Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: gedigte 'Dis Al' en 'Die Soutpan'

Di., 16 Maart 1999 00:00

"Moosebumps" writes: >

>> -"Op Hartebeesfontein"
>> -"Dis Al" en "Martjie" deur Jan F.E. Celliers
>> -"Vliegie" en "Die Soutpan" deur Leipoldt
>> Groete uit Vlaanderen.
>
> DIS AL deur Jan F.E. Celliers
>
> Dis die blond,

> DIE SOUTPAN deur Leipoldt
>
> Kaal is die ou sandwêreld hier, en kaal

OK, Moosebumps, wie van ek of jy gaan
"Martjie" intik? Dis vreeslik lank.
Wens iemand met 'n scanner kan dit
doen. In ons taamlik ouerige edisie
van die Groot Verseboek het ons nie
"Vliegie" en "Op Hartebeesfontein"
nie, dus kan ek nie daarmee help
nie. Ek wou net "Martjie" begin
intik, toe sien ek jou pos. In die
Groot Verseboek staan onder die titel
"Martjie" die woorde " 'n Fragment."
Was die oorspronklike gedig langer
en is wat ek het net 'n fragment? Ek
kan nie onthou of daar meer was nie.
Ek het dit te lank terug bestudeer.

Hoekom noem jy jou Moosebumps? Bly
jy dalk in Noord-Amerika? Het jy al
"Moose droppings" ge-eet? Yummy.

Gloudina in Moose Country,

Prosa & poësie | 4 kommentare

"Magersfontein" deur DONALD RIEKERT

Di., 16 Maart 1999 00:00

MAGERSFONTEIN
Donald Riekert

Die droë bossies waai
taai taai in gelid
vorentoe skep die wind
die lied van die doedelsak
druk aan na die rante
waar die donderweer
vuurslag slaan teen
die swart ysterklip
tog het dit nie gereën nie
maar die wind het gaan lê

(Die slag van Magersfontein
: 11 Desember 1899)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Alan Boesak

Di., 16 Maart 1999 00:00

Ek is `n burger van Noorweë, en tussen 1980 toe 1990 het ons höer viel van
die anti-apartheid held ;Alan Boesak. Maar ek het nie meer gehöer nie. Kan
julle meedeel wat hy maak vandag.

ekskuus my spelling

Benedikt

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

"Dis Al" deur JAN F. E. CELLIERS

Di., 16 Maart 1999 00:00

DIS AL
Jan F.E. Celliers

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.

Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.

Prosa & poësie | 0 kommentare

mnr. President Nelson Maldena

Di., 16 Maart 1999 00:00

Vandag is die president van die Suid Afrikaanse Replubliek mnr. Nelson
Mandela in Noorweë. Hy was welkom by die Koning van Noowe� Harald V en se
Koningin Sonja. Vannaand is dat `n middag in die Kaseel.

Eskuus my spelling

Benedikt

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mimiek

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Mimiek*

Sinnelose gemymer
Op sinvolle trant
Vormlose patrone
Met stylvolle stand

Elke beweging gelaai met sin
Een oogknip te lank
Geen sin meer

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Benign racism - volgens Simon

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Simon van der Schans wrote in message

> As "apartheid" 'n gebou is wat bestaan uit 'n fondament en strukture wat
> daarop gebou is, dan het ek net so min beweer dat iets (wat dit ookal mag
> wees) die gevolg is van die Wet op Bevolkingsregistrasie, as wat 'n gebou
> die gevolg is van sy fondament.

Ek wonder of jy weet wat jy _wel_beweer het?

> .................................
>>
>> b. As "apartheid" gebou is op die wet op bevolkingsregistrasie, beteken
>> dit dat enige wet op bevolkingsregistrasie sal lei tot "apartheid" as dit
>> etniese verskille omskryf?
> ..................................
> Miskien ja - veral as die oorgrote meerderheid van persone wat deur die
> wetgewing geraak word geen seggenskap gehad het by die maak daarvan nie.

Sou dit 'n verskil maak as hulle wel seggenskap gehad het?

> niemand sal met jou stry as jy sê dat daar rassisme / rasse-diskriminasie
> oral in die wêreld voorkom nie. Alhoewel rassisme 'n belangrike element
> van "apartheid" is is "apartheid" meer as net rassisme.

In watter opsigte is dit meer as 'net' rassisme? (En moenie nou soos
Gloudina skroomvallig raak en in algemene skeltaal verval nie, verduidelik
asseblief!)

> Gloudina het jou
> uitgeskel as 'n apartheidsvark (nie 'n rassis nie) en jy wil vir ons vertel
> dat
> jy naarstiglik soek na wat sy met "apartheid" bedoel. Dit lyk egter vir my
> of jy nie regtig wil weet wat sy daarmee bedoel nie, Dis hoekom sy vir jou
> die storietjie vertel het
> van haar oupa op die stoel - there are none
> so blind as those who do not want to see.

My liewe Simon. Of jy dink dat ek regtig wil weet wat Gloudina bedoel, is
heel irrelevant. Want jy is nie die een wat beskuldig staan nie.

Soos jy miskien behoort te weet, staan ek hier beskuldig van 'n sogenaamde
'crime against humanity'. Geen triviale sakie nie.

Soos jy ook behoort te weet, erken beskaafde gemeenskappe (insluitende
beskaafde elemente van die Kanadese gemeenskap, soos sy grondwet,
byvoorbeeld) dat ek 'n bepaalde reg het in hierdie situasie: Ek het die reg
daarop dat die beskuldiging teen my uiteengesit word in voldoende
besonderhede dat ek die daad/dade kan identifiseer waarvan ek beskuldig
word.

Gloudina vermy konsekwent my pogings om te bepaal presies wat dit is waarvan
sy my beskuldig. Daarmee ontneem sy my die vermoë om my teen haar
beskuldigings te verdedig.

Dit, sal jy saamstem, Simon, sou deur beskaafde mense beskou word as 'n
skending van my regte.

Nou: Wanneer Gloudina _wel_ so ver gekom het om haar beskuldiging behoorlik
uiteen te sit, kan ek daarmee maak wat ek wil. Ek kan dit ignoreer, ek kan
my daarteen verdedig, of ek kan dit toonset vir die volgende CD van die
Naaimasjiene. Maar dit het met jou geen snars te make nie.

> My poging hier is maar net om die
> konsep van "apartheid", soos ek glo meeste mense (ook Gloudina) dit
> verstaan,
> 'n bietjie te analiseer.

Weereens. Hoe _jy_ dit verstaan is bloot irrelevant. Ek is die een wat
beskuldig staan. Ek is die een wat die reg het om te weet wat dit is waarvan
ek beskuldig staan.

(Maar ek is wel ge-interesserd om te weet hoe jy dit verstaan.)

>>
>> Insgelyks: Die regering van die NSA vereis van my werkgewer (soos bepaal
>> deur hul nuwe arbeidswetgewing) om aan die regering te rapporteer wat my
>> geslag en ras is.
> ..........................................
> Hierdie is 'n vorm van rassisme of, as jy 'n bietjie meer eufemisties wil
> wees, rasse-diskriminasie. Maar dis nog nie "apartheid" nie.

Goed: Wat is die verskil tussen 'rassime'/'rassediskriminasie' en
'apartheid'?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Persepsies en "waarheid"

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Robbert skryf:
> bedankt voor je bijdrage. Ik herrinerde me bij lezing van de artikelen, dat deze
> informatie ook al in de Nederlandse pers verschenen is, ook in 1997. Maar ik was
> ze al weer vergeten, omdat deze informatie niet strookt met mijn beeld van de
> Zweden. Ons brein is maar een raar ding. Oke, mijn brein is maar een raar
> ding.

Joune, ja. Maar ons almal s'n werk so.

Deel van my werk is om hierdie verskynsel vir mense te demonstreer dat ons
letterlik slegs _dit_ waarneem wat ons verwag om waar te neem (waarby
ingesluit is, wat ons graag wil waarneem om watter rede ookal).

En dankie dat jy bereid was om dit ook hier te demonstreer :-)

Want dit demonstreer ook dat almal wat "apartheid" "apartheid" skreeu nie
noodwendig weet waarvan hulle praat nie.

>
> Wat misschien interressant is om af te vragen is wat de basis is van de ideeën
> van de uitvoerders van deze sterilisatieprogramma's, los van de financiële
> overwegingen in een welvaartstaat.
>
> Ooit waren dit soort opvattingen gemeengoed. Waar waren ze op gebaseerd? Die
> eigenlijke opvattingen zijn verdwenen, maar is de filosofie waarop ze gebaseerd
> zijn ook verdwenen?
>
> Dat is mijn nieuwe vraag, Leendert?
>

Ek dink dat die filosofie waarop dit gebaseer is wel besig is om te verdwyn,
in sommige opsigte.

Ek het elders oor verwante sake geskryf. Miskien kry ek oor 'n ruk kans om
'n gesprek daaroor aan te knoop.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Skepping van die duiwel

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Gloudina spartel om die issue te vermy:

> Wat Leendert probeer doen, is om
> "apartheid" as 'n intellektuele
> konsep ad infinitum en ad nauseam
> te analiseer,

Geensins nie. Ek wil net weet wat dit is waarvan jy my beskuldig.

Daarna kan ek daarmee maak wat ek wil.

> en dan te hoop dat
> op een of ander mirakele manier, die
> apartheidsvarke se hande skielik skoon
> sal wees.

Ek het geen taak om die hande van enige varke te reinig nie. Ook nie joune
nie.

Ek bepaal my by my eie hande.

Maar dit werk nie so nie.
> Soos wat Simon hierbo sê: apartheid
> was meer as net bloot rassisme. Dit
> was 'n skepping van die duiwel in die
> maatskappy van SA.

Ai, Gloudina! Watter insiggewende beskrywing: "'n skepping van die duiwel".
Nou weet almal presies wat dit is wat jy bedoel! (NOT!!!!!!)

En dit het soms
> onverwagte sosiale gevolge gehad.
> Apartheid in Bantoe-Onderwys sou
> intellektueel voorsien het dat die
> witmense ophou vir swart kinders
> skoolhou. Wat egter werklik gebeur
> het (ek was daar, ek het dit beleef)
> was dat daar 'n groot influks was
> van Afrikaanse wit mense in die swart
> skole. Almal daar om te probeer promosie
> kry na prinsipaal êrens in 'n swart
> skool. Daar het ek die vieslike gedrag
> gesien van hoe wit Afrikaneronderwysers,
> almal blykbaar Broederbonders, teen
> mekaar veg oor wie prinsipaal gaan word
> op die volgende swart skool op 'n sending-
> stasie waar die regering die sendelinge
> uitgestoot het.

Ek lei dus af hierdie poste was baie aantrekklike poste, nie waar nie?

Dit, my vriend, was
> apartheid. Dit my vriend, was apartheids-
> varke.

Nou goed, Gloudina, as _dit_ apartheid was: Jy beweer dat swart onderwys 'n
lekker plek vir witvelle was ("apartheidsvarke", soos jy beweer ek is), en
dat hulle dit uitgebuit het vir eie gewin:

a) Hoeveel (in absolute terme sowel as persentasiegewys) swart onderwysers,
skoolhoofde, inspekteurs, en senior amptenare was daar in swart onderwys in
1948, en hoeveel was daar in 1994?
b) Wat was die salarisverhouding tussen 'n wit onderwyser en 'n swart
onderwyser met dieselfde kwalifikasies in 1948, en wat was dit in 1994?
c) Watter persentasie swart onderwysers was vroue in 1948, en wat was die
persentasie in 1994?
d) Wat was die gemiddelde kwalifikasies van swart onderwysers in 1948, en
wat was dit in 1994?
e) Jy was mos daar; jy het dit mos gesien. So gee sommer die syfers vir
1960, 1970 en 1980 ook t.o.v. die bogenoemde.

(Ek het jou min of meer hierdie vrae al tevore gevra - sonder reaksie van
jou kant af.)

> Somtyds het dit niks met die
> intellektuele konsep "apartheid" te doen gehad nie."

Jy sê dus daar was, benewens "die intellektuele konsep" van "apartheid" ook
ander konsepte van "apartheid"?

Wat sou hulle wees?

Vriendelike groete, Leendert

Geloof & kerksake | 2 kommentare

Vriende van Suidwes/Namibia

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Ek is in die proses om 'n databasis met name en Email adresse van Namibiers
en Oud Suidwesters/Namibiers op te stel. Die doel van die databasis is om ou
vriende in staat te stel om weer kontak te maak. Indien jy in Namibia woon
of gewoon het op een of ander stadium en lus voel om 'n kopie van die
databasis te ontvang, Email my asb. Die databasis sal SLEGS aan persone wat
self gelys is beskikbaar gemaak word. Die diens is gratis.

Groete
Dave

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1245  1246  1247  1248  1249  1250  1251  1252  1253  1254  1255  1256  1257  1258  1259  1260    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 16:26:52 UTC 2025