Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: 'n Amerikaner en vryheid

Di., 01 Junie 1999 00:00

> "nomad"

> Ek wonder of dit moontlik is om tergelykertyd, tongue-in-the-cheek en
> sigaar-in-die-mond te wees?....8>)
>

Dis seker nou duidelik en verstaanbaar dat ek nie veel ooghare het vir O'Rourke
nie. Jou opmerking (quip) hierbo was snaaks en het my laat glimlag.
Inderwaarheid is dit snaakser (in my opinie) as O'Rourke se probeerslae.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kuber-skisofrene kom uit die kas

Di., 01 Junie 1999 00:00

Romeine, Suid-Afrikaners, Afrikaners, Cape-Dutch, Boere, Afro-Ossies, Kiwis
("all beak and arse"), wie ookal....

Ek dink dit sal baie help as al die johanne, plotters, nomades, knaagdiere
en ander skisofrene nou eens en vir altyd se wie hulle is. Gloudina dryf my
die mure uit met al haar (sy?) Kuber-McCarthyisme. DIT raak nou regitg
vervelig.

As ek nog een pos sien met iets oor minnesota, kalkoene, vere, mere,
minnehaha(?) holomisa of iets dergeliks gaan ek regtig braak, of kots na
gelang van my bui.

Ek stel voor dat almal wat "beskuldig" staan se wie hulle is. (In soveel
detail moontlik en sinvol oor die net.)

Antwoord hierdie pos. (In enige flippin taal wat ons kan lees.)

Bees. AAA-bees, enig in sy soort.

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Gansbaai se Kroeg.

Di., 01 Junie 1999 00:00

Gansbaai is 'n vissersgemeenskap naby Hermanus. 'n Aantal jare terug
was die hotel op Gansbaai berug vir sy woeste kroeggevegte.Die aanloop
was gewoonlik iets soos die volgende:

'n Persoon stap die kroeg binne, groet beleefd en bestel iets te
drinke. Vra selfs uit oor wat die weer gaan maak, en of die vis loop.
Kort voor lank vra iemand uit die bloute, "Wie se moer sê jy?".

Nou sit ons vriend met 'n helse dilemma, want wat hy ook al antwoord,
gaan uitloop op 'n geveg. (Selfs as hy sê hy het dit nie gesê nie, maak
hy die vrasteller tot leuenaar.) Hy het dus een van twee keuses - óf hy
baklei saam, óf hy stap uit.

Cheers, en mag die voorspoed julle verveel.

Henri

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gansbaai se Kroeg.

Di., 01 Junie 1999 00:00

Gansbaai is 'n vissersgemeenskap naby Hermanus. 'n Aantal jare terug
was die hotel op Gansbaai berug vir sy woeste kroeggevegte.Die aanloop
was gewoonlik iets soos die volgende:

'n Persoon stap die kroeg binne, groet beleefd en bestel iets te
drinke. Vra selfs uit oor wat die weer gaan maak, en of die vis loop.
Kort voor lank vra iemand uit die bloute, "Wie se moer sê jy?".

Nou sit ons vriend met 'n helse dilemma, want wat hy ook al antwoord,
gaan uitloop op 'n geveg. (Selfs as hy sê hy het dit nie gesê nie, maak
hy die vrasteller tot leuenaar.) Hy het dus een van twee keuses - óf hy
baklei saam, óf hy stap uit.

Cheers, en mag die voorspoed julle verveel.

Henri

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wie is Johan Sherlock-Holomisa? (aka Kakpraat-Gloudina)

Di., 01 Junie 1999 00:00

"Pijotter" writes:

dan is vryheid maar net 'n ilussie.

> wat ek probeer se het met dat vryheid gesteel is. Want deur 'n ander
> kultuur of mensgroep te onderdruk, breek die ilussie van vryheid af.

Johan, 'n lussie is iets wat aan 'n
skoen is, of in die nabyheid van 'n
knoop. Of wanneer jy deur jou bedmaat
van die hand gewys word, met 'n "ek is
nie lussie". Want jy is so bo-o-o-ring.

Sherlock-Holomisa

Wie is Johan? So ver soos wat ek weet is my geboorte name Pieter Jan
Groenewoud. Ek woon in Zwanenburg Nederland, ek werk in die IT besigheid
by KLM, my werk telefoonnommer is (023) 568 596 en die by die huis is (020)
407 1054. My internet e-mail is pijo...@hotmail.com en my werk e-mail is
pieter.g...@klm.nl

Ek dink nie jy is Sherlock-Holomisa nie ek dink dis meer so iets van
Kakpraat-Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: London World Cup A2 v B2 Cricket Tickets

Ma., 31 Mei 1999 00:00

Ek wonder of daar op hierdie nuusgroep mense is wat belang stel in krieket
maar die regte informasie kry julle op
http://www.lords.org/worldcup/index.htm
waar ook die kaartjies kan gekoop word. Daar is nog kaartjies (£60)vir die
wedstryd Suid-Afrika--New Zealand op 10/6 op Edgbaston (Birmingham)

Albie Basson heeft geschreven in bericht
...
> Your info is wrong.
> South Africa vs. Australia on 13 June
>
> On 4 June it is India vs. Australia
>
> That is according to cricinfo
>
> Ian wrote in message
> news:37525655.2EB6DF0F@neg.nildram.co.uk...
>> London World Cup A2 v B2 Cricket Tickets
>>
>> Super Six - B2 vs A2
>> South Africa vs Australia
>> Oval
>> Friday 4th June
>> 3 Tickets
>> 100 Sterling Pounds or more each
>>
>> Or will swap for B1 vs A3
>> Pakistan vs India
>> June 11th
>> Oval
>>
>> Please respond ASAP
>> or call +44 956 351 876
>>
>

Sport & ontspanning | 0 kommentare

"Mag dit behoue bly" deur Peter Blum

Ma., 31 Mei 1999 00:00

Uit "Wat die Hart van Vol is"
Peter Blum

Mag dit behoue bly

Mag dit behoue bly soos dit nou is!
Hierdie ou hoekie van die woonbuurt Tuine
met sy beskeie huisies agter heinings
van ragwerk-yster of 'n oleander,
met sy stoepies gelyk en uitgerus,
nes koffie-tannies - mag hier niks verander!

As ek terugkom wil ek jou bolig
nog as lanternglas om die gloeilamp waan,
en al die varsgeverfde hortjies dig,
waaragter liefde stil voltrek word saans.
Wat ook al buite dreig, hier is dit warm:
dof klink die buitewêreld se geraas -
niks ergers dan die koddige alarm
as die viskramer op sy beueltjie blaas.

Is julle gewaarsku? Het julle gehoor?
Slegs een keer het die tyd se stroom gestol
vir twee minnaars: 'n stad se vorm, helaas,
verander vinniger dan 'n mens se hart
wat ou posture kan vaslê.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Waar kan ek........?

Ma., 31 Mei 1999 00:00

Vinnige dagsê aan al die bekendes !!

Waar kan ek op die Internet, sonder on mense kwaad te maak, adverteer dat 'n
vriend van my sy Namib plaas wil verkoop ???? (Dit sluit ons ng dus uit)

Dis 'n 20 duisend hektaar skaapplaas, naby gelee aan heelwat toeriste
besienswaardighede en is self van so aard dat dit sonder veel moeite as
ekotoeristeoord of gasteplaas ontwikkel kan word.

Die ou vriend het aan die Internet gedink as wegspringplek - Duitsland, VSA,
miskien Engeland. Dis nou om die agente uit sny..........

Enige raad ??? URL's. ??

Nee Leendert, jou dierbare oom het nie die tydige met die ewige verwissel
nie. Hy handel net vinnig 'n projek af en sal daarna weer aandag gee aan
die ng. Intussen het dit nog jagtyd ook geword..................

Maar ek "watch" julle so van die kantlyn af.

Gegroet en fyntrap almal
Omie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

VERKIESING

Ma., 31 Mei 1999 00:00

Alle Suid-Afrikaners wat hulle in die buiteland bevind (het) op 2 Junie
kan gerus die volgende webtuiste besoek:
http://vote.iafrica.com/index.htm
Groetnis daar in die vreemde!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Hier Kom Kak...

Ma., 31 Mei 1999 00:00

squi...@echelon.alias.net (Squirrel) writes:

> Although sitting at a distance,

Ou papbroek, wat te bang is om
op die Engelse nuusgroep te pos.
Is jy 'n man, of 'n muis? En jy
beter skoert uit my stamland.
"Een kalkoen, een kolonis."

Minnehaha

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1208  1209  1210  1211  1212  1213  1214  1215  1216  1217  1218  1219  1220  1221  1222  1223    »]
Tyd nou: Sa. Mei 30 23:44:14 UTC 2026