Torreke, hoekom het jy so van die toneel af verdwyn.
Dit lyk of jy dink dat jy Survivor 1 verloor het, en toe
die aftog moes blaas. Maar jou wiskunde was heeltemal
foutief. Van die tien mense wat jy gevra het om te stem,
het net twee van hulle laat hoor. Katryn het uit beginsel
vir jou gesê dat sy liewer by die stemmery wil uitsit.
Die enigste ander persoon wat van hom laat hoor het,
was Dave. Eers het dit gelyk of hy vierkant agter jou
is, maar toe hy sien dat min ander van hulle laat hoor,
het hy begin om sy mantel na die wind te draai en jou
eintlik op 'n bedekte manier aangeval, eintlik vir jou
met die mes in die rug gesteek. Miskien ly hy aan
'n slegte gewete, want ek merk dat hy ook vir homself
van die nuusgroep verwyder het.
So, jy het nie Survivor 1 verloor nie. Kom terug
na die nuusgroep. Ek beloof jou ek sal vir jou vir 'n
beperkte rukkie alleen laat. Ek mis veral jou liedere-
talent. Kom sing weer vir ons.
Tant Hessie van Beaconsbaai
Dis die jaar 1961. Vyftien jaar voor die intefada in Soweto.
Een oggend, 'n rukkie voordat ons 'n personeelvergadering
sou hê, roep Jaap Strydom vir my in sy kantoor in. Hy sê,
met geen glimlag op sy gesig, dat hy daardie dag gaan
aankondig dat twee van die vakke in Junior Sertifikaat in
die medium van Afrikaans sou onderrig word, en
dat hy nie wil hê dat ek enigiets daaroor moet sê in die
personeelvergadering nie. Ek was so geskok dat ek net
stil opgestaan het en die kantoor verlaat het.
Later, toe Jaap die aankondiging doen in die
vergadering, toe sit ek langs die ouerige baie oulike
Engelse onderwyseres ( wat vlot Afrikaans kon praat).
Ek sien hoe sy skielik regop sit, hoe sy byt op haar
lippe. Ek waag dit nie om na die swart onderwysers
te kyk nie. Maar ek sien dat selfs die ander wit
onderwysers, meestal Afrikaans-sprekend, geskok
is oor die nuus. Ek huil nie maklik nie. Maar daardie
dag toe huil ek vir die eerste en enigste keer in 'n
personeelvergadering.
Aan die begin het ons aangeneem dat die
Departement van Bantoe-Onderwys hierdie beleid
aangekondig het en dat Jaap dit maar net sou moes
uitvoer. Eers later het ons uitgevind dat geen ander
skool in Natal dieselfde doen nie. Jaap het dit op sy
eie in die skool op Adams Mission ingevoer. Hy het
ook dadelik begin om handleidings te skryf vir wiskunde
en Sosiale Studies in Afrikaans, dit op die skool se
afrol masjien geproduseer, en dit teen 'n profyt aan
die studente verkoop.
Dis nou dieselfde Jaap Strydom waaroor
Max du Preez in "Pale Native" skryf dat hy wat Jaap
was vir hom wou oorhaal om te help met die produksie
van 'n studenteblad om in Soweto te versprei. Max,
wat eers gedink het Jaap is 'n oulike ou, het gou
uitgevind dat hy 'n gat in die kop gepraat sou word,
en het besluit om niks met die saak te doen te hê
nie. Max vertel dat hy later uitgevind het dat Jaap sy
finansering gevind het by die "notorious Department
of Information."
Dis nou dieselfde Jaap Strydom, teen 1976
die administreerder van Bantoe Onderwys in Soweto,
wie se seun nog deur die apartheidsregime skuldig
bevind is van die verduistering van 'n miljoen rand,
wat sy firma betaal is om posters te vervaardig om
in Bantoe skole opgehang te word om die regering
in 'n goeie lig te stel. Min van daardie posters het
glo ooit by die skole uitgekom.
Dis dieselfde Jaap Strydom wat met sy
beleid van vakke in Afrikaans te onderrig, myns
insiens die intefada in Soweto veroorsaak het.
Dis dieselfde Jaap Strydom wat 'n getuie
gedurende die Waarheid en Rekonsiliasie Kommissie
as "the one armed bandit" van Bantoe-Onderwys
in Soweto beskryf het, as gevolg van sy boelie-
taktieke.
Wat het Jaap Strydom nou daarby gebaat.
Hy is 'n ruk gelede oorlede aan kanker. ( Hy was
jonger as ek.) Maar sy naam leef voort in die annales
van die internet met 'n groot swart klad daarop.
Strydom oor swart skole: Ontwrigting met stappe gekeer Van Ons
Politieke Redaksie PRETORIA. - Die noodregulasies wat gister
uitgevaardig is om ontwrigting by swart skole te verhinder het net die
bevordering van die onderwys en die bevordering van die belange van
leerlinge en ouers ten doel. Só het mnr. Jaap Strydom, waarnemende
Direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding, gister in 'n verklaring
gesê. Sy versekering volg nadat bykomende regulasies ingevolge die
noodtoestand gister uitgevaardig is om intimidasie en politieke
optrede by swart skole aan bande te lê. Ingevolge die nuwe regulasies
word wye magte aan die Direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding
verleen om bevele uit te vaardig rakende swart skole. Hy kan onder
meer 'n verbod plaas op sekere bedrywighede soos optogte, op die
teenwoordigheid by skole van bepaalde mense en op die verspreiding van
publikasies soos pamflette en ander geskrifte by skole. Hy verkry ook
die gesag om 'n verbod te plaas op die aanbied van sekere leerplanne
en programme by skole wat nie ingevolge die Onderwyswet goedgekeur is
nie. Dié regulasie is klaarblyklik gemik teen die sogenaamde stelsel
van ``people's education''. BESKERMING Die Direkteur-generaal kan ook
die vertoon van wapens en embleme van sekere organisasies by swart
skole verbied, asook die dra van kledingstukke waarop afdrukke van die
wapens, embleme of ander kentekens verskyn. Mnr. Strydom het gister in
'n verklaring in Pretoria gesê dit is die goeie reg van elke ouer om
aanspraak te maak op ononderbroke, betekenisvolle onderwys vir sy
kind. So is dit die leerling se reg om beskerming te geniet terwyl hy
die beskikbare onderwysgeleenthede benut. ``As beroepsopvoeder gee ek
graag die versekering dat enige bevel wat in die toekoms ingevolge die
noodregulasies uitgereik kan word, net die bevordering van die
onderwys ten doel sal hê en in die regstreekse belang van die
leerlinge en ouers sal wees,'' het mnr. Strydom gesê.
Dis 1960 en ek is op pad na Durban na die winterskool-
vakansie. Ek moes in Bloemfontein oorlê. Daar stel 'n
enorme vet Afrikaanse vrou, met 'n maer klein man en
'n taamlike vet kind, hulle aan my voor en omdat ek
uit beginsel nie mense wil ontwyk wat byvoorbeeld
baie vet is nie ( my ma en pa het my so grootgemaak)
het ek maar die tyd op Bloemfontein se stasie met
hulle deurgebring. Die vet vrou was gefassineer met
my verhaal dat ek in 'n swart skool skoolhou nie verder
as dertig myl van Durban af nie, op 'n plek waarvan sy
nog nooit gehoor het nie.
Nou dis 1960. Vroeér daardie jaar is 'n hele klomp
mense in die rug by Sharpeville doodgeskiet. Oral in die
land is daar opstandige roeringe. Dis die tyd toe Poqo
en die ANC se militêre arm begin opereer. Die atmosfeer
by die skool op Adams Mission is ongemaklik. Die
klomp Afrikaners wat ingestroom het toe Bantoe-
Onderwys die skool oorgeneem het, is ongemaklik.
Die swart onderwysers in die hoërskool se oë is
versluier as daar oor die gebeure gepraat het. ( Ek
merk egter ook op dat hulle uit hulle pad gaan om
vir my gemaklik te laat voel.)
Na 'n paar weke is daar optogte in Durban.
By die manshostelle suid van Durban is daar 'n
opstand, en die weermag word ingeroep. Twee van
ons onderwysers, Afrikaans-sprekend, vroeër van
Transvaal, word opgeroep om wapens op te neem
omdat hulle lede is van die siviele mag. Hulle word
gestuur na die manskoshuise om dit te bewaak.
Sommige van die studente by ons skool besluit
om huis toe te gaan. My klas kom na my toe en
vra dat ek vir Jaap Strydom moet gaan sê dat hulle
nie iets slegs probeer doen nie, maar dat hulle vrees
vir hulle lewens en liewer huis toe wil gaan. Jaap
Strydom sê ek moet vir hulle sê dat die skool hulle
sal beskerm. Ek vertel dit vir die kinders.
Op Adams Mission is ons nou afgesny van
kontak met Durban, omdat die soldate 'n versperring
op die hoofweg tussen Durban of Amanzimtoti het.
Ons begin voel "under siege." En in die middel van
alles, wie arriveer op Adams Mission in al haar glorie?
Die verskriklike groot vet vrou en haar klein mannetjie
en hulle seun. Ek weet nie wat het haar besiel om
op daardie tydstip vir my te kom kuier nie. Ek het
nie eens geweet dat sy my naam sou onthou nie.
Hulle moes 'n groot ompad gery het om by Adams
uit te kom. Sy was seker bekommerd oor my.
Maar ek kan nog Jaap Strydom se oë onthou toe
hy my vra of die vrou en haar man my gekry het.
Dis asof Jaap skielik begin wonder het of hy my
werklik ken. Hy het duidelik nooit verwag dat ek
so 'n verskriklike groot vet vrou in my vriendekring
sou toelaat nie.
Gaan kyk hoe lyk die witmense nadat hulle aangeval is. Kom terug SA toe en
kom lewe in die land waarvoor jy so lank baklei het Jy sal nie want jy sit
met jou dik gat daar agter jou rekenaar in veilige Kanada en sien presies
dit wat ek en ander dmv Internet links na jou toe stuur, maar jy en jou
soort is te kak sleg om te erken dit waarvoor julle gewerk het, het in julle
gesigte ontplof.
Vra maar vir ou pienk Frikkie, die pateet is deesdae meer land uit as hier.
Seker bang Sipho gee vir hom dieselfde medisyne as wat hulle vir sy eks vrou
gegee het.
En natuurlik vra jouself ook sommer af waar is die afgelope 18 maande se
fotos van wit op swart haat misdrywe. Julle argument is mos dat die tronke
so baie swartes in het want daar is so baie van hulle, nou hoekom werk die
argument nie hier ook so nie. SUCKERS !
Riaan was vir 'n paar maande lank redelik stil (en soet) op die NG. Dink dit
het weer tyd geword om die libbies weer so bietjie te roer.
Na die verkiesing van 1948 was daar geen twyfel
daaraan dat enigiemand wat enigsins in aanmerking
wou kom vir magsposisies, aan die Broederbond moes
behoort nie. Aan die begin het die ding nog ietwat gewerk
soos dit seker be-oog is, want daar was heelwat
Smelters in magsposisies en ook Engelse wat nie aan
die Broederbond behoort het nie, en dit het tyd geneem
om van hulle ontslae te raak. Die studente by die
Universiteit van Stellenbosch was bewus van die
stryd onder die professore tussen die wat Broederbonders
was en dié wat teen die Broederbonders was. ( Almal
van hulle was Afrikaners, maar nie almal Broederbonders
nie. Die stryd het meestal gegaan oor wie bevorder sou
word en wie nuut aangestel sou word. Maar daar was
ook duidelik gevegte oor wat in die sillabus van sekere
Geskiedenis-vakke aangebied sou word.)
Die grap het eers begin in die jare daarna,
toe die tweede geslag van Broederbond-bevoordeeldes
met die mag in hulle hande gesit het. Toe was daar
kompetisie ( onder mense wat aan die Broederbond
behoort) om te sien watter poste jy kan kry deur
"iemand te ken." So het ek gesien dat by die
vorige Adams College, wat nou Amanzimtoti
Training and High School geheet het, die man wat
eintlik die hoof moes word (nadat die vorige hoof,
deur almal gesien as aangestel omdat hy die
Verwoerd-kinders gebabysit het, die pos verlaat
het vir 'n aanstelling aan 'n Universiteit) oor die
hoof gesien is en die 29 jarige Jaap Strydom
aangestel is, bloot omdat sy vrou die dogter was
van iemand hoër op in die Departement van
Bantoe-Onderwys. Ek kan nou nog die kyk in
die oë van die vrou van Bonus Willemse sien,
toe sy hoor dat haar man, met baie jare van
onderwys in swart skole, en baie meer akademiese
kwalifikasies as Jaap Strydon, oor die hoof gesien
is.
'n Ander geval van wat met jou gebeur het,
selfs al was jy lid van die Broederbond maar jy
het nie die "regte" mense geken nie, het ek eers
hier in Kanada 'n paar jaar gelede uitgevind. Dis
toe 'n besoeker ons vertel dat sy en haar man
na hulle in Stellenbosch klaargemaak het, na
die Transkei gegaan het en in swart skole begin
skoolhou het. ( Sy was die dogter van 'n witman
wat nog voor 1948 aangestel is om die swartes
van die Transkei in die wit parlement te verteen-
woordig, en hulle het seker aangeneem dat haar
pa se stand die pad vir hulle maklik sou maak.)
Sy het egter bitter vertel hoe hulle altyd in
kleinerige skole aangestel is, en nooit, as hulle
aansoek doen, in die groter skole in die groter
dorpe plek kon kry nie. Want hierdie posisies is
altyd volgemaak deur vriende van die persoon
aan die hoof van die Transkeise Skoolsisteem,
gewoonlik mense uit Transvaal, wat vantevore
in blanke skole was en nou aansoek gedoen
het vir vise-prinsipale en prinsipale.
Ek neem aan, sover baantjies vir boeties
ook in die huidige SA sisteem woed, mens
dieselfde verskynsel sou kry. Maar dit was
veral giftig in die apartheidsjare, toe die mag
en die magsposisies hoofsaaklik in die hande
van omtrent drie miljoen Afrikaners beland het.
'n Rukkie gelede het ek daarop gewys dat, toe die
Nasionaliste in 1948 aan bewind gekom het met 'n
baie klein meerderheid, die pa's van drie meisies
in my koshuis, Huis-de-Villiers, kabinetslede geword
het in Malan se eerste kabinet. Twee van daardie
drie was niggies van mekaar. Ek het eers later onthou
dat ek die vierde meisie vergeet het. Dit was Ina
Dönges, die dogter van die Minister van Finansies.
Natuurlik was al vier daardie pa's seker lede van die
Broederbond wat, soos Riaan seker ook sal weet,
sy ysterhand gebruik het om "sy mense" in alle
posisies van mag te kry. Ek kan baie stories oor
die mag van die Broederbond vertel. Hoe, of jy aan
die Broederbond behoort, gedetermineer het of jy
'n prinsipaalspos of nie gekry het in swart skole
al dan nie.
Toe my man en ek vir die tweede keer SA
verlaat het in 1968 en na 'n reisagentskap gaan,
toe vind ons tot ons verbasing uit dat een van
daardie vier in die agentskap werk. Sy was baie
bly om ons te sien en het ons uitgenooi vir ete.
Sy vertel ons toe dat sy onlangs geskei is, omdat
haar man haar fisiek mishandel het. Sy vertel ons
toe dat, omdat haar pa en oom ministers was,
'n spesiale regter 'n nag-sessie gehou het om
haar egskeiding te finaliseer, sodat die pers nie
daarvan kon hoor en slegte dinge op die lappe
kom nie.
Gloudina
VIENNA - Fifa President Sepp Blatter admits he has a Plan B organised
should South Africa be unable to host the 2010 World Cup - but it will
only be used if a disaster makes holding the tournament impossible
there.
Blatter gave a press conference before yesterday's Euro 2008 final
between Germany and Spain here at Vienna's Ernst Happel Stadium and
said the tournament would only be taken away from South Africa in dire
circumstances.
"I would be quite negligent as president if I did not have a Plan B
tucked away at the back of a drawer," said Blatter.
"But only a natural disaster would make it active," he added pushing
aside doubts over security and possible delays over construction of
the stadiums.
Safety is a major concern for the tournament in South Africa where
there are dozens of murders every day. And a recent wave of violence
against foreigners there has done nothing to ease fears.
Fifa will give 150,000 free World Cup tickets to South African
football fans, with unemployment running at 40%.
But next year's Confederations Cup, from June 14-28 2009, will be a
big test for South Africa in the traditional warm-up before the World
Cup is held there a year later.
"If we had to activate the Plan B, we would do it after the
Confederations Cup," said Blatter.
He added the cup will be used by Fifa to test the idea of using six
officials at each game, including a referee assigned to each penalty
area to help control the game.
"It would be interesting on a psychological level, because the players
would know they are being observed in the penalty area," said Blatter.
"We will test this idea next year."
But Blatter batted off any suggestions of a video referee to give his
verdict on key situations in a game, or the idea of having a
micro-chip to confirm whether a goal had been scored, saying the ideas
had been "suspended".
2.
Vandag se misdaad-statistiek:
Business robberies are up almost 50 percent (from 6 689 to 9862
cases); house robberies are up 13,5 percent (from 12 761 to 14 481);
car hijackings are up 4,4 percent (from 13 599 to 14 201 cases) and
truck hijackings have spiked 39,6 percent.
The increases in these subcategories are of an "extreme concern",
police said.
On Monday morning it was revealed that murder was down 4,7 percent and
robbery aggravating had declined 7,4 percent.
It was also noted that 66 percent of robbery aggravating consisted of
street or public robberies, while house robberies made up 12,2
percent.
Alleen moes sy in stikdonker toilet kraam
Jun 27 2008 09:59:06:863PM - (SA)
Antoinette Pienaar
Sy het stoksielalleen en bewend van die koue in 'n stikdonker toilet
van 'n staatshospitaal geboorte gegee aan haar dooie baba.
Ná 'n halfuur se vergeefse geroep na verpleegsters het sy haar vriend
op sy selfoon gebel om haar te kom help.
Só vertel me. Hannie Venter (25) van Rustenburg in Noordwes oor haar
nagmerrie-ondervinding in 'n kraamsaal van dié stad se provinsiale
hospitaal.
Venter het 'n paar dae tevore uitgevind haar baba, waarmee sy agt
maande swanger was, is in haar baarmoeder dood.
 'n Ginekoloog in 'n private hospitaal sou 'n keisersnee doen, maar
ons het op die nippertjie uitgevind die mediese fonds betaal nie
(daarvoor nie).
ÂOp 11 Junie is ons na die provinsiale hospitaal waar 'n dokter gesê
het ek moet elke vier ure 'n induksiepil kry. Die verpleegsters het
dit egter elke ses ure toegedien.
ÂDaar lê en wag ek toe tussen al die ma's wie se babatjies se harte
nog geklop het.
ÂTeen 22:00 het ek aan die verpleegsters gesê die kraampyne begin
erger raak. Hulle het onderneem om terug te kom.Â
Venter is later toilet toe. Op pad het sy glo gesien hoe een van die
verpleegsters, wat veronderstel was om haar te monitor, op 'n bed sit
en klets met 'n ander pasiënt.
ÂToe ek wou opstaan van die toilet, het ek gevoel die baba kom uit.
ÂDie lig in die badkamer was stukkend. Ek het net die liggie van my
selfoon gehad om te sien.
ÂEk het geroep en geroep, maar niemand het gekom nie. Ná wat soos 'n
ewigheid gevoel het, het ek my vriend op sy selfoon gebel by die huis
waar hy na my ander kind omgesien het.Â
Mnr. Willem van der Westhuizen het hospitaal toe gejaag. Daar het
verpleegsters volgehou Venter is in haar bed, totdat hy hulle
gekonfronteer het oor die oproep uit die toilet.
Venter sê sy kon waar sy huilend in die stikdonker toilet gesit het,
hoor hoe hy met die verpleegsters praat. ÂToe ek by haar kom, het sy
steeds daar gesit, met die dooie baba nog aan die naelstring in die
toilet. Dit was nie 'n mooi gesig nie.Â
Venter is terug na die saal geneem waar 'n dokter die plasenta
verwyder het. Die dokter het opdrag gegee verpleegsters moes Venter
was, maar hulle is vort sonder om dit te doen.
Toe sy later met haar bebloede lyf na 'n ander saal oorgeplaas is, het
Venter glo gesien hoe 'n paar verpleegsters lê en slaap, toegegooi op
stoele wat teen mekaar geskuif is.
In die ander saal het 'n man glo poedelnakend, met net 'n drup in sy
arm, rondgeloop.
Die volgende oggend moes sy glo weer haar vriend bel om haar te kom
was.
Dr. Andrew Robinson, waarnemende hoof van die
Noordwes-gesondheidsowerheid, het gesê dié soort behandeling word nie
as aanvaarbaar beskou deur die departement nie. Die saak word glo
ondersoek.