Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Entropie" deur FERDI GREYLING

Sa., 09 Januarie 1999 00:00

ENTROPIE
Ferdi Greyling

Dae spoel oor in mekaar.
Horlosies word ornamente in jou huis.
Tyd wen af
en word ten beste gepunktueer
met sneeu op die berge
en swaeltjies wat elke somer terugkeer.
Af in die straat
is die gebreekte ou man
elke dag stukkender in sy tuin.

Die verlede
beinvloed vir jou nie meer die hede nie
en die hede word n stoep vol vergeetagtigheid.

Is dit eensaamheid
wat skemeraand so sag om jou gaan lê
waar jy op die stoep sit
met n skinkbord, teepot en koppie?

En buite die berge ver na links
en voëls in die boom op regs.

Agter die huis
het die son al ondergegaan.

Prosa & poësie | 0 kommentare

books sought

Sa., 09 Januarie 1999 00:00

Moontlike raakpunte tussen Platduits en Afrikaans. Du Plooy, F. D.
Potchefstroom (South Afrika): Potchefstroomse
Universiteit vir CHO, 1981. ISBN 0-869-90634-8.

Afrikaans- Nederlandse taalverkenning. Stoops, Y. H. L. Port Elizabeth
(South Afrika): Universiteit van Port
Elizabeth, 1982. ISBN 0-869-88196-5.

Can anyone help me?

Thanks

Edward Sproston

spraa...@dial.pipex.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

afrikaans

Sa., 09 Januarie 1999 00:00

Hello, I am an American. Is there someone who could translate the following
for me? Thank you very much, Robyn

Dad I have to tell you something, serious, dad
ek
>> is
>> baie ongelukig here ek het vir julle gese dat alles is reg maar ek kan
>> nie
>> hier bly nie, Ek het met my counsler gepraat en ek gaan a ander family kry
>> ek ge nie opp nie ek vou jou nie tell nie want ek wou nie he dat jou en ma
>> worry van my maar ek kan nie robyn geluckig maak nie, alles is nie reg die
>> kinders haat my en hulle se naame vir my en die oudste vertel haar ma op
>> my
>> as ek vergeet iets, pa gister het Robyn ge se dat ek moet uit die kombus
>> kry
>> en ek het gehuil in my kammer en ek het niks ge eet en dan wanner ek wou
>> uit
>> gaan het sy en hy gese dat ek kan nie en ek het ge se dat ek het a slappie
>> gehe en hulle het vir my gese dat as ek nie alles reg doen nie vandag dan
>> gaan hulle my ground so dat ek kan nie uit gaan nie verskies my afrikaans,
>> pa ek hope dat jy verstaan wat ek se daar is baie ander dinge what hulle
>> doen maar ek kan nie jou no vertel nie maar as ek hier vir elf maande bly
>> sal ek mal word ek gaan nerens nie en ek is geluckig wanner ek is met my
>> vriende maar rerig pa ek wens ek het jou vertel maar ek wou net heir
>> prober
>> maar rerig ek is so ongeluckig heir ek huil altyd die kinders is aaklig
>> hulle luster nie en hulle hardloop weg van my af en ek kan hulle nie kry
>> om
>> te doen what ek moet doen nie, pa aseblief verstaan ek moet alles vir jou
>> vertel maar ek kan dit nie skryf nie, miskien kan jy my bell at Josy's se
>> plek whant ek moet uit kom en ek dink dat op saterdag ek gaan by haar huis
>> slaap heir is haar telephone nommer, 3830638 ek sal weer skryf en vertel
>> jou
>> wanner jy kan my bel okay ek het jou lief ek hope jy verstaan my and I
>> hope
>> you are not disapointed but really dad I have given it my best ek moet my
>> course cansileer, rerig pa hierdie mense maak my mal ek kan dit nie vir
>> een
>> more maande vat nie sy is lelik en sy hou nie baie van my af nie ek gaan
>> nie
>> ry in a car nie jammer pa, ek het you baie lief!
>>
>>
>>

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Could someone help me translate this?

Sa., 09 Januarie 1999 00:00

Hello, I am an English-speaking American and I was wondering whether you or
someone in this newsgroup would be willing to translate the following lettr
for me. Thanks very much, Robyn

>>
>> Dad now please tell meegan that I did recieve her email and I sent a
>> reply,
>> but you did not get it, Dad I have to tell you something, serious, dad ek
>> is
>> baie ongelukig here ek het vir julle gese dat alles is reg maar ek kan
>> nie
>> hier bly nie, Ek het met my counsler gepraat en ek gaan a ander family kry
>> ek ge nie opp nie ek vou jou nie tell nie want ek wou nie he dat jou en ma
>> worry van my maar ek kan nie robyn geluckig maak nie, alles is nie reg die
>> kinders haat my en hulle se naame vir my en die oudste vertel haar ma op
>> my
>> as ek vergeet iets, pa gister het Robyn ge se dat ek moet uit die kombus
>> kry
>> en ek het gehuil in my kammer en ek het niks ge eet en dan wanner ek wou
>> uit
>> gaan het sy en hy gese dat ek kan nie en ek het ge se dat ek het a slappie
>> gehe en hulle het vir my gese dat as ek nie alles reg doen nie vandag dan
>> gaan hulle my ground so dat ek kan nie uit gaan nie verskies my afrikaans,
>> pa ek hope dat jy verstaan wat ek se daar is baie ander dinge what hulle
>> doen maar ek kan nie jou no vertel nie maar as ek hier vir elf maande bly
>> sal ek mal word ek gaan nerens nie en ek is geluckig wanner ek is met my
>> vriende maar rerig pa ek wens ek het jou vertel maar ek wou net heir
>> prober
>> maar rerig ek is so ongeluckig heir ek huil altyd die kinders is aaklig
>> hulle luster nie en hulle hardloop weg van my af en ek kan hulle nie kry
>> om
>> te doen what ek moet doen nie, pa aseblief verstaan ek moet alles vir jou
>> vertel maar ek kan dit nie skryf nie, miskien kan jy my bell at Josy's se
>> plek whant ek moet uit kom en ek dink dat op saterdag ek gaan by haar huis
>> slaap heir is haar telephone nommer, 3830638 ek sal weer skryf en vertel
>> jou
>> wanner jy kan my bel okay ek het jou lief ek hope jy verstaan my and I
>> hope
>> you are not disapointed but really dad I have given it my best ek moet my
>> course cansileer, rerig pa hierdie mense maak my mal ek kan dit nie vir
>> een
>> more maande vat nie sy is lelik en sy hou nie baie van my af nie ek gaan
>> nie
>> ry in a car nie jammer pa, ek het you baie lief!
>>
>>
>>
>>

>>

__

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Could someone help me translate this?

Sa., 09 Januarie 1999 00:00

"Betsie" writes:

> Ek dink nie sy is n au pair nie, maar n uitruilstudent, iets soos AFS. Ek
> sou graag met die kind wou praat om te hoor wat aangaan, dit is pateties
> hoe sy in gebroke taal van haar hartseer moet vertel...
>
> Aan die ander kant, miskien is ek ook naief..

Nee, ek dink nie jy is naief nie. Dit
laat effens trane in my o"e kom. Dis
duidelik 'n Engels-sprekende kind wat
in haar effens gebroke Afrikaans met
haar pa wil kommunikeer dat sy diep
ongelukkig is. Of miskien is sy 'n
au pair. Sommige van hulle is baie jonk.
En dis geen bed van rose nie. Een van
die dogters van SA vriende (wat alreeds
in Kanada en die VSA met haar ouers
rondgery het en ook alreeds onderwys
in SA gegee het) het oorgekom na die
VSA as au pair (by mense buite Chicago.)
Binne vier maande is sy terug na SA met
'n gediagnoseerde depressie. Die familie
het eenvoudig vir haar teveel op die
skouers gelaai (plus die hond) en minag-
tend oor SA gepraat en sy het natuurlik
ook heelwaarskynlik met onrealistiese
verwagtings hierheen gekom. Toe die
counsellor uiteindelik vir haar by 'n
ander familie inkry, toe is sy alreeds
so diep in die depressie in dat sy net
kan sit en huil.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die in Europa

Vr., 08 Januarie 1999 00:00

Moet dalk hul opsies vir n tyd lank oophou om terug te kom?

Want dit lyk of sommige navorsers reken n yseeu kan op Europa neerdaal
as gevolg van "global warming".

As ek reg onthou wat ek gelees het, werk dit so: In die Noordsee is
daar n natuurlik "pompstelsel" wat water laat sak na die bodem van die
oseaan en wegvoer.
Dit werk glo omdat wanneer die ys elke winter vorm, dan bly die sout
agter in die water wat dan swaarder word en afsak.

Die gevolg van die wegvoer van koue water is glo dat n warm seestroom
inspoel (die "Gulf Stream"?) teen Europa en Wes-Europa etlike grader
warmer maak as wat dit veronderstel is om te wees.

Global warming beteken minder ys - reeds word minder ysvorming glo
gemeet in die Noordpool-gebied - en dit kan die "pomp afskakel".
Volgens wat ek gelees het, is daar reeds tekens van fluktuasie in die
stelsel, maar dit word nog nie lank genoeg gemonitor en seker te wees
of dit natuurlike of onnatuurlike fluktuasies is nie.

As dit sou afskakel, sal Dublin se klimaat glo dit wees wat tans in
Spitsbergen heers.

So geniet julle huidige warm winter en julle goedkoop lugversorging en
nuwe motors, maar daar is dalk donker ondertone.

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

" 'n Wit berk het in die bos gestaan" deur BAREND TOERIEN

Vr., 08 Januarie 1999 00:00

'N WIT BERK HET IN DIE BOS GESTAAN - Variasies
Barend Toerien

1
'n Wit berk het in die bos gestaan
drie wit stamme met wit basse aan

dun vingers
met vingertoppe in 'n blou bak blare

2
Die spikkels op die berk
die sproete op jongmeisiebene
die negatief van 'n naghemel-foto

3
As ek net lank genoeg hier wag
sal 'n meisie verskyn en haar lang wit arms
saggies om my slaan. Ag -

4
Waar sit die blaarmatryse?
Soms dink ek hulle is ondergronds
in 'n groot doenigheid
soos die groen deeg uitgerol
en uitgedruk word in soetkoek-vormpies.

5
Herfs is haar blaartjies geel
'n anemiese sitroen
en op vlug van die boom
giggel hulle en jil
en pointe.

6
'n Wurm met 'n mond vol verrotte blare
sê : "Dankie tog, Tannie Berk, dat jy hulle vir my afgooi."
Toe kom daar 'n koor van ver stemmetjies, versmoor:
Sy't my g'n afgegooi nie, ek het self laat los!
(en stiltewaarts gesneeu?)

7
Winters is dit 'n gewedywer
om wie is die witste wit.
Witter as sneeu laat my skyn
kraak die takkies, saggies
en die nuwe bassies.

8
Deur die splete van die hemel
dring die vlokke kapok.
Die berk trek haar nerts net stywer.

9
In die diep sneeu het 'n bokkie kom skuur
teen die stamme, en die bassies geknaag
en toe ek my asem ophou, het dit effe gehurk
en 'n string stomende krale die sneeu ingestuur.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Oor wat goed kos

Vr., 08 Januarie 1999 00:00

Dagse

My ou boodskappie oor my paar SA waarnemings het nogal 'n geskryf oor die
relatiewe koste van vergelykbare produkte in verskillende lande ontketen.

'n Meer sinvolle vraag is einlik die bekostigbaarheid van die produkte:

Vergelyk die koste van elke produk met 'n relevante inkomste-eenheid (bv die
gemiddelde na-belasting salaris van mense), in die twee of meer geldeenhede
wat ondersoek word. (Tricky. )

Byvoorbeeld, se maar die gemiddelde persoon wat 'n professie beoefen maak
R150,000 na belsting in SA. Verder, neem aan dat die gemiddelde
professionele persoon maak US$60,000 na belasting in die VSA. (Net
voorbeelde, maar ek dink nie hopelose raaiskote nie.)

Hulle wil elkeen 1 liter petrol koop. Dit kos, se maar, R2,20 in SA en
US$0.25 in die VSA. (beide min of meer reg.)

Sou hy wou, kan die SA persoon omtrent 68,000 liter petrol met een jaar se
na-belasting salaris koop. Sou sy wou, kan die VSA persoon ontrent 240,000
liter petrol met haar na-belasting salaris koop. Gevolgtrekking: petrol is
meer bekostigbaar in die VSA as in SA. (En dit is!) Dieselfde geld vir
motors: Die VSA persoon kan omtrent 2 goeie karre per jaar koop sou sy wou,
maar die SA persoon skaars een, en nie juis 'n wonderlike een nie.

Dit kan natuurlik andersom wees vir ander produkte. Huise is waarskynlik op
die oomblik so, op 'n kontant basis. (Maar as jy dan finansiering moet
gebruik, kom rentekoerse ter sprake. )

Nou ja, soveel vir Relatiewe Bekostigbaarheid 101.

Groete
Bees

Koeitjies & kalfies | 44 kommentare

vertaling Nederlands (Engels)-Afrikaans

Vr., 08 Januarie 1999 00:00

Wil iemand my helpe om hierdie tekst vir my Internet site KrantNet te
vertaal in Afrikaans?
Verbeteringe is ook altyd welkom.

Baie dankie,

Maarten

Tekst 1: "Afrikaanstalige dagbladen: Zuid-Afrika"
(http://www.Maarten.Vidal.com/media/Zuid-Afrika.html)

Van de zeventien dagbladen in Zuid-Afrika zijn er drie Afrikaanstalig,
de andere zijn allemaal Engelstalig.
In de inheemse talen zoals Zulu en Xhosa verschijnen enkel weekbladen,
waarvan de grootste Ilanga, Umafrika (beide Zulu) en Imvo Zabantsundu
(Xhosa) zijn. Van de vroegere Afrikaanstalige dagbladen Oosterlig en Die
Transvaler is niets meer te vinden in recente publicaties van de
Zuid-Afrikaanse ambassade. Rapport en de Noord-Transvaler Metro zijn
weekbladen op krantenformaat.

De grootste Engelstalige dagbladen zijn de Sowetan (211.433 verkochte
exemplaren), The Citizen (136.166), The Star (163.176) en The Daily News
(73.669). The Sunday Times haalt een oplage van 468.084 exemplaren.
(Cijfers voor het jaar 1996)

Only three of the seventeen South-African newspapers are in Afrikaans,
all the others are in English.
There are no daily newspapers in indigenous languages like Zulu and
Xhosa. The biggest weeklies in these languages are Ilanga, Umafrica
(both in Zulu) and Imvo Zabantsundu (in Xhosa). I couldn't find any
information in recent publications of the South-African embassy about
the former newspapers Oosterlig and Die Transvaler, both in Afrikaans.
Rapport and Noord-Transvaler Metro are weeklies in Afrikaans.

The biggest English language newspapers are the Sowetan (211.433
copies), The Citizen (136.166), The Star (163.176) and The Daily News
(73.669). The Sunday Times has a circulation of 468.084 copies. (Figures
for the year 1996)

Tekst 2: "Afrikaanstalige kranten: Namibië"
(http://www.Maarten.Vidal.com/media/namibie.html)

Naast de Afrikaanstalige krant Die Republikein zijn er nog The Namibian,
een krant van SWAPO-strekking, met artikels in het Engels, Afrikaans,
Duits en Oshiwambo, de Engelstalige Windhoek Advertiser en de
conservative Duitstalige Allgemeine Zeitung (Namibië was tot de eerste
wereldoorlog een Duitse kolonie!).

Besides a newspaper in Afrikaans, Die Republikein, Namibia has two
English language newspapers, The Namibian, a newspaper (with some
articles in Afrikaans, German and Oshiwambo) originally linked with the
SWAPO liberation movement, and the Windhoek Advertiser. There's also a
newspaper in German, the conservative Allgemeine Zeitung (Namibia was a
German colony until WW1).

KrantNet - www.Maarten.Vidal.com/media/index.html

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Tweedehandse "conveyor belt"

Vr., 08 Januarie 1999 00:00

Ek is op soek na tweedehandse "coveyor belt" (20 na 30 meter) in 'n
redelike toestand in Suid - Afrika of Namibia. (Vervoer kan gereel word)

Prys onderhandelbaar.

Dankie

Theuns

E-mail hatt...@metropolis.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1282  1283  1284  1285  1286  1287  1288  1289  1290  1291  1292  1293  1294  1295  1296  1297    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 12:35:34 UTC 2025