Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"My vrou" deur BREYTEN BREYTENBACH

Ma., 01 Februarie 1999 00:00

MY VROU
Breyten Breytenbach

my vrou se naam is Yolande
sy is 'n vrou
klein en getrou
maar getrain
haar hare is swart
haar oë mispelbruin
haar neusie is plat
en haar mond 'n rooiborsie
gestol in die vlug
agter haar tande
hang die vleesklok van 'n vreemde land
Yolande Yolande gee my jou hande
ek het jou getrou
jy is my vrou

- en al julle vraatsige oë, Here, kakkerlak
vir spek en boontjies oor my landkaart
as julle verwag, onnosele age, dom donders
dat ons my vrou vir julle slag en rangskik
in die beddens van julle verbeelding
dis ons twee wat lag -
(my vrou en ek)

om af te rond:
haar ore is dus kerke
haar hande is soos wyn
haar voete is meesterwerke
roosblaar en klein konyn
sy dra vyf tone aan elke voet
worsies spek en bloed
van die beste in die land
my Yolande
hier kom sy nou
my Vrou

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Taalpolitiek

Ma., 01 Februarie 1999 00:00

kran...@my-dejanews.com wrote:
>
> Sinds de conferentie van vertegenwoordigers uit alle landen met banden met de
> Nederlandse taal, die enkele jaren geleden in Brussel plaatsvond, is het
> nogal stil rond taalpolitieke onderwerpen op internationaal niveau. Toch
> intereseert een heleboel mensen zich hiervoor. Zo werd in de oorspronkelijke
> posting van de thread "Afrikaans hoort bij Nederlands", onder andere gepleit
> voor een verdergaande samenwerking tussen de verschillende landen.
>
> Ook ik heb enkele voorstellen:
>
> - Uitbouw van de Nederlandse Taalunie. Ook Suriname moet een volwaardig lid
> worden, en Nederland moet het verdrag uitbreiden tot Aruba en de Nederlandse
> Antillen, een mogelijkheid die voorzien is in het verdrag. Ook de
> Afrikaanstalige landen moeten op een manier met de Taalunie betrokken worden,
> bijvoorbeeld als geassocieerd lid. - Naar het voorbeeld van de Acadèmie
> française of de Real Academia moet er een academie voor het Nederlands worden
> opgericht als onderdeel van de Taalunie, waaraan alle (geassocieerde) leden
> volwaardig deelnemen. Zo kunnen jargontermen in het Nederlands en het
> Afrikaans op elkaar worden afgestemd. - De internationale televisieomroep BVN
> (Beste van Vlaanderen en Nederland) moet ook echt internationaal worden en de
> hele dag programma's uit de verschillende landen -ook uit Suriname en
> Antillen en ook in het Afrikaans- uitzenden. De zender moet dan ook
> wereldwijd via satelliet en in alle landen van de (uitgebreide) Taalunie op
> de kabel te zien zijn. In Suriname en Antillen wordt zo ook een volwaardig
> Nederlandstalig televisieaanbod gerealiseerd en het contact tussen Afrikaans-
> en Nederlandstaligen wordt zo bevorderd. - In het onderwijs moet voldoende
> aandacht besteed worden aan de verschillende varianten van onze talen. Een
> modern Afrikaans boek op de Vlaamse literatuurlijsten, een Surinaamse
> schrijver die in Zuid-Afrika op school wordt gelezen... - Ook
> uitwisselingsprojecten op universitair niveau moeten meer in de verf worden
> gezet.
>
> Reacties?

Ik zou hiervan een voorstander zijn. Het bestaan van Nederlands,
Afrikaans en Surinaams wordt hierdoor beter gewaarborgd.

Hans Kamp.

Koeitjies & kalfies | 83 kommentare

Uit "Blom van die Baaierd" deur D.J. OPPERMAN

So., 31 Januarie 1999 00:00

Uit BLOM VAN DIE BAAIERD
D. J. Opperman

"Waar is U towersteen, U fonkelende graal
dat ek my skik na grense
en tevrede met die plek wat U vir my bepaal
- selfs as gedrog langs medemense,
sien dat U regverdig bo die donker skepping straal?

"Die een word dit gegun en dít word my belet,
tog is 'n elk en ieder deur 'n leed,
'n wellus of 'n donker vel besmet,
en uiteindelik moet ek tussen ander weet
dat op die aarde elke mens sy boggel het.

"Sal ek vannag nog met my vliegtuig vlug
na bondgenote wyd versprei:
na Portugese in Angola, Jode in Johannesburg,
of ronkend oor die Skeurvallei
na Brussel of Brahmaanse tempels teen 'n kerrielug?

"Maar boos bly boos in Brakfontein of Neo-Baäl,
en goed is goed by Golgota of Brussel;
en deur die eeue is dit reeds bepaal:
die plek en spelers sal voortdurend wissel
maar die spel word telkens in die tyd herhaal.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Hoe lyk jy ? ( was Bill Clinton (was Doedie en kie) )

So., 31 Januarie 1999 00:00

@igs.net wrote in message ...
>
> En aha, hier kom die werklike seksisme
> uit, by beide Robbert en jy. Maak maklik
> opmerkings oor vroue en hulle voorkoms?
> Dink julle ou wit mans het die reg ...............
ens ens ens

Gloudie
Nee, die oukêrels het nie die reg nie - maar om te wonder kan nogal sports
wees...........
Blyk ook 'n gevoelige puntjie vir jou te wees - die voorkoms storie.

Is maar seker menslik om te wonder oor die voorkoms van hierdie gesiglose /
lyflose geselskap en 'n persoon te probeer visualiseer waarvan die beeld by
sy boodskappe mag pas - gevaarlike gebied. Hier's nou 'n uitdaging :
Gee vir ons jou mate. Ek sal dit vir jou maklik maak. Jy hoef nie egte
duime of centimeters te gee nie en vir die doel van hierdie oefening mag jy
jou stywegoedjies aanhou - stel borsmaat gelyk aan 100% en druk dan die
ander mate daarvolgens uit.

Hier's myne : bors - 100%, middel - 91%, heupe (op my ouderdom is
dit sommer boude) 96%.

Wonder ook hoeveel ouens gaan bereid wees om so 'n "thumbnail" fototjie ook
te plaas van homself ???

Gegroet. :-))))
Omie
ICQ 26839292

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Seën

So., 31 Januarie 1999 00:00

DIE SEEN SAL VANDAG SOOS VOLG UITGESTRAAL WORD:

VANNE WAT MET A - M BEGIN: 11:16
VANNE WAT MET N - Z BEGIN: 11:17
VERSOEKE DEUR GEBED: 11:18
WONDERWERKE: 11:19

WENK VAN DIE DAG:
"DOEN AAN ANDER SOOS AAN JOUSELF. DAAR IS UITSONDERINGS,
SOOS MOENIE ANDER IN DIE OPENBAAR MASTURBEER NIE ALHOEWEL
MASTURBASIE SELF NIE SONDE IS NIE."

GROETE TOT VOLGENDE SONDAG.
GOD
god@godnet.god

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

NUWE GEDIGTE IN AFRIKAANS!!!

Sa., 30 Januarie 1999 00:00

Skryf jy jou eie gedigte, of sou jy graag nuwe Afrikaanse gedigte wou
bespreek? Sluit dan aan by die besprekingslys, Nat_Ink!

http://www.onelist.com/subscribe.cgi/Nat_Ink

Prosa & poësie | 0 kommentare

Pluimsaad(Was:Re: Nkabinde vermoor)

Sa., 30 Januarie 1999 00:00

prop...@aol.com (ProPacem) skryf:

> Ek het vergeet om my naam aan te heg. En ja, ek het my skermnaam van pluimsaad
> na propacem verander.
>
> leswin

Nee, man, Leswin! Ek het gehou van Pluimsaad. Dit het so mooi gepas by 'n
SA'er wat deur die wind weggewaai is. Hoe dan nou?

Groete

Henri Burger

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Bill Clinton (was Doedie en kie)

Sa., 30 Januarie 1999 00:00

@igs.net wrote in message ...

> Nog een wat hom blind staar teen sy eie konsep
> van "wat in Washington aangaan." Nee ou Lou,
> wat in Washington aangaan is 'n heksejag teen 'n
> hoogs suksesvolle president wat hulle nou al vir
> meer as vier jaar in die hande wil kry. 'n Heksejag
> deur 'n klomp WIT MANS wat die 30 persent van
> die Amerikaanse kiesers verteenwoordig wat meestal
> rassisties dink

(knip res van die diatribe)

Hey Doudie

Een van twee goed:

1. Jy het geval vir die "spin" of
2. Jy soek reaksie.

Bill - wie glo hom (regtig) deesdae?

Oor sy "sukses" - die eintlike rede is die NYSE. Neewat, Amerika is
suksesvol, nieteenstaande Bill se posisie.

Hy word nog geag deur die Amerikaners net omdat die alternatief nie juis
beter is nie. Hier stem ek bietjie saam met jou - sie republiekeine het
hulle sleg misgis, en hulle strategiee het misluk, en hulle eie gedrag was
nie juis inspirerend nie. (Heelwat paralelle met John Major en sy
spannetjie in in die VK in 95, 96, 97.)

Oor Monica - ek dink nie mens hoef veel meer te se as wat Robbert te se
gehad het nie:

"Mmmmmmm. Hebben ze in de VS geen mooiere vrouwen voor de machtigste man
ter wereld?
Dan dat kamerolifantje?"

So bietjie stout, maar nogal snaaks...

Bees

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Glashuisies... (Was Doedie en Kie)

Sa., 30 Januarie 1999 00:00

@igs.net wrote in message ...

> Dit lyk vir jou na rassisme en seksisme. Maar
> eintlik is dit 'n slagspreuk in die kultuur-oorlog
> wat woed in die VSA en tot 'n mindere mate
> in Kanada.

So, as 'n wit man die teiken van vooroordeel is, dan is dit 'n
"kultuur-oorlog", maar as swart vrou die teiken van vooroordeel is dan is
dit seksisme en rassisme? Vooroordeel is vooroordeel, ongeag van die teiken.

As jy 'n ware beeld wil hê van die
> bevolking van die VSA, kyk na die span wat vir
> Clinton verdedig het in die Senaat. Die leier van
> die wetspan was in 'n rystoel. Daar was onder meer
> twee vroue, die een wit, die ander swart. (En die
> swarte duidelik die beste, uit een van die top wet-
> skole in die VSA. ) En nou tou die Republikeinse
> aanklaers in: dertien wit mans, meeste van hulle
> met 'n �southern drawl.�

Gloudina, mens kan baie se hieroor. Maar jy demonstreer jou bitter
vooroordele so duidelik hier dat verdere kommentaar oorbodig is. Wat op
aarde is die relevansie van aksent?

Soos jy jyself se is hierdie mense verkies - daar is geen kultuur-oorlog
nodig nie. Net die volgende demokratiese verkiesing - as mense werklik so
sterk voel sal die nodige veranderinge aangebring word.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

IN LIGTELUIM

Sa., 30 Januarie 1999 00:00

Geniet die volgende paar staaltjies:

Klein Bennie was maar altyd 'n handvol en glad nie
op die bek geval nie. Juffrou vertel vir die destydse
Sub A's van Daniël in die leeukuil. Almal luister
aandagtig want juffrou kan 'n storie vertel ! Nadat
sy klaar vertel het, wou sy darem hoor wat elkeen
onthou het en vra so'n paar vrae onder andere wat
elkeen sou doen as hy of sy in Daniël se situasie sou
wees. Jannie sê dat hy maar net sy ogies styf sou
toeknyp sodat hy nie die kwaai leeus kan sien nie.
Pietie sê weer dat hy maar vir Liewe Jesus sou
vra om die leeus dood te maak. Sannie meen sy
sou ook maar vir Liewe Jesus bid om hom te beskerm.
So het elkeen sy eie opinie gegee. Bennie het
doodstil gesit sodat juffrou hom later moes vra:
"En toe Bennie, wat sou jy doen as jy in 'n kuil vol
kwaai leeus gegooi word soos met Daniël gebeur
het ?" Toe kom die antwoord baie eerlik : "Jig juffrou,
ek sou eers my natgemaak en dan my broek vuilgemaak
het."

**************

Juffrou by die kleuterskool vertel die kinders van tuine,
plante en dinge, en uiteindelik verstaan hulle ook van
bladwisselende bome en immergroen plante. Kerneels
se kleindogter kom tuis van die kleuterskool af en
ingedagte betrag sy Oupa se bles voordat sy haar tot
Ouma wend:" Ouma, is Oupa ook bladwisselend?".

**************

Maria se kinders is al groot en uit die huis uit. Twee
dogtertjies van vriende kuier by haar en haar man.
Kuier is vir die twee baie lekker en met die vertrek
is almal bietjie droewig. Sê Maria:" Ag ja, nou bly
ek alleen agter, sonder kindertjies en ek kan ook
nie meer van my eie hê nie", maar voor sy iets kon
sê van "te oud" val Mia haar in die rede met:
"Hoekom nie, is jou melk dan suur".

****************

Koenie-hulle het 'n hondjie gehad. Die hondjie se naam was
Oubasie. 'n Seuntjiehond moet mos 'n seuntjie naam hê.
Oubasie het 'n probleem gehad wat alle seuntjiehonde en alle
seuns van so om en by 16 en ouer ondervind. Seuntjiehonde
kan egter "reggemaak" word. [Ek dink baie Pa's en Ma's met
groot dogters wens soms dit kan met groot seuns ook gedoen
word.] Allegeval, Oubasie moet die veearts besoek en na die
besoek is baie probleme uitgeskakel. Die familie kom kuier en
iemand vra: "Is dit Oubasie?" En Koenie antwoord:
"Nee, dis Ounooi wat eers Oubasie was."

***************

Indien jy gereeld sulke kostelikhede wil ontvang, gaan kuier by:
http://home.yebo.co.za/~dm44 of skryf vir my by:
dm...@yebo.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1268  1269  1270  1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282  1283    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 14:02:25 UTC 2025