Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Haasdas se nuuskas

Wo., 15 November 2000 00:00

Haasdas se nuuskas berig as volg

Die Organisasie vir Polisiehonde teen geweld(PTG) het in 'n media
verklaring aangedring op nuwe wetgewing om insidente soos die berugte
honde video-insident te vermy. Konsepwetgewing is aangeheg vir die
aandag van die bytrokke minister. Hulle voel dat daar aansienlike byt
in sulke wetgewing moet wees en dat huidige wetgewing op bluff
neerkom...

Die konsepwetgewing behels:
1)Alle verbode immigrante word gedwing om daagliks in 'n
chilli-mengsel te bad
2)Polisiehonde met regse neigings word op 'n 23-uur daaglikse SABC TV
dieet gesit tot hulle heeltemaal links is.
3)Alle regter-slagtande word vervang met rubber kondome vir veilige
bytgewoontes; welke kondome goedgekeur word deur die minister van
gesondheid
4)Polisiehonde het die reg van nie-byt op trekkers, treine en
immigrante ( eksotiese kossoorte akkordeer nie met alle lede nie).
5)Alle polisiehondlede wat aanhoudend op TV gewys word het die reg dat
hulle gesigte gemaskeer word (die onnodige slegte publisiteit beperk
hulle loopbaankeuses tot die oppas van karwrakke).
6)Video kameras by honde eenhede word tot verjaarsdae van lede beperk.

7)Lede mag nie in sulke politieke herries betrek word nie tensy hulle
daarna parlement toe gestuur word met sitting en pensioen.
8)Lede net gebruik word in gewone misdaad sake soos moord, roof ens.
en nie by sensasionele televisieoptredes met rasse innuendo's nie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Briefie vir skunk

Di., 14 November 2000 00:00

Skunk skryf in boodskap news:8uqpqg$rgf$1@azure.nl.gxn.net...
> hennerietjie het onder andere probeer skryf...
>> koebaai antie (my pa sê skank is engels vir 'n myshond. dink antie 'n
>> myshond stink vir homself)
>
>
> Vra vir jou pa of hy al 'n myshond gerook het, dit sal dalk sy mind bietjie
> oopmaak! En nee, 'n myshond stink nie, sy pis stink!!!
>
> Skunk
>
>
Daar's natuurlik nog 'n ander soort skank - die, hier op die ng. Mens wen
hom op en dan stink (piepie) hy vir 5 minute.............

O.N. Heil

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ten minste is SA se rowers nog nie so desperaat nie!!!

Di., 14 November 2000 00:00

This is just too funny not to share. Excerpted from an article
which
appeared in the Dublin Times about a bank robbery on March 2,1999:
Once inside the bank shortly after midnight, their efforts at
disabling
the internal security system got underway immediately.The robbers,who
expected to find one or two large safes filled with cash and
valuables,were surprised to see hundreds of smaller safes scattered
throughout the bank. The robbers cracked the first safe's
combination,
and
inside they found.
Only a bowl of vanilla pudding. As recorded on the bank's audio tape
system, one robber said, "At least we'll have a bit to eat. The
robbers
opened up a second safe, and it also contained nothing but vanilla
pudding. The process continued until all the safes were opened. They
found
not one pound sterling, a diamond, or an ounce of gold. Instead, all
the
safes contained covered bowls of pudding.
Disappointed, the robbers made a quiet exit, each leaving with
nothing
more than a queasy, uncomfortably full stomach.
The newspaper headline read:
"IRELAND'S LARGEST SPERM BANK ROBBED EARLY THIS MORNING"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuutste Honde Nuus

Di., 14 November 2000 00:00

Haasdas se nuuskas

Om nie agter te raak by die huidige vloedgolf van hond verwante nuus nie sal
hierdie deeltydse nuusdiens die volgende bytend-skokkende nuus op 'n
hond-honger publiek loslaat (ons nuusdiens onderneem om geen tand
onaangeroer te laat nie):

Dit het vandag bekend geword dat daar onweerlegbare getuienis bestaan dat 'n
apartheids opgeleide hond met 'n Afrikaanse hanteerder gesien is net voor
die dood van John F Kennedy. Die FBI is dringend op soek na iemand wat die
woord "sa" verstaan. Dit spreek duidelik van 'n apartheids sameswering.
Verskeie organisasies het daarop aangedring dat hierdie aangeleentheid na
die WVK, die menseregte kommmissie en die WNNR verwys word.

Die OVLT (Organisasie vir liberale troeteldiere) het daarop aangedring dat
alle polisie-, sekuriteits- en Malteserhonde onmiddelik onderwerp sal word
aan deurtastende persoonlikheidstoetse om te verseker dat geen apartheids
indoktrinering by hierdie ongelukkige diere oorgebly het nie. Daar word ook
ge-eis dat alle sulke honde verplig word om donkerbrille te dra sodat geen
kleure onderskei kan word nie. 'n Verpligte dieet van ses Beeldkoerante per
week word vir die arme diere aanbeveel.

Ander organisasies dring egter steeds daarop aan dat hierdie duidelik
rassistiese honde met pikkewyne vervang word.

Die publiek sal vir die volgende sewe jaar vir 22 uur per dag aan honde
videos oor TV onderwerp word, is bekend gemaak. Dit word gehoop dat hierdie
stappe die ernstigheid van die hond-situasie duidelik sal maak aan 'n
publiek wat te maklik kla oor gewone moord, roof, verkragting en SABC
programme.

Troeteldiere | 1 kommentaar

Wysneus Hollanders

Di., 14 November 2000 00:00

Arme ou Emmy

Dink jy nou regtig as jy 'n 681 Kb Hollandse daggazol hier pos, iemand gaan
jou en jou bedwelmde klomp Kase glo ???

Het jy al gehoor van bandwidth, sot ?

O.N. Heil

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Hotlanta

Ma., 13 November 2000 07:08

Waar is "Hotlanta"? Ek moet bieg, ek het nog nooit van die plek gehoor
nie...

Sue schreef in berichtnieuws MPG.147780696c0ba1cc989757@news...
> In article , protea@sa says...
>>
>> Sue, skryf vir my na zanzi...@yahoo.com, ek wil jou vra oor Hotlanta, ons
>
> My vriending se: "Se vir haar jy (dis nou ek) sal NET skryf as jy belowe
> om biltong en droe wors saam te bring. Asook Mrs Balls chutney en
> marmite en"....nevermind..:-)
>
>> word heel waarskynlik sountoe verplaas, en ek wil hoor watter plek is die
>
> What a bummer!!
> (Hoe vertaal mens dit?)
> Komper maatskappy?
>
>> beste om te bly (nie dat ek soontoe wil gaan nie, vanwee die hitte, die
>> verkeer
>> en die plek is net plein lelik :-)
>
> Ek stem saam - maar mens raak nogal lief vir die plek. Die mense is
> WONDERLIK, en hulle is mal oor die Suid-Afrikaanse aksent. Julle sal
> goed behandel word.
> Die hitte is nie 'n probleem nie, want alles is mos lugversorg. Die
> verkeer...er...ja nee. :-)
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

briefie vir antie gloudiena

Ma., 13 November 2000 00:00

hellou my antie,

jissie antie ek sallie jammerikaners nooit virstaan nie. wie gaan dit
nou wees altyd goor of jorsie bos. ek wens hille wil nou hille maainds
opmaak lat ek 'n slag komieks oppie tiewie kan kyk. ek sê dit syg ma'
oom hansie van die pênnelbieters sê dit was die vorige president se
girl.

weet antie hoe belangrik is syd afrika. vat nou maar vir flôrieda hie
annerkant krugersdorp. weet antie lat die jamerikaners hille gevra het
om hille maainds vir hille op te maak. ma' die grênd mense van randburg
en sêntin laaik dit niks nie antie. en die mense van soewêtoe nog
minder want ek sien hille toitoi oppie tiewie met plakkate oorlat hille
nie geweet het vir wie hille gestem het nie. my pa sê hy wonner of dit
reg is lat mense wat so dom is mag stem.

oom hansie vannie pênnelbieters sê die jammerikaners kan by ons kom
leer hoe om president te kies. hy sê vir vyftag jaar weet ons al wie
die president of eerste minster gaan wees nog voorlat ons gestem het.
behalwe die keer toe oom verwoord vermoer is toe moes ons 'n week wag
om te weet. my pa sê oom hansie weet nog minder van politiek as van
rakbie. hy sê hy is sommer lus en sit 'n poelieshond op oom hansie vir
indiensopleiding.

ma' my pa sê wat die jammerikaners nodig het is vir regter kriegler. hy
sê net die virkiesing was grootliks vry en regverdig en dan sê jille
okei dis 'n miriekel.

ma' antie sê vir oom jorsie boesman dis jammer ons sanieners kon nie
help besluit wie president moet wees nie want ons laaik nie
goorgatmense nie.

koebaai antie (my pa sê skank is engels vir 'n myshond. dink antie 'n
myshond stink vir homself)

hennerietjie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is dit in Afrikaans?

Ma., 13 November 2000 00:00

Can anyone tell me what the Afrikaans word for "flight attendant" is? Thanks!

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 5 kommentare

POEPOL

Ma., 13 November 2000 00:00

Jy het jou alreeds verlaag DOSIE,
Niemand het jou in elk gevra om te skryf nie.
Hoop dis die laaste keer wat ek van jou hoor.

Lekker doedoe hoor,.

Frikkie
Ps: Moet nie huil wat alles met e-pos na jou kant toe kom nie
hoor....hahaha

-----Original Message-----
From: sweet...@interactive.rogers.com
[mailto:sweet...@interactive.rogers.com]
Sent: 13 November 2000 10:40
To: rsa...@intekom.co.za
Subject: Re: Oulik Haha

Ja JULLe!!!

Poepol is nog net hier,lewens groot, dankie.
Kyk, ek is n persoon wat myself nou rerig nie sal verlaag tot julle
vlaktes toe nie. Ek het ver beter dinge om te doen, as om te sit en
luister na die kak wat julle entertainment is.
So I suggest that you fuck of and enjoy yourself with all those small
things that amuzes whatever the I love your peanuts gets amused by. Ek
dink dat julle almal julle self moet bepaal en na julle eie huis lewe
kyk voordat julle andere wil op vok. So vok julle almal, because ek
mix
nie met groot mense wat kinderagtig wil wees nie.
Thanx for your interest in me, its much appreciated.

BYE

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Honde NUUS ?????

Ma., 13 November 2000 00:00

Om nie agter te raak by die huidige vloedgolf van hond verwante nuus
nie sal hierdie deeltydse nuusdiens die volgende bytend-skokkende nuus
op 'n hond-honger publiek loslaat (ons nuusdiens onderneem om geen
tand onaangeroer te laat nie):

Dit het vandag bekend geword dat daar onweerlegbare getuienis bestaan
dat 'n apartheids opgeleide hond met 'n Afrikaanse hanteerder gesien
is net voor die dood van John F Kennedy. Die FBI is dringend op soek
na iemand wat die woord "sa" verstaan. Dit spreek duidelik van 'n
apartheids sameswering.
Verskeie organisasies het daarop aangedring dat hierdie aangeleentheid
na die WVK, die menseregte kommmissie en die WNNR verwys word.

Die OVLT (Organisasie vir liberale troeteldiere) het daarop aangedring
dat alle polisie-, sekuriteits- en Malteserhonde onmiddelik onderwerp
sal word aan deurtastende persoonlikheidstoetse om te verseker dat
geen apartheids indoktrinering by hierdie ongelukkige diere oorgebly
het nie. Daar word ook ge-eis dat alle sulke honde verplig word om
donkerbrille te dra sodat geen kleure onderskei kan word nie. 'n
Verpligte dieet van ses Beeldkoerante per week word vir die arme diere
aanbeveel.

Ander organisasies dring egter steeds daarop aan dat hierdie duidelik
rassistiese honde met pikkewyne vervang word.

Die publiek sal vir die volgende sewe jaar vir 22 uur per dag aan
honde videos oor TV onderwep word, is bekend gemaak. Dit word gehoop
dat hierdie stappe die ernstigheid van die hond-situasie duidelik sal
maak aan 'n publiek wat te maklik kla oor gewone moord, roof,
verkragting en SABC programme.

Troeteldiere | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1002  1003  1004  1005  1006  1007  1008  1009  1010  1011  1012  1013  1014  1015  1016  1017    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 08:57:26 UTC 2026