Gloudina skryf:
>> Leendert het ten minste op een
>> stadium gesê hy bly gelukkiger
>> in die nuwe bedeling as onder
>> die apartheidsregime.
>
>
Leendert skryf:
> Dit is steeds die geval dat ek die "nuwe" Suid-Afrika by verre verkies bo
> die "oue".
Gideon, man, welkom vir eers. Nee, laat Leendert maar 'n bietjie voortwoed,
want Gloudientjie beskou hierdie NG as haar speelplek met 'n ego wat geeste
uit die grafte uit opskrik. Haar belewenis van die land is gegrond op die
histories en nie die hede nie.
En daarmee tokkel sy aanhoudend op dieselfde "boring" snare vir eeue al.
Sy hoor ook net haar eie stem. Kritiek teen haar beskouing van Afrikaner
wees, beskou sy as verraad teen die nuwe land en ons wonderlike nuwe
demokrasie - wat sy in alle opsigte as goed en mooi wil afdwing. Begin vir
ons 'n onderwerp en hoop sy kom lê nie 'n historiese eier nie.
Hoe gaan dit daar in die Kaap? - die Wes-Kaap. Groete uit die Oos-Kaap.
Jy het nodig:
IN JOU DRANKVERSAMELING.
Meerlust Rubicon in rooi;
Simonsig Kaapsevonkel in "sjam-paan-jong"
De Leeuwenjacht Chardonnay in wit (en gehout om moederswil,)
OP JOU TAFEL:
Aaronskelk kerse;
Eetgerei absoluut "non-matching and definetaly antique;"
Vermy Royal Albert en enige iets so "deliciously common;"
Delikate rose in glas geblaas;
Waterford kristal as dit moet,maar vermy dwergies in die tuin.Die twee saam
is 'n dodelike kombinasie om jou "uncolonial" agtergrond en boersheid te
bevestig.
AAN JOU LYF.
Errol Arends. Welllll, as dit moet. Enige iets anders is in elk geval
lagwekkend Een moerse kristal van edelstenige afkoms en verkieslik 10
karaat of GROTER om die nek. Klippe aan enige vinger is
asse-moeder-se-blief saam met apartheid en Evita Bezuidenhout OORLEDE!!!
Bowendien is die medallion vir die "KARMA" en word by niemand anders as 'n
ghoeroe gekoop nie. 'n Hadji. Nog nader,'n Bhoedis!!!
JOU GASTE:
Jou pas gestigte blommeklub en jou rangskikkings verkieslik in 'n "fan" of
"twirl" .
JOU BUTLER: (Koffiejoggie - cum- katelknaap) Black, Big, and
Beautiful. Kaal gespierde bolyf, met wit handskoene en swart tux-broek, as
jou chauveur op jou veteraan Harley Davidson, of as dit dan moet: die
nuutste Triumph.
Geen goed opgevoede snob met 'n bloubloed IK van minus 160 weerstaan
hierdie vergrype nie.
Rond dit af met 'n briljante advokaat as jou lyfkneg. Hy hou al die snobs
immers uit die tronk uit ,wat probeer om al hierdie aardse sondes gelyk aan
te skaf om in tel te kan wees. Bowendien verdien jy 'n kommissie op al sy
besigheid.
Vir enige Afrikaner vroue siel, wat hierdie lewewyse wil aanpak: 'n Woord
van advies. Koop die Landbouweekblad vir die Hoekie vir eensames" want jou
man gaan jou los!!!
HOE OM VAN SNOBS ONTSLAE TE RAAK:
Gooi die huis toe onder velle. Hang "Wat is 'n huis sonder 'n moeder" teen
die sitkamermuur, en "Die Here het tussen my en 'n Koloniale Engelsman 'n
skeiding gemaak soos tussen my en 'n swartman" by die tuinhekkie.
Tjorts op die grasperk en sing "God save the Queen" terwyl jy dit toegooi.
Koop twee vuil varke en vernoem hulle na Eugene Terreblanche en Churchill.
Maak seker hulle is skootsitters en kan vloek.
IN JOU HOENDERHOK: Suiwer wit hoenders onder beskerming van die ou
Vierkleur van Transvaal en die Britse vlag.
BY JOU PATIO: Die nuwe SA vlag.
HOE OM NUWE VRIENDE TE MAAK.
JOU GASTE:
Hugh Masekhela met die Jazz Pioneers op bystand.
Geniune ou families van SOWETO en SANDTON. Maak seker die bloed is BLOU.
DIE GELEENTHEID: 'n Township Jive op jou landgoed.
KLEREDRAG VIR JOU SOWETO GASTE:.Gucchi,Marianne Fassler,en Rolex, Porches
en Porches en Lamborghini.
JOU DRANKKABINET: Brandewyn en Coke. Baie Whiskey.
KLEREDRAG VIR JOU SANDTON GASTE: Very understated and old-English,
4-wheel drives van alle soorte. Reel vir die goedjies
'n voëlskiet and "troutfishing" kompetisie. Hou hulle besig terwyl jy wag
vir die SOWETO bende wat moontlik vyf ure laat kan wees.
JOU DRANKKABINET: Gin and tonic for heaven's sake!
Moenie worry oor die taalkwessie nie.Sodra jy die pap en wors uitpluk,slaan
die hele spul oor na moedertaal-nostalgie.Hugh pluk sy konsertina uit, en
voor jy jou oë uitvee word 'n nuwe nasie gebore op jou voorstoep.
Stuur soetruikende sigaartjies - tuis gerol, om vir die geesvang;
Rond die aand met oom Kalfie se goue medalje Witblits af, en dra die besope
lyke van jou " old-colonial pelle" van jou grasperk af.
Die Wit-Afrikaner-cum- eie- tuisland, "yuppie" bure is 'n "dying breed" en
moet onder toesig van die World Wild Life Society in 'n natuurreservaat
geplaas word. Die status van " bedreigde spesie " kan aan hulle toegeken
word. Plant 'n Elize Botha - roos vir hulle nagedagtenis in jou tuin, en
gesels elke oggend liefdevol met die boompie.
Wil iemand hierop voortborduur? Dit kan nogal pret afgee.
Wit is die wêreld
van outydse wee,
en 'n treurige wals
is die vroemoresee;
dou oor die duine, geen windjie wat waai,
net 'n vaalvalk wat sing soos hy draai, soos hy draai...
valk: hawk, falcon, peregrine
vaalvalk: a grey hawk
wit : white (swart: black)
wêreld: world (wêrelde, wêreldtjie)
outyds: oldfashioned, but in this case
probably "from yesteryear."
wee : sadness, wistfulness
treurig: sad
wals : waltz
vroemoresee: the sea in the early morning.
dou: dew
duine : dunes
geen : no (German kein)
windjie: light breeze
waai : blow
net : only
draai : turn
Ek merk soms dat ek sommige ouens se pos net sien as iemand daarop reageer,
en ek is seker dit gebeur met julle ook.
'n Alternatiewe manier om dit te kontrolleer, is om na http://www.dejanews.com te gaan, en gratis in te teken deur 'My Dejanews' te
kliek. Vandaar kan 'n ou kyk wat op enige nuusgroep geplaas is.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Gloudina, ek het jou been getrek man....... Moet tog nie so vinnig op jou
perdjie wees nie. Om die waarheid te sê, ek geniet julle twee se oor en
weer kommentaar so af en toe.
Wat albei van julle moet besef is dat ernstige mense regte skendings aan
albei kante gepleeg is oor die laaste paar dekades. Onskuldige mense aan
albei kante is koelbloedig vermoor.
Ek raak net baie bekommerd as ons (nuwe) regering individuele insidente
gebruik om rasse haat aan te vlam wanneer 'n "swarte" benadeel is, terwyl
"blanke" boere daagliks in gevaar is en letterlik by die dosyne vemoor word
sonder dat ons 'n STERK boodskap van die regering se kant of kom wat die
gebeure afkeur nie.
Groetnis ---------- Sakkie
ns. Ek wil nog vir jou kom kuier in Kanada. Ek hoor die natuur is
asemrowend mooi.
From:
Subject: Leendert vra: wat is Apartheid?
Date: 27 Apr 1998 00:00:00 GMT
Message-ID:
Organization: IGS - Information Gateway Services
Newsgroups: soc.culture.south-africa.afrikaans
> Wel, Leendert, ek weet dis 'n lokval.
In 'n "oorlog" moet 'n mens seker maar lokvalle verwag, nie waar nie? As jy
oorlog aanstig miskien soveel te meer.
En onthou, Gloudina: oorlog is 'n vuil, vuil besigheid. Daar sit geen eer of
glorie in nie. En dit maak baie bitter seer.
> Jy wil
> hê ek moet vir jou "apartheid" "verduidelik." Dan
> het jy nou 'n kans om vir almal jou nuutgewas- en
> gestrykte konsep van apartheid voor te lê.
Hmmm... 'n Lokval is net 'n lokval as dit die vyand dit nie voorsien nie.
En jy sit reeds pens en pootjies daarin.
> Op so 'n
> manier voel jy dan "beter" oor wat die afgelope half-
> eeu in SA gebeur het.
Huh - uh. Ek kan nie beter voel oor wat die afgelope half-eeu in SA gebeur
het nie :-)
> Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
> 1948 nie.
Ek weer, dink dis gelukkig - nie ongelukkig nie.
> Aanvanklik het die mense wat "apartheid"
> verkondig het, dit voorgestel as 'n nuwe bedeling wat
> die probleme sou oplos van die vorige halfeeu.
Wat was die probleme van die vorige halfeeu?
> Maar
> baie gou het dit geblyk dat die agenda iets anders is.
Wat, het dit toe geblyk, was die agenda? (En wanneer het dit so geblyk?).
> Vroeg in die vyftigerjare het daar 'n klomp wette ver-
> skyn wat dit duidelik gemaak het dat almal wat nie "wit"
> is nie net in sekere plekke kan bly, nie kan trou met wie
> hulle wil nie, nie kan studeer waar hulle wil nie, en so
> aan en so aan en so aan.
Hmmm... Het dit net gegeld vir almal wat nie "wit" is nie? Kon almal wat
"wit" was dan bly waar hulle wou, trou met wie hulle wou, studeer waar hulle
wou en so aan en so aan?
Ek sou graag ook meer verneem van die "en so aan en so aan".
> Eers het die SA bevolking wat
> nie "blank" was nie deur die howe probeer om sake te
> probeer verander. Maar toe dit lyk asof niks help nie, het
> hulle 'n baie laegraadse burgeroorlog begin.
Kan jy spesifiek wees, asseblief: wat bedoel jy met "'n baie laegraadse
burgeroorlog"? Ek stel veral belang in die strategiese doelwitte daarvan,
die teikens wat ge-identifiseer is, die taktiek en wapens wat aangewend is,
en die algemene verloop daarvan.
> Dinge het al slegter geraak in die sestigerjare.
Ah! Jy sê dus dat daar in die sestigerjare 'n tweede fase was. Hoe het
hierdie fase verskil van die voorafgaande een? In watter opsig het "dinge"
al slegter geraak?
> Teen die
> 1970�s en 1980�s was almal wat nog Christelike beginsels
> gehad het, al teen die sisteem gekant.
Dit lyk my ons het dan hier te doen met 'n derde fase, nie waar nie? Hoe
verskil dit van die voorafgaande twee?
Ek dink dit sal help as jy die "sisteem" verduidelik. Is dit nou dieselfde
as die "klomp wette" waarna jy aanvanklik verwys het?
> Maar daar was so 'n
> duiwelse netwerk van skobbejakke wat die land geterroriseer
> het, dat dit lank geneem het voordat die "Broederbond" self
> gesien het dat dinge nou hand uitruk en stappe gedoen het
> om dinge weer te normaliseer:
Is dit 'n vierde fase? Wanneer het dit begin? Wat was sy kenmerke?
> dit wil sê om 'n atmosfeer
> te skep waar demokratiese magte kon oorneem en die land
> red van die boelies wat 'n fascistiese staat geskep het.
Jy sê die "Broederbond" het hierde ding gedoen - hierdie atmosfeer geskep?
Vertel meer hiervan asseblief.
> 'n
> Soort van staatsgreep het PW Botha uit die saal gelig. Later
> het dinge hulle verloop geneem. Aanvanklik het de Klerk
> ook maar seker gedink hy kan sy draaie gooi en nog die mag
> in hande hou. Die geskiedenis vertel ons egter dat hy nie
> geslaag het nie. Dis daarom dat in 1998 ons nou in SA 'n
> bedeling het wat nader lyk aan 'n demokratiese staat as
> wat die geval was in die laaste paar eeue.
Jy sê dis "nader aan" 'n demokratiese staat. Hoe verskil dit dan van 'n
volwaardige demokratiese staat?
En jy verwys ook na "die afgelope paar eeue" in die konteks van 'n
"demokratiese staat" Ek so graag verneem: Wat beskou jy as die eerste
volwaardige "demokratiese staat", en wanneer het dit tot stand gekom? Beskou
jy Kanada as 'n volwaardige "demokratiese staat" en wanneer het dit een
geword? Die VSA? Verenigde Koningkryk? Nederland? Liberië? Ethiopië?
> Natuurlik is die sosio-politieke en ekonomiese toestande
> in SA op die oomblik in 'n warrelwindtoestand - die mense
> wat "apartheid" ontwerp en die mense wat dit in stand gehou
> het, het direk hand daarby dat daar 'n vryheidsbeweging onder
> die nie-blankes ontstaan het. Jy het dus nou die toestand dat
> vorige vryheidsvegters 'n land moet regeer (omdat hulle die
> sterkste party is.) Miskien, as die mense wat so in "apartheid"
> geglo het in die middel van die eeu, kon sien wat in die toe-
> koms sou gebeur, sou hulle tweekeer gedink het voordat hul
> vir hul kinders die bed van spykers ontwerp het waarop hulle
> nou moet lê. Miskien moes hulle in 1948 op hulle knieë
> gegaan het en die Vader se leiding gevra het. Dan het SA
> miskien met reg en geregtigheid ontwikkel in 'n staat waar
> dit nie nodig was vir 'n burgeroorlog om uit te breek nie.
Dis nou 'n interessante "if only" hierdie! Kom ons gestel "hulle" het wel op
hul knieë gegaan en dat dit gebeur het soos jy wens dit het gebeur.
Verduidelik hoe jy dink dat "dinge" sou verloop het in die tyd van elk van
die vier fases wat jy hierbo aandui
In die Kanadese provinsie van New Brunswick is
daar 'n Eerste Nasie-reservaat bewoon deur Micmac.
Die naam van die reservaat is Big Cove. Hierdie plek
het bekend geword as 'n sosiologiese probleemgebied.
Die selfmoordsyfer, veral onder jeugdiges, was ver
bo die gemiddelde vir Kanada. Dit was beskou as van
epidemiese proporsies. Daarmee saamgaande, en deels
aangeneem as die oorsaak, was 'n baie hoë gebruik van
alkohol en ander dwelm-middels. Dit was 'n probleem
wat sielkundiges en sosioloë hoofbrekens gegee het. En
vir baie Kanadese, wat rassisties gedink het, maar net
nog 'n voorbeeld van die onkunde en onbereidheid van
die "Indiaan" om homself aan te pas en reg te ruk.
Tot nou onlangs. Die mense van Big Cove het
besluit dat hulle in die kroon-woude in sal gaan en begin
om die bome te kap en te verkoop en vir hulself so werk
te verskaf. Hulle het hierdie besluit geneem toe hulle sien
dat die Hooggeregshof van Kanada besluit het dat Eerste
Nasies die reg het om op kroongrond te jag en te oes,
sonder dat dit nodig is om op papier te bewys dat hulle
die reg het om daar te bly. Mondelingse oorlewering is
genoeg, het die Kanadese Hoërhof gesê. Die mense van
Big Cove het toe besluit om die wet te toets. Toe hulle
in die bosse ingaan, het die Provinsiale regering van New
Brunswick vir hulle beveel om op te hou om op kroongrond
bome af te kap. Hulle het geweier. Die provinsiale regering
het 'n hofbevel aangevra om hulle te dwing. Die Micmac
het geweier. Die situasie is getoets in 'n provinsiale hof.
Hierdie laer hof het verklaar dat die mense van Big Cove nie
die reg het om die bome af te kap nie. Maar die mense van
Big Cove sê hulle sal aangaan om te doen wat hulle doen.
Die provinsiale premier het hulle probeer omkoop deur vir
hulle van die geld wat die groot bosboumaatskappye aan die
regering gee as vergoeding aan te bied. Maar die Micmac wil
nie die geld hê nie. Hulle wil die werk hê. Die voorsitter van
Big Cove se reservaat sê dat niemand in die laaste tyd self-
moord gepleeg het nie. En dat daar 'n dramatiese afname is
in die gebruik van alkohol. Die mense weet hulle moet vroeg
gaan slaap, want more-oggend moet hulle vroeg opstaan om
te begin bome kap.
Dit laat 'n mens diep dink oor wat die mense uit Europa
aan die oorspronklike nasies van die Noord-Amerikaanse
vasteland gedoen het. Hoe durf hierdie indringers van oorsee
"kroongronde" geskep het en die mense wat al vir duisende
jare hier gebly het, weghou van wat eintlik hulle reg is om
te gebruik. En die geweldige sosiologiese en sielkundige
gevolge vir mense wat onterf voel, hopeloos voel, van geen
nut voel. Dis om van te huil.
> Vreeslike mooi storie, maar dit roer nie my hartsnare nie. Ek is wit
> en baie trots daarop. Ek het geen skuld aan wat jou landgenote aan
> die Indiane gedoen het nie.
> Nee wat, Gloudina, jy verloor jou eiei argumente soos jy hulle
> neerskryf - raak ontslae van jou oordrewe skuldgevoelens omdat jy wit
> is en kyk eerder watter positiewe dinge jy kan doen om te help.
Ek laat met graagte hierdie hooghartige
arrogante reaksie oor aan Ferdi in Suid-
Afrika, Sizwe in die VSA, Galjoen in
Australia, en selfs Leendert om op te
reageer. Ek dink Johan Potgieter is
maar nog net 'n nuutaangekome opgepofte
Afrikaner in die VSA, wat veralgemenings
maak oor "Amerika." Was jy al in die
Lower East Side van Manhattan, Johan?
Ek het 'n suspisie jy bly nie te ver
daarvandaan nie.