Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

FOKUS - SAUK 2

Vr., 13 Junie 2008 16:57

Sent: 13 Junie 2008 12:07 nm
Subject: FOKUS Program op SAUK 2

Geagte vriende,

Sondag aand 15 Junie word op die program FOKUS die bedrywighede van
Sannieshof, met Carin Visser as ons eie Charlize Theron as hoofstêr,
dokumentêr uigesaai.

Hantie Schrader wat die opname gemaak het, het my laat weet dat die hoof
regisseur van die SAUK die program geweldig verkort het. Ons sal dus maar
sien wat werklik vertoon gaan word.

Op 6 Julie word daar op dieselfde program ‘n opname oor Ventersburg
vertoon. Die program handel blykbaar meer oor die omstandighede van die
swart mense en hulle probleme op Ventersburg maar Maxie Badenhorst, die
voorsitter van die lokale belasting betalers vereniging, speel daar ook
‘n rol indien nie die hoofrol nie.

Lekker kyk.

Groete

Jaap Kelder

TV, flieks & vermaak | 0 kommentare

Blanke Huishulp Pretoria

Vr., 13 Junie 2008 15:58

Burgers ( www.bravoland.co.za/forum ).
Ons het nou al vir meer as 2 jaar 'n blanke dame van Pta wes wat elke
week minstens een keer ons meenthuis kom skoonmaak het en in die
laaste jaar 2 maal per week.
Ons het in die tussentyd vir ons 'n groter huis gekoop en ons gaan
minstens vir die eerste jaar geen ekstra fondse hê om hierdie
luuksheid te bekostig nie. (Deels danksy Tito).

Ons moes haar dit meedeel en sy was maar baie hartseer, omdat buiten
'n baie klein pensioen, van haar man ge-erf, het sy nie ander inkomste
nie.....

Van ons kant af, as ons dit weer eendag kan bekostig ,sal ons haar
definitief weer gebruik, sy was eerlik en ons het nooit iets uit die
huis vermis nie. Natuurlik het jy te doen met al haar daaglikse
probleempies en verskoninkies maar met 'n ferm hand doen sy haar werk
bevredigend.
Volkseie arbeid is uit die aard van die saak nogal duurder as
agtergeblewe arbeid, maar ons het dit ook as deel van ons maatskaplike/
barmhartigheids verpligtinge beskou...

Indien enige van julle daarin sou belangstel om met my verder oor haar
agtergrond te gesels en/of meer detail verlang laat my asb weet dan
kan ons verder gesels.

Ons het wel vir haar gesê dat ons haar sal aanbeveel by ander en dit
is wat ek nou doen.

Hoop julle verstaan.
Hendrik
kontak my gerus: smaa...@gmail.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Welcome back, Springbok Radio

Vr., 13 Junie 2008 15:55

Riaan en ek sal nie weet waaroor dit gaan nie
maar Oom Torreke en oom Ferdi sal beslis weet
waarvan gepraat word wanneer gesê word:

Welcome back, Springbok Radio
13 June 2008, 14:36
Click here!
South Africans nostalgic for entertainment from an era when radio was
known to many as the "wireless", can get their hearing aids ready.

The popular programmes of Springbok Radio, one of the most beloved and
successful commercial radio stations in South African history, will
shortly be back "on air".

Musiek & liriek | 7 kommentare

Riaan & Ferdi, julle gaan hoes..!

Vr., 13 Junie 2008 15:44

'Gauteng needs billions for energy'
13 June 2008, 14:49
Related Articles

* Time zone study could call for split
* Eskom staff ashamed of bungling bosses
* Shilowa urges more power to the people

About R7,5-billion is needed for energy distribution and refurbishment
needs in Gauteng, MEC for local government Qedani Dorothy Mahlangu
said on Friday.

"The figure, based on the latest assessment, indicates a funding
requirement of R7,5-billion to address the distribution asset
maintenance, refurbishment and strengthening," she said in her budget
vote speech in the legislative assembly.

The local government also supported the 10 percent energy saving
target set by national government and the use of alternative energy
sources.

"In the medium term, we will roll-out solar geysers, solar powered
traffic lights, replace high mast lights with street lights and
install energy efficient lighting," said Mahlangu.

"We are working with the Central Energy Fund to ensure that street and
traffic lights are powered with solar, batteries and the usage of
light emitting diodes (LED). The master plan will ensure that all
traffic lights are synchronised."

A further R22-million would be dedicated towards effective disaster
risk reduction and management strategies for the 2010 World Cup and
Gautrain.

The intention was to have a Disaster Management Mobile Unit by the end
of this financial year, she said.

Gauteng government also established the Provincial Disaster Management
Centre.

"The recent violent attacks on foreign nationals put the centre to
test. "However tragic, this presented us with an opportunity to
improve certain things and to re-look at how effective can we
co-ordinate with municipalities," said Mahlangu.

About R10,9-million would be spent on implementing HIV and Aids
guidelines.

Municipal support programmes focusing on organisational business
re-engineering, human resources development strategies and performance
management systems was allocated R25-million.

"In continuing with government's hands-on support to municipalities,
we signed a Memorandum of Understanding with the Development Bank of
Southern Africa.

"The partnership forms part of the Siyenza Manje programme, and an
amount of R134-million had been committed over the next two years,"
the MEC said.

Provincial Treasury has allocated an additional amount of R80-million
to the Randfontein, West Rand, Kungwini, Mogale City, Nokeng Tsa
Taemane and Emfuleni municipalities to assist with completing
infrastructure business plans.

"We are in the process of developing the Sanitation Strategy to ensure
that we meet the 2010 Millenium Development Goal target for
sanitation.

"We have started collecting data on the sanitation backlog, that is,
pit latrines and any other form of sanitation. This will assist us to
know the extent of the backlog and it will inform our strategy."

The Community Development Worker's Programme (CDW) which forms a major
role in ensuring that communities are informed of government
programmes was allocated R70-million.

The focus would be on enhancing the effectiveness of CDWs, including
the implementation of an early-warning system that would assist
government to respond to community service delivery concerns, she
said.

"The electronic hand-held devices given to all CDWs would be used as a
tool for recording, referring and tracking community referrals."

The ANC adopted a policy of 50/50 gender representation in political
positions and R1,5-million was budgeted towards this cause.

"We deemed it important to ensure that we also empower women
councillors to address the challenges they face as leaders.

"Women councillors have been paired with mentors who are assisting and
supporting them in their working environment and helping them to deal
with the challenges they face while conducting their work and
fulfilling their roles as councillors," said Mahlangu.

About R4,6 -million would be committed to the Traditional Leaders
Framework and Bill. - Sapa

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

vuilspel vermoed in die Dlamini moord

Vr., 13 Junie 2008 15:14

Dit word vermoed dat vuilspel 'n rol gespeel het toe moord gepleeg is.
Nou gaan dinge werklik te ver as vuil gespeel word wanneer moord
gepleeg word.
Konfeeusis

Hadebe suspects foul play in Dlamini's murder
13 June 2008, 14:27

Related Articles

* Cops hunting down public servant's killers
* Government official killed

By Lusanda Doko

Social Development manager in Ngwelezane Thembinkosi Dlamini, 36,
might have been killed because he tried to end corruption in the
department's offices, MEC for Social Development in KwaZulu-Natal
Meshack Hadebe said on Thursday.

"His office was identified as the second one plagued by corruption,
which was adversely affecting the poor," Hadebe said.

Speaking after visiting Dlamini's family in Durban, Hadebe said he was
still shocked by the murder as Dlamini had only been working there for
two weeks.

"I suspect he might have discovered sensitive things in the office,"
Radebe said. "Dlamini took a zero tolerance approach to fraud and
corruption. That is why he was deployed," said Hadebe.

Police spokesperson Dir Phindile Hadebe said: "Witnesses say two men
entered his office under the pretext of needing help and fired six
shots.

"We are investigating a case of murder, but no arrests have been made
yet."
http://www.dailynews.co.za/?fSectionId=&fArticleId=vn200 80613100007726C427329

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sardines shoals netted in Margate

Vr., 13 Junie 2008 14:51

Sardines shoals netted in Margate
13 June 2008, 15:16

Related Articles

* Early birds get the fish
* Frenzy as sardines hit South Coast beaches
* Sardine run could be a good one

Shoals of sardines continued to be netted on the KwaZulu-Natal south
coast on Friday, the Natal Sharks Board said.

The board's chief executive Mike Anderson-Reade said sardines had been
netted at Margate and Pumula.

Hundreds of people converged on Margate's main beach early on Friday
morning in anticipation of the sardine run.

Lifeguards told Sapa people were seen carrying crates and stocking
them up with the fish.

Two days ago, shoals were also netted at Ramsgate and Southbroom.

"We expect the sardines to be in Durbs by Monday," Anderson-Reade
said. - Sapa

SBTW
inligting ter wille van julle Transvalers...
die sardiens is nie geblik nie, hoor.
Hulle is nog in visvorm soos op die label van die FiveStar blikkie
en die sardiens is nie gepiekel of gekerrie nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Zim Verkiesing

Vr., 13 Junie 2008 06:54

Ek glo nie dit is nodig om te wonder wat die uitslag van die komende Zim
verkiesing gaan wees nie, aangesien dit soos 'n paal bo water uitstaan hoe
mal Bob die mense intimideer. Wat ek graag van julle sal wil hoor is wat
dink julle gaan die uitwerking daarvan op SA wees.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

" Hooglied vir die Oorlewende " deur LINA SPIES

Do., 12 Junie 2008 12:12

HOOGLIED VIR DIE OORLEWENDE
Lina Spies

Hul het die blou parkiet laat swyg,
‘n grys doek oor die kou gehang.

‘n Kelkiewyn is in Fiskaal se spens gebreek

En op ‘n vuurpyl voor die ruit
was Jangroentjie sy hele wysie kwyt.

In die neutetuin blom die granaat,
die suurlemoene in die groen word lig,

dan skielik langs Kanariestraat
piet-tjou-tjou opnuut die pyn

Prosa & poësie | 0 kommentare

Israel, die probleem

Do., 12 Junie 2008 12:06

Beeld-forum: Die VSA en Israel: bloedskande?
Jun 11 2008 07:24:59:960PM - (SA)

Hermann Giliomee

Barack Obama se groot aantrekkingskrag as Amerikaanse
presidentskandidaat is sy strewe om beginsels eerste te plaas en hom
te bevry van die druk van spesiale belangegroepe.

En tog was sy eerste stap, nadat hy as die Demokratiese kandidaat
aangewys is, ’n toespraak in Washington voor die magtige Pro-Israel
drukgroep, American Israel Public Affairs Commitee (AIPAC).

Dit was ’n glansbyeenkoms. Die presidentskandidate en 300 senatore en
kongreslede was daar, saam met 7 000 ampsdraers van Joodse
organisasies. Soos omtrent al die huidige en voormalige kandidate het
Obama die sekuriteit van Israel gewaarborg, maar hy het ook veel
verder gegaan deur hom tot “’n onverdeelde Jerusalem, die ewige
hoofstad van Israel” te verbind.

Uri Avnery, ’n bekende aktivis vir vrede in Israel, het op sy
webrubriek hom afgevra hoekom die bande tussen Israel en die VSA so
ongelooflik sterk en AIPAC so invloedryk is. Hy kry sy antwoord in die
sterk ooreenkoms wat Amerikaners en Israeli’s in die geskiedenis van
vestiging in die onderskeie lande sien. In albei gevalle het die
pioniers hulself as “pelgrims” beskou, en is die inheemse bevolking
uitgewis of verjaag om die land “etnies te suiwer”. In albei gevalle
ontken die breë publiek die suiwering of vergeet daarvan. En in albei
gevalle is ’n gevorderde en komplekse samelewing opgebou. Vir politici
in dié twee lande is “Israel ’n klein Amerika en Amerika ’n groot
Israel”.

Gedurende die 1930’s het Lord Hailey, ’n bekende Britse geleerde,
opgemerk dat daar by Afrikaners die brandende begeerte is dat Suid-
Afrika ’n VSA in die kleine moet word. Die begrippe “armblanke”,
“segregasie” en “apart maar gelyk” is almal vanuit die VSA in ons
politiek ingevoer. Dr. Hendrik Verwoerd was nooit deur die Nazi-
ideologie aangetrek nie, maar wel deur sekere Amerikaanse sosioloë wat
hy in die twintigerjare op ’n besoek aan die VSA ontmoet het. Hulle
het geglo dat die behoorlike uitleg van stede en ordening van
gemeenskappe groot toekomstige wrywing kan voorkom.

Met die Israeli’s se briljante oorwinning oor die Arabiese leërs in
die Sesdaagse Oorlog van 1967, het die liefdesverhouding tussen die
VSA en Israel vlam gevat. Dit was gebou op openlike wedersydse
bewondering. Joodse drukgroepe en fundamentalistiese kerke in die
Amerikaanse suide het gedurig Israel as die Beloofde Land van die Jode
en ’n moreel regverdige saak van die hoogste orde voorgehou.

Die Afrikaners het geen etniese bande of drukgroepe in die VSA gehad
waarop hulle kon staatmaak nie. Hul taal en gewoontes was vreemd. In
1967 het Alan Drury, ’n bekende Amerikaanse skrywer, ná ’n besoek aan
Suid-Afrika A very strange society geskryf, waarin die isolasie van
blankes en hul beheptheid met rasseskeiding sterk belig is.

Vroeg in die jare sewentig het die Amerikaanse departement van
buitelandse sake aan die Suid-Afrikaanse probleem die naam “the tar
baby option” gegee – as jy daaraan raak, maak jy jou hande vuil. Henry
Kissinger het ná sy ontmoeting met John Vorster na hom as ’n “Ou
Testamentiese figuur” verwys.

Chester Crocker, die Amerikaanse adjunk-sekretaris vir Afrika in die
tagtigerjare, het geskryf dat pres. P.W. Botha vasgeval het in “’n
moeras van konsepte en terme” wat net binne sy eie party verstaan
word. Daarteenoor kon Israel reken op volgehoue Amerikaanse steun ten
spyte daarvan dat hy al dieper gesink het in die moeras van die
besetting van die Palestynse gebiede, wat al van 1967 voortduur.

Teen die jaar 2000 het die wiel begin draai. Buite die VSA is Israel
al minder as ’n Amerika in die kleine gesien, en al meer as apartheid
in die kleine. Meron Benvenisti, ’n voormalige adjunk-burgemeester van
Jerusalem, het geskryf dat die muur in Israel die Palestyne in die
Wesbank gevangenene hou, soos in Bantoestans. Oud-president Jimmy
Cater se onlangse boek met die veelseggende titel Palestine: Peace not
apartheid het ook groot opslae gemaak.

Vrede sal moeilik wees om te bewerkstellig, maar al meer begin die
besef deur te breek dat hoe langer die besetting voortduur, hoe meer
raak die oplossing van twee aparte state onmoontlik. En hoe meer raak
die Israeli’s en Palestyne in ’n klassieke burgerregtestryd gewikkel
in ’n samelewing waarin Palestyne binnekort die meerderheid sal vorm.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Super-size kiddie put on strict diet

Wo., 11 Junie 2008 21:09

Dave skryf

>     * Too fat for jail

> Bucharest - Romanian authorities

Ek protesteer teen hierdie algehele misbruik
van die Afrikaanse nuusgroep in Engels oor
'n onderwerp wat algeheel niks met SA of
met SA gebeure te make het nie. Ek wonder
hoekom Dave hierdie poste doen. Om aandag
te trek? Omdat hy nie weet wat om met sy
tyd aan te vang nie? Hy behoort die oktrooi
van die nuusgroep te gaan lees, en op te hou
met hierdie blatante veronagsaming van die
oorspronklike doel van die nuusgroep.
Dis tyd dat die res van die lede van die
nuusgroep hierdie soort Engels-promoverende
Afrikaans-benadelende soort van handeling
ten sterkste afkeur.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    122  123  124  125  126  127  128  129  130  131  132  133  134  135  136  137    »]
Tyd nou: Do. Apr. 09 00:47:04 UTC 2026