GOEIE REDES OM NIE DEEL TE WORD VAN STROOM EMIGRANTE
Wat my getref het van die seuntjie wat deur die leeuwyfie aangeval : is –
afgesien daarvan dat dit my opnuut oortuig het dat ’n mens nie met leeus
sukkel nie, net :soos jy nie met die berge en die see sukkel nie – was sy
naam.
Hy het ’n Afrikaanse naam en ”n Afrikaanse van, en hy was in die wildtuin as
sy laaste Suid-Afrikaanse plesiertjie voordat die gesin na Australië sou
emigreer. Dis om van koue rillings te kry.
Dit was erg genoeg toe die Engelse padgegee het. Ek kyk na ou groepfoto’s en
voel lus om te huil. Hoe erg het my kring van kennisse nie uitmekaar gespat
nie. Hoeveel sterker en groter sou ons nasie nie gewees het nie as hierdie
mense gebly en hul breinkrag aan die uitdagings van die land gewy het? Maar
dis tradisie by die Engelse om pad te gee. Dit ontstel ’n mens, maar dis nie
’n skok nie. (Behalwe natuurlik wanneer jy dit van Anglo-American kry. Dan is
dit ’n Ultra-Skok).
Wanneer die Boere egter begin page, lyk dit onnatuurlik, soos ’n hond wat
miaau of ”n resiesperd wat ’n ploeg trek. Die Boere hoort hier, deksels! (Ons
maak staat op hulle. ’n Mens kan sien wat die tou-opgooiers hinder. Dis nie
net dat hulle onwelkom voel nie, mank weens regstellende aksie en die nuwe
omgekeerde rassisme en alles. Dis nie net die barbaarshede wat onder die
misleidende hoof ” misdaad” gegroepeer word nie. (”Misdaad” is wanneer jou
motor gesteel word. Dis vrees dat jou kind geskiet word wat jou laat inval in
die toue by die konsulate.)
Dis ook baie meer basies: dat hulle die toekoms van Afrika sien as een lang
geworstel deur die Eerstewêreldse minderheid om goedere en dienste en
vordering aan die Derdewêreldse meerderheid te verskaf. Hulle wil emigreer na
plekke waar die omvang van produksie vergelykbaar is met die omvang van
verbruik.
Dis ’n buitengewone ommeswaai, nou dat ’n mens daaraan dink. Al die tyd was
die standaard-beskuldiging, wat ’n mens die Tutu-benadering kan noem, die
standpunt dat die wit mense ryk geword het deur ”die swart mense uit te buit.
(En dis deels waar, selfs wanneer dit gekompliseer word deur teenoorgestelde
waarhede. Hoe meet jy die rykdom wat wit mense bekom het, teenoor die
onderwys en klinieke wat die wit mense gebring het?)
Hoe ook al, daardie tydperk is verby. Ironies genoeg, net toe
”terugbetaaltyd” aanbreek, breek ook die tydperk aan waar groot hoeveelhede
handearbeid nie meer rykdom genereer nie maar rem.
Ons moet seker maar aanvaar dat baie Eerstewêreldse mense afgeskrik sal word
deur die uitdaging, en mettertyd sal ons ophou om hoegenaamd enige etniese
karakter aan die emigrante- stroom te gee. Dit sal uiteindelik nie meer net
Afrikaners in- sluit nie, maar Eerstewêreldse individue van elke herkoms,
Indiër en bruin en Afrikaan en alles. Dan weer sal dit nie alle Eerstewêreldse
mense insluit nie. Om maar een te noem: dit sal my nie insluit nie.
Die afgelope maand het ek drie oud-emigrante teengekom wat teruggekeer het.
Die eerste se naam is Rosenberg, die tweede Levy en die derde het na iets
soos Oskowitz geklink. Almal was na gerieflike lande. Die een het gesê: ”Dit
was so maklik dat ek soms nie seker was of ek wakker was of aan die slaap
nie.” Die tweede: ”Ek het gevoel ek het my plig versaak en geleenthede
misgeloop.” Die laaste een: ”Die prys van al die gemak was oppervlakkigheid.”
Ek het pas ’n stuk werk laat doen deur die stadsraad. Van al die munisipale
werkers wat betrokke was, het nie een my moedertaal van Angel- Saksiese
herkoms gedeel nie, Die taak is met sowat 89 persent doeltreffendheid
afgehandel – redelik goed maar nie foutloos nie – en met ’n menslike
verheffingsfaktor van minstens 150 persent.
Al die munisipale mense se gedrag teenoor my, teenoor mekaar, deur die talle
stamme en kulture heen, was ’n algehele plesier, veel meer as wat ek my kan
voorstel in enige plek wat foutloos funksioneer. Sal ek ooit daardie bonus wat
die hart verhef het, wil verruil vir die ekstra 11 persent doeltreffendheid?
Nooit gesien nie!
In Augustus het ons gesin ’n reis van 5 000 km deur die Kaap onderneem. Daarna
kon ons nie aan ’n enkele ontmoeting dink wat nie aangenaam was nie. Ek praat
van honderde ontmoetings, met petroljoggies, hotelbestuurders, restauranteurs,
kelners, mense op die strande, vreemdelinge langs die pad, van elke kleur en
taal.
Ek sê nie geen ontmoetings was onaangenaam nie. Ek se geen-een was nie
aangenaam nie, wat veel verder gaan.
Elke enkele keer dat ons met iemand gepraat het, was daar ’n ekstra
welwillendheid of spontane hoflikheid of toegevoegde menslikheid om ons dag
te verhelder. Kan ek dit verruil vir een van daardie plekke waar jou menslike
waarde gemeet word aan die grootte van die rekening wat jy gaan betaal? Nie
ek nie. In Sentraal-Afrika is dit duidelik dat die groot golf van buitelandse
immigrasie na Afrika nie iets van die verlede is nie. Dis iets van die
toekoms.
Jy sien die voorhoede so helder soos daglig in lande soos Uganda en Kenia.
Dis jammer dat ons juis in hierdie tyd gewoond raak daaraan om die Boere
vaarwel toe te wuif, die grootvaders van Afrika se immigrante. Ek neem aan
die skok sal vervaag, maar ek is nogtans jammer daaroor. Ek hoop net hulle
kyk met albei oë voordat hulle die stap die vreemde in neem; met die oog wat
vreugde sien, en met die oog wat hartseer kwellinge sien; die oog vir more en
die oog vir die dag daarna.
"Het liefst zou ik weer in de tropen wonen,
Waar ik vandaan kom en ben opgegroeid,
Weg uit dit land met z'n hoge lonen.
Waar men te dik gekleed gaat en te zwaar geschoeid.
Ik zou m'n sokken uitdoen, nooit meer schoenen dragen,
Geen winterjas, geen trui of lange broek.
Op blote voeten lopen alle dagen,
En eindelijk de aarde voelen die ik zoek."
Geschreven door Fetze Pijlman, een Nederlander die in Suriname opgegroeid
is.
> Weg uit dit land met z'n hoge lonen.
> Waar men te dik gekleed gaat en te zwaar geschoeid.
Waar men rijdt in een eigen auto, vaak een BMW of Mercedes. Waar men luxe
winkels heeft. Waar men bijna alle sporten kan beoefenen. Waar men kan
kiezen uit heel veel mooie kleding. Waar men nuchter is.
> Ik zou m'n sokken uitdoen, nooit meer schoenen dragen,
> Geen winterjas, geen trui of lange broek.
> Op blote voeten lopen alle dagen,
> En eindelijk de aarde voelen die ik zoek."
Een goed pak en een dikke overjas staan mooi. Op blote voeten lopen? Straks
trap je in iets en krijg je zweren. En dan rot je voet eraf. Daaaag voet!
> Geschreven door Fetze Pijlman, een Nederlander die in Suriname opgegroeid
> is.
Wat moet je in Suriname? Suriname is een land van losers. Die regering
sucks. Bouterse de drugsbaron heeft de touwtjes in handen. Suriname is een
arme rotzooi. De enige grote buitenlandse bank (ABN-AMRO) wordt bijna weg
gejaagd door de debielen van de Surinaamse Nat. Bank .Losers!
Ik weet niet of ik in de goede nieuwsgroep zit, ik denk eigenlijk van niet,
maar ik zoek iemand waarmee ik kan e-mailen. In het nederlands of in het
engels.
Kan iemand mij vertellen waar ik moet zijn??????
Charl Fourie van Vereeniging het 'n anti-kaper stelsel vir motors ontwikkel.
Onder die voordeure van die motor word twee gasspuitkoppe gemonteer wat
gevoer word vanuit 'n gassilinder in die kattebak. Die ding word in
werking gestel deur 'n knoppie op die vloer te trap. Kapers se normale
modus operandi is dat een die motor van links nader en 'n tweede van regs.
Trap die knoppie en voila - instant braaivleis.
Die fotos van die demonstrasie herinner sterk aan 'n "dragster" wat met 'n
oordosis oksiede aan die gang kom - hoër as menshoogte vlamme weerskante van
die motor. Die winkelpop wat in die demonstrasie gebruik is se klere was
onmiddellik van kop tot tone aan die brand en die vlamme bly uitspuit solank
die knoppie ingetrap gehou word.
My voorspelling :
Charl Fourie gaan 'n paar pond tien in sy sak steek.
Na die eerste gebruik daarvan staan iemand in die hof met moord / manslag /
aanranding teen hom.
Kapers verander hul metodes - skiet eers van 'n afstand voor hulle naderkom.
Daar word 'n wet gemaak om die gebruik daarvan te verbied.
Die uitvinders word aangekla van
Die gebruiker en uitvinder(s) kry eise vir skadevergoeding.
Chris Heerze vra inligting oor hoe om 'n besigheid in SA te begin. Kwarantyn
antwoord:
Kwarantyn wrote in message
...
> Hoekom sal enige regdenkende persoon dit wil doen??
Mbeki het glo vandag by Rosslyn 'n toespraak gemaak waarin hy 'n vreeslike
keel opgesit het oor die "negatiewe beeld" wat "die media" so onregverdiglik
oor Suid-Afrika versprei - binnelands sowel as buitelands.
Klink vir my nes John Vorster.
Mbeki is natuurlik heeltemal reg. 'n Ruk gelede het ek 'n berig op die
nuusgroep geplaas wat in die Londonse Sunday Times verskyn het oor die
Lesotho-inval. Ek dink nie die styl van die berig is objektiewe beriggewing
nie - die negatiewe kommentaar is eintlik erg oordrewe. Interessant genoeg
het geen siel op die nuusgroep daarop gereageer nie.
In hierdie opsig stem die berig 100% ooreen met die soort beriggewing wat
algemeen oor SA verskyn het onder die vorige regering. Die ANC het dit
gebruik vir propaganda teen Afrikaners, en dis duidelik dat die vooroordele
van mense soos Gloudina daardeur gevorm is. Ek reken ook dat die oordeel van
die meerderheid van die WVK deur daardie soort propaganda gevorm is.
In die lig daarvan kan die Londonse Sunday Times, die Washington Post (en
Times), De Standaard en elke ander koerant wat my betref, maar elke dag
sulke berigte plaas. En hoe meer Mbeki kerm, hoe meer pas dit my.
Dalk leer hy eendag dat daardie soort berigte eintlik bedoel is om die egos
van die Britte, Amerikaners, Kanadese, Europeërs en die res te streel (ons
is tog beter as die dom Boere/Swartes/wat-ook-al....) en nie soseer om in te
lig nie.
Intussen kan hy voel hoe dit is om aan die ontvangkant daarvan te wees.
Groete, Leendert
>
> "Chr. A. Heerze" wrote:
>
>> Could somebody give me some information about starting a business in
>> South-Africa.
>> I'd like to open a computer shop in or near Johannesburg, but I couldn't
>> find anything about this that are required for starting a business.
>> There is another thing I'd like to know, I live in the Netherlands and I'am
>> in the last year of the MBO. The thing I'd like to know does anyone know
>> what my diploma is worth in South-Africa.
>> Please mail me...
>> Christiaan
>
Ons is op soek na 'n programmeerder wat die rekenaartaal "Perl" se baas is.
Ons het 'n internet diens voorsienings maatskappy (in Engels ISP) tot stand
gebring hier in Perth, Westelike Australië. Na baie maande se gesukkel en
baie Dollars later het die ozzie programmeerders ons nognie in kuberruimte
kon lanseer nie.
Is daar tog nie êrens 'n boerseun met die kennis wat vir 'n maand of twee
wil oorkom Oz toe en ons kom help nie? Die skip staan op die lanseer
platform maar ons kry dit netnie van die grond af nie. Ons sal reël vir 'n
werkspermit en dies meer. As jy kan spog met 'n "ISP" waarvan jy die (mede)
outeur is wil ons graag van jou hoor, maar bitter vinnig!!! "Lift-off" moet
1 Januarie 1999 wees, buig of bars.
Alwyn Nel
ne...@netship.net (Die email server werk reeds!)
Suid-Afrika is steeds die verkragtingshoofstad van die wêreld, terwyl hy
tweede in die ry staan met voorvalle van roof met verswarende omstandighede
en derde met moord.
Voorts word byna ses keer meer Suid-Afrikaanse polisiebeamptes vermoor as
hul Amerikaanse eweknieë volgens dr. Chris de Kock, hoof van die
Misdaadinligtingbestuursentrum (MIBS).
Volgens hom het die getal aangemelde handelsmisdade in die eerste ses
maande van die jaar met 2,2% gestyg. Bedrog is bo-aan die lys van misdrywe
in dié kategorie en 24 834 voorvalle, waarby sowat R1,8 miljard betrokke is,
aangemeld.
Dié statistieke is bekend gemaak in die MIBS se verslag vir die eerste ses
maande van 1998 wat gister uitgereik is.
Op provinsiale vlak loop Wes- Kaap voor met die getal moorde (40,8 per 100
000 mense) en pogings tot moord (50), gevolg deur Gauteng (38,6),
KwaZulu-Natal (38) en Noord-Kaap (36,1).
Die meeste moorde in Wes-Kaap vind plaas in die oostelike metropolitaanse
gebied, wat die lughawe, Kaapse Vlakte, Khayelitsha en Mitchell's Plain
insluit. Die moorde val in die kategorieë sosiale moorde, bendeverwante
moorde en bende-Pagad-verwante moorde.
Gordonia in Noord-Kaap is tweede op dié lys, gevolg deur die
Vereeniging-Vanderbijlpark-Orange Farm-gebied.
Noord-Kaap loop voor met verkragtings met 88,9 gevalle per 100 000 mense,
gevolg deur Gauteng (80,3), Wes-Kaap (70,4), die Vrystaat (67,2) en
Noordwes (65,5).
Gauteng is steeds die "hoofstad" van motordiefstal en bedrog. Alte same
159,3 gevalle van bedrog per 100 000 mense het in Gauteng voorgekom, met
Wes-Kaap tweede (108,4).
Die meeste kapings van voertuie het in Gauteng plaasgevind, naamlik 4 219
gevalle, wat 'n toename van 11% vergeleke met dieselfde tydperk verlede
jaar verteenwoordig.
De Kock het sy kommer uitgespreek oor die verhoogde vlak van geweld by
misdrywe soos inbraak en diefstal.
Volgens hom is 'n ondersoek begin na die hoë voorkoms van moord op
polisiebeamptes, wat tussen 1994 en 1996 afgeneem het, maar weer sedert
1977 toegeneem het. Altesame 65,7% van dié beamptes is vermoor terwyl
hulle nie aan diens was nie.
Sedert Januarie vanjaar is 55 SAPD-lede vermoor terwyl hulle aan diens was
en 65 terwyl hulle van diens af was.
Die ontleding van die statistieke toon dat 16% van die vermoorde SAPD-lede
onder die invloed van drank was en dit lyk of 'n aantal moorde toegeskryf
kan word aan lede wat ná werkure in gevegte in sjebiens of kroeë betrokke
geraak het, het De Kock gesê.