Ik ben een tekst aan het vertalen over de relaties tussen Europa en
Zuid-Afrika.
Ik zoek de vertaling van de term "deputy-judge president". Kan iemand mij
helpen ?
De context is als volgt:
A number of incidents have highlighted the racial tensions that continue to
plague South African society- rioting and temporary closing of a school
which discriminated against black students, complaints against the
appointment of a black deputy-judge president, etc.
On 1 Nov 1998 19:28:21 GMT, had the following to say:
|oos...@geocities.com writes:
|
| Voorbeeld: My middeldogter (4 > jaar oud) het
| onlangs weggespring en 'n teks van 300 woorde voorgelees.
|> Niemand weet hoe sy leer lees het nie. Sy self ook nie.
|
|
| Jy maak nou of dit so 'n ongewone situasie
| is. Van my kinders het dieselfde gedoen.(My
| teorie is dat die maand wanneer jou kind sy
| eerste tand kry, daardie jaar begin hy lees.)
| Kinders in Montessori-klaskamers begin gereeld
| op 2 en 3 jaar al begin lees. (Die bewyse is
| daar dat hulle nie veel later in die lewe
| baat nie, en selfs akademies ongebalanseerd
| maak.)
|
Gelukkig is my kinders normaal en nie klein super brats nie! 'n
Staatskool is goed genoeg - en soos Gloudina sê help dit met die
sosialisering soos geen ander plek kan nie.
Ons koop wel by die huis al die stimulering wat ons kan bekostig, soos
rekenaar programme, slim speelgoed en lees programme, maar die kinders
dryf hulleself daardeur en word nie ryp gedruk nie. Ons hoop hulle
sal normale mense wees wat elke dag geniet en voluit lewe sonder om
die heel tyd net na prestasie te strewe.
Groete!
wie kan mij helpen?
ik ben al een hele tyd op zoek naar een huitgave van breyten
breytenbachs seisoenin die paradys in het afrikaans. de bibliotheek van
onze universiteit heeft een engelse uitgave, die uit het afrikaans
vertaald is, maar deze afrikaanse uitgave is nergens te finden. Bestaat
die überhaupt? en aar kan ik dat boek dan bestellen/kopen?
Ek sit noudiedag en dink na oor die mense om my (Suid-Afrikaners en
Nederlanders), en dink to so oor die nuusgroep as 'n refleksie van die
werklikheid. Toe besef ek dat wat ons hier sien, is nie 'n refleksie van wat
mens daar buite sien nie (behalwe miskien in die Russiese Parlement). Hier op
die nuusgroep voel meeste mense voldoende anoniem dat hul kan sê wat hul
dink. Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het? Dink
julle Secret Squirrel sou soveel gemorspos uitbraak as hy nie "Secret" was
nie? Laat waai met julle opinies - dit kan dalk 'n aangename afleiding gee
van die vlammetjies wat die laaste week of so hier rondblaas.
Dit laat my dink aan 'n skets uit een van Douglas Adams se boeke (o - voordat
ek die volgende gebraaide "kopieregdief" word - dit is uit "So long and
thanks for all the fish"). Hy vertel van die man wat by die trienstasie
opdaag - effe vroeg vir die trein. Hy koop vir hom 'n pakkie beskuitjies, 'n
koppie tee en 'n koerant. Hy gaan sit by 'n tafel, maak die koerant oop en
drink rustig aan die tee terwyl hy deur die koerant lees. `n Welgeklede
Engelse besigheidsman vra hom of hy ook daar kan sit. Tot sy uiterste skok
sien hy hoe die man sy pakkie beskuitjies oopmaak, een uithaal en dit eet. Hy
kook, maar glimlag beleefd vir die man, leun oor die tafeltjie en haal ook
een uit. So sit hy en die man en maak ewe beleefd die hele pakkie leeg.
Uiteindelik staan die man op, groet hom vriendelik, neem die leë dosie saam
met hom en gooi dit in die asblik. Toe sy eie tee klaar is, vou hy die
koerant op en ontdek tot sy ontsteltenis dat sy eie pakkie beskuitjies al die
tyd onder sy oop koerant gelê het!!!
Na nege jaar in Australie praat ek en my vrou nog Afrikaans met mekaar.
Mense kyk ons soms snaaks aan, maar so het baie mede Suid Afrikaners wat ons
hoor praat met ons kom kennis maak en groot pelle geword.
Ons kinders se Australiese maats het egter al meer as een keer gevra of ek
en my vrou kwaad is vir mekaar of stry waneer hulle ons hoor Afrikaans praat
met mekaar. (Kinders hier is nie op hulle bek geval nie.) Hulle sê dat die
klanke wat ons gebruik klink vir hulle kwaai.
Het iemand anders al so iets ervaar?
Indien wel is dit seker die dat ander mense ook soms vir ons kyk waneer on
Afrikaans praat. Of so nie kan dit gevalle wees soos die een wat my dogter
so skaam gemaak het vir ons Afrikaans. Dit was die een dag toe sy in n'
winkel vir ons een van haar onderwysers uitwys en my vrou vir haar voor
ander mense heel onskuldig in Afrikaans vra -- "watter VAK"? :-)
Sluiper wrote in message ...
> Na nege jaar in Australie praat ek en my vrou nog Afrikaans met mekaar.
> Mense kyk ons soms snaaks aan, maar so het baie mede Suid Afrikaners wat ons
> hoor praat met ons kom kennis maak en groot pelle geword.
>
> Ons kinders se Australiese maats het egter al meer as een keer gevra of ek
> en my vrou kwaad is vir mekaar of stry waneer hulle ons hoor Afrikaans praat
> met mekaar. (Kinders hier is nie op hulle bek geval nie.) Hulle sê dat die
> klanke wat ons gebruik klink vir hulle kwaai.
>
> Het iemand anders al so iets ervaar?
Ja. Voordat ek Grieks leer verstaan het, het dit dikwels vir my geklink asof
hulle baklei wanneer hulle praat. Ek vind dit ook met ander Oos-Europese tale
en met Italiaans en met die Sotho-tale, wat ek gladnie verstaan nie. Alle
Oosterlinge klink vir my asof hulle erg stry wanneer hulle praat.
My ervaring is egter dat die verskynsel slegs voorkom wanneer mens nie die
sprekers kan sien nie.
Groete, Leendert
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==---------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Voor degenen onde u die niet genoeg hebben aan deze nieuwsgroep hier is er
nog een waar je ongetwijfeld merkwaardige menigen zult tegenkomen. En ze
verstaan ook wel Afrikaans. Ik versta het immers ook.