Die reënboogreptiel woon in die Kaap
Die reënboogreptiel kom van ver, van noord,
maar woon nou suid by die see
waar hy sy skubbe skitter in die son.
Die reënboogreptiel woon teen die berg hoog bo die sand
Hoog - waar hy sy tong in die wind in lispel
en hy hom verbeel hy proe Europa
en selfs die Ooste op die vuil Kaapse wind.
Maar dis net ou Kaapse reuke van slawe, beeste en die dood.
(Laer, onder teen die berg is die water aan die styg.)
Hy reik sy kloue verby Higgovale tot anderkant Stellenbosch
en die suur reuk van wyn wat hy hom waan Europees stink.
Die reënboogreptiel sit knus in sy eie mis
tussen die dennebome en donkerder word die Kaap.
Sy skubbe flits ou-ou kleure en om hom
die ruik van 'n dood wat van ver af kom.
In Higgovale nog sis die reënboogreptiel. Dis egter laat.
Die dag word aand. Die lig gee mee.
Om die Kaap styg 'n donkerblou see.
Ver suid kraak die ys al plaat op plaat.
As jy iets interessant op Internet raakloop, plaas 'n skakel hier.
Jy hoef nie 'n beskrywing by te voeg nie. Die URL sal genoeg wees,
tensy jy wil verduidelik waarom jy dit plaas en aan iets wat hier gesê
is wil koppel. Belangstellings verskil kompleet en dit kan interessant
wees. Een kliek sal genoeg wees om te weet of jy dit wil lees.
Skakels wat jy plaas en opinies oor skakels wat geplaas is
sal natuurlik nie net vertel wat jy daarvan dink nie, maar
ook heelwat meer van jou en jou denke.
Onthou dit gerus.
As ons dit doen wat ek hier voorstel, sal ons interessanthede
raaksien wat ons andersins nie van sou geweet het nie.
Maar dit sal slegs werk as jy bereid is om te ploeg en plant
en nie net wil oes nie.
Pik se seun sê De Klerk was ’n ‘slapgat’
Jan 29 2009 08:26:29:930PM - (SA)
Charles Smith
Bloemfontein. - ’n Seun van oudmin. Pik Botha het oudpres. F.W. de
Klerk ’n “slapgat” genoem omdat hy destyds uit die regering van
nasionale eenheid gestap het.
Dr. Roelof Botha, ekonoom van Pretoria, het gesê De Klerk het sy een
oog op die vrou van ’n vriend gehad toe hy uit die RNE gestap het,
verwysende na sy huidige vrou, Evita.
“Jy kan nie jou hand op die stuur van die vliegtuig hou en ’n mooi
vrou gelukkig hou nie,” het Botha hier op ’n inligtingsdag van Graan
SA gesê, waar hy die gasspreker was.
Volgens hom was die ANC tegnies onbevoeg om die land in 1994 te
regeer. Dit was die RNE met die ANC en die NP wie se hande op die
vliegtuig se stuurstok was. Sy pa, Pik, het toe ook in die kabinet
gedien.
Hy het baie respek vir De Klerk gehad, maar nie meer nie. Hy het na De
Klerk se “slapgatgeid” verwys wat hy openbaar het deur uit die RNE te
stap.
Botha, wat ’n gloeiende prentjie van Suid-Afrika se ekonomiese groei
die afgelope 15 jaar geskets het, het gereageer op ’n vraag oor hoekom
die land steeds goed doen ondanks korrupsie en diefstal wat aan die
orde van die dag is.
Hy het gesê die media jaag meestal sensasie na en sal nie berig oor
die verpleegster wat oortyd werk nie. Suid-Afrika het ook goed
afgeskop omdat die land deur die ANC en die NP bestuur is. Hy het ook
dr. Jeremy Cronin van die SAKP ’n “mamparra” genoem omdat hy skepties
is oor die ekonomiese groei en dink net ’n klomp wit rykes word tans
bevoordeel.
Almal stem saam dat hierdie winter een van die
moeilikste is in Noord-Amerika. Dis asof daar
min blaaskans is tussen elke slegte stuk nuus.
In die laaste dag of twee het 'n groot storm
Noord-Amerika van die Middelweste tot in die
Ooste getref. Ons hierbo in Kanada se ooste
het gelukkig alles as sneeu ontvang, en sneeu
in die winter is iets wat Kanada kan hanteer.
Maar die weerkompleks het ysstorms in die
suide van die VSA veroorsaak, en ysstorms
kan iets skrikwekkends wees.
Waar 'n koue front 'n warm front tref, is
daar gewoonlik 'n paar uur wanneer daar ysreën
liewer as sneeu presipiteer. As dit net 'n paar
uur duur, en dan na reën oorslaan, is dit nie
te sleg nie. Maar as hierdie ysreën vir te lank
aangaan, dan begin die ys op die bome en op
die elektrisiteitsdrade swaar weeg. Die drade
kan dan breek of die pale kan kantel. En as
die ysgewig aan beide kante van 'n groot boom
opbou, dan kan dit die boom in die middel laat
oopskeur. In die enigste ysstorm wat ek nog
hier in Ontario ondervind het, het dit later in
sekere dele gelyk of die buurtes uit die lug
gebombardeer was. Orals het groot bome
se groot stamme oopgeklief gestaan en die
takke het op die grong gelê. Ongelukkig word
die regerings eers 'n paar dae na die tyd bewus
dat hulle 'n katastrofe op die hande het, en
stuur die soldate in om te begin help.
'n Paar dae gelede het ek vertel van die brief wat op my gewag het toe
ek hier by die huis aankom - R250 spoedboete. Betreffende dit, 'n
waarskuwing aan julle: Dit is 'n Harrysmith boete. Ek het spoed
oorskrei in 'n 80 KMU sone (108 kmu gery). Toe verwonner ek my waar
op die N3 is die spoed stadiger as 120. In Van Reenen Pas onthou ek
spoedtekens van 80. Dit sou daar gewees het.
So loop (of ry:-) maar lig daar.
Lees die tema wat ek die skrywe gegee het. Toe ek netnou vanaf
La Lucia hier aankom, het hier weer 'n brief gewag.
"Congratulations!
You have won a holiday of your choice worth R10 000..!
Compliment of Metro Club!
Ek noem by wie ek dit gewen het omdat dit weer 'n munisipaliteit is.
Durban se munisipaliteit is hope beter as Harrysmith s'n:-)))
Volgens die NVG het Shaik R34M verdien uit onwettige praktyke
en dit is dus gekonfiskeer. Die rente daarop was blykbaar nie
onwettiige verdienste nie en hy, die NVG en regspaktisyns
deel dit.
Nou vra hy vir begenadiging en sommer op die koop toe die R34M
ook terug! Hy wag nie eens vir Zuma om aan bewind te kom nie!
Dit blyk dus dat jy 'n taxi kan steel en wanneer jy gevang word
sal die taxi terug geneem word maar die geld wat jy daarmee
gemaak het is joune. Of so iets.
Het enige iemand advies om te keer dat ape oor die heining klim?
Hulle pes die honde en is lastig in die huise.
Heining is van baksteen voor en draad agter.
Iemand het in 'n forum voorgestel dat Citronella olie verdun met een
deel water gebruik word *maar dit was raad aan iemand wat wil
katte uit haar erf hou. Miskien sal dit werk vir
ape ook, maar die draadheining maak dit ietwat onprakties.
Elektriese heining begin na die antwoord lyk
maar dit is verdomp gemeen en behoort
die laaste uitweg te wees.
"Torreke" wrote in message news:7a52c433-600b-4d49-8f33-e30e6e3f6ea8@r37g2000prr.google groups.com...
On Jan 20, 5:03 pm, Jottie wrote:
> On 20 Jan, 11:34, Torreke wrote:
>
>> 3) Ek wil nie met jou in 'n gesprek oor godsdiens betrokke raak nie,
>> Jottie, bloot vir jou se: "Die dwaas se in sy hart dat daar geen God
>> is nie". Alles wat jou oe sien, jou ore hoor en jou hande tas getuig
>> dat God is.
>
> Was dit bedoel as 'n belediging om my "dwaas" te noem? Ek kon 'n hele
> paar kwotasies hier plaas wat baie beskrywend sou wees vir iemand wat
> aan sprokiesverhale glo maar ek sal dit maar ignoreer. Ek dink darem
> nie jy het regtig probeer om my te beledig nie ;-)
Beslis nie bedoel om jou te beledig nie. :) Bloot
die Bybel
gekwoteer.
>
>> Die slimste man wat tans leef, Steve Hawking, het onlangs
>> op besoek in SA oor TV gese hy "glo" ALLES het spontaan uit niks deur
>> die "big-bang" ontstaan. Dat so 'n intelligente man so 'n "pot
>> stront" (jou woorde) kan kwytraak, gaan my verstand te bowe. Om te
>> glo dat 'n ewige, almagtige Wese wat ons "God" noem dit uit niks
>> d.m.v. die "big bang" geskep het, lyk vir my baie meer logies en
>> waarskynlik as dat dit "spontaan" "uit niks" gebeur het.
>
> Op grond waarvan in Hawking die slimste man wat tans leef?
Moes eerder gese het hy word so genoem.
Ek dink
> self hy is buitengewoon slim maar in 'n veld waarin bitter min ander
> mense spesialiseer.
> T.o.v. die Big Bang, ek kan jou verseker dat Hawking, as 'n toegewyde
> wetenskaplike, onmiddellik die bestaan van 'n bomenslike wese sal
> aanvaar die oomblik as onteenseglike bewyse voorgelê kan word.
>
Let wel ek het die woord "glo" in aanhalings gesit - "I
believe" was
Hawking se presies woorde - nie "bewys" nie, maar
geloof!!!!! Want hy
kan netso min bewys dat alles spontaan deur die
"big-bang" ontstaan
het as wat ek kan bewys dat God deur middel van die
"big-bang" alles
uit niks geskape het.
Die storie oor "bewys" is ook 'n "stront storie". NIKS
kan
"onteenseglik bewys" word nie. Jy kan nie eens
"onteenseglik bewys"
dat jy self bestaan nie.
Om sg. iets "onteenseglik" te "bewys" verlaat jy jou op
jou sintuie.
Maar veronderstel iemand het geen sintuig wat
funksioneer nie...; dan
sou dit ONMOONTLIK wees om enige sg "bewys" aan
hom/haar te verskaf.
NIKS sou vir hom bestaan nie.
Jy kan magnetisme ook nie sintuiglik waarneem nie - jy
kan bloot die
uitwerking daarvan sintuiglik waarneem.
Jy kan God nie sintuiglik waarneem nie - sy werke
(skepping,
onderhouding en regering van alle dinge) wel!
In 'n kriminele hof word verwag dat iemand se skuld "bo
REDELIKE
twyfel" bewys moet word - om dit "bo ALLE twyfel" te
bewys, sou in
baie gevalle onmoontlik wees - sou dit onmoontlik maak
om iemand slegs
op grond van omstandigheidsgetuienis skuldig te bevind.
Net in die kriminele reg geld "bo redelike twyfel" - in
alle ander
sake geld oorwig van waarskynlikheid. Ook in
vakdissiplines soos
sielkunde geld oorwig van waarskynlikheid. Ons sou nie
medisyne kon
toets en goedkeur as ons nie op oorwig van
waarskynlikheid kon bewys
nie. 1000 teen 1 word as beduidend - bewese! - beskou.
Die waarskynlikheid dat God is, is ontelbaar teen geen.
Die feit dat mens ten opsigte van menslike gedrag jou
op oorwig van
waarskynlikheid moet verlaat, is op sigself 'n "bewys"
dat God bestaan
en dat lewe nie spontaan uit materie ontstaan het nie.
______________________________________________________
Hallo Torreke!
Woorde moet in konteks verstaan word.
"Glo" (ditto in die geval van "believe") kan meer as
een betekenis hê.
As iemand wat een of ander godsdienstige geloof aanhang
sê hy "glo" iets, dan het dit 'n spesifieke, religieuse
betekenis. Hy "glo" iets wat nie logies verklaar _kan_
word nie. Waar Hawking sê hy "glo" iets, het dit 'n
ander betekenis. Hy "glo" omdat dit vir hom die mees
aanvaarbare logiese verklaring is van dit wat hy met sy
sintuie waarneem.
Jy is alweer besig met jou pseudo-wetenskaplike onsin.
Jy probeer om 'n religieuse geloof logies te verklaar.
Jy mors jou tyd.
Swart Simon
NS: Ek kan nie my nuusleser (Outlook Express) kry om
Torreke se plasings te indenteer en met 'n '>' te merk
nie. (Dit is wel so in "Tools...Options...Send"
gestel.) As gevolg is dit moeilik om dit wat hy sê te
skei van dit wat ek sê. Wat ek te sê het begin onder
die streep.
Dit lyk vir my dis net met Torreke se plasings waar ek
die probleem het. Ek het dit nie met meeste ander
deelnemers se plasings nie. Weet iemand hier wat fout
is? Lê dit by my of by hom?