Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Boobskap vir Marie

So., 22 Oktober 2000 21:21

Hi daar,

Omtrent 'n maand of twee terug her Marie my gevra vir
die naam van die site waar 'n mens kan seekerer inligling kry.

Jammer ek is soo laat..... Die URL is

http://www.nztrek.com

As Frik of Willie hierdie boodskap sien, asb stuur dit na Marie.

Dingus

Emigrasie & buiteland | 0 kommentare

Dawn van Niekerk

Sa., 21 Oktober 2000 00:00

Date: Fri, 20 Oct 2000 21:30:07 +0100 (BST)
From: Marco de Innocentis
Subject: Dawn van Niekerk

Dear members of this NG,

I wonder if you could give me some information which might be useful
for me in trying to help Dawn to be repatriated. As it is now, the
SA government has an exchange treaty ready with Thailand, but the
politicians don't seem to be very interested in signing it. Also,
the SA government and embassy won't sponsor anyone's requests for a
royal pardon, which means all such requests are automatically denied.
As a result, people like Dawn who are sentenced to 40 or more years
have to serve all of them or stay there until they die. We are
pinning our hopes on the SA government agreeing to an exchange treaty,
which would enable Dawn and the others to be transferred to a SA
prison, closer to their families and in infinitely better conditions.

Do you think you could tell me something on the current political
situation in SA today? Do you think it would be counterproductive to
have a campaign on Dawn's case in the national media? Would it perhaps
be better to do so with the other SA prisoners, who - as far as I know -
are all black? Unfortunately I'm not in touch with any of them yet.
Are there still prominent Afrikaans politicians?

Finally, could you give me some linguistic help? How do you say
"Afrikaans society (association, community)" in Afrikaans? This would
help me a lot with internet searches.

Thanks again,

Marco

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Verskille in skole en universiteite

Sa., 21 Oktober 2000 00:00

Hier ook is dan my twee sente se opinie.

My waarnemings is dat a) Kanadese en Amerikaanse skole (en Gloudina, ek skaar
hulle so bietjie saam, maar besef hulle is anders) is nie so goed soos Suid-Afrikaanse
hoërskole is op suiwer akademiese vlak nie, maar dat die kinders baie meer gerond
is en vol selfvertroue klaar maak met skool. My kinders was nog altyd (behalwe vir
twee jaar in n private Katolieke skool, m .i. die beste) in gewone staatskole, en doen goed.
My dogter (nou in matriek) neem al haar vakke "advanced" vlakke, en sy skryf gereeld
ACT en SAT toetse om haar te vergelyk met die res van die studente in die land. Sy doen
uitstekend.

b) die Kanadese en Amerikaanse universiteite is die Suid-Afrikaanse universiteite vér vooruit.
Om verskeie redes, wat ek nie nou tyd het om te noem nie. Ek is nou betrokke met n hele
paar universiteite in Kanada omrede my werk, en ek ken die universiteitssisteem hier in die
V.S.A. Hulle word gereeld gegradeer, en almal weet watter die goeies en slegtes is.

Dus om n opsomming te maak, oor die algemeen is (of was, ek praat darem nou van so 'n
goeie tien/twintig jaar gelede) die S.A. skole beter op suiwer akademiese
vlak, maar die Amerikaanse universiteite is beter.
Dit klink nou vir my asof ek skuldig is aan sweeping statements, maar julle
kan my anders oortuig.

pop

skryf in boodskap news:39F1B1DD.8ACCD5E3@home.com...
Hilda en Gervaas wrote:

> Ons het daaruit geleer 1. dat die Kanadese sisteem ongeveer dieselfde is as
> die Amerikaanse, wat ons reeds geken het, want daar was 'n Amerikaanse skool
> in Kinshasa en 2. dat die Suidafrikaanse skoolprogramme naby aan die
> Belgiese lê.
>

Hierdie sal nogal 'n interessante bespreking wees, Hilda.
Maar kom ons begin by die begin. Daar is nie so 'n
ding soos 'n "Kanadese sisteem" nie. Elke provinsie het
sy eie kontrole oor skole. ( En in Ontario en Quebec
het hul dertien jaar skool in plaas van twaalf, soos in die
ander provinsies. Ontario is nou egter besig om oor te
slaan na 'n twaalf jaar program.) Buitendien is daar nie
so 'n ding soos eksterne eksamens nie. Elke skool
skryf sy eie eksamens. Buitendien is daar in die skole
ook nog verskillende strome. Die skool waarin my
kinders skoolgegaan het, het drie vlakke gehad. Die
wiskunde wat vereis is in die C stroom was dus
aansienlik makliker as wat in die B vlak (wat meeste
kinders geneem het) vereis was. En die A vlak was
baie moeilik, alleen aan te durf deur kinders wat baie
goed in Wiskunde was.
As jy wou weet hoe jy in Wiskunde vaar teen
die res van Kanada in Wiskunde en Fisika en Chemie
het jy gewoonlik die Universiteit van Waterloo se
spesiale eksamens geneem. In die VSA word dieselfde
sisteem rofweg gevolg. Om in universiteite daar in te
kom, neem jy diagnoserende eksamens van Princeton.
Die ander element in die diskussie: Ek weet nie of
hulle nou verander het nie, maar in die ou dae was
Wiskunde in die hoërskool nie verpligtend nie. Ek,
byvoorbeeld, was in 'n skool waar ek in Standerd Nege
en Tien moes kies tussen Wiskunde loop en Geskiedenis
loop. En omdat ek geweet het dat ek aan Universiteit
die twee skoolvakke Afrikaans en Geskiedenis wou gee,
het ek dus geen Wiskunde geloop nie. Dis ook nie van my
vereis in my Senior Onderwys Diploma wat ek aan die
Universiteit van Stellenbosch geloop het nie. Met ander
woorde, daar is 'n klomp mense met grade in die Onderwys
in SA wat absoluut geen wiskunde in hulle sisteme het
nie. (As dit nou verander het, sal ek geinteresseerd wees
om daarvan te hoor.) Maar, in die Noord-Amerikaanse
opset sal van so 'n onderwys-student wat byvoorbeeld
tale gaan gee, tog vereis word dat hy 'n eenvoudige
wiskunde kursus deurkom. Die vraag is dus: in SA
vandag, is wiskunde verplig vir alle studente en moet
hulle dus almal dieselfde vlak van wiskunde deurkom
om Matriek te skryf?
Ek het die saak aan my man gestel. Hy het kennis
van die ou Kaapprovinsie-matriek (het daarin skoolgegaan
en ook vir 'n rukkie daarin klasgegee.) Hy het as professor
van Wiskunde hier in Kanada dan ook wiskunde aan
studente gegee. Hy sê jy kan nie die saak vergelyk nie.
Hy sê die ou SA sisteem (en ook die Europese neiging)
is baie meer monolities en dogmaties, en die inhoud van
die Wiskunde sillabes is baie meer daarop gemik om
'n baie spesifieke hoeveelheid sillabus by die kinders
in te dril. Hy dink dat die Kanadese studente meer getrein
word in wiskundige denke, en nie net om 'n spesifieke
hoeveelheid sillabus deur te kom nie. Aan die universiteite
verskil die wiskunde-klasse ook volgens watter doel jy
met jou wiskunde beoog. 'n Engineer sal ander soort wiskunde
(makliker en meer toegepas) neem as die ou wat suiwer
wiskunde op nagraadse vlak wil gaan loop. Die ou wat
onderwys studeer, se wiskunde klasse aan universiteit sal
baie simpel wees (tensy hy 'n wiskunde-onderwyser wil
word, in which case hy eerste 'n graad in die wiskunde sal
moet kry, en dan 'n eenjaar onderwys-kursus loop.
Elaine, ek sou dus graag wil weet: (1) of Wiskunde verpligtend
is in SA nou- dit was nie in my dae nie. (2) Watter kursus het
jou exchange student uit die VSA aan die kollege geloop? As
daardie student 'n primere onderwys-kursus loop, dan kan
ek verstaan hoekom daardie student se wiskunde-kennis nie
uit die hoogste rakke is nie.
En Hilda, ek sou graag wou weet of Wiskunde (dieselfde vlak)
in al julle skole in die Kongo verpligtend was. En of julle nie
ook verskillende hoeveelhede wiskunde aan verskillende groepe
studente wat verskillende loopbane sou volg, aangebied het nie.

Gloudina

Onderwys & opvoeding | 3 kommentare

Think what you want !!!

Vr., 20 Oktober 2000 06:31

Ek dink ons arme - Suid Afrikaners het bietjie van hierdie medisyne ook
nodig. Ek het gedink die manne in die nuusgroep(e) kan miskien aanklank vind
hierby, Jammer vir die engels :)))

NET WORTH
A well known speaker started off his seminar by holding up a $20 bill. In
the room of 200, he asked, Who would
like this $20 bill? Hands started going up.
He said, I am going to give this $20 to one of you but first, let me do
this. He proceeded to crumple the dollar bill up. He
then asked, Who still wants it? Still the hands were up in the air.
Well, he replied, What if I do this? And he dropped it on the ground and
started to grind it into the floor with his shoe.
He picked it up, now crumpled and dirty. Now who still wants it?
Still the hands went into the air. My friends, you have all learned a very
valuable lesson.
No matter what I did to the money, you still wanted it because it did not
decrease in value. It was still worth $20.
Many times in our lives, we are dropped, crumpled, and ground into the dirt
by the decisions we make and the circumstances
that come our way. We feel as though we are worthless. But no matter what
has happened or what will happen, you will
never lose your value: dirty or clean, crumpled or finely creased, you are
still priceless to those who love you.
The worth of our lives come not in what we do or who we know, but by WHO WE
ARE. You are special - Don't ever forget it.
Please pass this on to anyone in your email address book. You will never
know the lives it touches, the hurting hearts it
speaks to, or the hope that it can bring.

Count Your Blessings, not your problems.

--

Rudolph Thomas
rud...@iox.co.za
http://www.iox.co.za/

Design, Research and Manufacturing of electronic Products, Ideas and
Solutions.

Get paid cash every time you receive email!
Sign up FREE at:
http://www.MintMail.com/?m=16880

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir Blommetjie - die hele rusie oor Israel

Vr., 20 Oktober 2000 02:43

Ek kom nou net van my weeklikse jeuggroep van die kerk af...en raai wat ah
hahahaahah. Ek het nuus vir jou.....slegte nuus. Onthou jy vir Rut? Wel
Rut was 'n Moabitiese meisie. Hulle was 'n donker nasie....baie donker soos
ek die ding verstaan. Rut het besluit om God as haar God te aanvaar.
ahahahaahah. Anyway......Rut en Boas het 'n seun gehad....sy naam was Obed
heheheeheh anyway.....Obed was die Oupa van Dawid gewees. Dawid was een van
die eerste in die voorgeslag of vaders nou van
Jesus....heheheheheheeh.....so as jy dit nou so wil sien, het Jesus "donker"
bloed in hom gehad toe Hy mens geword het!!!!!!!
Gaan lees gerus Rut as jy my nie wil glo nie. Ek dink ek het nou net jou
teorie oor swart mense wat nie hemel toe kan gaan "to pieces geshot"

Elaine

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Boeke van "NP Nortje"

Vr., 20 Oktober 2000 01:06

Waar kan ek boeke van die man in die hande kry ?

Dankie

Louie

Boeke, tydskrifte & koerante | 3 kommentare

Re: Boeke van "NP Nortje"

Vr., 20 Oktober 2000 00:00

Ummm, ek weet nie van NP Nortjé nie, wel 'n PH Nortjé. Watse stuk het jy
van gehoor of gelees van die Nortjé, dat jy graag van sy boeke wil hê? Dalk
sal ek daaruit kan agterkom of dit eintlik PH is wat jy aan dink. Probeer
in elk geval by kalahari.net - behoort aan Naspers en het nogal baie
Afrikaanse boeke. Ek weet net nie of hulle die ander uitgewers (v. Schaik,
JP vd Walt, Quellerie, ens.) se boeke aanhou nie. Hulle diens is goed.

BTW, ek en jy is kollegas, lyk dit my. Ek werk by Iscor HK.

Dries Venter

Groet

"Gtifan" skryf in boodskap news:8so1ru$ca3@godzilla.ast.co.za...
> Waar kan ek boeke van die man in die hande kry ?
>
> Dankie
>
> Louie
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Vir Blommetjie - die hele rusie oor Israel

Vr., 20 Oktober 2000 00:00

Dit lyk my hier is nog n Gloudina. Iets het in die se brein vasgehak en kan
niemand anders se punt sien nie.

Ek het hom/haar al gevra aan watter kerk die behoort of watter sekte. Nog
nie n antwoord gekry nie.

Reenen van Niekerk

Blommetjie skryf in boodskap news:39ef6df8$0$233@helios.is.co.za...
> Gaan maar gerus weer terug na jou kerk toe.
> Glo gerus alles wat hulle vir jou sê.
> Dit is jou "redding".
>
> Elaine wrote in message
> news:39ef6210.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek kom nou net van my weeklikse jeuggroep van die kerk af...en raai wat ah
>> hahahaahah. Ek het nuus vir jou.....slegte nuus. Onthou jy vir Rut? Wel
>> Rut was 'n Moabitiese meisie. Hulle was 'n donker nasie.
>
> Was hulle Almal nou ??
> En w��r lees jy dit ?
>
> ...baie donker soos
>> ek die ding verstaan. Rut het besluit om God as haar God te aanvaar.
>> ahahahaahah. Anyway......Rut en Boas het 'n seun gehad....sy naam was
> Obed
>> heheheeheh anyway.....Obed was die Oupa van Dawid gewees. Dawid was een
> van
>> die eerste in die voorgeslag of vaders nou van
>> Jesus....heheheheheheeh.....so as jy dit nou so wil sien, het Jesus
> "donker"
>> bloed in hom gehad toe Hy mens geword het!!!!!!!
>> Gaan lees gerus Rut as jy my nie wil glo nie. Ek dink ek het nou net jou
>> teorie oor swart mense wat nie hemel toe kan gaan "to pieces geshot"
>>
>> Elaine
>
> Ja ! Jy is Briljant !
> "Encore ! ... Encore ! ... Encore !"
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Afrikaans bands?

Vr., 20 Oktober 2000 00:00

Hello. I was just wondering what some of the more popular Afrikaans
bands are these days? Thanks.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1009  1010  1011  1012  1013  1014  1015  1016  1017  1018  1019  1020  1021  1022  1023  1024    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 09:02:57 UTC 2026