Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kan iemand dalk onthou

Do., 27 April 2000 00:00

Ek kan vaagweg onthou dat iemand hier op 'n stadium gevra het waar hy / sy
Afrikaanse MP3 musiek kan kry op die net.

Het daar antwoorde vir die vraag ingekom, en indien wel sal die persoon dit
weer plaas asb.

Thanx

Riaan

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Kan iemand dalk onthou

Wo., 26 April 2000 00:00

Is ons reeds donderdag?

Leo

Riaan schreef in berichtnieuws
8e6f5k$oa6$1@nnrp01.ops.uunet.co.za...
> Ek kan vaagweg onthou dat ienand hier op 'n staduim gevra het waar hy / sy
> afrikaanse MP3 musiek kan kry op die net.
>
> Het daar antwoorde vir die vraag ingekom, en indien wel sal die persoon dit
> weer plaas asb.
>
> Thanx
>
> Riaan
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kermwapens Nou Beskikbaar

Di., 25 April 2000 00:00

Gebruikte kermwapens teen 'n ongelooflike prys!!

Moet nie ons uitstelling by die Randse Skou misloop nie!!

(Kyk vir die bordjie wat sê: Geheime, Onwettige, en Ongewensde Goedere)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tannie (cont)

Di., 25 April 2000 00:00

> Heel praktiese
> dinge: soos kry meer paspoortkiekies as jy oorsee gaan
> studeer as die minimum wat jy nou in Kanada nodig het. As
> hy na my geluister het, sou hy hom ure en ure se pyn in 'n
> vreemde land gespaar het (in hierdie geval Frankryk.)

Dis nie JY wat slim is nie, Gloudina, dis jou laaitie wat dom is.
Dit neem absoluut geen intelegensie om altyd ge-"stamped" kopiee van jou
paspoort/geboorte sertifikaat en extra paspoort fotos aan jou te he as jy
rondvlieg nie:
IT'S ABSOLUTE COMMON SENSE. En moet asb nie nou vir my se jy reken jy's
"sienend" nie.

> My teorie is dat mans nie behoort te
> trou totdat hulle self kinders wil he nie, en dan 'n moeder soek
> wat hulle as geskik vir hulle nageslag beskou.

Uitstekende idee!!
Dus moet ek "single" bly totdat ek
voel ek wil voortplant en gaan soek dan 'n middeljarige vrou
op die brink van menopause?

> dit omdat jy so oninteressant
> en selfsugtig in die bed is, dat sy maar enige ekskuus gryp om
> nie vir jou daar te ontmoet nie.

Korrek, ek probeer beslis ons bed vermy, ek verkies haar "best friend's" se
plek.
2 +1 = yum-yum.
(Ek kan tot vir jou .JPGs stuur, of .AVIs as jy van motion pictures hou)

> Dis die wat ek se mens behoort 'n eksamen te skryf engekeur te word, voordat jy
> toegelaat word om te trou,
> en 'n nog strenger toelatingstoets voordat jy toegelaat word
> om kinders te he.

Wie stel jy voor stel die inhoud van hierdie eksamen saam?
Die Pope, Bill Clinton of Die Ayatollah Gomeni?
Op grond waarvan sal jy toegelaat word om kinders te he?
Op grond waarvan sal jy afgekeur word?

> Die tannie wat vier kinders in minder
> as vyf jaar in die lewe gebring het
> met die hulp van 'n wonderlike
> vader.

HOERA vir die jollie bobbejaan!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Pull in ek se.

Di., 25 April 2000 00:00

Pull in by Nieu Zeeland julle owens!!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

BYBELSTUDIE

Di., 25 April 2000 00:00

Vir diegene wie Belangstel in Bybelstudie in Afrikaans, stuur gerus `n
boodskap aan
Bybelstudi...@listbot.com
U sal dan weer `n boodskap kry waarop U net so moet REPLY...

Dan su U op die Bybelstudie Poslys wees.

Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Fidel en Kuba

Di., 25 April 2000 00:00

So tussen die os en die jas Gloudina (of andere wat belang stel)
(of soos die ou omie gesê het toe die dominee hom vra hoe dit
gaan "nee dominie, dit gaan maar so tussen die bul se probeer en
die koei se keer".

In ieder geval, wat dink jy (as mede Noord Amerikaner) van die
Elian
Gonzalez saak wat nou tot vervelens toe op die kassie is. Ek
het gou n
opname gedoen, en meeste van my Suid-Afrikaanse vriende dink hy
moet
terug saam met sy pa na Kuba, maar my man (n Amerikaner) en my
Amerikaanse kollegas dink hy moet hier aanbly, want hulle het n
ewige hekel
aan Fidel. Ek kan my verstom vir Amerika se weersin aan die
arme man,
dis soos n vlooi teenoor n olifant, en hy laat my soms dink aan
ET (wat nou in die tronk sit).

Pat


> Hierdie internet gaan darem net my verstand te boweSoos 'n vetgesmeerde blits
> is die mp3 reg in ons
> RealJukebox. Baie baie dankie.
>
> Kom die tulpe daar by julle uit? Ons het 'n
> vreeslike laat lente. Nog geen tulpe nie, en oor
> drie weke is dit die Tulip Festival (omtrent die
> derde week van Mei.)
>
> Gloudina
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

prop...@aol.com

Di., 25 April 2000 00:00

Ek sien jy hou jouself skielik skaars. . . .?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: prop...@aol.com

Di., 25 April 2000 00:00

On Tue, 25 Apr 2000 01:34:30 GMT, "Phatti" wrote:

>

Wat is dit met jou?
In die eerste plek lyk dit of jou gunsteling aanvalsmetode is om sg.
persoonlike details van mense op die nuusgroep te plaas, dan skuil jy
self agter 'n vals naam en dan het jy die ding wat jy nou hier ook
gedoen het.
Jy beledig iemand en as hulle dan nie sommer dadelik antwoord nie pos
jy die soort kak wat jy hier gedoen het.

Die mense hou dalk naweek. Of erger, dalk is jy nie so belangrik vir
hulle as wat jy dink nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Regstelling: Taalkundig

Ma., 24 April 2000 00:00

EEN ding is baie sleg van Nuusgroepe: mens sien die taalkundige foute eers
later:

Ekself het geskryf:
> Dis presies waarna ek opsoek was!
> My dank ook aan Bryan (die ontwerper) wat mense soos my in ag neem.

Vir die puriste hierbinne, enkele regstellings en aplogie oor die res
(sommer ook vir komende skrywes):
(1) "opsoek" = "op soek"
(2) "mense soos my" = "mense soos ek"

Sal voortaan versigter wees, of bloot besluit dit maak nie saak nie.
Whichever comes first.

Jammer, ek's verveeld genoeg vandag om my eie foute reg te maak...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1087  1088  1089  1090  1091  1092  1093  1094  1095  1096  1097  1098  1099  1100  1101  1102    »]
Tyd nou: Do. Mrt. 12 08:00:02 UTC 2026