Het u moed opgegee in u pogings om gewoon sosiaal aanvaarbaar te wees, of
selfs net om 'n plein goeie christenmens te wees?
Moenie wanhoop nie - daar is nou 'n alternatief:
Word 'n KULTIVARK!
Soos almal weet, is kultivarke die resultaat van kultivering. Kundiges op
die gebied van kurrikulumontwikkeling het 'n toepaslike kurrikulum
ontwikkel, en dit is so pas goedgekeur deur die Raad op Sosiale Sirkusse en
die Stigting Moeders van Manipulasie. Ons plaas die volledige
kurrikulumdokument soos goedgekeur:
Kortbeskrywing: Die kwalifikasie in kultivering bemagtig die leerder om
sosiale manipulasie te probeer pleeg, met spesiale klem op vaardighede in
die
ikonomie, bevarking en bevarkingsbestuur, ignorasie, ignoransie en
pretensie. Na voltooiing van
die kwalifikasie is die suksesvol gekultiveerde kandidaat daarop geregtig om
die titel "kultivark" te gebruik vir professionele en sosiale doeleindes, en
vir plasing op die protokollys van die Departement Kulkuns, Kultuur en
Swendelry.
Taakontleding:
Ingevolge standaardkurrikuleringspraktyk is ervare en suskesvolle kultivarke
ge-identifiseer en hul gebruike en praktyk ontleed te einde die Kritiese en
Spesifieke uitkomstes vir die kwalifikasie te bepaal. Hoewel die praktyk van
kultivering reeds sedert die vroegste tye bekend is, is gevind dat dit
minder gewild is in die huidige samelewings as in vroeër tye toe elitisme,
klasse-onderskeid en rassisme meer aanvaarbaar was. Desnieteenstaande was
dit moontlik om twee leidedende kultivarke te vind, soos uitgewys deur
Bouwer (1998). Hulle is die outeur self, Gloudina Bouwer, en ene Leswin
Laubscher.
Gegrond op 'n ontleding van die gekultiveerde praktyk van die twee genoemde
kultivarke op die nuusgroep soc.culture.south-africa.afrikaans, is die
volgende kurrikulum saamgestel:
Toelatingsvereistes:
Een of meer Hoooogere Grade van een of meer universteite. Enige
blootstelling aan 'n Tegniese omgewing kontamineer die kandidaat op 'n
manier wat hom of haar terstond diskwalifiseer vir kwalifikasie as
Kultivark.
A. Basiese Vermoëns
Eenheid 1: Ignoransie
Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om gesaghebbende uitsprake
te maak oor onderwerpe waaroor hy of sy volkome onkundig is. (Sien Nota 1)
Prestasiekriterium: Volgehoue ignoransie aangaande enige belangrike
aangeleentheid vir 'n tydperk van ten minste ses maande
Eenheid 2: Ignorasie
Uitkoms: Die leerder moet die vermoë demonstreer om alle teregwysing, of
enige pogings om hom of haar in te lig aangaande sake waaroor hy of sy
onkundig is, met minagting te ignoreer (Sien Nota 1)
Prestasiekriterium: Ignorasie moet suksesvol volgehou word, selfs al word
die kandidaat onderwerp aan gedetermineerde pogings van persone wat
persoonlik ervaring het van die onderwerp van ignoransie (Sien Eenheid 1).
Eenheid 3: Pretensie
Uitkoms: Die leerder moet demonsteer dat hy of sy oortuig is dat sy of haar
eie perstasies, lewenskeuses, of perspektief op sake meerderwaardig is
wanneer dit vergelyk word met die van enige ander persoon.
Prestasiekriterium: Bewyse van uiterste minagting vir die status, vermoëns,
menings, prestasies of insigte van ander.
B. Praktiese Vermoëns
Eenheid 4: Bevarking en Bevarkingsbestuur
Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om 'n ander
persoon se belange op onregmatige wyse te benadeel.
Prestasiekriterium: Intimidasie van 'n ander persoon, by wyse van
onregmatige aanwending van magte waaroor die kandidaat nie beskik nie,
bedreiging van die persoonlike veiligheid of belange van 'n persoon of sy
gesin deur etniese magsuitoefening, en/of openlike diefstal van die
eindomsreg van ander ten opsigte van enige saak, insluitende intellektuele
eiendom. Superieure bevarking word gedemonstreer as die kandidaat daarin
slaag om 'n ander persoon te intimideer op grond van beweerde misstappe
waaraan die kandidaat self skuldig is.
Eenheid 5: Ikonomie (sien Nota 2)
Uitkoms: Die leerder moet demonstreer dat hy of sy in staat is om die
ikonium te bespeel deur die ikone lustig en met volgehoue geesdrif te
tokkel.
Prestasiekriterium: Volgehoue tokkeling van die ikone, sonder om ag te slaag
op kritiek van die gehoor waarop die uitvoering gemik is. Superieure
ikonomie word gedemonstreer as die kandidaat die ikone tokkel sonder enige
kennis aangaande die klank wat enige bepaalde ikoon voortbring, of wat die
effek daarvan op die gehoor sal wees.
Aanbevole Onderwysmetodiek:
Kultivarke word natuurlik soos virusse, baterieë, draderig muf en slymerige
swamme, in 'n KULTUUR gekweek.
Vir die optimale ontwikkeling van kultivarke word 'n kultuur aanbeveel wat
ryk is aan selfbedrog, eiewaan elitisme, etniese vooroordeel en minagting
van ander. Die etniese vooroordeel moet egter toegedien word in 'n vorm wat
voorgee om die teendeel van vooroordeel te wees.
Nota 1: 'n Spesiale prys word toegeken aan leerders wat onderskeidings
behaal in die Eenhede Ignoransie en Ignorasie. Die prys is 'n eposadres in
die domein igs.net (Soos almal weet, is "igs" 'n akroniem vir
"_IG_noransievlak _S_uperieur")
Nota 2: Ikonomie verwys na die bemeestering van die Ikonium-instrument. Soos
almal
weet, is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse propaganda-orrel.
Wanneer ek die twak en snobisme en onsin lees wat sommiges van julle skryf -
veral die ou klomp papbroeke wat in die buiteland sit en pontifikeer - maar
ook die bekkiges plaaslik wat oor elke onderwerp 'n eiertjie wil lê asof
hulle al die wysheid in pag het - dan word ek skaam vir vandag se geslag
Afrikaner.
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Terroriseer?
>>
>> Jy intimideer vir Griet deur haar oorspronklikbe bydraes
> op die groep as
>> waardeloos afte maak op grond van kriteria
> wat eweneens van toepassing is op
>> sommige van die berigte wat jy self plaas.
>>
>> Ek wys op jou gruwelike skynheiligheid,
> en jy noem dit "terroriseer"?
>>
>> Sies, jou vark!
>
>
> Jy verswyg natuurlik die werklike
> rede: dat jy my oor die-gedigte-op
> die-nuusgroep probeer terroriseer
> het.
Soos altyd, sal jy sekerlik nalaat om hierdie wilde aantyging op enige wyse
te staaf, nie waar nie. Want dis deel van die 75% van jou beweringe wat,
volgens jou, blatante leuens is.
Nee, Gloudina. Die gedigte was bloot die corpus delicti waarin die bewys van
jou skynheiligheid ten hemele gestink het. Nou werk jy nog steeds kliphard
om die ikone se subroetines om te ruil sodat mense vergeet hoe jou bose aard
hom so onmiskenbaar onthul het.
> Ek wonder ook - gebruik jy die
> aanspreekvorm "jou vark" ook so
> kwistig in jou private lewe?
Nee wat. In my private lewe verkies ek om nie met varke te meng nie.
> Ek
> verbaas my elke keer as ek dit uit
> jou kubermond hoor. Daar waar ek
> grootgeword het, is ons monde uit-
> gespoel as ons sulke woorde aan
> ander gesê het.
So jy onthou darem nog hier en daar 'n dingetjie wat jou ma jou geleer het?
Dis mooi. Net jammer daar is so min van oor.
> Om iemand 'n
> apartheids-vark te doen, is effens
> anders.
Oooooo Jaaaaa?
Jou trog bevuil, en nou dat dit begin stink wil jy hê mense moet dink jy het
dit met eau de cologne betjorts, hmmm.....?
Wriemel maar in die gemors, Gloudina. Jy het dit self gemaak, "effens
anders" of te nie.
> Daar het die woord "vark"
> die hippie-konnotasie van "pig"
> soos in die polisie is aangespreek
> as "pigs."
Ah! 'n Intertekstuele verwysing - 'n hyperlink - na die hippietaal.
En nou moet mense dink 'n vark is nie meer 'n vark nie, maar 'n friendly
neigbourhood bobby on the beat.
Gaan so aan, Gloudina, as jy so freneties bly tokkel op daardie ikone
dink ons binnekort jy het my 'n moerse kompliment gemaak deur my 'n
apartheidsvark te noem. En voor ons weet pak jy verwoed om na Pretoria af te
reis om namens jou en Leswin vir Mandela 'n toekenning te maak -
ere-apartheidsvark.
Hoe lyk dit my jy hou nie meer so baie van my variasies op jou varktema nie
hmmm....? Daars nog.
Die maan sit in die mik gevang
Van 'n afgeleefde appelboom
Wat met vermaerde vingers
Krampagtig aan die hemel klou.
Die rooi en swart kofijas buk
Om uit die resonante snaar
'n Trillende akkoord te pluk.
Die lig flits op 'n geel kitaar;
En soos 'n duiwetrop wat swenk,
Swyg al die sangers,
Met vae leed bevange.
Nog net een oue kreun
'n Halfvergete melodie
Van hartseer en verlange.
Na die naweek se rugby, en die aankondiging van die Springbokspan kan ek
nie help om te glo dat Suid-Afrika weer volgende jaar die wêreldbeker gaan
wen nie.
Daar is hope talent, en baie ouens kan opreg sleg voel dat hulle nie die
span gehaal het nie. Dit wys net hoe baie diepte daar in feitlik al die
posisies bestaan.
Dit moet lekker wees om die afrigter van 'n span te wees waar jy nie weet
wie op in te sit as iemand seer kry nie, want daar is so baie uitstekende
spelers om van te kies.
** Nou moet die Blou Bulle net Saterdag die WP goed op %#*@$ **
> is die Ikonium 'n ontwikkeling uit die ouderwetse
propaganda-orrel.
My bronne sê dis 'n samevoeging van die propaganda-orrel, en die minder
bekende 1-snaar kitaar? Dit maak meer sin, aangesien 'n kombinasie van wind-
en snaarinstrument, die wanklankigheid daarvan (die winde) kan verklaar.
[Jy openbaar 'n ander deel van jou persoonlikheid hiermee, Leendert. Wil jy
nie 'n paar Hardekoolvuurstories skryf nie?!]
Om so min as moontlik owerheid te h^e, slegs die polisie en die howe daar te
stel. 'n Minderheid glo dat die vryemark selfs die rol beter kan vertolk.
200 jaar terug was 'liberaal' en 'libertarian' dieselfde ding: hulle was vir
die indiwidu, vryemark aanhangers en gekant teen die regering en die se
invloed. Die Liberales is egter so 100 jaar of wat terug deur Karl Marx se
teorie"e beinvloed, en het begin glo dat die owerheid die rol het om die sg.
'social justice' teweeg te bring. Hulle het intussen vergeet van ekonomiese
vryheid, en veg deesdae vir ho"er belastings, groter owerheidsrol en meer
beheer.
Die 'Libertarians' is egter daarteen. Hulle wil hê dat indiwidue meer
verantwoordelik moet neem vir hulle eie besluite, die staat moet homself
onttrek aan die meeste besluite en derhalwe hulself ook onttrek aan die
'welfare state'. Op hierdie manier sal die rykdom wat op die oomblik
vasgehou word deur die staat (dmv belastings), losgemaak word om almal ryker
en vryer te maak.
Jy is natuurlik reg om te sê dat die vryheid van spraak 'n 'libertarian'
tradisie is, maar die stelling wat ek bevraagteken is die dat die Kanadese
stelsel 'libertarian' is.