Ek is besig om aanvoringswerk te doen vir 'n nuusgroep wat hom bepaal by
Suid-Afrikaanse rugby, en is aanbeveel om hom onder die *za* hiërargie te
vestig.
Ek is egter nie seker hoe geredelik hierdie hiërargie op nuusbedieners in
die buiteland beskikbaar is nie, en sal dit waardeer as julle ouens wat in
die buiteland sit vir my kan kyk of hy onder julle nuusgroepe voorkom, en
laat weet.
Baie dankie.
Groete
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Daar was toe nou die afgelope naweek effe op my rekkie gepiepie. Ek
is baie nuuskierig oor die Indiane van Amerika en wat hulle situasie
nou is.
Met ons trippie na South Dakota toe is ons toe ook na die Crazy Horse
Memorial toe - groot, groots en baie indrukwekkend. Dit "celebrate"
die groot heros van al die Rooihuide van noord-Amerika op 'n baie mooi
manier.
En in stede van Indiane wat daar werk en toeriste ontvang, is daar net
wittes en afstammelinge van die Poolse immigrant wat die beeldhouwerk
begin het. Ek kry toe eers die indruk die Indiane stel nie juis in
die monument belang nie, maar op navraag by blankes sowel as die
Indiane en half-Indiane wat ek ken, moes ek toe hoor hulle is baie
entoesiasties oor die monument, en dat hulle jaarliks 'n groot
saamtrek daar het.
Maar hulle wil nie die werk daar doen nie - blykbaar netsoos by die
Casinos wat vir die rooihuid stamme geld verdien. Hulle werk nie eers
self daar nie. Klink vir my hulle is maar baie lui. Soos die een ou
van Noord Dakota vir my gesê het:" Our people are only interested in
hunting and drinking - why should we work?".
Ek vermoed heelwat wittes het die sensus geboikot.
Maar in elk geval, "die taal" behoort aan enigeen wat hom praat.
Groete, Leendert
Hjalmar Gerber wrote in message ...
> Volgens die 1996 sensus is die aantal persone wat Afrikaans
> as huistaal besig . . .
>
> 5 811 547
>
> Volgens [apartheid-] bevolkingsgroep :-), is dit
> as volg verdeel:
>
> Swartes 217 606
> Kleurling 2 931 489
> Indiërs/Asiate 15 135
> Blankes 2 558 956
> Ander/Onbekend 88 361
>
> Aan wie behoort die taal ?
>
> Hjalmar
> ________
>
Hier is Finacial Mail lesers se 10 redes waarom SA die beste land ter wêreld
is.
Ek veronderstel dat nie Bruce, Sheila, Sam, Jerry, Charlie, Kaaskop of
Pommie sulke redes kan (of wil) opnoem oor hul nuwe lande nie.
1 Daar is altyd iemand met 'n groter bierboepens as joune.
2 Jy kan gedroogde wurms of half droë vleis eet sonder dat iemand snaaks
dink.
3 Niks is jou fout nie, blameer dit net op die verlede.
4 Ongekende werksvooruitsigte vir die wat nie opgesaal is met opleiding,
kundigheid of ondervinding nie.
5 Waar anders kan 'n president staatsfunksies bywoon in sy pajama hempies?
6 Dit is die oorsprong van die wêreld se mees belangrike uitvindings, soos
Kreepy Krawly ... en ... um ...
7 Jy kan swak diens in elf tale ondervind .
8 Mens kry lemoene met 40% alkohol in. (veral by rugby wedstryde)
9 Dit is die enigste land ter wêreld waar mense dans om te wys hoe kwaad
hulle is.
10 Die polisie was al baie keer eerste op 'n misdaad toneel. (Sonder dat
iemand
hulle geroep het)
Bonus
11 Jy hoef nie meer met die bure te kompeteer nie. (Hulle het ge-emmigreer)
Nadat ek hier in Kanada vir Hilda daar in
Belgi"e geraadpleeg het, het ek besluit dat die
probleem nie net hier by ons diensverskaffer
kan wees nie, want Hilda sê sy kry onreelmatige
nuusgroep-plasings. Is daar ander mense wat vind
dat die nuusgroep soms heeltemal leeg is, dan net
'n paar items, ensovoorts. Gisteraand vir 'n ruk
het ons allerhande items gekry van 'n verskeidenheid
van ander nuusgroepe. Ek hoop nie die nuusgroep-
struktuur van die internet is besig om sy breekpunt
te bereik nie!