Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Biltong en wors......

Wo., 30 September 1998 00:00

Johan Potgieter skryf :
"Biltong maak ons self - geen gemis nie ........"

Het ook al VSA beesvleis geproe - die sagste, sappigste wol wat ek nog gekou
het !! Soos ek verstaan, meesal van besies wat op 9 maande al die lyf het
van 6 jaar oud osse, soos ons hulle hier in Suidwes - gits, 'skuus, Namibië,
ken. Dis nou van die groeihormone en al die ander onheilighede wat hulle
daar teen hulle diere pleeg...........

Vir die manne wat ook hul eie wors wil maak gee ek graag my ou staatmaker
worsresep. Ek gebruik gemsbok of koedoe en as mens nog 'n vet hartbees
byderhand het, soveel beter. By gebrek aan genoemde bronne sal beesvleis
aanvaarbaar wees............

Boerewors

Hierdie resep is geskik vir BEIDE droë wors EN bakwors.

6 Kg Vleis
1.5 Kg Vet

60 ml Sout
15 ml Peper (Swart peper)
45 ml Koljander – fyn (Coriander)
15 ml Naeltjies – fyn (Cloves)
25 ml Wonderpeper – fyn (Pimento)
7.5 ml Neutmuskaat – fyn (Nutmeg)

150 ml Asyn

Opmerkings
Die geheim van wors is die VERHOUDINGS. Eerste die vet/vleis verhouding
van EEN deel VET op VIER dele vleis. Ek wat normaalweg met wildsvleis werk,
gooi altyd 'n bietjie meer vet in omdat wildsvleis droog is maar moet NOOIT
minder vet gebruik nie. Vir bakwors wat jy BINNE 3 WEKE sal gebruik, mag
jy maar vark neem maar moet NOOIT vark vir droëwors vat nie omdat dit so gou
galsterig word. Vir my wors gebruik ek SLEGS die vet wat oor 'n bees se
boude sit – daardie GEEL vet aan die buitekant van 'n lekker “rump steak”
maar daar het julle nou weer 'n probleem. (Die VSA se vetlose goed)
Julle kan dit vervang met die vet wat op die bors (Brisket) van die bees is
maar dis nie die ware jakob nie. Enige ANDER vet van 'n bees is
ONAANVAARBAAR aangesien dit hard is en soos grondboontjiebotter aan jou
verhemelte klou daarna. Skaapstert en vark gebruik ek hoegenaamd nie in my
wors nie – vark smaak na 2 weke sleg en in droëwors word die skaap weer so
hard soos klip.

Die TWEEDE VERHOUDING is dat vir ELKE 7.5 Kg vet/vleis mengsel die bostaande
hoeveelheid kruie gebruik word.

Metode
Weeg vet/vleis en bepaal dan finale hoeveelhede kruie.
Meng droë kruie in bak of skottel.
Hou die asyn APART.
Sny vleis en vet in blokkies van so omtrent 25 mm en maal die twee dan saam.
Vir my wors gebruik ek 'n MEDIUM tot AMPER growwe sif op die meule – moet
nooit wors fyn maal nie.
MOENIE die vet en vleis apart maal en agterna meng nie want NADAT die
vet/vleis gemaal is, moet dit so min as moontlik hanteer word.

Sprei die maalmengsel op 'n groot tafel oop – hoe dunner, hoe beter.
Versprei die droë kruie eweredig oor die vet/vleis.
Werk dit met die vingers in terwyl die asyn net tussenposes oorgesprinkel
word. NB. MOENIE die mengsel KNIE nie.

Ek steek sommer gaatjies in die asynbottel se prop en sprinkel dit op die
manier oor.

Stop in derms van omtrent 22 mm.

Voorspoed

(Vir direkte pos, verwyder alle verwysings na water uit die E adres)

Kos & resepte | 1 kommentaar

Afrikaans gedigte

Wo., 30 September 1998 00:00

Kan iemand asb. vir my die tekste van hierdie gedigte gee? Ek het dit nodig
vir die Unisa kursus Afrikaans.
-"Sywurm en seun" deur Pirow Bekker
-"Ou vrou op tram" deur I.L. de Villiers
Baie dankie,

Prosa & poësie | 0 kommentare

Gloudina, Skynheilige vark

Wo., 30 September 1998 00:00

Siende dat Gloudina se geliefde gedigte dieselfde temas aanpreek as Griet se
stoepstories, moet ek tot die gevolgtrekking kom dat Gloudina se besware
teen Griet se stories net so vol van haar eie agenda is as die stories van
daar die ander skynheilige ou fingovark, Mandela:

@igs.net wrote in message ...

> Maar as die stories, vol
> drinkery, fornikasie en kleinhuisie-
> gepraat nou die stof is waarvan
> deesdae se Afrikaner-stoepstories
> bestaan, dan het ek maar min moed
> vir Afrikaans en die Afrikaner.

Oor fornikasie:

ANTJIE KROG, feminis?
Author: Izak Bouwer
Email: iz...@igs.net
Date: 1997/01/14
Forums: soc.culture.south-africa.afrikaans

------------------------------------------------------------ ----------------
----

Ek hou van die digwerk van Antjie Krog. Sy gebruik
woorde soos iemand wat met pleister en bakstene werk,
en sy bou gedigte daarmee wat die toets van die tyd sal
staan.
Sy skryf 'n pryslied vir Nelson Mandela:
"...
hy maak die pante bymekaar
van 'n verskeurde land
hy draai ons na mekaar toe vir mekaar
hy, heelmaker van mense
hy stig vrede
vrede, wat die ma is van groot nasies"

Maar dan is daar Antjie Krog, feminis. Luister na die
volgende:
" Ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepelgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop!
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou"

"ek kom agter dat ek mans begin bekyk
brutaal met die gedagte
hoe naai hy
sy breins en sieletjie interesseer my nie
die gesiggie wat glinster van try charm en oulik wees
let ek onberoerd op
sou nie eens met mans gepraat het
as dit nie toefallus was"

(gepos deur gloudina bouwer)
------------------------------------------------------------ ----------------
----

"Kleinhuisie-gepraat":

"Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
Author:
Email:
Date: 1998/08/11
Forums: soc.culture.south-africa.afrikaans

------------------------------------------------------------ ----------------
----
DIE BROMMER
Charl-Pierre Naude
Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel,

Ensovoorts

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Gloudina, Skynheilige vark

Wo., 30 September 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes:

> Siende dat Gloudina se geliefde gedigte dieselfde temas aanpreek as Griet se
> stoepstories, moet ek tot die gevolgtrekking kom dat Gloudina se besware
> teen Griet se stories net so vol van haar eie agenda is as die stories van
> daar die ander skynheilige ou fingovark, Mandela:


Dankie, ou Leendert. As 'n mens net lank
genoeg wag, hang jy gewoonlik jouself met
jou eie tou.

Miss Piggy

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Raad vir Gloudina

Wo., 30 September 1998 00:00

Gloudina

Daar is baie maniere om op die nuus groepe te gesels onder 'n ander naam.
Ek stel voor jy kry vir jou een, en kom dan terug.

Daar is natuurlik soos met baie ander dinge 'n vangplek. Om jou
geloofwaardig te maak as die "nuwe" persoon gaan dit van jou vereis om vir
'n slag iets betekenisvol kwyt te raak, ens, ens.

Ek weet die Rand is nie meer baie werd nie, maar ek sal 'n eerlik verdiende
R100 neersit op die feit dat ons nog steeds deur jou sal kan sien.

Net 'n lessie uit die ou liberale denke handboek, jy weet die een wat jy
heel ingesluk het. Vryheid van spraak geld ook vir die persoon wat NIE met
jou saamstem nie.

Groete

Riaan

--
To reply, remove the NoSpam from my address.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

"die miskruier" deur BREYTEN BREYTENBACH

Wo., 30 September 1998 00:00

die miskruier
Breyten Breytenbach

Het een van u al ooit 'n wit tor gesien?

Ek ook nie

Maar dis 'n verskriklike dier
Soos 'n sendeling in Afrika
Met sonhelm en donkerbril

Wit torre woon in ligte kamers: kamoeflage
En skarrel klonte son teen die muur
Op,
Oppas die wit tor dra sy angel/flessie gif

Hou my dop, kyk ook
Elke aand sorgvuldig onder u bed

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Weer in die Ark" deur TOTIUS

Di., 29 September 1998 00:00

WEER IN DIE ARK
Totius

Stormwaters van die Wêreldvloed
het eindelik skuimend uitgewoed.
'n Duif het Noag uit laat vlieg,
die't oor die golwe heengevlieg.

Maar bo dié ongestuime vloed,
was daar geen rusplek vir sy voet.

Uit koue wêreld, wind en weer,
het dit na Noag teruggekeer.

Hy't met sy hand die swerweling,
weer in die ark teruggebring.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: AANDAG!! nuwe tuisblad vir hierdie einste nuusgroep!

Di., 29 September 1998 00:00

Hallo almal

Ek het so stadigaan begin om 'n nuwe tuisblad vir hierdie nuusgroep te
ontwerp.

Ek sal oor 'n dag of so dit wat ek reeds aanmekaargeplak het, oplaai sodat
almal dit kan sien. Dit sal maar net 'n paar skakels hê na persoonlike
inligting van die mense, 'n gasteboek en watookal ons nog in die toekoms wil
byvoeg.

Die tuisblad se (URL) adres is: http://www.oocities.org/Athens/Troy/2308/
Plaas asb. 'n boekmerk by hierdie adres! Daar sal natuurlik niks op die
oomblik daar wees nie; ek sal weer pos as daar iets is om na te kyk.

Nadat ek die blad gelaai het, kan julle gerus die vorm daarop invul (onder
die "STuur jou info!" skakel) en sodoende die nodige idees, details,
gedagtes, voorstelle, kritiek en duisende bladsye van plesier aan my stuur
vir "verwerking". Alternatief, die e-pos adres vir die nuwe tuisblad sal
afri...@email.com wees!

Groete

Bryan
Kaapstad

--
**************************************************
Personal website: http://www.TheOffice.net/brynie

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

NesPrijs: Re: Request for Translation Dutch/English

Di., 29 September 1998 00:00

Dit is ook wel gek hoor... Hebben jullie gelet op de afzender?

Op 28 Sep 1998, werd het volgende geschreven door onzichtbare G krachten:

> "PaulBsr" writes: >

>>> Wenslauw Schwartz writes: > wanderer wrote:

>>>> > Off topic.
>>>>
>>>> Ach man, je bent zelluf off topic!

>>>> Wenslauw

>>> Wat op aarde praat mens op (what on earth do you say on)
>>> nl.eeuwig.september? (nl.eeuwig.september?)
>>> Nie dat ek daarteen beswaar (Not that I have any objections)
>>> maak nie. Hier in Noord-Amerika (Here in North America)
>>> sou ek nie omgee as dit ewig (I wouldn't mind if it remains)
>>> herfs bly nie. Dis die mooiste (autumn for ever. It's the most
>>> beautiful)
>>> deel van die jaar. Ek dink egter (time of the year. I don't
>>> think,though,)
>>> nie dat ons vanjaar 'n goeie(that this year we will have a good)
>>> herfs-seisoen sal beleef nie.(autumn-season)
>>> Verlede jaar was een van die (last year was one of)
>>> beste in baie jare.(the best in years)

> Paul Bester daar in Ierland, dink jy nie dat
> die Vlaminge en Nederlanders die Afrikaanse
> taal kan verstaan wat ek vir die pos gebruik
> het nie? Daar is dele van die wereld waar
> Afrikaans op sy eie bene kan staan en verstaan
> kan word, sonder dat dit deur middel van
> Engels verklaar moet word.

> Dit is nou wel waar dat as 'n mens in Nederland
> en Vlaandere Afrikaans probeer praat, jy nie
> vreeslik ver kom voordat hulle na Engels oorslaan
> nie. Maar ek vind dieselfde hier in Kanada. Vir
> 'n Nederlander en Afrikaans-sprekende om 'n
> gesprek te voer, is nogal meer senutergend as
> wat 'n mens sou verwag. Wat die lees van
> Nederlands en Afrikaans betref , die het mens
> werklik nie veel moeilikheid mee nie.

> Ek sou wel nog graag wou weet - waaroor praat
> mense op die nuusgroep nl.eeuwig.september.

> Gloudina

Gloudina ik wil u leren kennen...

Groet,

DirkJan

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Re: - 58¢ phone calls to RSA anytime -

Di., 29 September 1998 00:00

Beslis te duur. Vir die moeite om jou oproepe hoofsaaklik oor naweke te
doen, kan jy AT&T se naweekplan kry. Dan kos oproep oor naweke jou 38c
per minuut. In die week betaal jy wel duurder, maar dis vir my die
moeite werd om te wag tot naweke en dan veel goedkoper te praat.

JPotgieter wrote:

> Nee ou Jonesie, diste duur!
> Johan (bietjie in Oregon)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1323  1324  1325  1326  1327  1328  1329  1330  1331  1332  1333  1334  1335  1336  1337  1338    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 26 14:54:29 UTC 2026