Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: working abroad ?

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

On Mon, 9 Aug 1999 17:50:03 +0200, "subie" wrote:
|any South Africans living or working overseas can give me some advice on
|working abroad?
|

Doen jou huis werk - lees alles wt jy kan kry oor die land waarheen jy wil gaan
- kontak almal wat jy ken wt reeds in daardie land bly en vra hule uit oor wat
hulle daar geniet en wat hulle nie van hou nie - vra hulle oor lewenskoste.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe leser

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

Hallo daar.

My naam is Jo en ek kom van die Kaap en woon nou 2 jaar in Oostenryk. Ek het
nou 2 jaar geen Afrikaans gepraat of gelees nie so daar is seker baie foute
in my "mail" .
Kan iemand my die resep van Johan se aapkliersous stuur, ek het te laat
hierdie nuusgroep ontdek

Dankie Jo!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lekker om terug te wees

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

Gegroet alle luisteraars (of is dit lesenaars?)

Na my twee jaar omswerwinge in die VSA is ek weer terug in SA. Ek het vanaf
Februarie nie veel van die nuusgroepe gesien nie, maar het 'n week gelede
weer vir my 'n ISP aan geskaf. Groot was die plesier om so baie van die ou
bekendes nog steeds hier te sien (alhoewel Gloudina lyk of sy verdwyn het
soos ek uit een van die poste agterkom).

Een ding wat my opgeval het is dat daar omtrent geen russies meer tussen
mense hier is nie. Wat 'n verrassing :)

Om aan te sluit by die plasing oor sjokolades ens. Ek het glad nie van die
sjokolades in die VSA gehou nie. Ook chutney ens baie gemis. Met my terug
kom slag was ek glad nie teleur gestel met dit wat ek gemis het nie. Vir
die eerste 2 weke het ek, soos hulle sê, spreekwoordelik "uit gevark". Al
wat ek nou agterkom is dat ek sommige dinge van die VSA HIER mis :). 'n
Lekker Killians Red(Bier) sou nou darem heerlik afgaan. Of dalk 'n pakkie
BBQ Pork rinds (ja ja nou weet almal weer ek was in die suide tussen die
red-neck hehehe) So al wat ek nou eintlik will sê na die hele ou
langdraderige spul is dat mens ALTYD iets sal mis van die plekke wat jy
verlaat.

Groete

Neels

--
NaviTech cc
PO Box 31713
Totiusdal
0134

+27 82 375-1784

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Malelane

So., 08 Augustus 1999 00:00

Hello,

Is daar mense wat bly in Malelane?

Erik

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hallo

So., 08 Augustus 1999 00:00

Gaan hier nog iets aan?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

kyk asb. na my saait

So., 08 Augustus 1999 00:00

www.comc.co.za/vman/

Verskoon die spelfout op die eerste blad

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Joahn se aapkliersous

So., 08 Augustus 1999 00:00

Johan, jou sous (met wysigings) was heerlik! Ek het bygevoeg: teelepel Cajun
kruie en 'n paar druppels rissiesous - 'n bottel wat ons gekry het van
kennisse wat in Phoenix, Arizona was, met die welluidende naam "Whooping Ass
Hot Sauce" (skuus - dit staan regtig netso op die bottel.) Verder soos jy
hom beskryf het. Weet egter nie of ek dit ooit weer sal kan herhaal nie,
want daar was baie proe en dan bietjie meer van hierdie, dan van daardie,
tot hy op smaak was.

Weet iemand dalk waar kom die naam "monkeygland" sous vandaan? In Afrikaans
sien ek hulle praat prosaies van "kruierysous". Toe die kinders nog klein
was, het ek hulle geterg en gesê dit word van aapkliere gemaak.

Sterkte vir jou week.

Henry

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gloudina.

Sa., 07 Augustus 1999 00:00

Gloudina, waar is jy???

Ons het waarskynlik almal verskillende smaak - en dit maak die lewe lekker!
Sommige persone neem aanstoot oor sommige van jou bewerings, ander bly stil.

Ek gee nie om nie...ek geniet Afrikaanse digkuns, en mis jou plasings!

'Seblief plaas weer!!

Jan van Perth.--
{IBICF}
djle...@bigfoot.com
ICQ 21792471

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: ISLAM, A VERY SEVERE CANCER FOR HUMAN SOCIETY........can it be eradicated only by surgery?

So., 08 Augustus 1999 00:00

On Sat, 07 Aug 1999 12:29:23 -0800, DiscussionTime wrote:
|
|Is this a strong .......

Wat sou hierdie nou met ons nuusgroep te make hê?!?!

Henri, ek dog eers dis jy wat so yl - jy's die enigste ander ou wat
van remarq af pos, maar sien jou nie as iemand wat sakkm is vir wat hy
te sê het nie. So, jy's onskuldig, maar ek wonder waar val so 'n
knaap uit met so 'n heeltemaal onverwante tirade???? Wonder hoekom
pos hy dit nou juis hier by Afrikaans????

soos Garrison Keiller sê: "...and that's the news from Lake Woebegone, where the women are strong,
the men are good looking and the children are all about average...."

=|:^)

Johan

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Star of Bethlehem.

Vr., 06 Augustus 1999 00:00

Glaudina,
Die ster van Bethlehem is 'n woestyn plantjie en glad nie 'n tjienkeretjie
nie.
Jacqui
--
pro...@bigfoot.com
http://www.chello.nl/~a.daane/protea.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194    »]
Tyd nou: So. Mei 31 12:44:02 UTC 2026