Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

ESKOM, TELKOM, YSKOR is besig om uitmekaar te val ????

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Dag se

Ek kuier n bietjie in Suid Afrika, en iets oorkom my in hierdie land waarvan
ek nogal geskrik het.
Behalwe die baie ernstige misdade is daar nog n moord aan die gang. As dit
nie moord is nie dan is dit n geestelike moord op die blanke in die land.

OOrals waar ek besighede besoek sien ek mense harde werk doen. Maar die
opvallende van die saak is dat die selfde mense baie op hulle senuwes is,
hulle is amper nie meer verdraagsaam nie.
Die mense is op slaap en senuwe pille van die ergste soort.
Die mense wil die land verlaat, kry niks meer reg nie voel ongelukkig en
geboycot in hulle werk.
Die mense moet soms die werk doen wat gewoonlik deur merdere mense gedoen
moet word.
Die mense is wel daar maar is nie verantwoordelik nie, hulle is wel
ontspanne en het baie tyd.
Die ander mense werk oortyd en slaap moeilik of glad nie meer nie.
Selfmoord kom reelmatig voort, en die einde is nie in sig nie.
OOk die soek naar ander werk is nie moontlik nie omdat teen die mense
gediskrimineer word. Nie teen die kundigheid nie, die kundigheid en
ondervinding is baie beter in die meeste gevalle.
Maar omdat hulle vervang MOET word, daarna volg die gaos in die
ondernemings.
Ek adviseer die mense wat in die land wil bele om eers goed rond te kyk
voordat n investering gedoen word.
Ek voel eintlik baie jammer vir alle mense ook die wat die werk nie kan doen
nie en die poste maar invul omdat hulle kan lees en skrywe. Gewoonlik net
Engels die Afrikaanse taal het sommige mense skielik 5 jaar terug verloor.
Blybaar geheue verlies.

Asseblief reageer indien u persoonlik kennis dra van gevalle in bo-genoemde
ondernemings waar mense dit swaar kry. Reageer dan oop my privaat e-pos
c...@yebo.co.za

Groetend met n traan
Corne.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hardekoolvuur!

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

'n Dag of wat vroeër as gewoonlik, maar soos julle dalk elders opgemerk het,
moet ek saam met Dok Sarel en die manne die woeste wêreld van die Olifants
gaan aandurf, en dit verg 'n bietjie voorbereiding vir die volgende dag of
wat.

Oor 'n week begin die Super 12 rugby kompetisie, en om almal in die regte
stemming te kry, is daar 'n storie oor wat fout kan gaan tydens 'n rugby
uitsending langs die Olifants by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Groete

Henri Burger('Die Olifants is nie vir Sissies, of Pioniersgestremdes nie!')

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Streekstale - Transvaal aan die beurt

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.

Iets is ge"mweb" - met dank aan Henri.

Hoe noem hulle hul katte ??? (Geen Nederlanders hier ASSEBLIEF nie)
Die "gewone" katte wat ek daar gesien het, was die rondlopers sonder huise.
Die katte IN die huise se stambome oordonder normaalweg die ander inwoners
se herkoms - dis nou die Siamese katte, die Persiese katte, ens. ens.

Kommentaar:
In my dae het 'n student sy "bounie" varsity toe getrap maar NET een geslag
na my het nie geweet dat dit 'n fiets is nie. Toegegee, dit was
studentetaal wat vandag in die mode is en more uit. Kan ook wees dat die
gemiddelde inkomste/rykdomme aansienslik toegeneem het onder latere studente
en dus ook die rygoed se status........

Nog voorbeelde asb van die Groenkloof-Waterkloof-Brooklyn-Hatfield
streektaal.

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Streekstale - Ons vorder

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Ons lys groei :

Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.
hiersi
daarsi
Vôsity is woes lôkker

Iets is ge"mweb" - nou die standaard idioom vir swak diens orals BEHALWE
Transvaal
Iets is ge-ômWôb - nou die standaard Transvaal uitdrukking vir swak diens
Hônri Bôrger - mediese term vir nuut ontdekte fobie - die onbedwingbare lus
om saam met krokedille in vol rivier te swem

Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" normaalweg uit ??
Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" uit met net 'n armlengte water tussen
die twee van hulle ?

Definisie van Transvaal Afrikaner wat ek al gehoor het : Iemand wat tuis
Afrikaans praat en Engels daar buite.
(Ek pleit onskuldig - ek het dit nie uitgedink nie - êrens gelees)

Shannon ?? Nog bydraes asb. Wat van 'n paar Vrystatitï ???
Leendert ?? Sit jy nie daar op Tuks nie ?? Help man !

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uit " & nou & nou" deur GERT VLOK NEL

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Fragment uit " & nou & nou."
Gert Vlok Nel

ek het i foto van die aand in hillside
jy is i bruid
agter jou raak dit donker
gaste staan rond soos i ruiter-in-swart-boekie, versteen
hul asems maak wolkies op die aarde soos op die môre
van die agste dag
in die wolkies sê hulle
ons is lief

en op die agtergrond kom i trein soos i byl uit die nag.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Stem . . .?

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Kan iemand my asb. inlig oor die stemmery:

Wanneer en waarvoor stem ons?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

PC & Netwerk tegnikus

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Ek is te huur/beskikbaar, kan binne 48 uur begin.

My cv is by http://pages.hotbot.com/photo/grove/cv.html

--

Grove Erasmus
Posbus 40
Ellisras, 0555
Sud-Afrika / Afrique d'Sud / Zuid-Afrika / South Africa

Tel/Fax: +27-012-666-7822(h)
011-783-4823(w)
Mobile: +27-083-654-6546
Mobile's email: 08365...@sms.co.za (PLAIN TEXT ONLY, MAX 50 CHARCTERS)

Web site: http://cnf.clever.net/africa/grove

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

PROFESSIONELE GESONDHEIDSORG MENSE BENODIG

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

'n Groot, internasionale (Amerikaanse) maatskappy soek professionele
gesondheidsorg mense (deeltyds of voltyds). Opleiding sal voorsien word.

Vir verdere inligting epos shan...@iafrica.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Ontbloot die Nag" van MARLISE JOUBERT

Di., 16 Februarie 1999 00:00

Ontbloot die nag
Marlise Joubert

al sou jy nie antwoord nie
en stil word
soos die slapende meeue
en die vlieënde son wat my soms
aan jou gelaat herinner

ontbloot die nag my haar raaisels
terwyl die see haar voete verplaas
met legendes

al sou vergetelheid jou omring
en harige bome jou verblind
al sou jou vorm sterf
tussen die splinters van mense

ontbloot die nag my haar raaisels
my vingers kry koers soos riviere
en die oorsprong is jy

Prosa & poësie | 0 kommentare

Aan Shannon - tweede probeerslag

Di., 16 Februarie 1999 00:00

Laasnag het Iafrica se nuusbediener my booskap ge"mweb". Dis nou al 24 uur
na die eerste pos en nog geen lewe uit Iafrica nie. Byvoorbaat verskoning
as boodskap 1 uit die niet sal verskyn.....

Hier's die eerste een oor streektale en nog wat.

Van pure weet-nie-wat-om-te-doen-nie, blaai ek so bietjie deur die ouer
boodskappe op die ng voordat Outlook Express hulle binnekort die buitenste
duisternis toe stuur (waar sommige in elk geval na toe moes gaan voordat
hulle op die ng geland het) en kom toe op hierdie enetjie van Shannon af
wat sy op 10 Feb gepos het :

> Ons was 'n aantal jare gelede in S.. ek meen in Namibië.
Sê dit maar gerus hardop. Waar was julle ?

> Dit het my opgeval dat die mense 'n ander Afrikaans praat,

As die Transvalers ????

> Maar ek dink dit kan deels toegeskryf word aan
> streeksgebondenheid

Not'n dêm - ons dink min van afstande en ons reis nie net nie - ons REIS.
Meer ernstig nou. Dit was jou eerste kennismaking met 'n area waar daar 'n
groter Afrikaans / Duits wisselwerking is as Afrikaans / Engels. Ek is
GEEN taalkundige nie maar my vermoede is dat Transvaal Afrikaans soos wat ek
hom al gehoor het, vreeslik moes gely het ......

Oudste dogter gaan draf toe mos BA Kommunikasie op Potch. Weet vandag nog
nie in watter klas dit was nie en die kind wou ook nooit die dosent aan my
uitwys nie - maar sy bel een aand baie ontsteld. "Pa, hulle sê my Afrikaans
is PLAT" en sy noem toe nog woorde wat ek nooit voor die kinders gebruik
het nie. Soos e-l-o-k-u-s-i-e en andere wat ek nou al vergeet het.
Haar aaaa's, haar oooo's, haar ê in "ek" hoort glo ook nie in ordentlike
geselskap nie........ Het die kind maar getroos en gesê sy moet maar alles
wat die
dosent sê baie getrou in haar toetse en eksamens herhaal anders pluk sy dalk
en ek's g'n lus om ekstra jare te betaal nie. Vakansietyd hoor ek nog 'n
nuwe ding : ek is "Pô" . Eerste keer dat sy so praat, dog ek die hond
het iets simpel aangevang en sy raas met hom. Eers toe sy naderstap en my
op die skouer tik en wou weet of die familie moet saamgooi vir 'n
gehoordingetjie vir my, TOE kom ek agter die "Pô" is seker iets wat EK
gedoen het. Die hond is onskuldig. Vier jaar lank 'n stryd gehad.

om weer 'aan te pas' by die Transvalers. By my jongste het jare geneem.[/color]
Jammer, regtig jammer. :-)

> Soms verstom ek my weer aan die tipe Afrikaans wat Tossie Lochner en die
> andere wat nuus van Italië en ander lande per TV of radio stuur.

Tossie Lochner (haar nooiensvan want sy's met 'n Italianer getroud en bly
permanent daar) is 'n boorling van Tsumeb. Haar pa is Afrikaans en haar ma
een van die egte ou Suidwes Duitsers en sy is natuurlik VLOT in albei tale.
Sedert ons streek die naamsverandering ondergaan het, hoor ons haar nie meer
oor die radio nie. Jammer.

'n Duitse vriend wou een middag by my weet :
"Watse nasie is die 'Peuloë' ?"
"Hoe sê ??????????????"
"Ja man, die Peuloë. Is jy blerrie doof ?"
"Jy's gek - daar's gan stuk so 'n nasie nie. Waar kom jy daaraan ?"
"Tossie praat oppie radio altyd van hulle"
"Wat sê sy van hulle ???"
"Hulle en die Jode is die moer in vir mekaar"

Dis waar die vuurhoudtjie vir my by die kerspit uitgekom het.
Dis Tossie Lochner se Duits/Afrikaanse tong wat P.L.O. net-net te
vinnig uitspreek.
:-))

Wederom
Omie

ICQ 26839292
Die water in my adres is om spammers te versuip)

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1258  1259  1260  1261  1262  1263  1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270  1271  1272  1273    »]
Tyd nou: So. Mei 03 13:04:07 UTC 2026