Hendrik Adriaan v Reede tot Drakestein, Heer van Mijdrecht; gebore 1636,
Utrecht; oorlede 1691 aan boord die Drechterland, by Soerat, Indië.
Nederlandse land-edelman, offisier, VOC-amptenaar, en kommissaris aan die
Kaap. Jongste van 11 kinders van Ernst van Reede, heer van De Vuursche en
Drakestein. Het op 14 jarige ouderdom begin reis, omdat daar nie geld oor
was om hom ook te laat studeer nie.
Grootste deel van sy lewe in die Ooste (hoofsaaklik Indië) spandeer, as
soldaat en VOC-amptenaar. Na sy terugkeer na Nederland word hy in 1680 deur
die VOC getaak om private handel uit te roei, en so beland hy in 1685 vir 4
maande aan die Kaap.
Hy doen belangrike aanbevelings om die administrasie te verbeter, en doen
ook die aanbevelings vir die uitleg van die dorp Stellenbosch.
[Bron: Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Vol 1]
Groete
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
This person seems to be the ringleader of a group of koeksister recipe swapping, potjie kos making, boring ex-NP supporters who have nothing better to do than to post this poetry shit all day long. Once in a while it's OK and a decent piece gets posted but on the whole it's pretty pathetic.
Doing a search on dejanews on this idiot reads about as long as a Third Force hit list.
How infrequently do the boere have anything worthwhile to say ... just the same old boring stuff.
Ek verlang na of vir boerewors. Dit is so lang gelede dat ek dit gesmaak het
! Kan iemand my die "recipe" gee. Ek sal so bly wees. Ek wil ook graag
biltong maak. Hoe maak 'n mens dit ?
Baie dankie.
Vanmiddag het ons die Ottawa-rivier oorgesteek
by die Champlain-brug omdat ons in die Gatineaus
die laaste herfsblare wou gaan kyk. Die heuwels van
die Gatineaus is in die provinsie van Quebec, maar
binne sig van Ottawa, wat in Ontario is. Die grootste
meer in die Gatineaus is Meech-Lake, wat sy naam
gegee het aan een van die konstitusionele pogings om
die separatiste te bevredig deur Quebecers te aanvaar
as 'n �distinct society.� ( Die res van Kanada, en die
mense van Quebec self, het die Meech Lake Accord
in 'n referendum later verwerp.) Een van die mooi dae
gaan daar glo weer 'n provinsiale verkiesing in Quebec
wees. Dis net 'n gewone verkiesing, maar as Bouchard
en sy Separatiste (wat nou aan bewind is) weer inkom, dan
sal daar amper seker 'n referendum oor afskeiding een
van die mooi dae wees.
Ek dwaal egter af. Die rooi en oranje en perske-geel
blare het al meestal van die bome afgeval. Daar is nog net
geel en oker en bruin blare aan die bome, tussen die silwer-
grys en swart van die bome se stamme. Die sumac is egter
nog rooi naby aan die grond. Hierdie naweek sal dit glo
kom reën en dan sal die blare seker meestal op die grond
beland. Hierdie reën het as sneeu in Calgary en Regina
geval. Op die TV het hulle gewys hoe die nat sneeu veral
in Regina so swaar op die bome se takke was dat dit die
bome laat breek het en op huise en karre beland het. Dit het
amper gelyk soos vroeg hierdie jaar se ysstorm hier by ons.
Winter is dus aan die kom, en is vroeg vanjaar. Ek wonder
wanneer ons die eerste sneeuflokkie gaan sien.
Genade, vrou, jy moet seker ERG eensaam wees. . .!!
Hoeveel maande is dit nou al wat jy hier rondhang en nog steeds het jy nie
'n enkele vriend/in nie. Jy herinner my aan die gelowige, preutse 'wel
opgevoede' st.4 dogtertjie met baie sproete wie almal haat, en sy dit nie
so mooi verstaan dat dit haar persoonlikheid is wat ander naar maak nie.
Bo-op alles probeer sy dan nog die middelpunt van alle aandag ook wees, en
sy ken slegs een manier. . . . .
> WHITE FARMERS
SKITTISH OVER
SOUTH AFRICA KILLINGS
Wat ek nie kan verstaan, ou Frikkie,
is hoekom hulle die woord "skittish"
hier gebruik. Die woord het so 'n
ligsinnige onbelangwekkende betekenis,
hoekom word dit hier gebruik?
Tant Mina (ek kook stroop van die mebos-
konfyt. Hoekom ek nou stroop
kook van die mebos-konfyt kon
ek nog nooit uitmaak nie. Weet
jy, ou rsaboy, dat "mebos" van
die Japannese woord "umeboshi"
afkom?)
Tyd ruk die gordyne
voor die venster.
Pak aan teen die mure
van die huis.
Roer in die grein van die tafel.
Glim in elke woord.
Dwing 'n sin
tot 'n daad.
Ek en jy.
Seisoene wat soos die see om ons breek.
Tyd dwing ons
tot 'n tafel in die tuin.
Woorde om tee.
Jare word voltooi
in los gedagtes.
Ver agter teen die hemel
ruk die lug steeds oop.
Donderwolke galop soos perde deur die lug.
Tyd vleg ons hegter deur mekaar.
Ons woorde en ons dade
word ons eie seisoene.
Tyd laat ons in mekaar verweer.
Laatmiddag in die somer op die Hoëveld.
Tee in die tuin.
Die wind ruk in die takke.
Swart tee in 'n koppie
soos water van die niet.
Soms hoor 'n mens dit in die nag
teen alles klots.
Ek en jy.
Alles wat ons gesê het.
Alles wat ons gedoen het.