Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Uit die Burger - 30 Desember 1986
Uit die Burger - 30 Desember 1986 [boodskap #118041] Di, 01 Julie 2008 17:24
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Strydom oor swart skole: Ontwrigting met stappe gekeer Van Ons
Politieke Redaksie PRETORIA. - Die noodregulasies wat gister
uitgevaardig is om ontwrigting by swart skole te verhinder het net die
bevordering van die onderwys en die bevordering van die belange van
leerlinge en ouers ten doel. Só het mnr. Jaap Strydom, waarnemende
Direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding, gister in 'n verklaring
gesê. Sy versekering volg nadat bykomende regulasies ingevolge die
noodtoestand gister uitgevaardig is om intimidasie en politieke
optrede by swart skole aan bande te lê. Ingevolge die nuwe regulasies
word wye magte aan die Direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding
verleen om bevele uit te vaardig rakende swart skole. Hy kan onder
meer 'n verbod plaas op sekere bedrywighede soos optogte, op die
teenwoordigheid by skole van bepaalde mense en op die verspreiding van
publikasies soos pamflette en ander geskrifte by skole. Hy verkry ook
die gesag om 'n verbod te plaas op die aanbied van sekere leerplanne
en programme by skole wat nie ingevolge die Onderwyswet goedgekeur is
nie. Dié regulasie is klaarblyklik gemik teen die sogenaamde stelsel
van ``people's education''. BESKERMING Die Direkteur-generaal kan ook
die vertoon van wapens en embleme van sekere organisasies by swart
skole verbied, asook die dra van kledingstukke waarop afdrukke van die
wapens, embleme of ander kentekens verskyn. Mnr. Strydom het gister in
'n verklaring in Pretoria gesê dit is die goeie reg van elke ouer om
aanspraak te maak op ononderbroke, betekenisvolle onderwys vir sy
kind. So is dit die leerling se reg om beskerming te geniet terwyl hy
die beskikbare onderwysgeleenthede benut. ``As beroepsopvoeder gee ek
graag die versekering dat enige bevel wat in die toekoms ingevolge die
noodregulasies uitgereik kan word, net die bevordering van die
onderwys ten doel sal hê en in die regstreekse belang van die
leerlinge en ouers sal wees,'' het mnr. Strydom gesê.
Vorige onderwerp: Uit Beeld - vergiffenis vra
Volgende onderwerp: So wie is Raymond Suttner?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 21:57:32 MGT 2024