap as wetenskaplike nog nie baasgeraak
het nie.

3) Stel, op uiters arrogante en hoogs rassistiese wyse, homself aan om te
eis dat 'n ander deelnemer moet inval by die identiteit wat hy vir daardie
persoon voorskryf.

4) Verval in 'n sniveling heap of snot, skreeu "Rassisme!" en wend hom
tot emosionele afpersing van die mees laakbare aard toe sy tjank vir hom
afgetrap word oor sy optrede in 3.

Maar jy, Gloudina, kom tot die gevolgtrekking dat:

"Ja, nee, Sizwe, jy het hulle in 'n lekker
lokval gelei. Sodra die sogenaamde "swart
naam" deur iemand gebruik word, word daar
rassisties aangeval."

As enigiemand in hierdie insident rassistiese aanvalle geloods het, was dit
onse "Sizwe".

Maar jou polaroidbril laat net rassisme van 'n bepaalde polarisering deur,
nie waar nie?

Dit sou jammer (maar verstaanbaar) wees as ons geleerde vriend te skaam is
om weer deel te neem. Ek dink hy sou waardevolle bydraes kon maak uit 'n
perspektief wat nie goed op die nuusgroep verteenwoordig word nie.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1413  1414  1415  1416  1417  1418  1419  1420  1421  1422  1423  1424  1425  1426  1427  1428    »]
Tyd nou: Mon Jan 13 02:32:04 UTC 2025