Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

die ligte sy van misdaad

Sa., 15 April 2000 00:00

Ek lees vanoggend(15 April) van n ou oom wat sy honde se landmyne opgetel
het in n plastiek sak en in die straat afgeloop het om dit in die
Munisiepale drom te gaan gooi.
Op pad het n bakkie verby hom gery en die persoon het die sak gegryp en
weggejaag.

Dit is nou uiterlik kak steel.

Die oubaas se hy wens hulle wil elke keer se sak vat dan hoef hy nie sover
elke dag te stap nie.

Hoekom is julle so stil van oor die see.Ek sien uit om met julle te praat
en te stry.

Ek lees ook vandag in die koerant dat ons adjunk pres se vrou ook geregtig
is op n motor.Al probleem hy het twee en elkeen moet n motor kry, maar aan
die anderkant kan ons gelukkig wees hy het nie meer vrou nie.

Ek weet van een baie gelukkige persoon. Die een wat die 13 Miljoen Rand
gewen het in die lotto.Hy moet net oppas want hy gaan nou van vriende hoor
wat hy nog nooit geken het nie.

Verder is die koerante nog altyd vol van Hansie Cronje. Plaas laat hulle dit
eers los na die ondersoek afgehandel is .Ek is natuurlik baie spyt wat
gebeur het want ek het hom beskou as n baie goeie kaptein. Dit wys maar net
dat die euwel van geld jou kan laat knak.

Laat van julle hoor dat ons kan stry of lekker praat.
Daar is so min plekke op die net wat Afrikaans is

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Intelligensie ?!

Sa., 15 April 2000 00:00

Ek merk dat in hierdie NG mense se intelligensie gereeld in twyfel getrek
word as 'n gesprek begin warm word of as 'n persoon 'n opinie lug waarvan jy
nie hou nie.

Wat is intelligensie? Die uitslag van jou IK toets, hoe goed jy in wiskunde
was op skool, hoe goed jy kan debat voer of jou gedagtes op papier sit. Is
die ou wat blitsvinnig 'n pittige antwoord het op alles, maar nie 'n
akedemiese reus is nie intelligent?

Die ouens wat meganies of prakties aangele is, is gewoonlik nie baie
akedemies nie. Die akedemies aangelegde persoon is gewoonlik nie baie
prakties nie.
As Mnr Einstein nou met sy stukkende kar by die Garage kom en die
werktuigkundige luister net na die enjin en identifiseer dadelik die
probleem is hy slimmer as Einstein of ken hy net sy werk (onderwerp)?

Einstein en Jonty sit in die klas en moet uitwerk wat is die trajek van 'n
krieketbal en teen watter spoed trek hy as dit met x hoeveelheid energie in
x rigting geslaan is met x hoogte. Binne sekondes het Einstein die
antwoord. Jonty krap kop en sukkel. Sy antwoord is verkeerd.

Op die krieketveld kan Einstein nie eers amper 'n bal raak vang nie. Jonty
hardloop en duik skuins en opwaarts en vang 'n bal perfek wat teen 85km/h
trek.
My logika sê vir my dat Jonty die som van trajek, spoed, punt van impak in
'n breukdeel van 'n sekonde gemaak het, die regte antwoord gekry het, en
boonop daarop reageer het.
Wie van Einstein en Jonty is die beste in fisika? (slimste)

Nog twee vragies. Kan iemand my sê wat abstrakte intelligensie is? Ek het
gehoor ons gebruik net tussen 3 en 5 persent van ons breinkrag, is dit so?

Hennie

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

kaapstad

Vr., 14 April 2000 00:00

Daar is 'n straat in kaapstad of Kuilsrivier wat die naam "SPREETHSTRAAT" het.

Dit lyk of daar het 'n persoon bestaan watter familievan Spreeth was.

Sal een van hierdie lesers van dese NG ons vertel WIE meneer Spreeth was en

waarom daar 'n straat na hom vernoem is.

Baie dankies vir U inligtingen.

Patrick

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kontak New Zealand

Vr., 14 April 2000 00:00

Ek wil graag kontak maak met "Afrikaners" wat In NZ woon.
Verkieslik "Christchurch", aangesien ek moontilkm soontoe kan gaan met'n betrekking by Air New Zealand?
Kontak my per e-Pos + stuur n paar fotos aan!
Groete
Ronnie Lancaster

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Zimbabwe en setlaars-lou

Vr., 14 April 2000 00:00

Jy moet darem onthou die hofbevel is nie van toepassing op die regering nie.
Hy mag nog steeds doen wat hy wil. Ek dink demokrasie werk so.

Soos ek verstaan Het ons regering nog niks te se gehad oor die
aangeleentheid nie. Dit laat mens wonder waar hulle oor die aangellentheid
staan.Ons regering het aangebied om R800 miljoen (ek dink dit is die bedrag
wat genoem is) aan Zimbabwe te leen.Kan ons liewers nie daai geld aanwend om
huise te bou vir ons eie mense nie.Hier sit darem baie van ons mense wat nog
nie huise het nie

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re Gloudina

Vr., 14 April 2000 00:00

Eerstens wil ek net se ek is n Afrikaner. Ek praat Engels en Afrikaans. Soos
jy kan aflei van my van moet ek n Afrikaner wees. Ek glo net ek moet beide
tale so goed moontlik praat.My was nou wel Iers gewees.

Jou suster is gelukkig dat sy in n veilige deel bly en dat sy nog kan
rondloop. My suster bly in Elsburg in Johannesburg.Sy het soos twee weke
terug na winkelsentrum in die Oosrand en toe sy intrek het hulle n gewpende
roof getrek reg voor haar waar hulle die sekuriteits wag dood gekiet het en
twee voetgangers gewond het.Sy woon nou 3 jaar daar en dit was die derde
gewapende roof waarin sy vasry. So die misdaad is daar en hulle gaan vir die
sagte teikens.On gelukkig weet ek van misdaad want ek was 18 jaar in die
Suid Afrikaanse Polisie gewees. Ek het verskillende eenhede gewerk en laaste
10 jaar was ek n speurder. Ek het onder andere in die Interne
ondersoekeenheid gewerk. Ek was van die eerstes wat die eenheid in die Kaap
begin het.

Die probleem is jy werk jou gat af om die persone te aresteer en more loop
hy weer buite rond.In een geval het ek n verkragting saak ondersoek van n 7
jarige dogtertjie.Ek hoef seker nie uit te brei hoe sy gelyk het nie.Na 8
maande se gesoek het ek die persoon gearesteer en hy was skuldig bevind
waarop ek baie bly was. Sy vonnis was maar egter 7 jaar gewees. MAAR nou kom
die ander sy. HY het net 75 dae gesit toe loop hy uit op parool. Dit is mos
nie reg nie.Hoekom het ek ure oortyd opgeoffer om die man te soek en ons
word nie oortyd betaal nie.So misdaad is hier en jy kan dit nie verby kyk
nie. Ons arme polisie mag ,en meeste van hulle is goei mense probeer hulle
bes maar kan nie wen nie. Dit is net Jammer dat daar wel n paar koruptes is
en hulle die hele mag se naam sleg maak.

Daar is probleme met misdaad en jy kan nie se daar is nie.AS jy die koerant
oopmaak lees jy daarvan.Ek moet se dat die laaste twee dae die hele koerant
net oor Hansie handel.

Boemelaars is daar Jy moet maar net orals kyk en jy sien dit.Ek het ook nie
n probleem om langs n kleurling te bly nie. As hy hom in die selfde manier
gedra soos ek het ek nie n probleem nie.As dit egter gangsters is en hulle
dronknes hou sal ek ook kla. Maar as dit wit mense is wat so aangaan sal ek
ook kla.Jy kry egter nog n klomp wat in die verlede bly. MAAR ek kan my
vriende kies en as ek nie saam met n kleurling eil kuier nie bly dit my reg.
Ek sal hom nie pla nie as hy my nie pla nie.

Nou se jy die boemelaars praat Engels. Wel sover my kennis strek kry jy van
hulle wat Afrikaans ook praat. Ja ons kry Afrikaanse boemelaars ook Jou
suster en die ander bewoners moet n petiesie opstel en dit na die eienaar
van die woonstel neem dat hy die nodige stappe doen om hulle te verwyder.
Hulle moet ook nie te lank vat nie want die nuwe wet se as hulle vir n seker
tyd daar woon hulle nie verwyder mag word nie en as die eienaar hulle dan
verwyder moet hy vir hulle n alternatiewe woonplek kry.

Ek woon in Welgelegen in Kaapsad. Dit is naby die Parow koppie. AS jy
Kaapstad ken sal jy weet waar dit is.
Ek woon nou 3 jaar saam met my vriendin en alles goed verloop sal ons seker
in die jaar trou.Ek is ongeveer 15 min se ry van die see af.

Wel ek is n Afrikaner en daar is nog punte wat ek nie saam met jou stem
nie.Die een is die boere in Zimbabwe. Dit is nie reg dat hulle net so van
hulle plase afgejaag word nie.Misdaad is n probleem in Suid afrika. Ons
polisie mag is onderbeman om die werk te doen.Hier is te veel korupsie.
Sekere mense in die regering(is dit beter) steel nog te veel van die geld
wat nie by die arm mense uitkom nie.AS die punte nie aangespreek word nie
sal dit net kakker met ons hier in Suid Afrika gaan

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bep Nieuwhof -oorseese strontgatte

Do., 13 April 2000 00:00

Jy is van die gelukkiges wat kon gaan maar jy moet onthou hier sit van ons
wat nie kan gaan nie.

My storie oor die oorseese strontgatte is mense wat ook weg is uit Suid
Afrika en Mense wat nog nooit hier was nie en alles wil afkraak en maak dat
ons wittes die skuld het vir alles in die land.

Die probleem met ons in die land en dan is dit van die Voortrekkers se tyd
is dat ons nooit saam kon staan nie. Daar moet altyd een wees wat ander kant
toe moet trek.Nou waneer ons moet saamstaan gaan dit nog so.

Wat in Zimbabwe gebeur is verkeerd maar niemand gaan by die paar mense staan
nie. Hulle gaan alles verloor . Alles waarvoor hulle jare gewerk het en die
klomp luigatte wat nie wil werk nie voorsien het van kos gaan nou die plase
vat .

Ek hoop jy verstaan my verduideliking wat ek bedoel by oorsee se strontgatte

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

De Lille op Hansie

Do., 13 April 2000 00:00

Ek lees in vandag se Burger (13 April) dat sy die volgende gese het

"Daar is net een wet vir ons almal.In Hansie se geval moet hy aangekla word.
Hy het geld ontvang waarvoor hy nie gewerk het nie"

Dan moet helfte van die goverment mos ook toegesluit word

Wat reg is vir die een is reg vir die ander

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Gloudina oor taal

Do., 13 April 2000 00:00

Hoe ek praat het niks met jou te doen nie.As ek dink dink ek darem in
Engels. As ek lees wat jy skryf wonder ek soms of jy dink, of jy dink soos
die klomp daar.

Dit gaan nie hoe ons praat nie maar wat ons se en probeer regkry om die land
reg te kry sodat jy kan terug kom of besoek sonder dat jy geroof word of jou
kind verkrag word of jy doodgeskiet word vir jou selfoon.
Dink jy nie dit is belangriker nie. Jy moet onthou Afrikaans is n unieke
taal wat deur verskillende mense gepraat word op hulle manier ,en die
snaakste is ons verstaan mekaar.

Net om te se my ma was van Ierland en alhowel my pa n Afrikaanse van gehad
het het hy meer Engels gepraat omdat hy meeste van sy loopbaan n offisier in
die Royal Navy was en daarna in die Suid Afrikaanse vloot was. So ek dink
Engels maar hou daarvan om Afrikaans te praat omdat ek van die taal hou.

As ons gaan verskil oor standpunte laat ons verskil . Dit is ons reg om te
verskil.As ons almal saamgestem het sou dit n uiterse vevelige lewe gewees
het.

As ek mag vra waar in Kanada bly jy en hoe lyk dit daar. Hoe is die misdaad.
Sal jy weer wil terugkom na Suid Afrika.As ons met mekaar gaan verskil kan
ons seker iets van mekaar weet.

Ek hoop om nog baie met jou te praat in my plat Afrikaans.

Reenen van Niekerk
Kaapstad

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Zimbabwe en setlaars

Do., 13 April 2000 00:00

Ek wonder net of die persone wat nou oorsee sit en se dit is reg dat n man
se plaas net gevat kan word waarvoor hy jare hard gewerk het omdat dit jare
terug deur Engeland beset was,

Gloudina wat sal jy doen as die goverment van Kanada vandag vir jou se ons
wil jou huis he en ons niks vir jou daarvoor gaan betaal nie en jy met niks
moet uitloop nie. Jy sal seker die persoon se gat soen en se vat maar.
Jy moet net n slag sit en dink voor jy praat. Hoekom gee Kanada en Amerika
nie al die grond terug wat hulle by die Indiane gevat het nie. Jy bly dalk
op grond wat voorheen deur een of ander stam behoort het.

As hulle die plase oorvat en niks veder plant nie en op hulle gat sit en
niks doen nie moet die groot moonthede weer vir hulle geld gee.

Ek sal dit wardeer as jy my kan antwoord

Reenen van Niekerk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1092  1093  1094  1095  1096  1097  1098  1099  1100  1101  1102  1103  1104  1105  1106  1107    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 21:49:16 UTC 2025