Ek studeer op die oomblik by die Kaapse Technikon, en ek is bly om te sê
dat Afrikaans nog lewendig en gesond is hier. Op die oomblik word die
Engelse en Afrikaanse mense (wat die selfde kursus loop) nog geskei, en
kry elke groep lektore wat sy moedertaal praat.
Nou begin die mense wat Xhosa of ander tale praat te kla dat hulle nie
kan verstaan wat in die klasse gesê word nie, terwyl daar uitdruklik
gesê word dat die Technikon in Engels en Afrikaans klasgee. Ons sal
maar sien wat gebeur.
Ek gebruik ABAP/4 en Delphi, maar het my melktande gekry op Fortran (IV tot
'77), PL/1, Algol en Pascal (Basic ook daar so tussenin), hoekom wil jy
weet? Wil jy my headhunt?
Tjeers,
Dries
Fizzer wrote in message ...
> Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
> en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?
>
> Fizzer die een wat NZ se weer haat
>
Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On 14 Mar 1999 02:38:22 GMT, wrote:
>
> | dit nie kan wegpraat nie. En moenie vir
> | my kom vertel dat daar Nasionaliste
> | was wat geweet het verandering moet kom,
> | en "daarvoor gewerk het" nie. Hulle moes
> | liewer hulle wapens opgeneem het en die
> | duiwels in die see gedryf het.
> |
> ...of soos Gloudina gou-gou opgepak het en die lekker lewe elders gaan
> opsoek het. :-) ...soos ek ook....
>
> Johan, die ewige realis / optimis.
>
Gloudina
wat het julle laat besluit om oor te gaan? Ek aanvaar jul motivering was
iets heel anders as die klomp wat deesdae oorgaan. ( Nie almal is al so lank
op die ng nie of sit en grawe heeldag in die argiewe van die ng om te sien
wat voorheen bespreek was nie, Leendert en kie :-))
Ek aanvaar dit moes moeiliker gewees het as mens aanneem dat die mense wat
deesdae oorgaan wel kontakgroepe het sodra hulle daar land en hier is selfs
'agentskappe' van die kant af wat sake vir jou help reël om te kan gaan.
fizzer wrote in message ...
> Johan (In oortje gehapt!) wrote:
>
>> On Mon, 15 Mar 1999 01:24:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>> Hulle mag. Netsoos enige ander klub waaraan die skoolkinders behoort.
>> |
>> Ek het in SA, lank terug, ook geen godsdiensonderrig op skool gehad
>> nie. (En destyds het ons grondwet dit darem seker toegelaat) Solank
>> ek maar kan onthou was dit die periode waarin jy ander huiswerk moes
>> sit en doen - altyd handig as dit voor wiskunde geskeduleer was - en
>> waarin die onnies sit en boeke merk het ... nooit Godsdiens of
>> godsdiens nie...
>
> Ek stem saam. In die tyd wat ek op skool was (Jaaaaare gelede) (Eintlik maar
> net 3 jaar terug :) ) Het hulle die naam verander na Bybelstudie, nie meer
> Godsdiens of so iets nie.
In die Senior Sekondêre fase word Bybelkunde as vak aangebied.
> Wat ons eintlik veronderstel was om te doen, en wat gewoonlik net die eerste
> kwartaal of so gebeur het, is om die Bybel te bestudeer, nie godsdiens
> beoefen nie.
Hmmmm..... Wat van saalopening op Maandagoggende? Geen skriflesing en gebed
nie?
> Na die 2de kwartaal het die Onnies moeg geraak vir die kinners
> wat nie wil luister nie, en ons (die leerders :) ) het maar self die naam
> verander na Vriend-Lanks-Jou-Se-Rekeningkunde-Boek-Studie. :O.
Hierdie ding gaan met mening verander. Die NSA gaan die teenoorgestelde
rigting. Godsdiensuitlewing word 'n verpligte deel van die kurrikulm en 'n
eksamineerbare uitkoms (die regering oordeel dat dit sal help om die morele
standaarde in die samelewing te verbeter, ten einde die misdaadvlakke te
beheer!) Nodeloos om te sê, ek is teen hierdie beleid onwrikbaar gekant.
Ek is in die proses om 'n databasis op te stel van bg. op die Internet.
Die idee is om Suidwesters/Namibiërs op die Internet se name, en Email
adresse te kry, dit dan in die vorm van 'n leesbare dokument te organiseer
en 'n kopie daarvan aan alle deelnemers te stuur. Dit sal dan mense instaat
stel om moontlik ou vriende en kennisse in kontak te kan bring. Die diens is
heeltemal gratis en in ruil vir jou naam op hierdie lys, sal jy dan 'n lys
van almal op die databasis ontvang. Hierdie lys sal aan GEEN ander persoon
of instansie gegee word nie!
Indien jy belangstel om gelys te word Email asb die volgende inligting aan
my:
Jou naam en van
Email adres
Dorp/Stad waar jy woon
So 'n reël of wat oor jouself as jy wil.
Jy sien dat daar nie te veel inligting gevra of gegee word nie, om
veiligheidsredes.
Laat weet ook asb watter van dievolgende jy gebruik: (Laat weet ook maar
indien jy dalk enige ander idees het tov bg.)
Windows 3.1 / 95 / 98
Office 95 / 97
Lotus Smartsuite
Corel Wordperfect en version
Sodat 'n "compatable" formaat gebruik kan word.
Indien daar genoeg belangstelling is, kan 'n website dalk geskep word vir
die doel, of 'n soort nuusbrief of iets.
Laat weet gerus van julle - almal wat reageer sal op datum gehou word mbt
die vordering.