Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Tannie (cont)

Di., 25 April 2000 00:00

> Heel praktiese
> dinge: soos kry meer paspoortkiekies as jy oorsee gaan
> studeer as die minimum wat jy nou in Kanada nodig het. As
> hy na my geluister het, sou hy hom ure en ure se pyn in 'n
> vreemde land gespaar het (in hierdie geval Frankryk.)

Dis nie JY wat slim is nie, Gloudina, dis jou laaitie wat dom is.
Dit neem absoluut geen intelegensie om altyd ge-"stamped" kopiee van jou
paspoort/geboorte sertifikaat en extra paspoort fotos aan jou te he as jy
rondvlieg nie:
IT'S ABSOLUTE COMMON SENSE. En moet asb nie nou vir my se jy reken jy's
"sienend" nie.

> My teorie is dat mans nie behoort te
> trou totdat hulle self kinders wil he nie, en dan 'n moeder soek
> wat hulle as geskik vir hulle nageslag beskou.

Uitstekende idee!!
Dus moet ek "single" bly totdat ek
voel ek wil voortplant en gaan soek dan 'n middeljarige vrou
op die brink van menopause?

> dit omdat jy so oninteressant
> en selfsugtig in die bed is, dat sy maar enige ekskuus gryp om
> nie vir jou daar te ontmoet nie.

Korrek, ek probeer beslis ons bed vermy, ek verkies haar "best friend's" se
plek.
2 +1 = yum-yum.
(Ek kan tot vir jou .JPGs stuur, of .AVIs as jy van motion pictures hou)

> Dis die wat ek se mens behoort 'n eksamen te skryf engekeur te word, voordat jy
> toegelaat word om te trou,
> en 'n nog strenger toelatingstoets voordat jy toegelaat word
> om kinders te he.

Wie stel jy voor stel die inhoud van hierdie eksamen saam?
Die Pope, Bill Clinton of Die Ayatollah Gomeni?
Op grond waarvan sal jy toegelaat word om kinders te he?
Op grond waarvan sal jy afgekeur word?

> Die tannie wat vier kinders in minder
> as vyf jaar in die lewe gebring het
> met die hulp van 'n wonderlike
> vader.

HOERA vir die jollie bobbejaan!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pull in ek se.

Di., 25 April 2000 00:00

Pull in by Nieu Zeeland julle owens!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

BYBELSTUDIE

Di., 25 April 2000 00:00

Vir diegene wie Belangstel in Bybelstudie in Afrikaans, stuur gerus `n
boodskap aan
Bybelstudi...@listbot.com
U sal dan weer `n boodskap kry waarop U net so moet REPLY...

Dan su U op die Bybelstudie Poslys wees.

Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Fidel en Kuba

Di., 25 April 2000 00:00

So tussen die os en die jas Gloudina (of andere wat belang stel)
(of soos die ou omie gesê het toe die dominee hom vra hoe dit
gaan "nee dominie, dit gaan maar so tussen die bul se probeer en
die koei se keer".

In ieder geval, wat dink jy (as mede Noord Amerikaner) van die
Elian
Gonzalez saak wat nou tot vervelens toe op die kassie is. Ek
het gou n
opname gedoen, en meeste van my Suid-Afrikaanse vriende dink hy
moet
terug saam met sy pa na Kuba, maar my man (n Amerikaner) en my
Amerikaanse kollegas dink hy moet hier aanbly, want hulle het n
ewige hekel
aan Fidel. Ek kan my verstom vir Amerika se weersin aan die
arme man,
dis soos n vlooi teenoor n olifant, en hy laat my soms dink aan
ET (wat nou in die tronk sit).

Pat


> Hierdie internet gaan darem net my verstand te boweSoos 'n vetgesmeerde blits
> is die mp3 reg in ons
> RealJukebox. Baie baie dankie.
>
> Kom die tulpe daar by julle uit? Ons het 'n
> vreeslike laat lente. Nog geen tulpe nie, en oor
> drie weke is dit die Tulip Festival (omtrent die
> derde week van Mei.)
>
> Gloudina
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

prop...@aol.com

Di., 25 April 2000 00:00

Ek sien jy hou jouself skielik skaars. . . .?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: prop...@aol.com

Di., 25 April 2000 00:00

On Tue, 25 Apr 2000 01:34:30 GMT, "Phatti" wrote:

>

Wat is dit met jou?
In die eerste plek lyk dit of jou gunsteling aanvalsmetode is om sg.
persoonlike details van mense op die nuusgroep te plaas, dan skuil jy
self agter 'n vals naam en dan het jy die ding wat jy nou hier ook
gedoen het.
Jy beledig iemand en as hulle dan nie sommer dadelik antwoord nie pos
jy die soort kak wat jy hier gedoen het.

Die mense hou dalk naweek. Of erger, dalk is jy nie so belangrik vir
hulle as wat jy dink nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Regstelling: Taalkundig

Ma., 24 April 2000 00:00

EEN ding is baie sleg van Nuusgroepe: mens sien die taalkundige foute eers
later:

Ekself het geskryf:
> Dis presies waarna ek opsoek was!
> My dank ook aan Bryan (die ontwerper) wat mense soos my in ag neem.

Vir die puriste hierbinne, enkele regstellings en aplogie oor die res
(sommer ook vir komende skrywes):
(1) "opsoek" = "op soek"
(2) "mense soos my" = "mense soos ek"

Sal voortaan versigter wees, of bloot besluit dit maak nie saak nie.
Whichever comes first.

Jammer, ek's verveeld genoeg vandag om my eie foute reg te maak...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waarde van hierdie Nuusgroep - indien enige!

Ma., 24 April 2000 00:00

Ek het uiteindelik ook toe Nuusgroepe ontdek.
Nou soek ek 'n tuiste.
My instink vertel my dat die een met Afrikaans in die beskrywing behoort te
werk.

Ek sou graag wou verneem of dit die moeite werd is om rond te hang.
Natuurlik sal talle hier my aansê om self te ontdek, maar daar is min dinge
wat my oortuig soos "word-of-mouth" tweedehandse uitsprake. Wat kan ek leer
uit julle ondervinding(s)? Wat is die moets en moenies? (Ek het klaar
redelik gou agtergekom dat hierdie 'n speel/mynveld vir twee kerngroepe is
wat beide haat om bloot as links/regs geklassifiseer te word - wie haat dit
nié?)

Dit lyk na my soort Nuusgroep - nié oor die ooglopende persoonlike aanvalle
of die swak-gekose krutaal nie, óók nie oor 'n paar lomp argumente wat meer
emosie as intellek is nie, maar oor die vryheid van die taal. Noem dit die
dinamika van die woord, die uitspoel van uitsprake. Die lewe in die woord.
Die gedagtes van andersdenkendes wat my skaam of kwaad of moedeloos
agterlaat as dit op papier verskyn. Arrogant-skaam dat ek 'n taal en kultuur
deel met iemand wat sê kan dink. Maar feit bly staan, die taal lewe vir my
en hom/haar! Dit wek emosie in my en vonk my denke - irrasioneel 'n logies.
(Wie weet, miskien juis as gevolg van al die emosie-belaaide onderwerpe).

Ek sou graag 'n webbladsy wou sien waar al die gereelde Nuusgroepeerders (in
die lyn van kampeerders) gelys is - 'n soort van 'n erelys waar ek kan sien
waar jy vandaan kom en wat jou "current status" is. Lyk my soms asof als wat
van 'n ander hier geleer word, vanuit persepsies ontstaan. Dit sal soveel
tyd spaar as ek 'n paar gesigte kon sien en weet wie boer met duiwe en wie
is 'n professor in letterkunde. Veral sal ek wil weet hoeveel emigrante hier
is en wat die NG vir hulle beteken. My eie gesig is maar "ordinêr" (soos
Ouma altyd gesê het): 'n Jong (31jarige) dosent in Opvoedkunde wat tans aan
'n AngloAmerican-projek werk om entrepreneurskap in Kaapse skole te
bevorder - en binnekort in NoordWes. Hoë intellek, maar goeie skoot emosie.
My passie is om die help om die land te laat werk - op meer as een manier!
Voordat dit begin klink na 'n advertensie op 'n goedkoop chatprogram, laat
ek vinnig saamvat en koers kry:

Vraag bly: Neem ek my intrek hier, voeg ek my stem by die van ander en
indien wel, is die sous die poeding werd?

Enige advies sal waardeer word.

Groete,
KaapseKind

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Kommunikasie: Kuns of 'n Klug

Ma., 24 April 2000 00:00

So lees ek toe hierdie aanhaling in my dagboekie:

"Ware kommunikasie is die kuns om gelyktydig volkome eerlik en volkome
taktvol te wees". (John Powell)
Goeie wetenskaplike definisies van kommunikasie (vanuit vele velde soos die
Kommunikasiekunde of Kommunikatiewe Sielkunde ter syde!) wonder ek sommer
hardop oor hierdie eenvoudige definisie. En ek dink aan nuusgroepe en oor
gedagte-wisseling op skrif in die algemeen: Is dit werklik so eenvoudig om
te sê dat as 'n mens iets eerlik sê en ook taktvol is, dat dit dan WARE
kommunikasie? Bedoelend dat jy dan verstaan word? Ek twyfel.

Meestal is kommunkasie (veral hier lyk dit) deur 'n waas van vooroordele.
Die sluier verbloem die rede, die bedoeling en dikwels die boodskap self. Om
te luister beteken tog meer as om net te hoor. Dit beteken om in te neem en
ongeag WIE wat sê, sin daaruit te maak. As dit taktvol is en eerlik, maak
dit saak of dit WAAR is? Volgens Powell is dit ware kommunikasie, ongeag die
waarheid van die stellings. Wat maak dit dan ware kommunikasie? Ni� die
verstaan en insig van die onvanger nie, maar die integriteit van die
stuurder. Die konsekwensie van sy/haar bydraes. Die voorspelbaarheid van die
respons. Want ware kommunkasie is ook om takvol en eerlik te antwoord. Om
die mens te leer ken AGTER die woorde is dus die uitdaging - want
uiteindelik is die egtheid (vervanging van "ware") van die kommunkasie
gekoppel aan die een wat kommunikeer.

Sommer net 'n paar sinne. Miskien laat dit jou ook dink. Bemeester ek my
taktvolheid en vermoë om eerlik te wees - volkome eerlik - ontdek ek dalk
dat ek volgens Powell se definisie WAARLIK kommunikeer. Vraag bly staan: Kan
dit eg (en betekenisvol!) genoeg wees as dit nie ook met takt (lees ook
goeie oordeel) en eerlikehid aangehoor word nie?

Hierdie relaas sê meer oor met WIE ons kommunikeer as HOE...

Soos ouma sê: Kies jou vriende kind.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Plaaslyn stories

Ma., 24 April 2000 00:00

Kyk nou net na al die stories en threads hier op die nuus groep.

Laat my sommer dink aan my kinderdae met 'n plaastelefoon. Een van daai
een-kort-drie-lang luie en almal weet daar's iets om af te luister...

My ma vertel die storie:
Hier in die oorlog jare (39-45) werk sy toe op die 'sentrale'. Nou saans
bel iemand uit die dorp vir familie op die plaas. Nou moet die 'sentrale'
eers die lyn 'optel', en dan vir die lot wat op die lyn kuier sê: "Ek het 'n
oproep vir julle, sit neer lat ek kan lui."
Voor die tyd het hulle so periodiek geluister wat op die lyn aangaan net om
te kan weet of die lyn besig is: Sy sê dan sit die ou spul en klets op die
lyn. Niemand het 'n slinger gedraai om vir die ander te lui nie, nee
hulle't maar so 'bygekom' soos die lot nou klaar ge-eet en boek gevat het.
Sal een nou sê: "
Wonder of Jan Grootoog al slaap?
Nee wat! Wie wil dan nou gaan slaap. was nog nie eers nuus oppie Kaap nie!
Hei ou Koos, het jy gehoor van oom Gaffie en die galdeers?"
So praat die ou spul dan totdat daar nou 'n regte oproep deurkom, of tot
hulle so een na die ander kooi toe gaan.
In daardie jare was die "Kaap" die afrikaanse diens van die SAUK, en
streeknuus en sekere programme is vanaf Kaapstad uitgesaai.
Oom Gaffie het eenkeer by die plaaswinkel aangeloop gekom in daai jare. (Het
net bokant die winkel geboer) Net mooi in die tyd van D-Day toe die
Geallie�rde magte Frankryk ingeval het.
Sit hy daar in die winkel en luister na die praatjies wat almal nou maak.
Seg hy ook so tussen deur:
"Ja, en daar lees ek en die ouvrou toe gist'raand oor die Galde�rs, en net
na ons klaar gebid en gesing het sit sy die draadloos aan, en daar hoor ek
toe maar die galdeers het toe wragtag vir hiekler ok aangeval! Glo in
Frankryk aan land gegaan. Maar ek had niks van skepe gistraand gelees nie!"
Einste oom Gaffie se "Case trekter wat op perlifienk loop"

En nou het ek teruggegaan in die verlede, en die vraag is: Wie kan dit nog
onthou? Kom nou, moenie skaam wees nie: Mens sien tog nie die bleskoppe en
die gryskoppe deur die nuusgroep nie!!

Grys en bles Thys vannie Kaap

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1087  1088  1089  1090  1091  1092  1093  1094  1095  1096  1097  1098  1099  1100  1101  1102    »]
Tyd nou: Wo. Des. 17 02:46:16 UTC 2025