Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ek graaf met my geadgtes - Totius

Wo., 11 Augustus 1999 00:00

Totius het baue jare gelede soos ons ook maar geworstel met die vrae wat ons
almal van tyd tot tyd teister:

Ek graaf met my gedagtes

Ek graaf met my gedagtes
in die geheimenis,
en soek of daar geen antwoord
op al my raaisels is.

Ek graaf nes in 'n sandhoop
met my: Waarom? en Hoe?
By elke nuwe poging,
dan val die plek weer toe.

Ek graaf; maar elke môre
begin my werk van voor;
ek graaf; maar as ek weg is,
skuif snags die sand daaroor.

"Helaas, die voorgeslagte
(so klink 'n stem in my)
het ook soos jy gegrawe,
maar daar't geen spoor gebly.

"Dus, hou maar op met grawe,
berusting is so soet;
net één ding te gelowe,
en dit is: God is goed!"

Prosa & poësie | 12 kommentare

Digkuns in beweging

Di., 10 Augustus 1999 00:00

Gister moes ek inderhaas New York toe. In die subway het
hulle onder andere kort gedigte aan die binnekant van die
treine - noem dit poetry in motion. Hierdie een* het my
besonder getref (my vrye vertaling - die oorspronklike
Engels is onderaan):

Dat jy weg is steek deur my hart
soos gare deur 'n naald -
en die rygdrade loop deur alles wat ek doen

Dis nogal iets om oor te besin, die ding dat digkuns so
deel is van die daaglikse lewe in New York, dat dit selfs
in die subway te lese is. Laasjaar, dink ek, het die een of
ander anonieme persoon in Los Angeles groot
advertensieborde gehuur en gedigte daarop laat plaas - teen
ongeveer $10 000,00 'n slag. Nie sommer net gedigte nie;
elkeen is versigtig gekies om kommentaar te lewer op die
omgewing, of om op die een of ander manier sinvol te wees
vir verbyjagende motoriste. As ek reg onthou, was daar
onder andere uittreksels uit TS Eliot se Preludes.

En vanoggend, op pad Philadelphia toe, ry ek by 'n
kolossale advertensiebord verby wat lui:
Loved the wedding.
Invite me to the marriage.
- GOD

Groetnis

Henry

* Your absence goes through me
like thread through a needle.
Everything I do is stitched with its color.
- E.S. Merwin (b. 1927)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Digkuns in beweging

Di., 10 Augustus 1999 00:00

On Tue, 10 Aug 1999 10:27:05 -0800, flappie wrote:

|Gister moes ek inderhaas New York toe. In die subway het
|hulle onder andere kort gedigte aan die binnekant van die
|treine - noem dit poetry in motion.

Maw jy sê dis mooi op bordjies vasgesit - dis nie graffiti nie...?

Is die NY subway skoon? - vry van graffiti verf - ek het iewers gehoor dit
is....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Horison Noord

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

Ek het 'n versoek:

Ek is op soek na die web bladsy vir die Horison Noord NG gemeente - ek het
al e-mail na een van die predikante gestuur, maar kry nie antwoord nie. Kan
iemand my asb die url laat kry?

Dankie!
--
Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Beware South African Rapists in London !!!

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

Wat die storie bietjie onder verdenking plaas is die feit
dat die twee "broers" glo Afrikaans met mekaar gepraat het.
Hulle lyk (en ek weet mens moet nie mense op looks takseer nie)
na souties van Natal, hoekom sal hulle Afrikaans praat.

En hoekom is die adres die van phyllis diller, n ouerige Amerikaanse
komediante? Te veel los rafels, te min feite.

Pat

piet wrote in article
...
> I hope you know that that Website is slanderous!
> You're getting done for it.
> It's against the law to accuse people of a crime they did not commit.
>
> Forgot the good old "Innocent until proven guilty"?
>
> If the British government is not willing to take this case to court, you
> should let it lie yourself, immediately, because you're on your way there
> yourself.
>
> Just remember that there are people employed to crack down on people like
> yourself.
>
> Expect a summons
> michael Orme wrote in message ...
>> Beware these two white South African Brothers at large in London, they are
>> dangerous to women!
>> Full details at :
>> http://members.tripod.com/phyllisdiller
>>
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: working abroad ?

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

On Mon, 9 Aug 1999 17:50:03 +0200, "subie" wrote:
|any South Africans living or working overseas can give me some advice on
|working abroad?
|

Doen jou huis werk - lees alles wt jy kan kry oor die land waarheen jy wil gaan
- kontak almal wat jy ken wt reeds in daardie land bly en vra hule uit oor wat
hulle daar geniet en wat hulle nie van hou nie - vra hulle oor lewenskoste.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe leser

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

Hallo daar.

My naam is Jo en ek kom van die Kaap en woon nou 2 jaar in Oostenryk. Ek het
nou 2 jaar geen Afrikaans gepraat of gelees nie so daar is seker baie foute
in my "mail" .
Kan iemand my die resep van Johan se aapkliersous stuur, ek het te laat
hierdie nuusgroep ontdek

Dankie Jo!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lekker om terug te wees

Ma., 09 Augustus 1999 00:00

Gegroet alle luisteraars (of is dit lesenaars?)

Na my twee jaar omswerwinge in die VSA is ek weer terug in SA. Ek het vanaf
Februarie nie veel van die nuusgroepe gesien nie, maar het 'n week gelede
weer vir my 'n ISP aan geskaf. Groot was die plesier om so baie van die ou
bekendes nog steeds hier te sien (alhoewel Gloudina lyk of sy verdwyn het
soos ek uit een van die poste agterkom).

Een ding wat my opgeval het is dat daar omtrent geen russies meer tussen
mense hier is nie. Wat 'n verrassing :)

Om aan te sluit by die plasing oor sjokolades ens. Ek het glad nie van die
sjokolades in die VSA gehou nie. Ook chutney ens baie gemis. Met my terug
kom slag was ek glad nie teleur gestel met dit wat ek gemis het nie. Vir
die eerste 2 weke het ek, soos hulle sê, spreekwoordelik "uit gevark". Al
wat ek nou agterkom is dat ek sommige dinge van die VSA HIER mis :). 'n
Lekker Killians Red(Bier) sou nou darem heerlik afgaan. Of dalk 'n pakkie
BBQ Pork rinds (ja ja nou weet almal weer ek was in die suide tussen die
red-neck hehehe) So al wat ek nou eintlik will sê na die hele ou
langdraderige spul is dat mens ALTYD iets sal mis van die plekke wat jy
verlaat.

Groete

Neels

--
NaviTech cc
PO Box 31713
Totiusdal
0134

+27 82 375-1784

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Malelane

So., 08 Augustus 1999 00:00

Hello,

Is daar mense wat bly in Malelane?

Erik

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hallo

So., 08 Augustus 1999 00:00

Gaan hier nog iets aan?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1178  1179  1180  1181  1182  1183  1184  1185  1186  1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 07:54:30 UTC 2026