Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Flaming .... brand

So., 13 Junie 1999 00:00

Ek sien die mense brand (flaming) mekaar maar lekker hier.
Gaan na rec.pyrotechnics en kyk hoe om mekaar op te blaas :-)

Groete
Tobie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Outspan" deur JOHAN MYBURG

Sa., 12 Junie 1999 00:00

OUTSPAN
Johan Myburg

Gister 'n brief
gehad van Bill.
Die somer was nat,
skryf hy, en guur.
London ruik plek-plek
nog net so suur
soos voorheen. "Niks
was soos jy jou sou
verbeel nie."
Breedvoerig brei hy
uit oor Maastricht
en die ekonomie.
Vanoggend luister
ek na die mars
uit Die liefde vir
drie lemoene, ruik
terstond die vars
sitrusreën in
die National Opera
en die London
van ons lemoenseisoen.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Nuwe Riaan

Sa., 12 Junie 1999 00:00

Welkom by ons (nuwe) Riaan, en ek hoop jou seuntjie sal OK wees, en dat dit
nie n blywende of ernstige ding sal wees nie.

Ek respekteer jou eerlikheid en nuwe mantel, en ja, ons kan lekker menings
wissel en stry solank ons nie die man self beledig of kritiseer nie, wel
net sy idees.

Pat

>
> Maar ek moet bysê, dat van vandag af ek elke persoon, ongeag ras of kleur
> sal aanvat op grond van wat hy/sy te sê het waarmee ek nie saamstem
> nie......maar ek sal probeer om dit nie persoonlik te maak nie.
>
>
> Groete
>
>
>
> Riaan
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe Virus - Pasop!

Sa., 12 Junie 1999 00:00

Wees op julle hoede - 'n nuwe virus is hard aan die werk - en hulle
probeer nog 'n oplossing wind. Enige email met "zip.doc.files.exe"
(weet nie of die volgorde reg is nie) moet onaangeraak gelos word.

So terloops, wie het die oorlog in Kosovo gewen? Lyk vir my so al of
NAVO net mooi die teenoorgestelde bereik het as wat hulle oorspronklike
doel was - en Milosevic, net soos Hussain, kraai nog steeds koning.

Groete
Royleen

Sent via Deja.com http://www.deja.com/
Share what you know. Learn what you don't.

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Soek Afrikaans programme vir skool

Sa., 12 Junie 1999 00:00

Hallo

Ek soek graag Afrikaanse programme wat ek by die skool
kan gebruik vir Afrikaans tweede taal onderig.

Laat my asb. weet as jy kan help.

Onnie

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

GRATIS AFRIKAANSE ADVERTENSIEBLAD

Sa., 12 Junie 1999 00:00

Indien jy gratis op die Net wil adverteer, gaan na:

http://www.ruil.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Fragment deur GERT VLOK NEL

Vr., 11 Junie 1999 00:00

Fragment uit " & nou &nou."
Gert Vlok Nel

ek het i foto van die aand in hillside
jy is i bruid
agter jou raak dit donker
gaste staan rond soos i ruiter-in-swart-boekie, versteen
hul asems maak wolkies op die aarde soos op die môre
van die agste dag
in die wolkies sê hulle
ons is lief

en op die agtergrond kom i trein soos i byl uit die nag.

Prosa & poësie | 2 kommentare

Belaglike wet en orde

Do., 10 Junie 1999 00:00

'n Jong skooldogter van Rustenburg is op pad na 'n kafee deur 'n man
verkrag. Sy het daarin geslaag om weg te kom na 'n ruk en 'n kortpad deur 'n
veld gevat. Daar is sy deur vier mans oorval wat haar toe weer verkrag het.

'n Vrou in 'n motor het die voorval gesien en met haar motor op die spul
afgejaag. In die proses is twee van die aanvallers erg beseer, 'n derde lig
beseer, en die vierde een het weggehardloop.

Grap van die saak is nou word die vrou aangekla van poging tot moord.

My vraag is dus wat moet 'n mens dan nou doen in so geval ?

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Uit "Mabalêl" deur EUGENE MARAIS

Do., 10 Junie 1999 00:00

Uit MABALEL
Eugene N. Marais

.........

Voor jou voete, Mabalêl,
Deur die westergloor verhel,
Waar jy onbedagsaam staar,
Sonder ooit gedagte van gevaar,
Uit die stroomweg stadig
Dryf 'n halfverdrinkte blaar.

Had jy spiere van 'n tier,
of die vlerke van 'n gier,
Meidjie, niks sou dit jou baat,
Want te lank het jy gewag - te laat!
Uit die spieëlvlak omhoog
Bars 'n skuimend' waterboog;
Oor Rakwena, kalm en breed,
Galm 'n enkel angsvolê kreet;
En dan saggies weer
Oor alles sak die stilte neer.

Winkend deur die skermmure
Helder blink die voornagvure.
Uit die donker stilte, skel,
Klink geroep na Mabalêl
En die rotse antwoord weer;
Maar terugkom sal sy..... nimmermeer.

Stadig deur die rietpensele
Naar die diepte sak Lalele.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Gelykenis" deur LEON STRYDOM

Wo., 09 Junie 1999 00:00

GELYKENIS
Leon Strydom

sononder die dorpie of gehug skoon sku in sig kom 'n stuk
of tien hom tegemoet met hul gebreke torsend in 'n wolk
van linnegoed uitgelate honde en muile wat hinnik-
end steier in die tuig van die distrik se eie werkvolk
met een voet in die graf die moederlose seun met 'n moordkuil
vir 'n hart die stommerik wat ander klanke
wil laat hoor en legio heel by sy verstand wat buig wat huil
en hulle werp hul op die stewel in die stiebeuel met mening en met mag
en smak met al wat brak is saam bedank god christus bedank
dat u wat in brokke en stukke is goed gaan maak vandag

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1202  1203  1204  1205  1206  1207  1208  1209  1210  1211  1212  1213  1214  1215  1216  1217    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 26 20:26:51 UTC 2026