Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nuusgroep

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

As 'n relatiewe laatkommer op hierdie groep, stel ek nogal belang om meer te
weet oor sy ontstaan.

Wie was die voorsteller, wat was die rasionale en 'charter'. Hoe het die
debat verloop, en wat was die argumente?

Iemand wat my kan inlig? Gloudina? Leendert?

Groete
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Muezzen" deur FERDI GREYLING

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.

Prosa & poësie | 4 kommentare

Foksies

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

Henri Burger wrote in message ...
> Wat my laat dink aan die fox terrier ..............

Dankie Henri - lyk my ons kan 'n ding aan die gang sit hier.
Baie jagstories en ander hondemanewales het 'n foksie in die hoofrol maar
ander honde is ook welkom.

Hoe lyk dit met bydraes

Ou Boel
(die water in my adres is om spammers te versuip)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Terrorisvark

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >

> Terroriseer?
>
> Jy intimideer vir Griet deur haar oorspronklikbe bydraes op die groep as
> waardeloos afte maak op grond van kriteria wat eweneens van toepassing is op
> sommige van die berigte wat jy self plaas.
>
> Ek wys op jou gruwelike skynheiligheid, en jy noem dit "terroriseer"?
>
> Sies, jou vark!

Jy verswyg natuurlik die werklike
rede: dat jy my oor die-gedigte-op
die-nuusgroep probeer terroriseer
het. Ek wonder ook - gebruik jy die
aanspreekvorm "jou vark" ook so
kwistig in jou private lewe? Ek
verbaas my elke keer as ek dit uit
jou kubermond hoor. Daar waar ek
grootgeword het, is ons monde uit-
gespoel as ons sulke woorde aan
ander gesê het. Om iemand 'n
apartheids-vark te doen, is effens
anders. Daar het die woord "vark"
die hippie-konnotasie van "pig"
soos in die polisie is aangespreek
as "pigs."

Miss Piggy-Foksie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hogere Snobisme

Vr., 23 Oktober 1998 00:00

On 23 Oct 1998 15:40:10 GMT, had the following to say:
| Johan, ek het 'n spesmaas dat Leswin se
| moedertaal Afrikaans is, nes joune.
| Daar is Afrikaans-sprekers soos onder meer
| hy en ek wat net bietjie meer akademies
| afgerond is en meer gekultiveerd is as
| 'n ou uit Suid-Afrika met hoogstens (vermoed
| ek) 'n sekere mate van tegniese rekenaars-
| agtergrond, en wat nou sy lyf hier wil kom
| rondgooi.
| Tant Hessie van Helsdingen

Ek het 'n ouma gehad netsoos jy - as sy tog maar net by die
administrateurswoning kon gaan tee drink of 'n ambassadeur vir ete
nooi, dan het sy geblom. Sy het ook gedink haar onderwys graaijie
laat haar winde na kaneel ruik. Altyd neergesien op die Iscor werkers
van Pretoria en ek dink sielsongelukkig omdat sy dit nooit reggekry
het om 'n mansion in Waterkloof te kon koop nie. 'n Vier akker erf in
Menlopark was die hoogste wat sy kon bykom en die huis kon net twee
verdiepings hê.

Netsoos my ouma is jy sprekende voorbeeld daarvan dat akademiese
"prestasie" niks te doen het met mense kennis, goeie maniere of die
vermoe om goed met mense oor die weg te kom nie. Is jy so blatant
snobisties ook wanneer jy iemand van aangesig tot aangesig sien? Sal
jy reguit vir iemand in sy gesig sê jy dink jy is meer gekultiveerd as
hy? Ek dink jy is 'n lafaart wat net agter die anonimiteit van die
rekenaar skerm wegkruip soos almal van ons.

Ek is baie nuuskierig om te weet wat jy onder die term gekultiveerd
verstaan.

...goodbye en good luck,
Simon

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

"Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING

Do., 22 Oktober 1998 00:00

BOESMANSRIVIERMOND
Ferdi Greyling

By Boesmansriviermond
waar die land stadig die see intuimel,
val die son soet op die vel.

Tussen die gebreekte rotse
lê die rivier laatmiddag
'n stuk metaal tussen sy walle.

Bote streep onverstaanbare lyne
op die blink water
wat van hoog teen die plato se rant
uit die Stormberge breek.

Noord tier die woeste Karoo.
Ver suid lê die stilte van ys.
Hier, by Boesmansriviermond,
val die son egter soet op die vel.

(Concept)

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Re: "Boesmansriviermond" deur FERDI GREYLING

Do., 22 Oktober 1998 00:00

Op 22 Oct 1998 17:53:04 GMT skryf :

->
-> BOESMANSRIVIERMOND
-> Ferdi Greyling
->
Gloudina
Ek het geen beginselbeswaar teen die gedigte wat jy op die ng plaas
nie. Inteendeel.
Maar hoekom hulle herhaal?
Jy het dié een om 23:39 op 29/05/98 geplaas.
En wéér om 18:26 op 19/08/98.
En nou wéér om 19:53 op 20/10/98.
Hoekom?

Groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Re: Iemand in Kanada......Hulp op die Net

Do., 22 Oktober 1998 00:00

Gloudina skryf:

> Die foksie in die middel van die trop.

Wat my laat dink aan die fox terrier wat voor die hekkie lê en slaap toe 'n
hele trop groot honde met 'n kabaal in die straat af kom.

"Kom jy saam?'' skree die Great Dane wat heel agter hardloop.

"Waarheen?" vra die foksie.

"Die teef heel voor is op hitte, ons gaan met haar paar!" skree die Great
Dane. (OK, ek dink hy was minder opgevoed as dit, maar ter wille van die
kinders...)

"OK!" sê die foksie, en hardloop saam.

Toe hulle die derde keer om die blok by die hekkie verbykom, steeds heel
agter, sê die foksie vir die Great Dane, "Ek is nou moeg van hierdie
geparery, ek gaan eers 'n bietjie rus!"

En dan was daar die Engelse jakkalsjag, waar een van daai honde 'n teef op
hitte was. Op 'n stadium vra een van die jagters vir 'n ander met 'n
verkyker waar die jakkals is.

"Vierde!", sê hy.

Vasbyt in die middel, Gloudina!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Groot Sports!

Do., 22 Oktober 1998 00:00

Dis nou groooot sports!

Iets soos hierdie het al op soc.culture.south-africa gebeur, maar nog nie
hier nie!

Ek het self al vir Johan by geleentheid teengegaan oor sy gewoonte om
gedragseienskappe en vermoëns aan etniese afkoms toe te skryf (iets waaroor
Gloudina natuurlik met hom saamstem).

Maar daar is twee interessante dinge wat my opval:

Dit sou interessant wees om te sien of die internetomgewing ook "haatspraak"
straffeloos laat, soos dit (na bewering) kopieregskendings onstrafbaar maak.

Dit sou nou interessant wees om te sien hoe ver die befaamde Amerikaanse
vryheid van spraak inderdaad beskerm word. (Volgens plaaslike regsgeleerdes
word haatspraak min of meer vryelik daar toegelaat, wat hier nie die geval
is nie).

Indien iemand soos Johan dit sou oorweeg om van die groep te verdwyn en dan
(soos oorle "Sizwe")onder 'n skuilnaam rassehaat te begin bevorder (raad wat
iemand anders hier gegee het) moet ek egter waarsku dat dit nie so maklik
werk nie.

Daar is taalkundiges wat die outeur van 'n teks kan idententifiseer aan die
hand van die idiolek van die outeur, met amper dieselfde betroubaarheid as
'n vingerafdruk.

In elk geval: Ek hoop Leswin slaag hiermee. Dit sou 'n goeie presendent
skep. Ek stem saam met Leswin dat baie bydraes op hierdie groep (en op
s.c.s-a en s.c.africa) 'n "rassistiese, bevooroordeelde, en stereotipiese
aard" dra. Ek kan dink aan 'n hele aantal deelnemers op hierdie nuusgroep,
op s.c.s-a en op s.c.africa wat afskuwelik rassistiese haatspraak op 'n
gereëlde basis kwytraak. Soos die twee (een onder 'n skuilnaam) wat my 'n
"apartheidsvark" genoem het. (die Kanadese reg, verstaan ek, het 'n veel
kleiner toleransie vir haatspraak as die VSA.)

Dus: ek sien met groot verwagting uit na die uitslag hiervan!

Dis nou Groot Lekkerkry!

Leendert

Leswin Laubscher wrote in message ...
> Jou laaste bydraes oor "lui indiane" en "vuil swartes" was die laaste strooi
> en het my briesend gelaat vir die rassistiese, bevooroordeelde, en
> stereotipiese aard daarvan (wat, terloops, ook hierdie groep tipeer en die
> hoofrede is waarom ek hoofsaaklik hier wegbly).  Ek rig dus hierdie
> waarskuwing aan jou, johan.
>
> Indien jy weer 'n pos met so 'n rassistiese en haatlike strekking plaas,
> gaan ek soortgelyke plasings van jou (en daar is 'n hele paar) vanuit die
> nuus-argiewe opdiep.  Ek gaan dit dan vertaal en aanstuur aan die NAACP in
> Minnesota, die Native American Council, jou werkgewer, die FBI, en
> immigrasie en naturalisasie (INS).  Ek neem aan jy is steeds hier op 'n H1
> werksvisa, sodat enige klag, veral van 'n amerikaanse burger, en veral
> rondom haatspraak en rassisme, jou aansoek om permanente verblyfstatus kan
> beinvloed.  Ek raai jou aan om jou te vergewis van die ramifikasies van so
> 'n klag alvorens jy weer jou rassistiese snert enige plek op die internet
> pos.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Van haatspraak gepraat:

Do., 22 Oktober 1998 00:00

Thomas Jacobs wrote in message ...

> Ek stem saam met Leswin, moet hom nie net uit die land uitfok nie, maar
> kry hom aan sy klein tril beet en knyp hom so 'n bietjie.
> Vuilgat wat hy is.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1313  1314  1315  1316  1317  1318  1319  1320  1321  1322  1323  1324  1325  1326  1327  1328    »]
Tyd nou: Vr. Jun. 05 18:11:55 UTC 2026