Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Drie keelaf gesny
Drie keelaf gesny [boodskap #117060] Sa, 03 Mei 2008 14:07
Daun Johnson  is tans af-lyn  Daun Johnson
Boodskappe: 1155
Geregistreer: Januarie 2009
Karma: 0
Senior Lid
Drie keelaf gesny
May 02 2008 09:19:36:983PM - (SA)

Lyk word uitgedra. Foto: Johann Hattingh

Magdel Fourie

'n Vrou in 'n rolstoel, haar man én haar versorger is gisteroggend
grusaam in hul huis in Florida in Roodepoort aan die Wes-Rand keelaf
gesny.

Hul dogter het kort daarna, met die bedoeling om vir haar ouers in
Beaconstraat naby die Flora-winkelsentrum te gaan “hallo sê”, op hul
verminkte lyke afgekom.

Mev. Hettie Bakersma (57) se lyk is gevind waar sy op haar sy langs
haar motoraangedrewe rolstoel in die sitkamer gelê het.

Me. Elsje Wouda (40), haar versorger, het net enkele meter weg ook
dood op die bank gelê.

Die lyk van Bakersma se man, Douwe (57), 'n dosent aan die Krugersdorp
Tegniese Kollege, het in die voorportaal teen 'n oop voordeur gelê.

Al drie is keelaf gesny, het kapt. Siphiwe Ndlovu,
polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Beeld se inligting het die aanval omstreeks 07:00 gisteroggend
plaasgevind.

Ook mev. Bakersma se ma, me. Jopie Durieux (83), het bloeiend met
ernstige steekwonde aan haar nek en buik op die sitkamervloer gelê.

'n DVD genaamd The Ladykillers het nog onheilspellend in die
DVD-speler in dié vertrek gedraai.

Durieux is in 'n kritieke toestand na die nabygeleë Flora-kliniek
gejaag.

Maar met niks wat tot dusver uit die huis vermis word nie, is die
motief vir dié gru-moorde nog duister, het Ndlovu bygevoeg.

Daar blyk ook geen gedwonge toegang te gewees het nie.

Beeld het wel betroubaar verneem die aanvaller was moontlik aan die
egpaar bekend en het dalk in 'n stadium in hul tuin gewerk.

Me. Hiltje Bakersma (29) en mnr. Shannon Kriel, haar verloofde met wie
sy later vanjaar gaan trou, het kort ná 13:00 op dié gru-toneel
afgekom, het Kriel gister gesê.

Die egpaar se jongste seun, Douwe (25), het ook geskok van buite die
huis die toneel aanskou.

“Hulle was die nice ste mense, sulke ongelooflike oprégte Christene.
Ek kan nie dínk hoe kon iemand só iets aan h?lle kon doen nie,” het
me. Linda van Coppenhagen, 'n vriendin van Douwe Bakersma jr., in
trane gesê.

Douwe Bakersma jr. tree oor 'n maand as baritonsanger op in Don
Pasquale, 'n opera deur Donizetti, wat in die Musaion by die
Universiteit van Pretoria opgevoer word.

Mev. Bakersma was jare lank in 'n rolstoel sedert haar been weens
kanker geamputeer is.

Sy het ook ernstige artritis in haar hande gehad.

Dít was nie die enigste trauma wat die vermoorde egpaar se kinders
vandeesweek moes deurmaak nie.

Hul ouma aan vaderskant wat oorkant die straat van die vermoorde
Bakersmas gewoon het, is Maandag weens kanker dood.

Die egpaar het nog 'n seun, Jan, en 'n dogter, Anneke.

Teen druktyd was Durieux steeds kritiek, maar stabiel.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2315899,00. html
Vorige onderwerp: Pret in SA
Volgende onderwerp: Jong pa van 2 sterf vir R300, selfoon
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:32:06 MGT 2024