'Onderdrukkers van swartes agter geweld'
May 28 2008 08:18:35:913PM - (SA)
'n Jong vrou se skadu val gister op 'n onderstebo vlag van die
Ivoorkus in 'n optog in Durban ter bekendstelling van 'n veldtog teen
xenofobie deur die KwaZulu-Natalse regering. Die mense wat dié vlag
gedra het, het nie geweet watter land s'n dit is nie. Foto: Dries
Liebenberg
Click here to find out more!
Verwante Berigte
# Gesloer keer glo dat krisissentrum help
# Dalk 14 kampe vir dié wat onder geweld ly
# 'Vergoed ons arme burgers!'
# Eetstaking 'totdat VN tot redding kom'
# 'Sien toeriste in 2010 as beleggers'
# SA se mense dalk in gevaar in Kenia
Dries Liebenberg
drieslb@worldonline. co.za
Durban. - Dit is die onderdrukkers van swart mense wat agter die vlaag
van geweld teen buitelanders in Suid-Afrika sit.
Só het premier S'bu Ndebele van KwaZulu-Natal gister aangevoer toe hy
'n veldtog bekend gestel het om Afrika se diversiteit te vier.
ÂDit is die onderdrukkers wat vir mense wysmaak dat Mosambiekers ons
vyande is, het Ndebele by die bekendstelling van die Love for
Africa-veldtog gesê.
ÂSê vir hierdie mense wat deur ons onderdukkers gestuur is, hulle kan
ons net onderdruk as ons verdeeld is, het hy voorts gesê.
Ndebele wou weet waarom net swart mense van Afrika-state in die vlaag
van geweld en intimidasie as buitelanders gebrandmerk word. ÂNiemand
hier sê dat 'n wit Engelsman, Duitser of Portugees 'n buitelander is
nie.
ÂNiemand het ooit gesê dat dit maklik gaan wees om demokrasie in die
Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap te vestig nie. Ons vyande
rus nie.
ÂNie een van julle behoort in 'n bus te klim om terug te gaan na jul
land van herkoms nie, het Ndebele gesê.
Dié uitsprake kom nadat Ndebele en mnr. Bheki Cele, LUR vir
gemeenskapsveiligheid en -skakeling, verlede week die skuld vir een
van die eerste aanvalle op buitelanders in die stad op die IVP gepak
het.
Misdadigers het toe en sedertdien ook die skuld vir die geweldvlaag
gekry.
Ofskoon slegs buitelanders in daardie aanval in die Durbanse buurt
Umbilo uitgesonder en gemaan is om pad te gee, het Ndebele en Cele
voet by stuk gehou xenofobie het geen rol in die geweld gespeel nie.
Eergister het Ndebele gesê dit is nie in die aard van Suid-Afrikaners
om xenofobies te wees nie en dat dit ondenkbaar is dat die geweld
spontaan uitgebreek het.
Die bekendstelling van die Love for Africa-veldtog het musiekgroepe en
kultuurvertonings van verskillende Afrika-state ingesluit, asook 'n
sokkerwedstryd tussen beroep- spelers van Suid-Afrika en ander lande
wat aan KwaZulu-Natalse klubs verbonde is.
Onder die toeskouers was buitelanders wat die afgelope week by die
Cato Manor-polisiekantoor gaan skuiling soek het toe die geweld na dié
provinsie uitgebrei het.
Al het die sokkerspanne in rooi en blou truie met die woorde ÂAfrica
United daarop gespeel, was die kennis oor die vlae van Afrika
gebrekkig.
Niemand het eens opgemerk dat die vlag van die Ivoorkus onderstebo
gedra is in die optog nie.
Ek kry gister 'n brief van my jonger suster. Sy
weier om op die internet te gaan, so haar briewe
is maar skaars. ( Gelukkig kom sy in Julie darem
vir ons kuier met haar oudste dogter.) Toe sy nou
oor SA begin praat, toe kla sy dat Mbeki nou maar
'n taamlike swak president is, en hoe hulle hoop
Zuma is beter. Sy skryf onder andere ook die
volgende - ek haal dit verbatim aan: "Ons land
floreer absoluut. Richard ( haar seun) het verlede
week in en om Durban gaan golf speel en hy sê
Durban en Umhlanga Rocks is nou een groot stad
aanmekaar en alles is pragtig."
Bostaande het my effens dronkgeslaan. Sy
het geen geheime agenda nie. Sy weet ook dat
sy nie dinge vir my hoef weg te steek nie. Ek weet
ook dat haar dogter en dié se man elke nou en
dan oorweeg om na Australië te emigreer, wat hy
maklik kan doen, want hy het al as metallurg in
die mynbedryf verskeie kere daarheen gegaan vir
korter of langer periodes.
Ek neem aan dat die hoër rentkoerse haar
minder hard sal tref, want sy het nie meer verbande
om te betaal nie, en het seker taamlik geld in die
bank wat dan groter rente trek. Maar dis vir my
nogtans interessant dat sy dit nodig vind om vir
my te sê dat die land vooruitgaan. ( Ek het erens
gelees dat SA se groeikoers erens in die 6% was
'n jaar of wat gelede, wat baie beter is as wat die
VSA en Kanada die afgelope jare ondervind het.)
Ek kan nie verstaan hoe strook haar opinie met
dié van sommige mense op hierdie nuusgroep,
wat vir 'n mens laat verstaan dat die land en sy
ekonomie in duie stort nie.
Krugersdorp. – Die saak teen twee tieners, wat van die moord op ’n
donkerkop matriekmeisie van die Wes-Rand aangekla is, is gister na die
direkteur van openbare vervolging (DOV) verwys vir beslissing.
Die twee tieners, mnr. Ken Maree (18) en ’n 15-jarige seun, het gister
agter geslote deure in die landdroshof hiér verskyn.
Hul verskyning hou verband met die dood van Cassandré van Rooyen (17),
’n matriekmeisie van Hoërskool Bekker op Magaliesburg, wat op 18
Februarie met ’n klein kaliber vuurwapen op ’n hoewe in Tarlton, buite
Krugersdorp, in die agterkop geskiet is.
Haar lyk is twee dae ná die moord in lang gras ontdek waar sy agter ’n
sementdam op die Garlic Growers-hoewe versteek was.
Maree het saam met ’n minderjarige seun (15), wat weens sy
minderjarige ouderdom nie geïdentifiseer mag word nie, kort ná 09:00
by die hof opgedaag.
Die jonger beskuldigde het saam met sy ma in die geselskap van die
Maree-gesin opgedaag en skuiling agter ’n serp en ’n tydskrif gesoek.
Weens die in camera-sitting is dit nie duidelik of die DOV moet beslis
oor verdere vervolging van die beskuldigdes en of die saak vir die
bepaling van ’n hooggeregshofdatum verwys is nie.
Riaan, ek het nou gesoek na dit wat jy 'n tyd gelede geskryf het oor
huisverbande en kon dit nie kry nie. Ek kan ook onthou dat my reaksie
daarop nie werklik was wat jy wou hoor nie.
Ek dink somtyds weer aan wat jy gesê het, veral wanneer ek sien dat
daar weer (*na bewering:-) twee (verwagte) koersverhogings op pad is.
Een in Augusts en een in Oktober. Ãn jy het gesê dat jou premie reeds
met R3000 verhoog is. Hoe betaal jy dan meer af om die kapitaal te
delg?
My dogter se man het met sy werk gereël om te bedank en weer in
dieselfde pos aangestel te word. Dit het hulle in staat gestel om om
die pensioenbydraes (minus belasting natuurlik) in die hande te kon
kry, en daarmee is hul verband kompleet afgelos.
Ons het dit bespreek en selfs met die verlies in die vorm van
belasting wat hulle betaal het, gereken wat hulle oor die jare sou
betaal + rente, was dit 'n score. Sy werk het van sy beplanning geweet
en hulle daarmee ondersteun. Verder is hulle so jonk dat 'n baie goeie
pensioenwaarde weer kan opgebou word en dit sonder die spanning van
'n aanhoudend verhogende huisverband.
Ek dink jy werk erens op 'n tegniese gebied, so drie faktore is
belangrik: Versekering dat jy in dieselfde beroep sal heraangestel
word, hoe lank jy moet bedank eer jy jou hande daarop kan lê
en natuurlik of jy werklik lid is van 'n maatskappypensioen.
Die volgende link sal sommige so bietjie aanstoot gee, maar dit maak nog
steeds vir 'n goeie storie, en klop aan die vraag oor 'n koerant se
verantwoordelikheid tov sekere goed.
Dis moordorgie leiers bo verdenking moet lei
May 26 2008 08:31:35:150PM - (SA)
Ex Echo Een Nege, Vereeniging
Toe . . . en nou? Dit is 1993. In Katlehong, Thokoza, Vosloorus en
Pholapark laat politieke twis, rassehaat, faksiegevegte en jaloesie
tussen plaaslike en migrerende werkers daagliks talle dood. In so 'n
mate dat die Germiston-lykhuis toegeboude vragmotors stuur om die
dooies van die vorige dag op die plaaslike onluste-eenheid se basis te
gaan haal . . . as almal op een vrag gelaai kan word.
Die skuld vir die onluste, geweld en moorde id destyds gepak op 'n
derde mag, (lees, apartheidsregering, hul polisiemag, regse elemente .
. .). My ondervinding dui daarop dat 99% van hierdie moorde gepleeg is
deur die faksies binne die Zoeloe- en Sotho-groepe wat die
"apartheidsregering" ons opdrag gegee het om hulle van mekaar te
beveilig.
Nou het ons weer 'n situasie waar 'n moordorgie landwyd heers Met dié
verskil dat Zoeloe-, Sotho- en Xhosa-faksies saam buitelanders in die
visier het.
Nog 'n verskil is dat die polisie (-diens) nie opgewasse is teen
hierdie situasie nie. Hul "diens" (gelees teenoor "-mag") bevoordeel
net die misdadige element wat die bevolking terroriseer.
En nou word 'n derde mag weer geblameer. Tree op teen die misdadige
element in regerende posisies, staak die beskerming van korrupte en
onbeholpe leiers wat nie standpunt kan stel nie!
As die leiers bo verdenking kan lei, kan die gemeenskap met vertroue
volg. Andersins word eie reg gebruik en sal laagtepunte van nou en in
ons land se geskiedenis vaal vertoon teen dit wat gaan kom.
‘Barbaarse aanval’ lei tot duur eis
May 26 2008 09:58:34:793PM - (SA)
Liela Magnus
’n Pretorianer en sy seun moet meer as R500 000 opdok nadat hulle ’n
toraks-chirurg op ’n “barbaarse wyse toegetakel en aangerand” het.
Jan van Vuuren en sy seun, Gerhard, moet die R500 000 plus koste
skadevergoeding aan dr. Martin Bruwer betaal.
Bruwer het gister aan Beeld gesê hy is “vir seker bly” die saak is
afgehandel en dat reg geskied het.
Hy het aanvanklik altesame R1,646 miljoen geëis nadat die Van Vuurens
hom op 28 September 2004 só erg aangerand het dat sy neus afgeslaan en
die kraakbeen in sy skouer beskadig is.
Van Vuuren en sy seun is vroeër in die landdroshof in Pretoria-Noord
skuldig bevind op ’n aanklag van aanranding en het ’n boete betaal.
Hulle het teen die skuldigbevinding geappelleer, maar het nie geslaag
nie.
Bruwer het daarna ’n siviele eis teen hulle begin.
Volgens Bruwer het hy en Van Vuuren en nog ’n vennoot ’n stuk grond in
’n beslote koöperasie in Montana, Pretoria, aangekoop.
Bruwer beweer Van Vuu-ren het nie sy deel betaal nie en hy en die
ander vennoot wou die beslote koöperasie laat likwideer.
Die Van Vuurens het hom glo ingewag en aangeval toe hy hulle van die
perseel wou gaan verwyder.
Van Vuuren beweer hulle was gewikkel in ’n twis oor broodbome wat
hulle saam gekoop het. Hulle is albei broodboom-versamelaars.
Bruwer het glo die bome na sy plaas geneem waarna Van Vuuren gevra het
sy deel moet aan hom besorg word.
Die pa en seun beweer hulle het uit noodweer opgetree omdat Bruwer sy
vinger na Van Vuuren sr. gewys en op hom “afgestorm” het.
Bruwer ontken die broodbome was die spil waarom die aanval gedraai
het.
Julle ken my moerigheid daar oor dat die kniebuigende Afrikaanse media
na martelaars, verkragters en moordenaars as 'meneer moordenaar ens.'
verwys. Ferdi se verduideliking daaroor was dat hy die 'meneer' titel
verloor na skuldigbevinding.
Gisteraand se 7 uur nuusbulletin het, met verwysing na die Durban
anc-munisipaliteit se verafgoding van moordenaar Andrew Zondo tot
sulke afmetings dat 'n straat in 'toti na hom vernoem word, die
teendeel bewys. (die straat waar hy die bom geplant het
waarmee hy 5 mense vermoor het.
Die moordenaar is in 1985 gehang en selfs sy pa is teen die benoeming
gekant)
Toe die nuusleser gisteraand tydens die sewe uur nuusbulletin
verduidelik wie en wat die moordenaar is, het sy verwys dat 'meneer
zondo' in 1985 daarvoor gehang is.
Die Afrikaanse media is op hulle knieë en almal weet tot watter
geweldige invloed hulle in staat is. Hulle kan die witmense se
ondergang wees.
Ek was verras met Tim Du Plessis se uitgesprokenheid in verlede Sondag
se Rapport waar hy mbeki 'n nul op 'n kontrak genoem het.