skryf in boodskap news:39D69BDE.7F623F92@home.com...
VIER GEDIGTE UIT DIE KLEIN KAROO
VOOR DIE VAL
In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels uit my drome sal verrys,
dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.
Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel,
terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.
DIE SON SAK WEG
Weg van die growwe groen heuwels
van die Oos-Kaap,
ver na die suidweste
lê die Swartberge.
My hart het op 'n tyd daar gewoon.
Maar dis blote klip en grond, my liefstes,
wat onder die koeëlronde son hoog rys
in die droë Klein Karoo.
Daar verkoop slinkse boere
Waatlemoene om aan die lewe te bly.
HERFS, OUDTSHOORN
ma, die son jaag 'n wind van verder as ver
wat die helder lug bo die berg verbrokkel
bruin aan bome in die lanings vreet
en die appelkoosboom in jou agterplaas
in geel vlamme verbrand
DIE IMPERIALISME VAN DIE TYD
Ek ken die Swartberge
in die land voor die tyd.
Daar het ek die wiskunde suiwer geleer
van die son wat glorieryk om die aarde tol.
Daar kon die geometrie van my geloof
Die hele wereld elegant aan 'n enkele uur anker.
Maar met die ontvangs van oktrooie
duskant die Swartberge,
het die tyd my heerser gemaak.
Ek het koning oor my lewe geword.
Ek vat die dae en die nagte
en ek maak statistieke daarvan.
Die tyd is 'n mensgemaakte tegnologie.
Ek bestudeer die tyd as 'n ko-ordinaat
van die wêreldlyn,
Ek is koning van idees.
Ek weet hoe vulkane
berge uit die aarde gedruk het,
hoe vreemde diere vroeër
in die moerasse van die Klein Karoo
onder die fel son gebulk het.
Ek weet hierdie berge sal weer beweeg
en valleie, vlaktes en mense saam met hulle sleep
en weer in die koue planeet wegsak
wanneer die son rooi en oud word,
voor alles weer soos saad
in die donker kiltes van die hemel verskiet.
Ek is koning van konsepte.
En van hier
waar die kragte van die tyd
glorieryk in balans
om my helder hede hang,
heers ek
oor die verlede
en oor die toekoms.
twee honde slaap rustig
vreedsaam rug aan rug
in 'n felle suider son se lig
drie lemoenduifies
veg sonder om te praat
spatsels van yster as chromaat
hemelloos blou en stil die lug
as een moet vlug
Jy praat die grootste klomp kaf Nasty. Clinton is baie gewild. Die mense
vergewe hom sy Monica episode net soos hulle Kennedy al sy vroue
episodes vergeef het. Mag bring seksuele belangstelling (ek stel dit
bietjie stupid, maar julle verstaan tog wat ek bedoel). Die land
is sterk en almal is gelukkig.
Die mense hier in Amerika is myns insiens nogal baie godsdienstig
en probeer goed doen. Die kerke doen oral werk onder die armes,
het sopkombuise en meeste skole het godsdiensklubs wat of net
voor of net na skool gehou word, en meeste kinders woon dit by. Hulle
word beslis nie geleer dat God nie bestaan nie. Ek het twee kinders op
skool, ek behoort te weet wat hulle leer of nie.
pop
Nasty Quaker skryf in boodskap news:%wID5.98$iH.121392@news.uswest.net...
> Julle besef blykbaar nie wat in die VSA aan die gang is nie.
>
> Clinton sou nooit herverkies geword het nie, meeste Amerikaners verag hom
> vir die leuens oor Lewinsky ens ens. Die interessante ding tov die VSA, is
> dat die Christene, meesal nie-blankes is. Blankes in die VSA word al-hoe
> meer Goddeloos. In die VSA, is daar nie die S.A. kultuur dat jy saam met
> een-of-ander Godsdiens grootword nie. Amerikaners word op skool, en tuis,
> geleer dat God nie bestaan nie, en dat Evolusie en Big Bang die waarheid
is.
Wil graag die Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet,
insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat deel neem aan die
Afrika Renaissance, en veral die ANC gelukwens vir die super sukses wat
bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Die menige inisiatiewe geneem
deur President Thabo Mbeki, Staats departmente en die Private Sektor,
ten bate van miv+/vigs navorsing in ons Paradys, en elders op die
Planeet. Holistiese benadering vir die rol van die imuun stelsel,
aangaande 'n geneesmiddel vir miv+/vigs. Volgehoue navorsing
aanganaande die bestryding van miv+/vigs. Insluitend die menige bydraes
wat gelewer word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. En om die
Regering van ons Paradys, en elders op die Planeet, te ondersteun om
hulle doelwitte te bereik. Vir die Persone van ons Paradys, en elders
op die Planeet. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
Wil ook graag Regerings en Intelligensie Organisasies in ons Paradys,
en elders op die Planeet, veral Departement 3 in die VK en Majestic 12
in die VSA, en verskeie Organisasies, gelukwens vir die super sukses
wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Veral vir die volgende:
Deursettings vermoë en vasberadenheid. Menige inisiatiewe, om
vredevolle en voorspoedige multi-kulturele verhoudinge regoor die
Planeet te verhoog. Om voordelige verhoudinge tussen Regeings en Lande
te verhoog, veral deur Staatshoofde. WCPA (World Constitution and
Parliament Association) inisiatiewe. Verskeie Ondergrondse Regerings
inisiatiewe, wanneer nodig. Ondersteuning gelewer om te groei van
apartheid na sosiale integrasie. Asemrowende ondersteuning aangaande
perdry vir 'n beter toekoms. Verskaffing van werks geleendhede.
Ondersteuning gelewer aan menige Regerings regoor die Planeet, om die
miv+/vigs virus te bestry. Insluitend die menige bydraes wat gelewer
word aan die Afrika en Suid Afrika Renaissance. Asook om die Regering
van ons Paradys, en elders op die Planeet te ondersteun om hulle
doelwitte te bereik. En nog baie meer. Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.
'n Saak wat na aan die hart raak, is om die vrede en voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, asemrowend te
verhoog.
Behou geloof, hoop en liefde. Onthou die oomblik het aangebreek om
eksponensieel ondersteuning te verkry. Verstaan enige advies hier word
gegee in die gees van Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om
dit te gebruik net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.
Definisie van term(e) wat in hierdie bydrae gebruik word:
Regering - Bestaande Regering strukture, soos algemeen aanvaar word.
Ondergrondse Regering - Regering strukture beskikbaar en/of teenwoordig
onder die kors van die Planeet, waar en/of wanneer nodig. Hoogstens
aangeraai, om hierdie term te interpreteer in die positiewe sin van die
woord, in hierdie en alle ander bydraes wat hier gelewer word.
Stel voor om ontmoetings te verhoog met die WCPA asook Regerings
Amptenare in alle Regering strukture. Om die beheer en besluitneming
aangaande die bestuur van Ondergrondse Regering strukture, waar dit
bestaan, indien enige, te verhoog. Hoogstens aangeraai, om die
portfolio en/of departemente in huidige Regering strukture te verhoog,
om Ondergrondse Regering strukture in te sluit. En vir die persoon in
die amp van Staatshoof, om die huidige Staatshoof te wees, indien dit
nie alreeds so is.
Debatte kan ook verhoog word aangaande die haalbaarheid van hierdie
bydrae, tyd skedule nodig, asook medium en lang termyn voordele. Dan om
implementering van hierdie bydrae te verhoog, indien wel.
Ontmoetings kan ook verhoog word, vir amptenare van beide Regerings, om
dieselfse persoon te wees, waar moontlik. Portfolios en/of dienste kan
ook verhoog word, waar en wanneer nodig. Hoogstens aangeraai, om
vergoedings pakkette dien ooreenkomstig te verhoog, indien nodig.
Hoogstens aangeraai, om aansporings bonusse aan Regerings Departemente
te verhoog wat verenig in hierdie verband. Die toekenning van range
en/of aangesiene posisies kan ook verhoog word in die verband. Om die
eer van persone te verhoog wat verantwoordelik is vir suksesse in
hiierdie verband. Om die suksesse van hierdie bydrae te verhoog, asook
effektiewe besluitneming in die verband.
Die infra struktuur van ondergrondse fasiliteite kan ook verhoog word,
op Kontinente en Eilande. Ondergrondse tonnels kan ook verhoog vanaf
eilande na kontinente, soos nodig, indien nodig. Gemene deling van
fasiliteite tussen lande kan ook verhoog word in die verband, veral die
gladde vervoer van persone, waar en/of wanneer nodig.
Selings fasiliteite van ondergrondse tonnels en/of fasiliteite kan ook
verhoog word, elke 1-2 km�s word aangeraai. Verskeie vorms van krag
voorsiening, insluitend verskaffing van son energie kan ook verhoog
word. Opwekking van energie vanuit kristalle kan ook verhoog word,
indien hierdie tegnologie bekend is aan wetenskaplikes. Krag opwekkers,
asook beskikbaarheid van fasiliteite kan ook verhoog word, soos nodig.
Nood en/of ondersteunings maatreels kan ook verhoog word. Kleur
kodeerde ligte en kommunikasie fasiliteite kan ook verhoog word by
ingange en in lokale, waar en/of wanneer nodig. Om die gladde verloop
van operasies te verhoog, indien dit nie alreeds die geval is.
Opleiding en ontspannings fasiliteite kan ook verhoog word. Asook om
fasiliteite te verhoog vir verskeie kultuur/godsdienstige benodighede.
Afhangende van benodighede wanneer ondergrondse fasiliteite wat gebruik
word, indien ooit.
Besprekings tydens ontmoetings van Planetêre besluitneming strukture,
bv. G-7, G-8, G-20, VN, Wêreldbank, IMF, WCPA, ens. kan ook verhoog
word. Aangaande die bestuur, beskikbaarheid en vergroting van
ondergrondse fasiliteite, waar en/of wanneer nodig, indien ooit. Asook,
om lenings in die verband te verhoog, tot voordeel van alle betrokke
partye.
Hoogstens aangeraai, om kommunikasie deur die Media aangaande suksesse
van ondergrondse fasiliteite te verhoog. Veral wanneer fasiliteite
gebruik is in die verlede, indien ooit. Ten voordeel van alle betrokke
partye.
Dit kan President Thabo Mbeki geweldig ondersteun. Veral waneer
President Mbeki die Suid Afrika, en veral die Afrika Renaissance 'n
kwantum sprong vorentoe neem, omtrent Junie 2000 en/of net daarna.
President Mbeki kan suksesse behaal in die Suid Afrika Renaissance
herhaal vir menige Lande wat aan die Afrika Renaissance deelneem. En
dit die sukses maak wat dit verdien om te wees.
Hierdie bydrae kan dien as die geskenk van die Millenium van die ANC,
President Mbeki, asook die Regering en die Persone van ons Paradys, aan
die Regerings en die Persone van die VSA en VK, en elders op die
Planeet. Om vriendskappe te verhoog tussen ons Paradys en die Regerings
op die Planeet.
Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge:
Meer effektiewe beplanning en besluitneming aangaande die bestuur van
ondergrondse fasiliteite kan asemrowend verhoog word.
Ondergrondse fasiliteite, wanneer nodig, indien ooit, kan asemrowend
verhoog word.
Die beginsels van afhanklikheid en mede-afhanklikheid regoor die
Planeet kan asemrowend verhoog word.
Lang termyn besparings en voordele kan asemrowend verhoog word.
Ekonomiee, en potensiële ekonomiee kan asemrowend verhoog word.
Vrede en voorspoed kan asemrowend verhoog word.
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel.
Die Afrika en Suid Afrika Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe
neem.
Die Planetêre Renaissance kan 'n kwantum sprong vorentoe neem.
En 'n beter lewe kan vir almal geskep word.
Kommentaar:
Hoogstens aangeraai, veral vir diegene wat bewus is van fasiliteite wat
onder die kors van die Planeet bestaan, om hierdie bydrae nie te verwar
met bydraes wat November 1999 gelewer is. Aangaande Intelligensie
Organisasies, met personeel van bestaande Intelligensie Organisasies
wat onder die kors van die Planeet dienste verrig, wanneer nodig. Wil
graag die stelling hier herhaal, asook die uitnodiging, soos alreeds
gelewer.
Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in 'n
beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die 21e Eeu
d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve all.
Hoop dit help. Saam vir 'n beter toekoms. Een vir almal en Almal vir
een. Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys en Planeet te skep
waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en leiding.
Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die Persone van
ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en Praal, Passie, asook
Profytvol Vorentoe, sodat hulle na hulle Prys, hulle Piek, kan Peil.
Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter word, is
dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel sal word wanneer
dit raakgesien is. Apologie word noual aangeteken daarvoor. Vergewe
asb.
(Hierdie bydrae kan gesien word as meer as 'n miljoener kaart, waar van
toepassing. En word op 'n Saterdag gelewer, soos deur die Media
aangevra, direk en/of indirek.)
Inligting oor staproetes in Suid Afrika. Alle groot roetes en nog baie
ander, roeted kan gekies word vanaf 'n alfabetiese lys of dit kan gesoek
word onder die provinsie waaronder dit verskyn.
Ek wonder vandag oor die Suid-Afrikaner, oor myself.
Die gevaar vir veralgemening is altyd daar, maar tendense loop soos
silwerdrade deur ons maatskappye, deur ons hele nasie.
So waag ek dit dan om te sê dat ons Suid-Afrikaners baie emosionele bagasie
saamdra.
Verder dink ek dat hierdie bagasie in die vorm van stil persepsies uitgestal
word. En dat dit ons dade kragtig lei.
En dikwels hoop ons niemand sien dit raak nie - Of miskien, soek ons JUIS
erkenning van die realiteite.
Die dinge waaroor niemand liefs praat nie.
Die dinge wat almal liewer wil vergeet. Die gesprekke raak soms een te veel.
Selfs hier.
Dit moet immers eendag ophou vreet aan ons, ons ouers...ons nageslag.
Daar is lewe ná 1994.
Meeste hiervan hoop op by die werksplek en bars soms uit in rou aggressie.
Maar in meer gevalle is daar net passiewe-verdediging. Self-beskerming teen
onregverdige veroordeling. Stilswye. 'n Paar regsake of berigte in die
koerant.
Die werksplek is waar die nasie bymekaarkom. Dit is dán wanneer die ware
mentaliteit van die Suid-Afrikaner wys - wanneer die verlede se vuil wasgoed
in die "Boardroom" oopgegooi word.
En genesing kom deur rou openhartigheid. Ek het dit self gesien.
Maar dis pynlik. En nodig. Spanbou bly 'n valse spel in Suid-Afrika sonder
insig oor mekaar.
En ek dink daaraan dat ons aksies die mentaliteit van 'n denkende nasie
wys - bevry van 'n onderdrukkende sisteem deur die karaktervolle "victims"
van apartheid. Ek het al gehoor: "If if works, don't change it". Waar laat
dit ons? Vir jare was die simpatie van die wêreld met dié wat ly. En in ons
werksplek lê die mentaliteit van 'n martelaar is diep gewortel - ek skuld
hom, die besigheid skuld haar, want daar is gely. Lyding is 'n leefwyse. 'n
Manier van dink. Die voordeel van die een, die vreugde van die een, is die
lyding van die ander. Weinig word gegun. Soos kinders wat lekkers ontneem
is, word gegryp na geleenthede en bestuur word verkwalik oor verlore kanse.
En die wêreldmark staan ongeërg en toekyk hoe mede-Suid-Afrikaners skarrel
en uit skuld globale produktiwiteit inboet. En die eens welkome simpatie
droog op.
Die skuld-seep van die wit nasie hou aan was - sonder ophou - totdat die
skuim daarvan ons vir nuwe realiteite verblind: Die werklikhede van
omgekeerde rassisme, die pyn van onvervulde politiese verwagtings - beloftes
wat nooit die son gesien het nie. Die uittog van breine en die verset
teenoor verandering - selfs al sou dit ten goede wees.. Ons kneukels is
rooi, maar die vlekke van die verlede bly wys.
Wat 'n ingewikkelde land! Die eenvoud van menswees spreek my vandag aan. Ek
smag daarna - hier in hierdie land. Om energie te hê vir die eenvoud. Is dit
waarom mense emigreer? En is dit hoekom ander nie terugkeer nie? Vandag maak
dit sin.
Hoe kan julle nou vir hierdie arme mnr Greyling so lelik beledig?
Los die arme man nou uit!
Julle kan mos sien dat hy Nie 'n Poepol is nie!
Hy is Baie Meer as dit werd!
Hy is 'n BRILJANTE POEPOL !!
Aanvaar dit nou en los hom uit!
Dankie
Hannes skryf in boodskap news:39dce981$0$225@hades.is.co.za...
>
> Ferdi Greyling wrote in message
> news:39fc8a7f.109570247@news.is.co.za...
>> On Wed, 4 Oct 2000 22:56:04 +0200, "Hannes" wrote:
>>
>> >
>>>> Ek kyk jou in die oe.
>>>
>>> Jy is maar bra fokken skeel ook !
>>> En verder sien ons slegs jou poepol ! >
>>
>> Ek kyk jou in die oe Hannes, jy wat rassisme bedryf en wat die wat
>> beswaar maak daarteen met die dood dreig.
>
> Met die Dood Dreig?? Bwaaaa Haaaaaa Haaa Haa !
> Waar lees jy dit ?? Sit eers jou brille op!
> Slegs jou eie stank kan jou met die dood dreig !!
> Word weer Wakker !!
> Gaan slaap dan weer.
>
>> Ek ek vra jou: Wie is jy?
>> Hoekom is jy bang om te se wie jy is?
> Hierdie vraag was al lankal reeds beantwoord.
> Duidelik dat jy te onnosel is om dit te verstaan.
> Moontlik gebruik jou redakteur jou om slegs
> die "dom kolomme" vol kakstories, aan die
> morone in die samelewing te skryf.
>
>> (Daar is maniere om jou Internet-spoor te volg, weet jy? )
> Ja! 'n Spoor. -My Spoor?? -En ek is SO DOM ??!!
> Bwaaaaa Haaaaaa Haaaaaa Haaaaa Haaaaah !!!!!!!
> Geniet die soektog.
> Dit sal jou lank genoeg besig hou, sodat jy hopelik
> nie gou weer hier 'n klomp stront kwytraak nie.
>
> "Touch Wood"
>
Ek het so vinnig 'n draai gemaak om te sien wat my eie mense te sê het (dit
is nou julle klomp afrikaners wat deur die jare saam met my rugby kyk,
biltong vreet en bier drink. Tot my spyt is meeste van die mail...haat mail.
Een probeer beter wees as 'n ander en die gewone blah blah. Wat my vir al
moerig maak is die mense soos Gloudina wat soveel swart galligheid in haar
het, in 'n ander land bly, en dan arrogant, godlik probeer voorkom.
Ek is nou al amper 'n jaar in Amerika......en ek haat dit. Die amerikaners
is soos wat daai Goudina is. Tot meeste van die Suid Afrikaners wat hierso
in Amerika is, probeer so hard om Amerikaners te wees dat hulle hul
kultuur,mense en land heeltemal afskryf. Hulle is mos beter as die wat in SA
agter gebly het. Dit maak my siek!
Die gras lyk altyd groener aan die anderkant. Ek behoort oor 2 maande terug
by die huis te wees (my LAND!) met my familie. Dit is net jammer dat ons
afrikaners nie meer bymekaar staan en mekaar help in nood nie. Julle sal nie
glo hoe 'n mens julle waardeer wanneer julle nie meer om 'n mense is nie.
Ons gaan slapend deur die lewe en as ons net kan wakker word met behulp van
God se krag en genade, dan kan ons weer een nasie word.
Ek wil nou nie soos 'n dominee geklink het nie. :-)