So rukkie terug was daar 'n debat oor hoe Afrikaans daar uitgesien het
in die jare toet. Ek het op die artikel afgekom wat 'n idea gee. Dit is
geskryf op 5 Augustus 1898. Net so meer as 100 jaar gelede.
PJ KLOPPERS KAAPSCHE HOOP ANTWOORDT OP SCHRYVEN VAN DEN 27 APRIL DAT HY
REEDS MET DEN HEEREN DE WIT EN LUB IN ONDERHANDELING GETREDEN IS INZAKE
HET OPMAKEN VAN EEN LEERPLAN ZAL NU VOLGENS BOVENGEMELD SCHRYVEN MET DE
ANDERE GENOEMDE HEEREN DAAROMTENT IN CORRESPONDENTIE TREDEN. GEEFT
TEVENS DE VERZEKERING VAN ZYNE BELANGSTELLING IN HET ONDERWYS OP DE
GOUDVELDEN.
Dis nou die raaiskote die donkertes in oor my identiteit. Was dit Ferdie en
die outannie met haar skilderye gewees ? (Lyk TOG of daar 'n windmeul naby
haar huis is) Een ding is duidelik - die raaiskote is net so ver mis as die
"logika" wat hulle in "argumente" aanwend. Nasperser ! Hehehehe. As
mnr. Ferdi sou aandring daarop, mag ek dalk iets kwytraak oor Naspers se
purper klede en wie "sit in watter kantoor" - en hoe "musical chairs" daar
werk. (En nee, ek het niks met Naspers te doen nie en hulle kan my nie
bevoordeel OF benadeel nie)
Maar kom ons beweeg vorentoe. Dit blyk dat deelnemers tyd en energie
vermors deur geselskap met bg. karakters aan te knoop aangesien hulle die
vermoë toon om alles te herlei en in verband te bring met spoke uit die
verlede.
Boertjie, jy's reg. Ek het jou nog nie sien vloek hier nie. Dit was ander
ouens.
> skryf in boodskap news:3969276C.4795ECDE@home.com...
> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> Wat dink jy bedoel Mbeki as hy praat van die wit rykes/ryk minderheid wie
>> opofferings moet maak en hulle vrywilliglik aan die herverdeling
van
> rykdom
Die argument laat my altyd dink aan die wit familie in Louis Trichard
wat moes trek na die lokasie daar. Die gemeenskap stel toe 'n afvaarding
in om hulle te oorreed dat witmense nie so leef nie. Ja, die familie is
nog steeds in die lokasie, want niemand kan 'n plan beraam om die ryk
wittes in die lokasie 'n beter en goedkoper verblyfplek in die 'wit'
gebiede te voorsien nie. Die ryk wittes in die lokasie kan ook nie beter
bekostig nie. Ek wil nog sien wanneer die artikel die nuusmedia
binnedring.
Dan is daar die regering dat erken dat hulle teveel kapitaal besit. En,
besig is om van dit te verkoop. Wanneer die boereverening gevra het hoe
die huidige regering die gronduitdeling gaan bewerkstellig word, was die
antwoord dat die regering die 25-30% van die grond wat hulle besit
eerste gaan 'uitdeel' Maar, die boere wat op 80% van die grond sit, moet
nie te gerus wees nie. Die sal onder hulle uitverkoop word. Nou wil ek
weet van wanneer af is SA 10 tot 50% groter as wat dit is? (80% plus die
30% urban area plus 30% regerings grond is nie 100% van SA nie - of
hoe?)
Dit nou eers daar gelaat. Ek is 'n aandeelhouer op 'n stukkie grond
Noord van die Soutpansberge. Die stukkie grond is 200 hektaar sonder
enige natuurlike water. Inteendeel daar is net nie water in die strook
bekend as "Limpovalei" nie. Die water gedeelte lê Oos (of wat bekend
staan as Venda). Die 'waterryk' area het nog nooit aan wittes behoort.
Nou, dit is nie baie groot nie, dis seker so groot as België. Die stuk
wat aan die wittes behoort (dit nou wes van Beit-brug) het 'n
interresant geskiedenis.
Hier om en by 120 jaar gelede trek daar toe 'n klompie wittes die
Zoutpansberge in en vestig 'n dorp (so 30 kilometer van Louis Trichard
af). Die Venda koning voel toe dis nie regverdig nie en vermoor meeste
van die wittes en brand die dorp af. 'n Potugees van Mozambiek kom toe
om te bemiddel. Nogal redelik suksesvol ook. Daar word toe besluit dat
die wittes die grond wes van Trichardsdal (dis nou die dorp wat
afgebrand was) kan koop. Die word beklink so teen 1908. Nou dis is
intersant hoekom die Venda koning die grond wou verkoop. Die Vendas kon
nie daar 'n bestaan maak nie want die area is semi-woestein met 'n
reënval van 150-250mm per jaar (so 'n goeie reënbuie op die hoëveld
naweek). So, hoekom dit verkoop?
Dis toe net daar waar die probleem begin. Engeland stig 'n Unie en lyf
die Republiek van Zoutpansberg by SA in. Die Republiek wasdie droë warm
semi-woestein gedeelte. Engeland neem toe die skuld oor en aanvaar om
die Venda koning te betaal. Nou die wit boere het maar aangegaan en
begin produktief word. Hulle het mos hulle akte wetiglik gekoop. Daar is
'n paar wat boorgate ingesit het en so bietjie water gekry het. Daar is
ook redelik geprospekteer in die area is vrot van kole (steenkool). Dis
nou die wit tieppe. Kan nie eintlik gebrand word nie. 'n Kers gee meer
hitte af as 'n ton van die goed. Bevark net eintlik die drinkwater. Op
die Limpopo grens kry hulle ook so bietjie diamante en verder wes toe
ook goeie steenkool (dis nou die Utusu steenkool myn). Maar, die myn is
eintlik in Botswana. Verder is dit ook net 'n bestaan wat daar gemaak
is. Die beste wat die wittes daaruit kon maak is verblyf en jag. Daar
word groot gejag. 'n Boer skiet vandag nog sommer 20 bokke 'n jaar. Ons
het 30 Kudu op ons klein stukkie grond al getel. Noja ek dwaal af.
Alle grond West van Louis Trichard het nou grondeise op (nie dat swartes
ooit daar gewoon het nie). Die akte op ons plaas is in 1913 goedgekeur
deur die Britse regering en ook onderteken deur die Venda koning dat hy
sy geld ontvang het. Nou hoekom die grondeis instel? Die huidige Vendas
erken hulle het nog nooit daar gewoon nie. Daar word ook erken dat hulle
nog nooit verwyder is van die area nie. Verder word daar erken dat die
Vendas die grond verkoop het en dat hulle die geld daarvoor gekry het.
Hoekom dan die boere die moer in maak met 'n grondeis? Want, so word
geredeneer, dat die grond eintlik goeie grond is (want die boere het dan
'n bestaan daar gemaak) en hulle was te min betaal daarvoor. Hulle wil
nou die grond terug eis sodat hulle dit weer kan verkoop!!
Nou kom die eintlike probleem. Die boere daar, is bereid om hulle grond
te verkoop. Geen probleem nie. Dit word op die mark gesit teen R1,000
per hektaar (die pryse kan geraadpleeg word in die Landbouweek. Dit het
die koper, die verkoper en pryse in, per distrik. Die weekblad is ook
online beskikbaar). Die regering sal dan die plase opkoop teen mark
prys. So, 'n klein stukke grond van so 200 hektaar sal dan R200,000 wees
plus die verbeteringe (dis nou teen mark waarde). Wat offer die
regering? R50,000. Want, dis te klein om op te boer. 'n Groter
wildsplaas van so 1,000 hektaar (markwaarde van so R3,500,000 met
verbeteringe - 'n wildsheining kos nou so R18-R25 per meter. So, 'n
wildsheining vir so 'n plaas kos R300,000 tot R500,000). Wat is die
regering bereid om te betaal? R100,000 tot R150,000!! Dis is nou vir die
plaas, omheining, die woning en wild. Dis eintlik die gemors. Geen boer
gaan dit vrywillig vir daai pryse afstaan nie. Veral as hy R3,5 mil
daarvoor betaal het nie. Nou word die boer beskuldig dat hy geldsugtig
is. Ja, daar is swart boere in die omgewing maar, hulle het markwaarde
betaal vir hulle grond (sonder regeringshulp).
Ek moet se ek's nuut hier en het die laaste twee dae deur die ng gegaan om
'n "voel" vir die ding kan kry en al wat ek kan se is SKAAM JULLE!!!
Almal van julle (dis nou boertjie en kie) wat so tekere gaan oor afrikaners
en afrikaner-regte ens, ens is niks beter as enige ander swart man wat skree
vir sy regte nie. Minstens het Nelson Mandela en Mbeki die "guts" gehad om
op te staan en te se "ek staan vir dit waaraan ek glo en dis wie ek is, ek
kruip nie weg nie" hulle het tronk toe gegaan vir dit waarin hulle geglo
het. Die res van julle kruip agter 'n rekenaarskerm weg en is te donners
bang om julle gesigte of identiteit bekend te maak. Met ander woorde die
hele spul van julle is lafaards, en nie bereid om te sterf vir julle "cause"
nie.
Na alles moet ons onthou dat ons ook maar eindelik net settlaars hier is en
nie een van ons oorspronklik van Afrika af is nie, maar dat ons Grootjies
hulleself hier kom tuismaak het. Ek ken die geskiedenis, en ek weet wat
Piet Retief gedoen het en hoe hy dood is en ek ontken nie my grootjie wat sy
bloed vir my gestort het nie, en dat ons sekere regte het volgens die
geskiedenis. Die feit dat ons hulle land gekoop het, het ons nog steeds nie
later jare die reg gegee om hulle soos honde te behandel nie. (nee hel ek
dink julle honde word beter behandel)
Ek's trots op ons land en my voorvaders en hoe hulle baklei het vir wat
hulle in geglo het. Maar die feit bly staan ons is indringers en het swart
mense van hulle basiese menseregte beroof, en nou betaal ons die prys
daarvoor. Julle ken seker die engelse gesegde "do unto others as you want
them to do unto you"
As julle my vra het ons maar lig daarvan afgekom want as Mbeki en Mandela
daai gesegde gevolg het moes ons nou ook in "townships" gebly het, huise
skoon gemaak vir swart mense, nie verder mag geleer het as st. 5 nie ens,
ens.
En net 'n vragie aan boertjie en sy span rassiste. As jy eendag in die
hemel kom en daar staan 'n swart man, gaan julle vir God se nee toemaar ek
deel nie die hemel met 'n swarte nie. Hy gaan of ek gaan? Want julle
vergeet een ding swart mense is ook deur God geskape en net soveel Sy
kinders soos ons. Wie is jy om te oordeel dan?
Ek hoor vanoggend op National Public Radio hier van Pres.
Mbeki wat weer gesê het dat HIV nie Vigs veroorsaak nie. Hy het
gesê hy vra net dat mense alternatiewe navorsing moet doen, en dat daar geen
bewyse is nie. Toe kom (die gewese) Mev. Mandela aan die woord,
en sy gee so n lang pouse, en sê met n donderde stem "HIV causes
AIDS" Dawerende applous, toe kom sy lekker aan die gang en
sê ons (die land) gaan aandring dat goedkoop/gratis medisyne
beskikbaar gaan wees vir die bewoners van S.A. Ek was verbaas
dat sy Pres. Mbeki so driftig teegegaan het, dinge sal sekerlik
versuur tussen hulle twee na dese.
Wat my verstom is dat Suid Afrika met sy superior mediese
dienste die land is met die meeste VIGS gevalle in Afrika (die wêreld?) Die
radio
sê daar is 4 miljoen mense besmet.
Ek het een klein vragie aan jou - Spreek jy die vryheid vegters goed?
Die rede hoekem ek die vraag vra is omdat die Adrikaners ook vryheid vegters
was en nie moordenaars nie - hulle is mense soos ek en jy!
Ek ken Clive redelik goed en hy is een van die mees sagste stabiele mense
wat ek ken -- Nie die houding van 'n moordenaar nie. Hy is 'n vryheids
vegter wat geglo het die kommies die land gaan oorvat en wou mense soos ek
en jy beskerm -- Nou skop jy hom in sy gesig en noem hom 'n moordenaar.
As die ding omgedraai het en dinge was anders het jy hom dir nie genoem nie
dan was hy 'n Hero ---- "Julle is almal die selfde!".
As jy Clive, sy vrou Gay en Walus moordenaars noem dan noem ek jou Afrikaner
Voorvaders ook moordenaars.......!!
WAKEUP AND SMELL THE COFFEE !!
skryf in boodskap news:396874C6.221E9E9@home.com...
> Boer...@eskom.co.za wrote:
>
>> daar sit
>> amper 400 afrikaner politieke gevangenes in die tronke,as die anc terroriste en
>> die pac boewe kan vrykom hoekom nie ook Crhis Hani se moordenaars nie?
>>
>
> Ek weet jy kan nie al 400 politieke gevangenes opnoem
> nie, maar noem 10 vir my asseblief. Hulle name en vir
> watter politieke daad hulle in die tronk sit.
>
> Vergeet jy dat 'n Afrikanervrou verantwoordelik was
> vir die arres van Chris Hani se moordenaars? Hulle
> sit in die tronk omdat hulle moord gepleeg en geplan
> het. As hulle in die VSA gesit het, was hulle nou op
> "death row." Dis alleen omdat hulle nou in 'n verligte
> land sit waar die doodsvonnis afgeskaf is, dat hulle
> nie doodgemaak kan word nie.
>
> Gloudina
>