Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Bill Clinton (was Doedie en kie)

Sat, 30 January 1999 00:00

@igs.net wrote in message ...

> Nog een wat hom blind staar teen sy eie konsep
> van "wat in Washington aangaan." Nee ou Lou,
> wat in Washington aangaan is 'n heksejag teen 'n
> hoogs suksesvolle president wat hulle nou al vir
> meer as vier jaar in die hande wil kry. 'n Heksejag
> deur 'n klomp WIT MANS wat die 30 persent van
> die Amerikaanse kiesers verteenwoordig wat meestal
> rassisties dink

(knip res van die diatribe)

Hey Doudie

Een van twee goed:

1. Jy het geval vir die "spin" of
2. Jy soek reaksie.

Bill - wie glo hom (regtig) deesdae?

Oor sy "sukses" - die eintlike rede is die NYSE. Neewat, Amerika is
suksesvol, nieteenstaande Bill se posisie.

Hy word nog geag deur die Amerikaners net omdat die alternatief nie juis
beter is nie. Hier stem ek bietjie saam met jou - sie republiekeine het
hulle sleg misgis, en hulle strategiee het misluk, en hulle eie gedrag was
nie juis inspirerend nie. (Heelwat paralelle met John Major en sy
spannetjie in in die VK in 95, 96, 97.)

Oor Monica - ek dink nie mens hoef veel meer te se as wat Robbert te se
gehad het nie:

"Mmmmmmm. Hebben ze in de VS geen mooiere vrouwen voor de machtigste man
ter wereld?
Dan dat kamerolifantje?"

So bietjie stout, maar nogal snaaks...

Bees

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie)

Sat, 30 January 1999 00:00

@igs.net wrote in message ...

> Dit lyk vir jou na rassisme en seksisme. Maar
> eintlik is dit 'n slagspreuk in die kultuur-oorlog
> wat woed in die VSA en tot 'n mindere mate
> in Kanada.

So, as 'n wit man die teiken van vooroordeel is, dan is dit 'n
"kultuur-oorlog", maar as swart vrou die teiken van vooroordeel is dan is
dit seksisme en rassisme? Vooroordeel is vooroordeel, ongeag van die teiken.

As jy 'n ware beeld wil hê van die
> bevolking van die VSA, kyk na die span wat vir
> Clinton verdedig het in die Senaat. Die leier van
> die wetspan was in 'n rystoel. Daar was onder meer
> twee vroue, die een wit, die ander swart. (En die
> swarte duidelik die beste, uit een van die top wet-
> skole in die VSA. ) En nou tou die Republikeinse
> aanklaers in: dertien wit mans, meeste van hulle
> met 'n �southern drawl.�

Gloudina, mens kan baie se hieroor. Maar jy demonstreer jou bitter
vooroordele so duidelik hier dat verdere kommentaar oorbodig is. Wat op
aarde is die relevansie van aksent?

Soos jy jyself se is hierdie mense verkies - daar is geen kultuur-oorlog
nodig nie. Net die volgende demokratiese verkiesing - as mense werklik so
sterk voel sal die nodige veranderinge aangebring word.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

IN LIGTELUIM

Sat, 30 January 1999 00:00

Geniet die volgende paar staaltjies:

Klein Bennie was maar altyd 'n handvol en glad nie
op die bek geval nie. Juffrou vertel vir die destydse
Sub A's van Daniël in die leeukuil. Almal luister
aandagtig want juffrou kan 'n storie vertel ! Nadat
sy klaar vertel het, wou sy darem hoor wat elkeen
onthou het en vra so'n paar vrae onder andere wat
elkeen sou doen as hy of sy in Daniël se situasie sou
wees. Jannie sê dat hy maar net sy ogies styf sou
toeknyp sodat hy nie die kwaai leeus kan sien nie.
Pietie sê weer dat hy maar vir Liewe Jesus sou
vra om die leeus dood te maak. Sannie meen sy
sou ook maar vir Liewe Jesus bid om hom te beskerm.
So het elkeen sy eie opinie gegee. Bennie het
doodstil gesit sodat juffrou hom later moes vra:
"En toe Bennie, wat sou jy doen as jy in 'n kuil vol
kwaai leeus gegooi word soos met Daniël gebeur
het ?" Toe kom die antwoord baie eerlik : "Jig juffrou,
ek sou eers my natgemaak en dan my broek vuilgemaak
het."

**************

Juffrou by die kleuterskool vertel die kinders van tuine,
plante en dinge, en uiteindelik verstaan hulle ook van
bladwisselende bome en immergroen plante. Kerneels
se kleindogter kom tuis van die kleuterskool af en
ingedagte betrag sy Oupa se bles voordat sy haar tot
Ouma wend:" Ouma, is Oupa ook bladwisselend?".

**************

Maria se kinders is al groot en uit die huis uit. Twee
dogtertjies van vriende kuier by haar en haar man.
Kuier is vir die twee baie lekker en met die vertrek
is almal bietjie droewig. Sê Maria:" Ag ja, nou bly
ek alleen agter, sonder kindertjies en ek kan ook
nie meer van my eie hê nie", maar voor sy iets kon
sê van "te oud" val Mia haar in die rede met:
"Hoekom nie, is jou melk dan suur".

****************

Koenie-hulle het 'n hondjie gehad. Die hondjie se naam was
Oubasie. 'n Seuntjiehond moet mos 'n seuntjie naam hê.
Oubasie het 'n probleem gehad wat alle seuntjiehonde en alle
seuns van so om en by 16 en ouer ondervind. Seuntjiehonde
kan egter "reggemaak" word. [Ek dink baie Pa's en Ma's met
groot dogters wens soms dit kan met groot seuns ook gedoen
word.] Allegeval, Oubasie moet die veearts besoek en na die
besoek is baie probleme uitgeskakel. Die familie kom kuier en
iemand vra: "Is dit Oubasie?" En Koenie antwoord:
"Nee, dis Ounooi wat eers Oubasie was."

***************

Indien jy gereeld sulke kostelikhede wil ontvang, gaan kuier by:
http://home.yebo.co.za/~dm44 of skryf vir my by:
dm...@yebo.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vyf gedigte deur KAREN BOTHA

Fri, 29 January 1999 00:00

Vyf Gedigte deur Karen Botha

1
care free

staar vensteroë
deur vingertralies

nag kollekteer in blink
ontwerpers doringdraad
ommuur
no lock no key

prisoned into
giving a damn
while the rest of you
go free

2
side-tracked

vergeet
is presies die woord
wat ek kan onthou
weet
sou beter wees maar dof
hard is seer
soen te sag
en beautiful huil

shunt
soos treine
"switch, move aside so as to avoid"
miskien
main line
to side track

3
uniforms

voel ek soms
al die gewade
is blote lawwighede
waaragter
uniforme
sluimerende
satheid skuil

sagte sensuele jasse
sotheid

onder die vel
heers suiwer hel

4
Protective clothing

deep in the night
i only wear moonlight
slowly and easefully
it paints the contours of my hips
it trickles down
with only fingertips
it polishes my eyes, my lips...

don't lay a heavy hand on me

deep in the night
i only wear moonlight
a wafer thin protection
but
i can not afford
to hang my clothes
upon your word

5
Dwaling

in my beskeie dwelling
stroom lig van orals
ongehinderd in
skilderye oorbodig
son ure
speel lig
teen mure
sy-soene strale
prisma patroon

waar ek woon
was niks ge-woon
maar assimetries alledaags

het ek be-woon gesê
"ek het jou liefgekry"

het jy ge-woon gesê
"noë sê jy my"

Prosa & poësie | 4 kommentare

Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans?

Thu, 28 January 1999 00:00

Hallo "@igs",

@igs.net wrote in article ...

>> Skielik herhinder ek myself aan wat Langenhoven gesê het: "Laat die ou kers
>> smelt. Wat was was, word weer was." Of was dit Preller? Maar Preller was
>> dan Engels?! (Of was hy/sy?) Weet enigeiemand iets van Alexis Preller af,
>> want ek dink hy(?)'t dit gesê.

> Vireers sal jy moet besluit of jou van Gustav Preller of van Alexis
Preller praat.
^^^

Wat bedoel jy met "jou", jong?

Ek het eintlik van Langenhoven gepraat, en my dogter
sê vir my: "Pa, Langenhoven was die vereenselwiging van kultuurdilemmas met
'n verinneweerde
swerwersiel. Langenhoven het die morele verbastering van tradisionele,
plattelandse bohemiteit met kosmopolitaanse
vooruitstrewendheid kultureel verteenwoordig. Langenhoven was gay. Wat maak
dit vandag saak
wat hy gesê het?"

Die verspotte kind het 'n punt daar beet. Nou wil ek weet:

(1) Is dit waar dat Langenhoven 'n hangkas-homoseksuele was?
(2) Is al die ander goed wat die kind gesê het, ook waar, of spot sy met
my?
(3) Spreek mense nog hulle merderers as "U" aan, of is dit net "jy" en
"jou"?
(4) Hoes sê mens in Afrikaans: "Die one racer lapped the other".

Dit is nie dieselfde as "verbygesteek" nie.

Is daar 'n woord soos "rond", of "verrond"? : "Die een verrond die ander"?

Want my dogter het dit nou net uitgedink, en sy wil die nuwe Afrikaanse
woord na haar
vernoem hê. Ek sê vir haar: "Jy's 'n kleins trond," en nou skaterlag sy
daar by
haar maats.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Wat is: Om iemand te "lap" in Afrikaans?

Thu, 28 January 1999 00:00

"Nadi Howe" writes:

> Hallo "@igs",

> Wat bedoel jy met "jou", jong?

Wel, volgende keer kan jy vir my
as "u" aanspreek. Ek is jou meerdere.
Los dan ook maar die "jong" uit. Mens
gebruik dit nie teenoor jou meerdere nie.

> Ek het eintlik van Langenhoven gepraat, en my dogter
> sê vir my: "Pa, Langenhoven was die vereenselwiging van kultuurdilemmas met
> 'n verinneweerde
> swerwersiel.

Sover dink ek stem ek met jou saam.
Wonder of Herrie ook 'n kultuur-
dilemma gehad het? Wie, as jy nou
'n olifant is, wil gesien wees met
hierdie klein ou goetertjies wat
op hulle agterpote loop.


Langenhoven het die morele verbastering
van tradisionele,
> plattelandse bohemiteit met kosmopolitaanse
> vooruitstrewendheid kultureel verteenwoordig.

Ek hou van jou gepraat oor die
"tradisionele plattelandse bohemiteit".
Dis mos van daardie bohemiteit wat
Kramer sing as hy sing van die tannie
wat van talcum powder stink, wat vir
hom sê "druk my, druk my vas."

Langenhoven was gay. Wat maak
> dit vandag saak
> wat hy gesê het?"

Wat vandag saak maak, is dat hy wel
nageslag gehad het. En dat sy geestelike
kinders ons nou nog verryk.

> (4) Hoes sê mens in Afrikaans: "Die one racer lapped the other".
>
> Dit is nie dieselfde as "verbygesteek" nie.

Die een hardloper het die ander
ingehaal en is een rondte voor.
Ek dink nie die Engelse sin
wat jy probeer vertaal is sulke
korrekte Engels nie.

Vlakvarkie - waar ek met 'n krulletjie
in my stert die bobbejane
die tweede keer verbysteek.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Amanda Strydom

Wed, 27 January 1999 00:00

Any fans out there?
Any websites?
Talk to me.....
Kala
moon...@hotmail.com

--
~~~~~~~~~~~~~waving~~~~~~~~~
not~~~~~~~~~~~~~~~~~~drowning~~~~
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Amanda Strydom

Wed, 27 January 1999 00:00

On Wed, 27 Jan 1999 19:27:13 +0200, "subie" said
the following:

|Wie is Amanda Strydom?
|>
|>
|>
|>
|
|
Wie is hierdie volstruis met die kop in die sand???

Johan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: SA musiek - tweedeklas, onoorspronklik? My agterkwart.

Wed, 27 January 1999 00:00

On Wed, 27 Jan 1999 23:04:55 -0700, "Bees" wrote:

net kopieer, maar ek dink nie 'n Kerkorrel sou die sukses gehad het wat hy[/color]
> in Europa (Nederland, Belgie, om vanselfsprekende redes) gehad het nie as hy
> nie iets nuuts gebring het nie. Natuurlik is daar elemente van sy musiek wat
> hy geleen het - dit is nie die punt nie. En hy, sy mark inaggenome, ding
> mee - laat daar geen twyfel wees nie. Die punt - is dat Kerkorrel of Valiant
> Swart, of Hugh Masekela, nie in dieselfde reisies as U2 is nie. Hulle markte
> is totaal verskillend gedefineer.>>

Ek praat van Rock musiek. Kerkorrel en Masekela is dus nie relevant
nie.
Ek praat net van rockmusiek hier. Afrikaanse kabaret-tipe musiek en
swart jazz is ander soorte diere.
Ek vir my is plaaslike rock - met moontlik een of twee oomblikke van
uitsondering - tweedeklas namaaksels van Amerikaanse en Britse rock -
van n tyd gelede.
Dalk is daar n band iewers wat my totaal verkeerd bewys. Dit sal n
blye dag wees as dit gebeur, maar dit wat ek hoor is maar dof en
vervelig.

Elke keer as ek hom hoor, raak ek nostalgies oor my studentedae.
Dan
>> wil ek al daai ou LP's weer kaan koop.
>
> Nou ja Ferdi, moenie dat ek jou betrap dat jy luister na "tweedeklas" musiek
> nie. >>

Ek raak nostalgies om die oorpronklike Amerikaanse en Britse rock van
die jare 70 te gaan koop.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uit "Raka" - N.P. van Wyk Louw

Wed, 27 January 1999 00:00

Die vroue het hom die eerste gewaar
in die loom namiddag toe die arbeid klaar
was - aan die stampblok, in die jong-groen landerye -
en hulle gedrie, geviere, in dun rye
met kruik en geel, wind-ligte kalbas
op heup en skouer deur die stekerige gras
rustig gestap het na die koel seekoegate
om daar te drentel tot die bruin en laat
skemering en die eerste sterre, met klam sand
en sagte modder om die enkels, in die hand,
om veel te lag en ure te praat,
of skugterig soms een-een uit te waad
deur die taai waterblomme, naak en blink ...
Raka, die aap-mens, hy wat nie kan dink,
wat swart en donlker is, van been en spier
'n lenige boog, en enkeld dier.

Oorkant die water het hy uitgestap
uit die gebreekte riete, en soos 'n kind wat om die grap
van 'n bont kalbassie tandeloos en stil lag,
wit gegryns en, neergehurk, gewag.

--------

Die ander dag
toe die blou visvanger stil was na sy jag
oor die gladde, warm, seekoegate,
en klein geslaap het aan 'n takkie oor die water,
het die kinders hom gesien - Raka, die swart dier:
nou 't hy oor die sand vir hulle plesier
gebuitel, soos 'n perd gerol, gegryns, gespring,
met 'n mank dans gehuppel in 'n kring, -
en skielik in die water weggeplas
waar hy glad en vinnig soos 'n otter was.
'n Blink vis het hy op die san gegooi,
lank soos 'n man se skeen en rooi
en geel gevlek bo die wit maag, ...
maar meer as hul vrees het hy hulle behaag
met sy mal spronge, hulle het gevlug
lag-lag die biesies uit, maar lag-lag trug
gekyk oor hy so snaaks was; en bo in die kraal
met lag en skrik die ding verhaal.
Die manne het daarna sy krag bemerk
aan die tekens van die groot bosse: sy werk
moes dit gewees het as die swart buffelbul
wat die bosgange en grasruigtes vul
met hees snuiwe en bulk, smôrens styf
in die voetpad gelê het waar die swaar lyf
in die knieë geknak het; as die krokodil
hoog op die sand uit gelê het en ril
soos 'n klein akkedissie wat die kinders met 'n stok
geslaan het; - of die ou spiesvegter, die gemsbok,
oordwars, gebreek, stil tussen die polle was;
- as die vlakvark gelê het in die gras
met sy wit lemme, en sy oë soos 'n vis
se oë styf. Die jagters wis
wat krag was en hulle het gevrees.

Uit: N.P. van Wyk Louw. Raka. Nasionale Boekhandel Beperk. Kaapstad.
1962.

Prosa & poësie | 9 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1269  1270  1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284    »]
Tyd nou: Thu Jan 16 14:05:40 UTC 2025