Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » Skepping van die duiwel
Skepping van die duiwel [boodskap #21819] Ma, 15 Maart 1999 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina spartel om die issue te vermy:

> Wat Leendert probeer doen, is om
> "apartheid" as 'n intellektuele
> konsep ad infinitum en ad nauseam
> te analiseer,

Geensins nie. Ek wil net weet wat dit is waarvan jy my beskuldig.

Daarna kan ek daarmee maak wat ek wil.

> en dan te hoop dat
> op een of ander mirakele manier, die
> apartheidsvarke se hande skielik skoon
> sal wees.

Ek het geen taak om die hande van enige varke te reinig nie. Ook nie joune
nie.

Ek bepaal my by my eie hande.

Maar dit werk nie so nie.
> Soos wat Simon hierbo sê: apartheid
> was meer as net bloot rassisme. Dit
> was 'n skepping van die duiwel in die
> maatskappy van SA.

Ai, Gloudina! Watter insiggewende beskrywing: "'n skepping van die duiwel".
Nou weet almal presies wat dit is wat jy bedoel! (NOT!!!!!!)

En dit het soms
> onverwagte sosiale gevolge gehad.
> Apartheid in Bantoe-Onderwys sou
> intellektueel voorsien het dat die
> witmense ophou vir swart kinders
> skoolhou. Wat egter werklik gebeur
> het (ek was daar, ek het dit beleef)
> was dat daar 'n groot influks was
> van Afrikaanse wit mense in die swart
> skole. Almal daar om te probeer promosie
> kry na prinsipaal êrens in 'n swart
> skool. Daar het ek die vieslike gedrag
> gesien van hoe wit Afrikaneronderwysers,
> almal blykbaar Broederbonders, teen
> mekaar veg oor wie prinsipaal gaan word
> op die volgende swart skool op 'n sending-
> stasie waar die regering die sendelinge
> uitgestoot het.

Ek lei dus af hierdie poste was baie aantrekklike poste, nie waar nie?

Dit, my vriend, was
> apartheid. Dit my vriend, was apartheids-
> varke.

Nou goed, Gloudina, as _dit_ apartheid was: Jy beweer dat swart onderwys 'n
lekker plek vir witvelle was ("apartheidsvarke", soos jy beweer ek is), en
dat hulle dit uitgebuit het vir eie gewin:

a) Hoeveel (in absolute terme sowel as persentasiegewys) swart onderwysers,
skoolhoofde, inspekteurs, en senior amptenare was daar in swart onderwys in
1948, en hoeveel was daar in 1994?
b) Wat was die salarisverhouding tussen 'n wit onderwyser en 'n swart
onderwyser met dieselfde kwalifikasies in 1948, en wat was dit in 1994?
c) Watter persentasie swart onderwysers was vroue in 1948, en wat was die
persentasie in 1994?
d) Wat was die gemiddelde kwalifikasies van swart onderwysers in 1948, en
wat was dit in 1994?
e) Jy was mos daar; jy het dit mos gesien. So gee sommer die syfers vir
1960, 1970 en 1980 ook t.o.v. die bogenoemde.

(Ek het jou min of meer hierdie vrae al tevore gevra - sonder reaksie van
jou kant af.)

> Somtyds het dit niks met die
> intellektuele konsep "apartheid" te doen gehad nie."

Jy sê dus daar was, benewens "die intellektuele konsep" van "apartheid" ook
ander konsepte van "apartheid"?

Wat sou hulle wees?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Skepping van die duiwel [boodskap #21820 is 'n antwoord op boodskap #21819] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Gloudina spartel om die issue te vermy:
>>
>>> Wat Leendert probeer doen, is om
>>> "apartheid" as 'n intellektuele
>>> konsep ad infinitum en ad nauseam
>>> te analiseer,
>>
>> Geensins nie. Ek wil net weet wat dit is waarvan jy my beskuldig.
>>
>> Daarna kan ek daarmee maak wat ek wil.
>
> Leendert, in jou angs om in die middel
> van die heelal te wees, vergeet jy dat
> jy nie veronderstel is om 'n apartheids-
> vark te wees nie.

Die etiket "apartheidsvark" het _jy_ geskep, Gloudina.

En _jy_ het my dit om die nek gehang.

> Ek neem aan jy het,
> soos my familielede wat nog in SA is,
> van die begin af nie van die Nasionale
> Party en hulle vinnig-ontwikkelende
> helse apartheids-agenda gehou nie, en
> elke kans wat jy gekry het daarteen
> gesteun. Ek hoop jy het met die mense
> om jou gepraat en hulle probeer oortuig
> van die sonde van "apartheid" wat in
> baie opsigte geen apartheid teweeggebring
> het nie, maar net na bloedvergieting
> gelei het. Ek hoop, Leendert, dat jy en
> jou vrou nie apartheidsvarke was nie.

Jy het reeds geoordeel oor wat ek, in terme van jou waardestelsel was en is.
Vir jou oordeel is _jy_ verantwoordelik, nie ek nie.

En nou moet jy jou verantwoordelikheid nakom en verduidelik wat die etiket
"apartheidsvark" beteken.

Tot dusver lyk dit na niks meer is nie, as 'n heel idiosinkratiese
skelwoordjie gegrond op 'n paar insidente wat ene Gloudina Bouwer waargeneem
het, en wat sy nou veralgemeen om al wat Afrikaner is mee te beswadder.

Jy sê "apartheidsvarke" het die poste in swart onderwys beset ten koste van
swart onderwysers:

Watter persentasie van die onderwysers, skoolhoofde en senior amptenare in
swart onderwys was swartmense in 1948, Gloudina, en watter persentasie was
swartmense in 1994?

(Nie dat ek 'n antwoord verwag nie. Want jy ken die antwoord, en jy wil nie
graag hê mense moet dit weet nie, nie waar nie? Want dit maak van jou 'n
leuenaar.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Skepping van die duiwel [boodskap #21821 is 'n antwoord op boodskap #21819] Ma, 15 Maart 1999 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Gloudina spartel om die issue te vermy:
>
>> Wat Leendert probeer doen, is om
>> "apartheid" as 'n intellektuele
>> konsep ad infinitum en ad nauseam
>> te analiseer,
>
> Geensins nie. Ek wil net weet wat dit is waarvan jy my beskuldig.
>
> Daarna kan ek daarmee maak wat ek wil.

Leendert, in jou angs om in die middel
van die heelal te wees, vergeet jy dat
jy nie veronderstel is om 'n apartheids-
vark te wees nie. Ek neem aan jy het,
soos my familielede wat nog in SA is,
van die begin af nie van die Nasionale
Party en hulle vinnig-ontwikkelende
helse apartheids-agenda gehou nie, en
elke kans wat jy gekry het daarteen
gesteun. Ek hoop jy het met die mense
om jou gepraat en hulle probeer oortuig
van die sonde van "apartheid" wat in
baie opsigte geen apartheid teweeggebring
het nie, maar net na bloedvergieting
gelei het. Ek hoop, Leendert, dat jy en
jou vrou nie apartheidsvarke was nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Aan die persoon wat homself GOD noem
Volgende onderwerp: Die Movie "Jesus Christ Superstar"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 09:58:02 MGT 2024