Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nederlandse Gebed

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Terwyl ons nou so in die Nederlands delf, sal ek
graag met iets hulp wil hê:

My oupa het altyd nog 'n Nederlandse tafelgebed
opgesê tot net voor sy dood. En soos dit nou maar
by die ou mense gebeur het, was die woorde
naderand deurmekaar gevloei en ons ore ook al te
gewoond daaraan. Nou wil ek graag vir my seuns sê
hoe hulle oupagrootjie gebid het, maar natuurlik
het ek hulp nodig om die gebed weer te
herkonstrueer. Dit het so geklink:

"Segen Heer, dat gee wij eten. Laat wij nimmer uw
vergeten."

Nou klink dit so kort - was daar nog? Watter
ander Nederlandse tafelgebede ken julle ander nog
uit julle kinderdae?

Johan (In oortje gehapt!)

Geloof & kerksake | 6 kommentare

Die in Europa....weer

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

^MELTING GLACIERS MAY RUIN SWISS TOURIST INDUSTRYe
^The alpine glaciers just go on melting and melting, to thee
point where at the last count Swiss experts discovered that four ore
five of them have retreated considerably. It is a trend that hase
accelerated since the beginning of the 1990s and if climate changee
remains unchecked, there are only about 20 or 30 years left to viewe
the splendour of Swiss glaciers. Skiing in the Alps could also soone
be a thing of the past. "Last year was particularly extreme," saide
Swiss glaciologist Martin Hoelzle of the Federal Technical Collegee
in Zurich. "In August we had a metre of meltage at 3,300 metres Ze
it hasn‘t happened like that since 1966." The phenomenon evene
affected the neve areas where the snow normally does not melt ine
summer. Glaciers are permanent ice fields but are subject toe
constant change through fresh snowfall and melting. Swisse
economists estimate that if the climate remains as it is for thee
next 50 years the damage will amount to up to 3.2 billion Swisse
francs (2.26 billion dollars) a year. "Winter tourism will suffere
terribly if winter sports can no longer be held in the lowere
regions," said BerneZbased economic scientist Ruedi Meier. Meiere
believes the lost revenue alone could amount to a staggering 2.1e
billion Swiss francs a year quite apart from the fact that thee
alpine scenery bereft of glaciers would lose its appeal for manye
visitors. Higher temperatures would also bring more bad weather,e
warmer and drier summers along with decreased yields from foreste
agriculture. "Shrinking glaciers in themselves are not a disastere
for people but precipitation on the moraines could lead toe
avalanches of mud and scree," said Hoelzle. The alpine glacierse
have been on the retreat for more than 150 years. "In 1850 we stille
1,800 square kilometres of glacier, today it is a third less," saide
geographer Max Maisch of Zurich University. Since 1850 the averagee
global temperature has risen by 0.6 degrees centigrade. If thee
projections of climatologists are accurate, the earth will gete
warmer by 1.8 degrees over the next 50 years and 3 degrees over thee
next 100 years. "That means that in 50 years time half thee
glaciers will have vanished, in 100 years 90 per cent will bee
gone," said Maisch. There are around 3,000 glaciers in the Alps,e
1,800 of them in Switzerland alone. The largest Alpine glacier ise
located in Valais canton and measures 24 kilometres in length. Overe
the past 150 years it has retreated by ten per cent. The lateste
negative record has been set by the Fee glacier near the resort ofe
Saas Fee. It shrank by 111 metres last year. Such melting is not ae
reaction to the mild winter in most of southern continental Europe.e
"It takes 20 or 30 years before the big glaciers react to climatee
change," said Hoelzle. He said the soZ called glasshouse effecte
otherwise known as global warming may be the culprit. "We muste
take measures to at least reduce the greenhouse effect," saide
ViennaZbased meteorological professor Helga KrompZKolb. "Thee
repercussions are going to be much more dramatic in alpine regionse
than on the plains."e
^SapaZDPAe

Koeitjies & kalfies | 85 kommentare

Riaan en Frikkie hou van julle pos

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Daar is van ons wat maar so sit en lees van die harmonie en liefde hier
tussen die rasse, die ou stront gediggies en hoe die Here se naam misbruik
word om te skok en vir humor.
Vrees vir die naam van die Here Jesus is die begin van wysheid.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Artikels

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Die volgende nuwe artikels is beskikbaar op die webblad van
Vryheid2000 te:
http://home.intekom.com/rsa/

DIE WAARHEID AGTER REGTER KRIEGLER SE BEDANKING
Berig deur Fred Rundle

DIE NUWE KONSUL IN MUMBAI
Deur ons diplomatieke
korrespondent

THE NEW WORLD ORDER
By Aida Parker

NO COMPETENCY WHATSOEVER
From our economics desk

THE POLITICAL MURDERS CONTINUE
By Fred Rundle

THE DEMONIC GEORGE SOROS
By Aida Parker

Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Skoolseunblues" deur JOHAN VAN WYK

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Skoolseunblues
Johan van Wyk
("Bome gaan dood om jou" 1981)

agter in die skoolbus het Jesse geleer
hoe om te rook
het sy gewys tot waar sy beenhare skeer
agter in die skoolbus
het sy geleer om 'n seun te vry
om tekens te wys
het sy 'n ballpointpenhart geteken
met die naam van haar onnie

Jesse Jesse my stem is gebreek
en ek het nog nooit gerook
of met die tong gesoen nie

sy dans met getroude mans
in die katolieke kerk
op Sondae sit sy in 'n sportmotor by die
park
sy het 'n ou in die army
sy het 'n ou op Hennenman
sy draai die onnie om haar pinkie
ma sê Jesse het niks tussen haar ore nie
dan kyk ma in haar spieëltjie

Jesse Jesse my stem is gebreek
en ek het nog nooit gerook
of met die tong gesoen nie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

President van Daewoo doodgeskiet

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Die sakegemeenskap en politici het die moord op die President van Daewoo
Suider-Afrika, YK Qun, veroordeel. Hy is vanoggend in Morningside, Sandton,
doodgeskiet.
'n Woordvoerder van die maatskappy sê die 49-jarige Qun is alleen huis toe
nadat hy gisteraand saam met die Koreaanse ambassadeur geëet het. Mense wat
saam met hom in die huis gewoon het, het sy liggaam in die vroeë oggendure
in die motor gevind nadat die honde geblaf het.

Die polisie ondersoek die moontlikheid dat Qun dood is in 'n mislukte
kapingspoging, of dalk die slagoffer van 'n sluipmoordenaar was. Hy was
blykbaar betrokke by 'n ooreenkoms wat miljoene rande se beleggings na
Suid-Afrika sou bring.

Daewoo se Hoofbestuurder: Bemarking en Verkope, Pieter Coetzee, sê Qun het
sedert Januarie verlede jaar in Suid-Afrika gewoon en het geglo dat misdaad
sal afneem en die land se ekonomie sal herstel. Sy gesin het in Korea agter
gebly. Hulle is tans onderweg na Suid-Afrika.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Parte

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Sekere liggaamsdele wat vroeër onnoembaar was en deesdae by byna elke
gesprek ingesleep word - veral sedert Clinton-Monica - was ook al lank
die onderwerp van gedigte (onder andere). Ook die voorwerp waarmee
gespot is. Dink maar aan Lysistrata.

Ek onthou nog toe ek Eybers se (vir my ontroerende) "Jong Seun" die
eerste keer gelees het, en die skok waarmee ek die laaste reël getref
het! Dié gedig, en "Tersine" (Roulynolie vir my krieketkolf) is twee
pragtige werkies. Veral "Tersine" is vol heimwee en nostalgie wat tot my
spreek noudat my eie kinders op die punt staan om die wye wêreld te
betree.

Dié gedigte het ek so lanklaas gelees; as iemand dit hier kan/wil plaas,
sal ek nogal bly wees daaroor.

Dankie!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Parte - Jong seun - E. Eybers

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Jong seun

Die seun klim druipend uit die bad,
sy hele lyf is gaaf en glad

en heel tot in die holte van
sy nael waaroor 'n seepbel span.

Strak ledemate, ribbekas
hoekig en hard soos 'n kuras,

handdoek in hand staan hy bereid,
gerig en toegerus tot stryd.

Tog, onvolkome afgerond,
hoe sal die lewe hom nog wond :

in sy Achilleskern vind
hy geen beskutting - man of kind :

geheg aan die benedebuik
waar blink haarrankies reeds ontluik,

deuraar, teer soos 'n ooglid, sag
soos murg, hang weerloos die geslag.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Dof

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Jakes wrote
Ek merk ook dat niemand op sy kinderagtigheid
> reageer nie. Goed so

Nou hoekom reageer jy daarop? Kan jy twee en twee bymekaar tel?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Anatomieles" deur LUCAS MALAN

Wo., 03 Februarie 1999 00:00

Anatomieles
Lucas Malan
("n Bark vir die ontheemdes" 1981)

Hier staan die mens; aanskou hom,
kyk hoe fyn die weefsel vou en plooi
in sening en kontoer van spier
en diep orgaan wat kwesbaar klop;

die soet verdubbeling van lob
en ledemaat - let op hoe skoon
maar taanbaar is die mond en oog;
alles welgevoeg en tóg begrens
deur dubbelmaat van hand en toon
en taai geheg aan breekbaarheid
die vertikale, bros geraamte

- dan, volmaak voltooi en afgerond,
die wilde soetvrug van verbasing:
ontoerekenbaar, sentraal, die skaamte.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1266  1267  1268  1269  1270  1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 18:23:45 UTC 2026