Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Re: South Africa dinner
Re: South Africa dinner [boodskap #21237] Do, 18 Februarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Feb 1999 07:10:28 GMT, ro...@localhost.net (Central Screwtinizer) wrote:

|On Wed, 17 Feb 1999 20:10:29 -0800, "kingZ" wrote:
|
|>I recently visited South Africa and would like to prepare an authentic S.A.
|>dinner for friends tomorrow night. Can you suggest some "traditional" foods
|>that do not contain meat or do contain chicken?
|
|Apart from mealy pap, or coal-roasted cheese/tomato/onion sandwiches,
|you'll have a hard time finding anything tradional AND vegetarian.
|
|In fact, people have been known to use mutton as a vegetable in these
|parts.
|

Nee sies, hoe kan jy sê dis al?!?! Wat van pap en marog? Niks vleis
nie! Wat van Mieliebrood?!? En SA vrugte?!? Komaan, ons kookkuns
en koskultuur is nie so arm nie!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: South Africa dinner [boodskap #21238 is 'n antwoord op boodskap #21237] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan writes:

> ...miskien moet jy effe wyer skroetinaaaiz.... pap, per sê, is nie eg Suid
> Afrikaans nie, maar saam met marog - mieliepap met marog - waar eet hulle dit
> nog, of in bolletjies gedruk sodat jy vleissous uit 'n pot kan vee... Ek dink
> regtig dis uniek genoeg om dit aan te gee as Suid Afrikaans.

Sien, dis net hier waar iemand wat in die
westelike dele van SA grootgeword het, sy
o"e begin rol, sy hande saamslaan en sy
lip so effe optrek. Wereld, julle klomp
daar met julle mieliepap en julle bolletjies
wat julle in die vleissous druk en uit die
pot vee - weet julle watter prentjie ander
mense van julle kry - julle het heeltemal
'n ander kultuur oorgeneem! Julle is kultureel
verbaster met die mense wat voor julle voor-
sate daar gebly het. Daardie mense wat die
apartheidsvarke in gebalkaniseerde landjies
wou laat bly, if you get my drift. Nou sit
party van julle in Minnesota tussen die
varke en die kalkoene, maar julle kan nie
die kulinere naelstring sny nie. Sit pateties
en biltong maak. Weet nie dat die enigste
biltong wat regtig goed smaak, ingesmokkelde
biltong is nie.

Mabalel
Re: South Africa dinner [boodskap #21239 is 'n antwoord op boodskap #21237] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ro...  is tans af-lyn  ro...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1997
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 18 Feb 1999 13:49:06 GMT, e...@dot.com (Johan (In oortje
gehapt!)) wrote:

> On Thu, 18 Feb 1999 07:10:28 GMT, ro...@localhost.net (Central
> Screwtinizer) wrote:
>
> |Apart from mealy pap,
---8<

> Nee sies, hoe kan jy sê dis al?!?! Wat van pap en marog? Niks vleis
> nie! Wat van Mieliebrood?!? En SA vrugte?!? Komaan, ons kookkuns
> en koskultuur is nie so arm nie!

As jy ordentlike gelees het sou jy gesien het ek noem pap. Maar dis
skaars eg Suid-Afrikaans, die kry jy in Europa as polenta vir eeue al.
En vrugte is nie kookkuns nie. EN ek gee jou tien rand vir elkeen
wat jy ken wat al hierdie jaar marog/umfino geëet het!
Re: South Africa dinner [boodskap #21240 is 'n antwoord op boodskap #21237] Do, 18 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 18 Feb 1999 15:59:28 GMT, ro...@localhost.net (Central Screwtinizer) wrote:
|
|As jy ordentlike gelees het sou jy gesien het ek noem pap.

Seker maar die spelling van "mealy pap" wat my afgesit het. Dit klink soos iets
wat deur miet opgeeet is. Selfs mealie pap sou beter lyk. ...maar dis
tegnies, kom ons kom terug by die kos - ek wou jou pap net effe meer interesant
maak vir Amerikaners, want hulle ken ook "mush" (slap mieliepap) en daar is
darem nie net pap nie. Naas die marog by die pap, is daar nog die moontlikheid
van 'n lekker sheba - tamatie en uie sous!

| Maar dis
|skaars eg Suid-Afrikaans,

...miskien moet jy effe wyer skroetinaaaiz.... pap, per sê, is nie eg Suid
Afrikaans nie, maar saam met marog - mieliepap met marog - waar eet hulle dit
nog, of in bolletjies gedruk sodat jy vleissous uit 'n pot kan vee... Ek dink
regtig dis uniek genoeg om dit aan te gee as Suid Afrikaans.

|die kry jy in Europa as polenta vir eeue al.

O ja! Polenta as pap miskien - maar mielies is nog nie so lank (eeue) vanuit
Amerika uitgevoer nie. En polenta is nou weer glad nie eg-tradisioneel
SuidAfrikaans nie.

|En vrugte is nie kookkuns nie.

O my goodness! Skroetinaaizir, jy moet 'n vrou wees, wat sonder verbeelding in
die kombuis afsloof, of 'n baie dom man wat nooit in die kombuis kom nie.

| EN ek gee jou tien rand vir elkeen
|wat jy ken wat al hierdie jaar marog/umfino geëet het!
|
Agter in my ma se tuin in SA is daar 'n kol waar ou Simon nie die onkruid
uittrek nie, want sien, die onkruid is eintlik marog. So eenmaal 'n week kom
van die omgewing se huisbediendes by my ma aanklop en dan vaar hulle daardie kol
marog binne en pluk al die groter blare af.

Hou maar jou geld, jong, as dit nie so ver van my af was nie, het ek jou nou
genoeg mense gaan leer ken in SA om my 'n baie ryk man te maak - self op die
rand/dollar wisselkoers!
Re: South Africa dinner [boodskap #21269 is 'n antwoord op boodskap #21237] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Feb 1999 16:21:08 GMT, "Hans van Zyl" wrote:
|Jong, jy is reeds baie suksesvol as jy koeksisters en boerbeskuit kan
|regkry. Die meel daar is mos anders.

Jy sal nooit raai watter interesante onderwerp jy hier aanroer nie. In SA het
ek aan 'n leerwerk gulde behoort saam met 'n man wat beide 'n opgeleide chef, 'n
ingenieur en 'n fellow is van die Britse Meulenaars. Ek was verstom oor wat hy
alles vertel het oor meel en die maal en gebruik daarvan. Beide koring en
mielie meel.

"Meel maak" is seker een van die prosesse (naas wynmaak) waar die meeste
veranderlikes 'n rol speel. Ek het eendag vir hom gaan kuier by die meule in
Randfontein waar hy werk en my mond het oopgehang om alles te kon sien.

Met sy agtergrond in kosmaak, het hy baie vertel oor hou mele bakwerk beinvloed.
Byvoorbeeld die baie goeie wenk by hom gekry om in enige gebak een eetlepel meel
te vervang met een eetlepel Maltabelle pap meel! Daardie graansorghum verleen
'n heerlike smaak en baksuskese aan baie disse.

|Ek kon gladnie koeksisters of
|pannekoek regkry nie.

Koeksisters bak is 'n groot geleentheid as ons by my vrou se niggie in Illinois
gaan kuier! Al die grootmense help saam - gewoonlik word die kinders buite toe
gedryf (sewe kinders!) of hulle het al gaan slaap en dan kuier ons heerlik in
die kombuis. My vrou en Jonathan is al goed met die vleg en Maja en ek het so
'n ritme met die bak en doop. April is dit weer sulke tyd.

Pannekoek maak ek netsoos dit uit KookenGeniet kom. Werk soos 'n droom. In SA
het my vrou altyd Anette Human se resep gebruik en net so goed reggekom.

|Die enigste gebak wat vir my uitstekend gewerk het,
|is dié wat uit die pakkies gekom het (Betty Crocker, ens...)
|
Ja kyk, die ou Betty Crocker weet hoe om 'n ding te doen - ons het altyd haar
algemene bakmengsel in die yskas - en dans dit net 'n eier of melk of water of
so iets bygooi en jy het die lekkerste plaatkoekies wat jy kan dink.

Ek Marie Callendulla se mieliebrood!!!!! Selfs my ou skoonma moet voor haar die
knie buig.
Re: South Africa dinner [boodskap #21270 is 'n antwoord op boodskap #21237] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Art M. Daane  is tans af-lyn  Art M. Daane
Boodskappe: 2
Geregistreer: Junie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Johan,
Lekker gelag oor jou brief, hier my ma se vetkoek resep!
250 ml (koppie)meelblom
5 ml (1 teelepel)bakpoeier
1 tot 2 ml (1/4 tot 1/2 teelepel sout
1 eier
125 ml (1/2 koppie) water of melk
Vet of olie om in te braai.
1. Sif die droe bestanddele saam
2. Klits die eier en meng dit met die droe bestanddele. Maak 'n slap deeg
aan met die melk of die water.
3. Verhit 'n hoeveelheid plantaardige vet of olie in 'n braaipan, sodat die
boom van die pan goed bedek is met die vet.
4. Gooi die beslag bietje-bietje in die warm vet en laat dit aan albei kante
ligbruin bak in die vet.
5. Dien dit warm op met botter gesmeer, of Golden Syrup.
Waar is jy dat jy nie Golden syrup kan koop nie?
Ek is in Nederland en daar is baie van die goed te koop!
Ek is al 39 jaar weg van ons mooi land, miskien ga ik gau kuier.
Groete,
Jacqueline van Rensburg

Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On 18 Feb 1999 22:27:02 GMT, wrote:
> | Sien, dis net hier waar iemand wat in die
> | westelike dele van SA grootgeword het, sy
> | o"e begin rol, sy hande saamslaan en sy
> | lip so effe optrek. Wereld, julle klomp
> | daar met julle mieliepap en julle bolletjies
> | wat julle in die vleissous druk en uit die
> | pot vee - weet julle watter prentjie ander
> | mense van julle kry - julle het heeltemal
> | 'n ander kultuur oorgeneem!
>
> Ek kan nie mooi uitmaak waarvan jy praat of wat jy probeer sê nie, maar in stede
> van yl, vertel eerder vir ons wat beskou jy as eg SuidAfrikaanse kos.
>
> | Julle is kultureel
> | verbaster met die mense wat voor julle voor-
> | sate daar gebly het.
>
> Is dit nie lekker nie!!! Dis wat 'n mens se kultuur verryk! Dis wat Paul
> Kruger nie wou raaksien toe hy immigrante wou verbied om SA binne te gaan nie.
>
> | Daardie mense wat die
> | apartheidsvarke in gebalkaniseerde landjies
> | wou laat bly, if you get my drift.
>
> Not at all - you are drifting far away from anything that makes sense!
>
> | Nou sit
> | party van julle in Minnesota tussen die
> | varke en die kalkoene, maar julle kan nie
> | die kulinere naelstring sny nie.
>
> is nie nodig nie! Hoekom moet ek. 'n Kombinasie van SuidAfrikaanse kos en
> Amerikaanse kos maak die lewe soveel meer interesant!
>
> | Sit pateties
> | en biltong maak. Weet nie dat die enigste
> | biltong wat regtig goed smaak, ingesmokkelde
> | biltong is nie.
> |
> Ek is net te bang om iemand te vra om dit te doen - bowendien, nie alle SA
> biltong is lekker nie - meeste ous sit te veel kruie op.
>
> En dis nie net biltong nie, dis boerewors ook en boerbeskuit en melkkos en
> Nasionale Poeding, koeksisters en sommer nog 'n paar ander ook.
>
> Al wat ek nog nie regkry nie - nog net twee keer probeer - is vetkoek. Kan
> iemand help met 'n goeie resep en metode?
>
> Johan (In oortje gehapt!)
Re: South Africa dinner [boodskap #21271 is 'n antwoord op boodskap #21237] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 18 Feb 1999 22:27:02 GMT, wrote:
| Sien, dis net hier waar iemand wat in die
| westelike dele van SA grootgeword het, sy
| o"e begin rol, sy hande saamslaan en sy
| lip so effe optrek. Wereld, julle klomp
| daar met julle mieliepap en julle bolletjies
| wat julle in die vleissous druk en uit die
| pot vee - weet julle watter prentjie ander
| mense van julle kry - julle het heeltemal
| 'n ander kultuur oorgeneem!

Ek kan nie mooi uitmaak waarvan jy praat of wat jy probeer sê nie, maar in stede
van yl, vertel eerder vir ons wat beskou jy as eg SuidAfrikaanse kos.

| Julle is kultureel
| verbaster met die mense wat voor julle voor-
| sate daar gebly het.

Is dit nie lekker nie!!! Dis wat 'n mens se kultuur verryk! Dis wat Paul
Kruger nie wou raaksien toe hy immigrante wou verbied om SA binne te gaan nie.

| Daardie mense wat die
| apartheidsvarke in gebalkaniseerde landjies
| wou laat bly, if you get my drift.

Not at all - you are drifting far away from anything that makes sense!

| Nou sit
| party van julle in Minnesota tussen die
| varke en die kalkoene, maar julle kan nie
| die kulinere naelstring sny nie.

is nie nodig nie! Hoekom moet ek. 'n Kombinasie van SuidAfrikaanse kos en
Amerikaanse kos maak die lewe soveel meer interesant!

| Sit pateties
| en biltong maak. Weet nie dat die enigste
| biltong wat regtig goed smaak, ingesmokkelde
| biltong is nie.
|
Ek is net te bang om iemand te vra om dit te doen - bowendien, nie alle SA
biltong is lekker nie - meeste ous sit te veel kruie op.

En dis nie net biltong nie, dis boerewors ook en boerbeskuit en melkkos en
Nasionale Poeding, koeksisters en sommer nog 'n paar ander ook.

Al wat ek nog nie regkry nie - nog net twee keer probeer - is vetkoek. Kan
iemand help met 'n goeie resep en metode?

Johan (In oortje gehapt!)
Re: South Africa dinner [boodskap #21272 is 'n antwoord op boodskap #21237] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan

> Ek kan nie mooi uitmaak waarvan jy praat of wat jy probeer sê nie,
> | Julle is kultureel
> | verbaster met die mense wat voor julle voor-
> | sate daar gebly het.


OK, Johan, laat ek nou weer voor begin in
basiese Afrikaans. Ons wat in die westelike
dele van SA grootgeword het, dink "pap" word
met ontbyt ge-eet. Ons lag agter ons vuis
vir julle wat "pap" by julle braaivleis
eet. Veral as julle die pap gebruik om die
sousies mee op te skep. Ons neem aan dis
lekker en dat julle daarmee grootgeword het.
Maar ons kan duidelik sien dat julle die
gewoonte by ander rassegroepe geleen het.
Nou is dit snaaks vir ons dat julle, wat so
knaend pap eet, so 'n groot persentasie van
mense verteenwoordig wat teen daardie ander
rassegroepe gewerk het, en hulle wou toesluit
in klein tuislandjies. Nou kry ons die komiese
toestand: die een (swart) sit en maak pap aan
die eenkant van die tuisland se grens, en die
ander een (wit) sit en eet pap aan die ander
kant van die grens. So dis maar goed dat die
tuisland-storie ook nou na sy marog is.

Terloops, wat is marog. Nog nooit daarvan gehoor
nie.

Dis wat 'n mens se kultuur verryk! Dis wat
Paul
> Kruger nie wou raaksien toe hy immigrante wou verbied om SA
binne te gaan nie.

Hersien jou kennis van SA geskiedenis. Paul
Kruger het geen mag gehad om immigrante te
verbied om SA binne te gaan nie.Vireers, daar
was toe nie 'n "Suid-Afrika" nie.

> Ek is net te bang om iemand te vra om dit te doen - bowendien, nie alle SA
> biltong is lekker nie - meeste ous sit te veel kruie op.

Die beste storie oor biltong in die VSA
insmokkel, het ek gehoor van die seun van
vriende wat by MIT studeer het, en na een
vakansie 'n hele klomp stukke biltong wou
inbring. Die mense by die doeane het die
biltong gevind, en vir hom beskuldig dat
hy landbouprodukte in die land probeer
inbring. Hy oortuig hulle toe dis dolosse,
en illustreer vir hulle hoe die toordokters
die goed oopgooi en dan die toekoms lees.
Hulle het toe maar opgegee en hy het sy
biltong deurgekry.

Gloudina
Re: South Africa dinner [boodskap #21273 is 'n antwoord op boodskap #21237] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
HvanZyl  is tans af-lyn  HvanZyl
Boodskappe: 10
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Junior Lid
Johan (In oortje gehapt!) wrote in article
...

> Ek is net te bang om iemand te vra om dit te doen - bowendien, nie alle SA
> biltong is lekker nie - meeste ous sit te veel kruie op.

Die probleem is dat die meeste slagters deesdae van biltong-"batch packs"
gebruik maak. Dit maak biltongmaak maklik en het allerhande nitrate,
nitriete, suikers, verklammers, versagters, poeiers en als wat onchristelik
is (omtrent) daarin. As jy lekker biltong, droëwors en selfs boerewors wil
hê moet jy daar gaan waar die afleweraars nie te gereeld kom nie, en
posgeld duur is. Soos in Pofadder. Daar het ek van die lekkerste boerewors
gekoop wat ek nog geëet het. Olifantshoek het lekker biltong maar van die
lekkerste kry jy op die kleiner Vrystaatse of Karoodorpies.

> En dis nie net biltong nie, dis boerewors ook en boerbeskuit en melkkos en
> Nasionale Poeding, koeksisters en sommer nog 'n paar ander ook.
>
> Al wat ek nog nie regkry nie - nog net twee keer probeer - is vetkoek. Kan
> iemand help met 'n goeie resep en metode?

Jong, jy is reeds baie suksesvol as jy koeksisters en boerbeskuit kan
regkry. Die meel daar is mos anders. Ek kon gladnie koeksisters of
pannekoek regkry nie. Die enigste gebak wat vir my uitstekend gewerk het,
is dié wat uit die pakkies gekom het (Betty Crocker, ens...)

Hans
Re: South Africa dinner [boodskap #21274 is 'n antwoord op boodskap #21237] Vr, 19 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Hans van Zyl wrote in message
...
>
>
> Johan (In oortje gehapt!) wrote in article
> ...

> Ek kon gladnie koeksisters of
> pannekoek regkry nie.

Hans

Pannekoek is op sy lekkerste as jy 'n eetlepel brandewyn vir elke koppie
meel byvoeg, en as die res van die gesin nie by is nie, terwyl jy dit maak,
verdubbel die brandewyn!

Groete

Shannon

Die enigste gebak wat vir my uitstekend gewerk het,
> is dié wat uit die pakkies gekom het (Betty Crocker, ens...)
>
> Hans
Re: South Africa dinner [boodskap #21291 is 'n antwoord op boodskap #21237] Sa, 20 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
rana  is tans af-lyn  rana
Boodskappe: 25
Geregistreer: Desember 1996
Karma: 0
Junior Lid
In article , kingZ
writes
> I recently visited South Africa and would like to prepare an authentic S.A.
> dinner for friends tomorrow night. Can you suggest some "traditional" foods
> that do not contain meat or do contain chicken?
>
> Thanks from the U.S.

Pampoenkoekies met kaneelsuiker - pumpkin cakes with cinnamon sugar
Geelrys en rosyntjies - yellow (tumeric) rice with raisins
Gebakte aartappels - roast potatoes
Soetpatat - Sweet potato
Waterblommetjies - Water flowers [!? :) ], one does get that tinned, I
don't know if you'll get that in the USA though.
Ingelegde kafferwaatlemoenstukke - couldn't think of the English name
for that!
of heel ingelegde groenvye - bottled whole green figs
Karringmelk poeding - Buttermilk pudding
Tuisgebakte brood - Home baked bread
Melktert - milk tart

Reggeraai, ek kom van die Boland af, ja :) Jammer snoek, skaapboud en
bobotie sal nou nie by die vegetariese ete inpas nie!

All of those are typical Boland (Western Cape) foods, and I should have
added bobotie, leg of mutton and snoek (?) there..

Erm... does any-one have a homepage with traditional South African
recipes ?, some of the above might be found on such a homepage.

Groete uit Engeland
Rana
--
rana
Re: South Africa dinner [boodskap #21322 is 'n antwoord op boodskap #21237] So, 21 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Feb 1999 18:21:06 +0100, "Art M. Daane" wrote:

|Hallo Johan,
|Lekker gelag oor jou brief, hier my ma se vetkoek resep!

|Jacqueline van Rensburg
|

Dankie Jacqueline - More eet die Potgieters vetkoek!!!!!

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: South Africa dinner [boodskap #21323 is 'n antwoord op boodskap #21237] So, 21 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 19 Feb 1999 21:14:04 GMT, wrote:
| OK, Johan, laat ek nou weer voor begin in
| basiese Afrikaans. Ons wat in die westelike
| dele van SA grootgeword het, dink "pap" word
| met ontbyt ge-eet.

Ek ook, maar ek kom toe agter as ek saam met die Transvaleters wil
eet, kan ek net van die lekker sheba sous oor die pap eet en dan is
dit nie meer so sleg nie - vir my was pap eers net lakker as jy botter
en suiker oor eet.
Ek sien hier in Amerika eet hulle melk en stroop of botter en stroop
oor hulle mielie pap - altyd net as ontbyt kos.

| Ons lag agter ons vuis
| vir julle wat "pap" by julle braaivleis
| eet. Veral as julle die pap gebruik om die
| sousies mee op te skep. Ons neem aan dis
| lekker en dat julle daarmee grootgeword het.
| Maar ons kan duidelik sien dat julle die
| gewoonte by ander rassegroepe geleen het.

Die swart rasse groepe waarna jy verwys, het nie pap uitgevind nie -
daar was nie eers mielies in SA verbou tot dit uit Amerika uitgevoer
is nie.
Ander grane dalk?

| Nou is dit snaaks vir ons dat julle, wat so
| knaend pap eet, so 'n groot persentasie van
| mense verteenwoordig wat teen daardie ander
| rassegroepe gewerk het, en hulle wou toesluit
| in klein tuislandjies. Nou kry ons die komiese
| toestand: die een (swart) sit en maak pap aan
| die eenkant van die tuisland se grens, en die
| ander een (wit) sit en eet pap aan die ander
| kant van die grens. So dis maar goed dat die
| tuisland-storie ook nou na sy marog is.

Jy roggel...!
|
| Terloops, wat is marog. Nog nooit daarvan gehoor
| nie.
|
Jong, dis maar 'n soort wilde plant van SA wat baie soos spinasie
geeet word - en dan ook saam met pap ingeroer word. Die plant self
groei redelik plat op die grond - word ook maar so laag gehou deur die
gedurige pluk, maar ek ken nie sy hogere naam en beskrywing nie.

| Hersien jou kennis van SA geskiedenis. Paul
| Kruger het geen mag gehad om immigrante te
| verbied om SA binne te gaan nie.Vireers, daar
| was toe nie 'n "Suid-Afrika" nie.

Hersien jou geskiedenis: Paul Kruger wou immigrasie uit Engeland
beperk.... Daar was 'n Zuid Afrikaanse Republiek...
|
| Die beste storie oor biltong in die VSA
| insmokkel, het ek gehoor van die seun van
| vriende wat by MIT studeer het, en na een
| vakansie 'n hele klomp stukke biltong wou
| inbring. Die mense by die doeane het die
| biltong gevind, en vir hom beskuldig dat
| hy landbouprodukte in die land probeer
| inbring. Hy oortuig hulle toe dis dolosse,
| en illustreer vir hulle hoe die toordokters
| die goed oopgooi en dan die toekoms lees.
| Hulle het toe maar opgegee en hy het sy
| biltong deurgekry.
|
Baie mooi storie wat herinner aan die ou wat vir sy Inglese familie
biltong gestuur het Ingeland toe. Later doen hy in 'n brioef navraag
of hulle dit gekry het en kry toe die antwoord terug: Hulle het die
wortels geplant, maar nog niks het opgekom nie.....

Johan, die ewige realis / optimis.
Re: South Africa dinner [boodskap #21324 is 'n antwoord op boodskap #21237] So, 21 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 20 Feb 1999 19:04:50 +0000, rana wrote:
|Pampoenkoekies met kaneelsuiker - pumpkin cakes with cinnamon sugar
|Geelrys en rosyntjies - yellow (tumeric) rice with raisins
|Gebakte aartappels - roast potatoes
|Soetpatat - Sweet potato

Die een
kry jy in die
VSA ook, Rana.
Hier noem hulle dit net
Yams en hulle het naas die
borrie patats ook 'n helder oranje weergawe.

|Waterblommetjies - Water flowers [!? :) ], one does get that tinned, I
|don't know if you'll get that in the USA though.

Ons
kan dit
bestel deur
Protea Imports in
Kanada.

|Ingelegde kafferwaatlemoenstukke - couldn't think of the English name
|for that!
|of heel ingelegde groenvye - bottled whole green figs
|Karringmelk poeding - Buttermilk pudding

Hiervan dink ek jy kan gerus vir ons die resep plaas, Rana, asseblief!

|Tuisgebakte brood - Home baked bread
|Melktert - milk tart
|
Pragtige lys!

Johan, die ewige realis / optimis.
Vorige onderwerp: Keuken vragen
Volgende onderwerp: Mieliepap in VSA?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 00:23:23 MGT 2024