Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die babyboomers

Vr., 02 Mei 2008 00:14

Toe ek nog in SA gebly het, het ek geweet van die
woord "babyboomers" en die betekenis daarvan. Maar
ek het nie gedink dit verwys na iets baie belangrik nie.
Selfs nou nog wonder ek of daar genoeg van 'n baby
boom in SA was dat dit enigsins 'n effek op mense
se lewens gehad het. Ek het ook die gevoel dat
selfs in Engeland, of ander Europese lande, daar nie
so 'n merkbare baby boom was, sodat dit in die meer
as vyftig jaar na die oorlog ge-eindig het, die effek nog
gevoel kan word nie.
In Noord-Amerika is dit egter anders. Hier kon
ek, in my leeftyd, die sosiale, ekonomiese en
kulturele effek van die groot aantalle babas wat
in die laat veertigerjare en vroeg vyftigerjare gebore
is, eerstehands sien. Toe ek in die vroeg-sestigerjare
na Kanada gekom het, was die babyboomers in die
skole. Ek het eers in die universiteitsbiblioteek gewerk
in die dorp waar my man klasgegee het, maar toe
kom daar 'n prinsipaal van 'n skool en kom smeek
vir my om in sy skool te kom skoolhou. Hy het
'n aardrykskunde-onderwyser nodig gehad. Ek
het aanvanklik gesê dis nie die vak waarin ek opgelei
is nie, maar hy het aangehou smeek en ek het toe
vir hom gaan skoolhou. ( In die proses het die skole
in Noord-Amerika baie onderwysers geabsorbeer,
en in die dekades daarna, nadat die babyboomers
uit die skole beweeg het, het die skole met teveel
onderwysers gesit. Dus, vir 'n lang ruk was dit nie
maklik in die laat sestigerjare en daarna, om
onderwys poste in skole te vind nie.
In die laat sestigerjare het die babyboomers
deur die universiteite gegaan. Skielik was universiteite
desperaat vir professors en het hulle selfs mense
wat nie baie kwalifikasies gehad het nie, in die
universiteitssisteem ingesuig. Toe die babyboomers
as 'n groep nou uit die universiteite beweeg, toe was
daar soveel oortollige professore in die universiteite
dat dit baie moeilik was vir jong akademici om
voltydse poste aan universiteite te bekom en was
die akademiese mark amper sonder beweging.
Toe al hierdie babyboomers nou in die
werksmark ingaan, was daar soveel van hulle dat
hulle mekaar vertrap het en promosie was nie
maklik nie. Dus was dit 'n moeilike werksmark
vir 'n hele paar dekades.
Nou egter, is die babyboomers besig om
uit die werksmark uit te gaan, en skielik, vir die
geslag na hulle, is daar baie openinge en vinnige
promosies. Ons jongste kind, wat in die staatsdiens
is, gaan vinniger op met die werksleer as wat ons
verwag het. Jong talent is nou so gesog soos
professore was toe die babyboomers deur die
universiteite gegaan het in die sestigerjare.
Dis regtig merkwaardig hoe omstandighede
beinvloed word deur onvoorspelbare ontwikkelinge.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waar is hulle nou?

Do., 01 Mei 2008 21:56

Ja, al daai *groot baase*, die donners wat gedink hulle gatte stink nie?
Nou word hulle gatte lekker geskop! Duur wie - julle weet mos, ne?
Miskien sit hulle al lekker mekaar op hulle gatte in die blou berge.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Beurtkrag verby, maar...

Do., 01 Mei 2008 14:07

Ek dink nie dat daar enige 'maar' is nie.
Evkom het geskrik - hulle is gedreig met GROOT eise omdat maatskappye
skade gekry het asgv kragonderbrekings. Slegs naïewes sal glo dit dit
'n toegewing was.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jan van Riebeeck

Di., 29 April 2008 16:30

Voor de geïnteresseerden:
nieuw op de website van de DBNL

'Dagverhaal' van
Jan van Riebeeck

http://www.dbnl.org/tekst/rieb001dagv02_01/

--
Michel

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

" Fragmente uit TRAM-ODE " deur UYS KRIGE

So., 27 April 2008 23:09

Fragmente uit TRAM-ODE
Uys Krige

O wakker mars van name deur my gees
van stede, dorpe, plase - plekke waar ek eens gewees het,
waar ek verlang het om nog eendag te wees
toe ek as seun, verruk, onder die lamplig saans van hulle
gelees het...

Daar is ‘n haltjie, Dwaal,
te midde van die vale
godverlore dor Karoo.
En Arequipa in Peru.
Granada is ‘n sprokiestad in Andaloe.
Popocatepetl heet ‘n berg se piek in Mexico.
Die laaste stasie voor my tuiste het die mooi Xhosanaam, Waku.
Terra del Fuego, Tristan da Cunha, Put-Sonder-Water,
Kilimandjaro en Ruitersbospas;
en die Brahmapoetra en Baardskeerdersbos....

O Aldarin! o name, o versugting!
Op Pelgrimsrus in die Transvaal
wil ek weer hoor hoe klink my taal
skoner, welluidender as Provencal.
......
Waar is die wonder en die ou geloof
wat ek eens had as kind by Bontebokskloof?

Is daar nog loekwartbome om te roof
in die skadu van Leeukop, by Tamboerskloof?

Wat het die vuur, die vlam gedoof?
Die sprakeloos verrukking en die lofsang wat loof?
......
Maar die hart ken sy verdriet
oral, in elk landgebied,
in Kaapstad sowel as in Madrid.
......

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die blackberry

So., 27 April 2008 23:03

Die grootste uitvinding om uit Kanada te kom, is
onteenseglik insulin, vir die eerste keer gebruik
deur Banting en Best in Toronto.
Maar deesdae lyk dit vir my asof die black-
berry, ook 'n maaksel van Kanada, die wiele van
die wêreld olie. Toe een van ons kinders onlangs
in Engeland begin werk het, is hy die eerste
dag voorsien van 'n blackberry. 'n Ander kind,
'n staatsdiensamptenaar wat sopas om die
wêreld gereis het op 'n leierskursus, het gevind
dat sy blackberry amper oral waar hy gegaan het,
gewerk het - in Jerusalem, by die Dooie See,
in Kairo, Bangkok, Hong Kong en selfs in die
landelike provinsies van Sjina. Die enigste plek
waar hulle gewaarsku is dat dit nie sou werk nie,
was in Jordanië.
Die blackberry is die maaksel van Research
in Montion, waarvan die hoofkwartier in Waterloo
in Ontario is. Omdat dit taamlik duur is om
maandeliks daarvoor te betaal, was dit net gebruik
deur veral staatsdiensamptenare. 'n Paar jaar
gelede, toe daar 'n patent-wetsaksie teen Research in
Motion in die VSA was, het die Federale Regering
spesiaal versoek dat daar geen onderbreking in die
diens moes wees nie, want die hele Amerikaanse
Federale staatsdiens sou daaronder ly.
Nou egter word dit algemeen gebruik deur
die man in die straat. Selfs die IPod, wat veronderstel
was om kompetisie te wees, kon nie 'n duik in die
sukses daarvan maak nie, en Research in Montion
se stockprice styg eenvoudig fenomenaal.
Daar is natuurlik 'n negatiewe invloed
wanneer iemand aanhoudend eposse kan ontvang,
aangekondig deur 'n vibrasie in sy middelrif. Dit
beteken dat die werker soos met 'n naelstring aan
sy kantoor verbind word, en alle tye van die dag
gekontak kan word.
Ek wonder, word die blackberry in SA
gebruik? Ek kan nie sien hoekom nie, veral as
dit in Sjina werk.

Gloudina

Rekenaars & selfone | 33 kommentare

Saskatchewan bo

So., 27 April 2008 21:28

Tradisioneel word Kanada verdeel in die "have-not"
en "have" provinsies. So 'n paar dekades gelede
sou mens Ontario, Quebec en British Columbia
en Alberta ( afhangende van die prys van olie) as
die "have" provinsies beskou, veral omdat hulle
die grootste getalle mense bevat in die basies
skaarsbevolkte Kanada van dertig miljoen of so.
Daar is dan ook 'n gelykmaak-ooreenkoms
op fiskale gebied. Die "have-not" provinsies
kry effens meer geld as wat hulle aan inkomste-
belasting vir die federale regering inbring, en die
groter "have" provinsies kry effens minder as wat
hulle belastings aan die federale koffers lewer.
In die afgelope paar jaar het die situasie
egter drasties verander. Noudat die Kanadese
dollar omtrent gelyk is aan die Amerikaanse
dollar, gaan dit nie meer so goed met Ontario
nie. En British Columbia, jare gelede dié plek
om heen te trek, is ook nie meer so gesog nie.
Vir 'n hele ruk, noudat die prys van olie so
drasties styg, was Alberta die plek om te gaan
werk soek. Maar onlangs het 'n nuwe provinsie
begin bloei, tot die groot vermaak van Kanadese.
Saskatchewan het nie net olie nie. Dit het ook
die prairie, waar grootskaals kos gelewer word,
waarvan die pryse nou ook drasties styg. Maar
dit is nie die grootste geldmaker vir die provinsie
nie. Saskatchewan is die grootste leweraar
van potas, wat op groot skaal in bemesting
gebruik word. Veral Sjina is so honger vir
potas, dat die fabrieke 24 'n dag werk om in
die aanvraag te voldoen, natuurlik teen hoër
pryse as jare gelede. So enigiemand wat
Kanada toe wil emigreer, moenie vir die
provinsie van Saskatchewan vergeet nie.

Gloudina
gebruik word, word

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ou Dave, so oop en toe

So., 27 April 2008 18:03

Hier kom ou Dave weer aan, so oop en toe,
so oop en toe. Hy pos weer Engelse goed
dat die stof so staan. Niemand lees dit nie.
Al wat ou Dave bereik, is om die Afrikaanse
nuusgroep te omskep in 'n Engelse nuusgroep.
Dis die soort verraaiers wat Afrikaans nie
nodig het nie. Daar is maar ongeveer drie
miljoen Afrikaanssprekendes in die hele
wêreld. Maar as hulle soos Dave net een-
voudig Afrikaans minag, hoe lank gee mens
Afrikaans om te bestaan? Hier in Ottawa
is 'n ou Hollander wat ons gereeld in 'n
mall raakloop, en hy wil knaend vir ons
"Die Afrikaanse Pop" sing. Hoeveel langer
is daar nog mense wat selfs die bestaan
van "Die Afrikaanse Pop" onthou.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Hijack gangs sow panic

So., 27 April 2008 14:09

Hijack gangs sow panic
27 April 2008, 10:52

Related Articles

* Driveway murders may be linked, say police
* Cops deny Cape hijacking ring

An armed hijacker stared into the eyes of his victim and told him:
"It's not easy."

This was no comfort for Peter Mashonga who became one of Cape Town's
latest hijack victims. The three men ordered him to hand over the keys
and walk away.

"The look in his eyes, I thought he was going to shoot me. I pleaded
with him, I said: 'Please, please don't shoot, you have the keys, you
have the car'."

The men made Mashonga walk away, which he did, expecting every second
to feel a bullet tear into his back. But the men sped off.

The hijacking early on Saturday is adding to the mounting evidence
that hijacking syndicates are operating across the city, with four
people shot dead in or beside their cars in the past 14 days.

Three of them were arriving at or leaving their homes.

In the latest incident early on Friday, Westridge resident Mashonga
was held up at gunpoint by three men as he was pulling out of his
driveway.

His car was later recovered in Gugulethu.

The police suspect groups of criminals are behind the spate of
incidents, but they have stopped short of confirming there are
syndicates at work.

A still shaken Mashonga said on Saturday an accomplice was waiting in
an old white Golf with the engine running.

"I was standing next to the car when these men came to me from
different directions; they all had guns."

They demanded the car keys and Mashonga handed them over. The men then
drove off in the two Golfs.

The car, which had a tracking device, was found an hour later in
Gugulethu.

Newspapers have reported on seven hijacking cases, including
Mashonga's, across the city in the past fortnight, but the Mitchells
Plain Community Forum says it is aware of at least seven hijackings in
that area alone in the past two months:

# Early on Saturday in Eastridge a man and his female friend were
pulled out of his car by 12 men. The men took the car but police found
it abandoned close by a few hours later.

# On April 12, Khayelitsha resident Benson Makwetu was shot in the
head just metres from his Site B home. His car was not taken but his
three passengers were robbed.

# Twelve hours later, 52-year-old Jane van Zyl was shot in the head as
she pulled into the driveway of her home in Bergvliet. Gershwin
Hartzenberg, 25, was arrested for her murder.

# The next day, Mandalay neighbourhood watch member Patrick Wilson was
shot in the head and killed during a hijacking in Morgenster Road,
Mitchells Plain

# A day later Mitchells Plain resident Patrick Abrahams was hijacked
at gunpoint by two men in Eastridge. He was not injured.The car was
recovered in Khayelitsha.

# On Tuesday, UCT professor Kevin Rochford, was shot dead in the
street outside his home in Little Mowbray as he went to move his car
into the driveway.

Mitchells Plain community police forum chairperson Abe Isaacs said on
Saturday there was a definite trend and they were convinced more than
one syndicate was operating.

* This article was originally published on page 1 of The Cape
Argus on April 27, 2008

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Gebed " deur CHARL DURAND

So., 27 April 2008 13:10

.
GEBED
Charl Durand

onsigbare god,
bly te kenne.
laat u naam teen wil en dank geskied,
want ons leef ten dele.
teken die vorm hier,
u is nou aangestel
in die natuur,
ook in die deurmekaar stad.
behandel my dink,
volgens die wette van die hemel
want wie kan 'n hof vertrou?
sluit die arsenale toe,
en gooi die sleutel weg.
maak my sondag wakker
om die kerkklokke te hoor.
vergewe die politici hul sondes
hulle is ook maar mense.

trek 'n streep deur my woorde
want stilte verdien volpunte.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    133  134  135  136  137  138  139  140  141  142  143  144  145  146  147  148    »]
Tyd nou: Ma. Feb. 02 18:27:05 UTC 2026