Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Handskrif vir Klein Duimpie" deur GEORGE WEIDEMAN

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

Handskrif
vir Klein Duimpie

George Weideman

("Uit hierdie grys
verblyf" 1987)

vanaand is die sterre wit gewaai
en die aarde ruik na reën en saad -
laat ons buite slaap, my duimpie-lief,
kom lê styf langs ou langeraad.

bedags is ons wóórde van mekaar
en die huis is ongesellig muf -
laat ons buite lit teen lit aankruip
wys vingertjie, neus in die snuf.

met wilde-anys en heuningbos
is jou mond die ene spesery -
soen wil ek jou tot jy handmak is,
tot maan oor berg se mik kom ry;

tot tuinspinnekop kom weefsels draai
en spindrade string van lyf tot lyf -
tot ons, hand oor hand ineengevleg
die sterretekens na'skryf.

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Boodskap aan BEES

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

Bees, wanneer jy pos, wys my rekenaar dat ons
nie kan konnekteer nie. Dit het noual tweekeer
gebeur. Het ander mense dieselfde probleem met
Bees se poste?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Keuken vraagjes

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

Hallo Zuid-Afrika,

Twee jaar geleden zijn we in jullie mooie land geweest. We hebben heel wat
rond gereden en veel gezien. Als souvenier hebben we een Zuid-Afrikaans
kookboekje meegenomen en hebben er al wat lekkere dingen uit gemaakt.

Nu hebben we een probleempje: een gerecht heeft ingredienten waarvan we de
naam niet snappen/weten: - koekmeelblom: is dat gewone bloem of zelfrijzend
bakmeel? - blatjang - klapper: is dat kokosmelk?

Nou, ik hoop dat jullie het wel weten en mijn Nederlands begrijpen,

Marco
mg...@spamworldonline.nl ("spam" verwijderen)

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is die reëls....

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

... van hierdie nuusgroep? Kan 'n mens dit uitvind? Of is daar 'n
moderator, sodat die vulgariteit en gewoon platvloerse banaliteit van
sulke onvolwasse pre-pubers soos doedie nel (en ander) wat 'n perverse
genot daaruit put om hulle kinderagtige kleinhuisie mentaliteit aan
ander op te dwing uit die nuusgroep geweer kan word? En ook die
afstootlike godslasterlikheid wat al meer hier na vore begin kom?

Persoonlik maak ek ten sterkste daarteen beswaar dat hierdie forum op
hierdie wyse bevuil word.

Ek weet ek hoef dit nie te lees nie; ongelukkig lees 'n mens per ongeluk
een of twee daarvan voor jy agterkom wat aangaan.

Ongelukkig is dit ook so dat die gemiddelde IK en moraliteitsindeks van
die hele groep eksponensieel daal sodra iemand met sulke moroniese
sotlikheid hom of haar hier aansluit.

Ja, ek is elitisties. As dit elitisties is om my nie met sulke
infantiele geselskap te assosieer nie.

Dalk is dit 'n indeks van die beginselloosheid en morele bankrotskap wat
die Afrikaanse kultuur in toenemende mate begin binnesypel? Miskien was
Raka meer profeties as wat selfs Van Wyk Louw besef het.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Re: Wat is die reëls....

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

Meneer Kwarantyn,

Wie of wat is Raka en wat heeft , hij/zij/het gezegd? En ja die Doedie is
maar vervelend en verward grofheid met een
gevoel voor humor. Maar ja we leven in een vrije maatschappij, dus dat
schijnt te moeten kunnen.

Met vriendelijke groet

Robbert

Kwarantyn wrote:

> ... van hierdie nuusgroep? Kan 'n mens dit uitvind? Of is daar 'n
> moderator, sodat die vulgariteit en gewoon platvloerse banaliteit van
> sulke onvolwasse pre-pubers soos doedie nel (en ander) wat 'n perverse
> genot daaruit put om hulle kinderagtige kleinhuisie mentaliteit aan
> ander op te dwing uit die nuusgroep geweer kan word? En ook die
> afstootlike godslasterlikheid wat al meer hier na vore begin kom?
>
> Persoonlik maak ek ten sterkste daarteen beswaar dat hierdie forum op
> hierdie wyse bevuil word.
>
> Ek weet ek hoef dit nie te lees nie; ongelukkig lees 'n mens per ongeluk
> een of twee daarvan voor jy agterkom wat aangaan.
>
> Ongelukkig is dit ook so dat die gemiddelde IK en moraliteitsindeks van
> die hele groep eksponensieel daal sodra iemand met sulke moroniese
> sotlikheid hom of haar hier aansluit.
>
> Ja, ek is elitisties. As dit elitisties is om my nie met sulke
> infantiele geselskap te assosieer nie.
>
> Dalk is dit 'n indeks van die beginselloosheid en morele bankrotskap wat
> die Afrikaanse kultuur in toenemende mate begin binnesypel? Miskien was
> Raka meer profeties as wat selfs Van Wyk Louw besef het.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Dagga

Ma., 30 Julie 2001 10:06

Gloudina ek hoor jy kwalifiseer nou om dagga te kweek en te gebruik

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Doedie Nel alias .........???

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

Aan :
Maak nie saak alias WIE jy is nie - want jy pos onder 'n hele paar name -
maar die "properties" van die boodskappe dui dat dit een persoon is......

Jou besonderhede plus voorbeelde van jou boodskappe is nou deurgegee aan
SAIX en ons hoop hulle kan iets aan jou doen.

Wat jy natuurlik nie in jou waansinnige onnoselheid besef nie, is dat enige
boodskap deur die ISPs tot by hulle oorsprong opgespoor kan word en dis nou
tyd dat jy in die bek geruk word. Dit vra net 'n paar mense om boodskappe
te stuur na die "abuse" E adres..............en jou ligte en water is
afgesny.

Vuilspuit wat jy is.

Omie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat vang julle spul aan met die nuusgroep?

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

So paar dae laas hier gewees en nou is die hele nuusgroep in sy maai?

Gloudina? Kan jy nie kyk wat die spul hier aanvang nie? :)

Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.

So sal ek voorstel dat ons almal hom maar ignoreer? As hy niks feedback
kry nie sal hy hopelik terug in die gat kruip waar hy vandaan kom.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Wat vang julle spul aan met die nuusgroep?

Vr., 22 Januarie 1999 00:00

In article ,
lo...@hotmail.dinges.com wrote:
> So paar dae laas hier gewees en nou is die hele nuusgroep in sy maai?
>
> Gloudina? Kan jy nie kyk wat die spul hier aanvang nie? :)
>
> Al die nonsens kom myns insiens van dieselfde onvolwasse idioot - pos
> vanaf pluto.acenet.co.za via news3.saix.net.
>
> So sal ek voorstel dat ons almal hom maar ignoreer? As hy niks feedback
> kry nie sal hy hopelik terug in die gat kruip waar hy vandaan kom.
>
> Cheers
> Lou

Ek lees nie die geknakte siel se snert nie. Die man is siek en pleks
van hulp soek is hy n vraat vir negatiewe aandag. Eintlik pateties
maar word nou vervelig.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans versus Afrikaners

Sa., 23 Januarie 1999 00:00

Daar is in my lewe 'n paar groot passies, maar ek dink Afrikaans is bo
op die lys. Ek raak sommer ongeskik as mense weier om afrikaans te praat
met my, veral as dit iemand is wat aan my 'n diens behoort te lewer. Die
ander dag het ek aan 'n dametjie op 'n skakelbord iewers laat blyk dat
ek my misnoe te kenne gaan gee aan die bestuurder van haar besigheid toe
sy verseg om my in afrikaans te antwoord. Die hele gesprek het
plaasgevind met my wat afrikaans praat en sy wat my in engels antwoord.
Toe ek my vererg en haar dreig toe kon sy my skielik in perfekte
afrikaans antwoord. Pateties. Watse tipe afrikaners is dit wat so maak?

Dit bring my by een van die dinge wat ek meeste haat. Afrikaners. Wat 'n
patetiese bondeltjie mense. Neem hierdie nuusgroep as 'n voorbeeld. Ek
het die laaste weke stilletjies gelees aan die snert wat mense hier pos.
Toegegee, van die boodskappe en idees was verfrissend, maar die oomblik
to iemand met 'n sin vir humor hier begin pos, snak almal na hul asem en
trek hul neuse op, of verdwyn. Die paar wat braaf genoeg is om hulself
uit te spreek, doen so op 'n dwarstrekkerige en sarkastiese manier wat
neig na 'n persoonlike aanval. Ek het geen idee wie verantwoordelik is
vir die Jesus en God boodskappe nie. Ek het ook geen idee of Jan Bom en
van die ander dalk uit een of ander gestig ontsnap het nie, en ek gee
werklik nie om nie. Die punt is dit. Afrikaans is so wonderlike
beskrywende taal dat selfs "God" se boodskap aan "Jesus" binne konteks
baie komies is. Okay, so dit is Godslasterend. Maak dit werklik so 'n
groot verskil? Luister 'n bietjie televisie en julle sal gou sien wat ek
bedoel. Ons word gebombardeer met Amerikaanse snert waarin almal van ou
tannies tot klein kindertjies die frase "Oh my God" gebruik. Maak dit 'n
verskil aan enigiemand? Nee wat, Francois Botha, Jan Bom, Doedie
Watsenaam en die res, pos voort. Julle bring lewe in 'n saai, selibate
breindood nuusgroep.

Ek haat afrikaners vir alles wat hul verteenwoordig, maar ek verruil my
taal vir niks onder die son nie.

Sas

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284  1285  1286  1287  1288  1289    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 20:28:04 UTC 2026