Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Verkiesing 2009

So., 21 September 2008 13:25

Suid Afrikaners in die buiteland - wil jy stem? http://blogs.24.com/
vuku
South Africans abroad - wishing to vote? http://groups.google.co.za/
group/vuku

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mbekis is afgedank

Sa., 20 September 2008 17:44

Raait, die konserwatiste kan nou weer kop uit steek.
Mbeki is afgedank en ek sou menings wil hoor.

Dit blyk dat die terroris in die nuusgroep ook afgedank is
want toe ek nou na die argiewe kyk, het sy lanklaas gepos.
Sy het dus blykbaar afgetree.

Wat die afdanking van Mbeki aanbetref, is ek versigtig optimisties.
Dit was heelwaarskynlik wraaksugtigheid deur Zuma en kie, en wat
voorlê sal slegs die toekoms kan sê.

Wat dink julle kan ons verwag? Ferdi, jy is meer ingelig btw die
lokale politiek as die meeste van ons hier. Interessant wat die
kleurling professor op die AFR Nuus gesê, het na aanleiding van
Manuel se stelling dat hy nie bedank nie maar aanbly. Dat die kabinet
dit nie besef nie, maar dat elke een van hulle afgedank is omdat Mbeki
hulle aangestel het. Dat die 'caretaker' weer ministers sal moet
aanstel.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Uit Beeld - Die Higgs Boson

Sa., 20 September 2008 14:40

Wie’s dié Higgs-vent? En hoekom soek die wêreld so na hom?
Sep 12 2008 06:03:08:513PM - (SA)


Die groot Hadron-masjien by die Europese sentrum vir kernnavorsing
(Cern) in Switserland is aangeskakel en gaan binne die volgende weke
sub-atomiese deeltjies teen amper die spoed van lig teen mekaar laat
bots, onder meer in die verwagting dat die Higgs boson-deeltjie in die
botsings as’t ware losgeskud en dus waargeneem kan word.

Die Higgs boson-deeltjie (ook bekend as die God-deeltjie) is die
hedendaagse heilige graal van die fisika. Dit bestaan in teorie en is
nog nooit waargeneem nie. Fisici reken dit is dalk die deeltjie wat
massa aan materie gee. As dit waargeneem kan word, sal groot dele van
hedendaagse teorieë oor die aard van materie reg bewys word.

Die “Higgs-”gedeelte van die deeltjie se naam is genoem na die Britse
wetenskaplike Peter Higgs wat in 1964 met die idee vorendag gekom het
dat daar so iets moet bestaan.

Die “boson-”gedeelte van die naam verwys na die soort deeltjie wat die
Higgs is. Bosons is deeltjies wat reageer in pas met die Bose-Einstein-
statistieke en die “Bose” hierin verwys na die Indiese wiskundige
Satyendra Nath Bose wat in 1922 pionierswerk op dié gebied gedoen
het.

Volgens die Britse koerant The Telegraph het die Britse wetenskaplike
Stephen Hawking gesê die Hadron-masjien by Cern is saam met die wêreld
se onderskeie ruimte-programme uiters belangrik vir die menslike ras.
“Saam kos hulle minder as een tiende van ’n persentasie van die wêreld
se produksie. As die menslike ras dit nie kan bekostig nie, dan
verdien hy nie die beskrywing ‘menslik’ nie,” het Hawking aan die BBC
gesê.

Maar Hawking sê hy het reeds $100 (sowat R818) gewed dat die Higgs-
partikel nie deur die Hadron-masjien waargeneem sal word nie.

Hawking sê die Hadron-masjien (LHC of Large Hadron Collider) “sal die
energievlakke waaronder ons deeltjie-interaksie bestudeer met ’n
faktor van vier vergroot. Volgens huidige idees sal dit genoeg wees om
die Higgs raak te sien, maar ek dink dit sal baie meer opwindend wees
as ons dit nie raaksien nie. Dit sal wys iets is verkeerd en ons moet
weer begin dink.”

Die Franse astro-fisikus, Hubert Reeves, reken egter die LHC gaan tot
ontdekkings lei wat fisika vir altyd gaan verander.

Hawking meen egter die masjien sal daartoe lei dat super-eweknieë vir
bekende deeltjies gevind word, sogenaamde “supersimmetriese vennote”.
“Hulle sal die string-teorie bevestig en hulle kan die swart materie
opmaak wat volgens teorie sterrestelsels bymekaar hou,” het Hawking
volgens Sapa-AFP gesê.

Nuus | 2 kommentare

Die Wiel Draai... weer!

Vr., 19 September 2008 16:56

KNZ police shoot another two suspects
19 September 2008, 09:25
Related ArticlesFast-draw police get high praise
KZN cop murder suspects shot dead
Another two men suspected of involvement in the murder of a top
KwaZulu-Natal police officer have been shot dead by the police in
Mandeni.

The killings on Thursday come just three days after two of their
accomplices, Magojela Ndimande and Sibusiso Thokozani Tembe, were shot
dead during a pointing out procedure.

A fifth member of the group, 28-year-old Lee Buthelezi was killed by
police in KwaDukuza two weeks ago.

The five were believed to be part of a gang that shot dead
Superintendent Zethembe Choncho, of the Kranskop police station, in an
ambush on the north coast last month.

The deaths bring the total number of murder suspects killed by police
in September to seven.

Two men linked to the triple murder of the Sham family in Durban were
shot dead by police last weekend.

Top Durban attorney 56-year-old Naren Sham, his wife Meera, and their
son Kavir, 20, were stabbed to death in their home on September 5.

Superintendent Muzi Mngomezulu said the latest incident took place on
Oribi Road, in Mandeni, on Thursday afternoon.

Police were following up on a tip-off about the whereabouts of the
suspects in the cop-killing.

"They found the house the suspects were hiding in and knocked at the
door," he said.

A child opened it and let them in. Police asked the boy to leave the
house.

Police found the door to a room locked and identified themselves.

"They asked the suspects to open the door and that's when shots were
fired towards the door from inside the room," Mngomezulu said.

Officers kicked open the door as the man continued to fire at them.

Police returned fire and the man was shot dead.

A second man hiding in the wardrobe then jumped out and began
shooting.

"Police also shot him," said Mngomezulu.

Both died at the scene.

Last month, safety and security MEC Bheki Cele urged the police to
shoot criminals following the deaths of Chonco and another officer,
Supt Frans Bothma. - Sapa

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stories van die week: 11 September 2008

Do., 11 September 2008 15:53

Grote griet, maar ek wonder hoekom is die plek so gevrek! Dan sal ek
maar self iets moet skryf.

Behalwe die gewone ou stories soos die van ou tannies wat keelaf gesny
word vir hulle selfone, was hierdie
'n nuuswaardige tydjie. Die groot hadronbotser het begin werk daar by
Cern onder die grond en sover het die
aarde nog nie vergaan nie.

In Durban het 'n argument oor die grootte van geslagsdele gelei tot 'n
klein massamoordjie in 'n kroeg in Phoenix.
Van daardie dele gepraat, een van ons voorste kamerade en vuurvreter,
Malusi Gigaba, is in die Kaap gegryp
en vinnig bos toe gestuur vir die maandlange inisiasie, sommer daar in
Philippi. Na dese sal hy met die groot
manne mag saameet. 'n Ander vooraanstaande, Tony Yengeni is weer
opgemerk in Kampsbaai waar hy sy
sjampanjetjie rustig in die son op die sypaadjie voor 'n sjiek kafee
geniet, blink donkerbril, blink M5 geparkeer
op die geel streep vir gestremdes. Zapiro, die beroemde
spotprenttekenaar, het 'n redelik letterlike vertolking
van "The Rape of Justice" geteken, met die Tripartite se manne wat die
geblinddoekte vrouebeeld van
Geregtigheid platdruk en aanmoedig terwyl Zuma sy broek staan en
losmaak! Die kommentaar van die ANC
se jeug (oor persvryheid, nogal) is daarenteen net so direk - hulle
wil ou Zapiro skiet en korte mette met hom maak!
Noord van ons is die Zimbabwiese verkiesing nog steeds nie klaar nie,
al sit die hele boel saam nou al
in die parlement. Die jongste inflasiesyfer was 11 MILJOEN %. Hoe
langer mens dus wag voor jy jou
volgende bier bestel in die kroeg, hoe duurder is hy.

Verder? Die winterweer het die land gepiets, Natalie du Toit wen hope
goud en wereldrekords by die
paralimpiese spele, die rugbyafrigter baklei al weer met almal (of
almal met hom), en 'n Pierneef
word vir R12m in Londen verkoop,

"“Jy is ’n oneerbare mens en het geen integriteit nie,” het De
Villiers aan die verslaggewer van Die Burger, Beeld se susterkoerant,
gesê."


Hier nog iets uit Die Burger:

Dr. Corné Mulder, provinsiale leier van die VF+, het ’n versoekskrif,
waarin gevra word dat die UK sy “rassistiese” toelatings­beleid
afskaf, aan die registrateur van dié universiteit, mnr. Hugh Amoore,
oorhandig.
Hy het gesê riglyne vir toelating tot die UK in 2009 (vir Nasionale
Senior Sertifikaat-houers) spesifiseer swart studente moet ’n
gemiddelde van 74% behaal, bruin studente 78%, Indiër-studente 88% en
wit studente 91% om medies te studeer.

Amoore het gesê die UK sal die versoekskrif oorweeg. Hy het gesê die
beleid is in ooreenstemming met die Grondwet en die Wet op Hoër
Onderwys. Dié wet bepaal dat ’n universiteit se toelatingsbeleid voor­
siening moet maak vir herstel (van ongelykhede uit die verlede).
Volgens Amoore word die beleid gepubliseer en is die UK daartoe
verbind om diverse klasse te lewer.
----

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

" Plaasensemble " deur GEORGE WEIDEMAN

Sa., 30 Augustus 2008 00:51

PLAASENSEMBLE
(Simfonie vir blasers, honkie-
tonk en mezzosopraan)
George Weideman

Druk ore toe. Die blasers is hier.
Of jy nou met varkedraf
of pitte of ‘n gerf hooi opdaag,
hulle wag vir jou. Met instemming.

Saxofone kom nog oop en toe
met gespreide vlerke aangemakou;
tussenin, per ongeluk, die toetergeskal
van ‘n klaroen. Al die kleppe oop,

oranje gulsbekke rondom. Een of twee
dissipels van Louis Armstrong. Sissend
van haas vir die finale aanslag
op jou ore. Jy tik met die aanroerstok

en die bokkolonie begin godslasterend
op hulle fagotte blêr. Langsaan, vol
misnoë, die stoetramme. Skoorsoekerig
met hul ramshorings.

Ingestel op harmonie en melodie,
hul asems soet en opdringerig,
die hobospelers. Tamaai tonge
wat vasvat. Jerseys wat ril van plesier.

Uit Boas se bulkamp kom die bastuba
en, afwisselend, hulle wat gestorte
are oppik: vinke en piekeloë
met fyn kwêlafluite en piccolo’s.

‘n Hele Heilsleër van hoenders
het ver in die veld hul bus verpas.
Kom, sketterend en onwaardig,
dwergtrompette vasgeknyp, aangeyl.

Honkietonkdonkie verbeel
hom ‘n cowboykroeg. Hy’t skoon
vergeet om in te stem. Karring aan
en aan. Sy tande soos geel klawers.

Nog verder opsy, neus omhoog,
wagtend vir haar solo, diva perd;
nie net maar nog ‘n merrie nie. Callas,
minstens, op die toppunt van haar roem.

Eers as elke sak geskud is,
elke emmer omgedop, sak ‘n stilte
oor die oopte. Net die ottegesnork
en, kort-kort, mesdun, ‘n vals fagot.

Dempers? Daarvan weet hulle nie.
Sweer Stockhausen het saans
stoppels kaf uit sy hare geskud.

Prosa & poësie | 0 kommentare

" Selfgemaak " deur GEORGE WEIDEMAN

Sa., 30 Augustus 2008 00:49

SELFGEMAAK
George Weideman

Pa het, spaarsaam soos hy was,
agterop ‘n almanak geteken -
Hy het ‘n rolpuntpen gekies;
die ink het hier en daar gesmeer.
Maar die afmetings is presies.
Nog in duime en voete: 6’ x 18’’
op die breedste plek - daar
waar die borskas pas - dan wigvormig
weerskante toe om plek te ruim
vir die skerp en eiesinnige kop
en die voete wat wysie hou.
Hermeties
soos ‘n ruimteskip.
Niks aanskouliks nie; grafies
bloot korrek soos vir ‘n kaskar.
Dit was die maand April; versuim
wou hy nie langer nie, hy’t pas
tagtig geword. Winters is sag
op Onseepkans; hy sou kon skaaf
en timmer sonder dat vingers verkluim
of dat hy kort-kort bietjies-bietjies
sweet met die kakie sakdoek
uit sy oë vee. Gewone plankies
van greinhout sou gebruik word.
Hy het geweet dit sou onekonomies
en hopeloos te veel moeite wees
om ‘n glansmodel - fyn afgewerk
vernis, dalk selfs met silwerbeslag -
uit Kakamas te kry.
Ag nee wat,
vir dié soort ekspedisies
moet mens jou uitgawes bestry.
Hy het selde iets betyds
of vir homself gemaak.
Dié keer ruim
drie jaar te vroeg. Op die keersy
sê die kalender dit was die maand April.
Eintlik sou ek die tonika-solfa
daar verwag het, vir Funiculi Funicula.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

" Buiteslaap " deur GEORGE WEIDEMAN

Sa., 30 Augustus 2008 00:47

BUITESLAAP
George Weideman

Somers kon ons buite slaap: wit
hopies wasgoed ál om die huis geskik.
Dan het ons lê en kyk hoe glad ons skip
- dié ou skedonk genaamd aarde -
deur ‘n see van sterre en donkerte glip.

Ons kon soveel wys word uit die lug:
die jagter en sy hond, die Suiderkruis,
boogskutter en bok, die hele sodiak.
Die naaste ster was toe nog ver,
die eerste Spoetnik ‘n verdoolde Kosak.

‘n Verskietende ster is ‘n vonk verdwaal
uit die gode se smeltkroes;
miskien die melkweg se agteros;
of dalk, sou oupa knipoog, het daar
nou net ‘n siel uit die vagevuur gedros.

En iewers, hoog en diep daarbo, in die engelebak
‘n hemeling of twee wat hul aan óns vergaap:
bondels in die maanlig op die bleik;
skerp afgeteken teen die kolesak
die blou en bruin skip van ons skimmeryk.

So sou ek wegdut en wakker word
en my tot ligword verwonder oor
ons kantelende reis.
In die verte speel ‘n donkie doedelsak.
In die verte speel amazing grace.

Prosa & poësie | 0 kommentare

" Pella lê 'n kruistog ver " deur GEORGE WEIDEMAN

Sa., 30 Augustus 2008 00:44

Pella lê ‘n kruistog ver (‘n voorlopige
rekonstruksie van ‘n denkbeeldige gesprek
tussen Pella se eerste Rooms-Katolieke
sendeling en sy reisgids, anno 1875)
EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI

deur George Weideman

u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dis nog nie naastenby die somer nie
en nou al lê die vuurklip en smeul
hier moet u maar die sagte groen van Lyons
uit die gedagtes weer
hier is die enigste groen perdalks die soom
van die verbeeldingstroom
varswater sal u, as balling hier,
uit die vate van die geheue moet tap
of wag tot eendag as daar na die reën
syferwater uit ‘n oog opwel

hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
geoffer aan die son van Afrika geoffer
aan die smeuling van die amper-woestyn
(kan die brandstapel feller wees
as Pella in Desember? sou die Hindoes
dit warmer aan die sole hê?) geoffer
aan die slu klein slangogies
listig soos die xnabbo self
geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
ja - te veel rooiwyn; nee - te veel soetwyn
maar dié maak jou jou vergeet vergeet!
geoffer aan die dors land
wat sobyso net brakwater ken
(hier sal jy dalk moet wolfsmelk drink!)
ook jy sal die brak smaak se nabitter proe
jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
hier staan alles bloot, oblatus:
winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
as die veld julienagte oopgespêr en wyd lê en wit
en alles blootgewaai word
deur suidewind en oostewind
en wit vuursteen en bruin graniet
uiteindelik blus;
hier sal jy ook moet vure slaan
en blare en barste balsem gee
ysblomme van die oë smelt...

Afrika is wyd en groot
fonteine min - ons sal u leer gorra maak
kleimisvloer smeer witgatwortel maal
daardie plante daar? word “halfmense”
genoem hier langs die rivier is baie
hoe goed kan u skiet? hiers nog tiers
in die berge en boesmans hel! die boesmans
en moenie Pella se skepsels vergeet nie....

o u weet wat skepsels is? nou ja die soort
onthou maar: vir ‘n geweer
is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
en natuurlik die basilisk

nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
hierdie is maar ons voorland, die Voor-Boesmanland
ons moet die hinterland nog in
voor die son so menshoog staan
moet ons
die Here weet
vir Vagevuurskloof nog deur.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    110  111  112  113  114  115  116  117  118  119  120  121  122  123  124  125    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 08 07:13:26 UTC 2026