Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5977] Re: DS: Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re

Vr, 02 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: vrijdag 2 februari 1996 12:21
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5977] Re: DS: Re: DS: Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re


> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):
>> >> stelling was dat geen omvangryke program van die grond kon kom
>>> nie, omdat dit in die kiem gesmoor is - deur onderwysowerhede
>>> self, op aandrang van wat hulle "die community" noem.
>
>>> Groete, Leendert>>
>
>> Dit lyk my eerder jy se: Daar was ten minste een program in
>> Pretoria wat klaarblyklik gestaak moes word omdat die koerante
>> glo gese het daar was klaarblyklik "klagtes" vanuit die gemeenskap
>> maar jy weet nie wat die klagtes was nie.

Daar was ten minste een program in Pretoria. Daar was ten minste een
in Johannesburg. Ouers (swart ouers) het (volgens koerante regoor die spektrum,
radio en TV) gekla dat oorbruggingskursusse 'n vorm van diskriminasie
teen hulle kinders is. Ten minste een ouer is by name aangehaal, en
'n foto is van hom geplaas.


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5936] Re: Doppers

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Robert Sandilands[SMTP:...@vps.cis.co.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 10:52
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5936] Re: Doppers

On Thu, 1 Feb 1996, Jeffery Zucker wrote:

> In a gesprek oor Calvinisme, menseregte en verwante onderwerpe,
> skryf Tom Larney:
>
> Wat is Gatjieponners?
>
Disk dis dat NG kerk mense - mag dalk verkeerd wees :)

>> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke.
>
> Bedoel jy hiermee Potchefstroom (of die teologise fakulteit van PUK)?
>
> Sou iemand asb so goed wees om aan my ('n volkome "outsider")
> iets uit te lê oor die Doppers en hulle plek in die Geref. Kerk(e)?
>
Van 'n dopper - iemand wat homself deel van die Gereformeerde Kerk
sien - beteken "Land des Doppers" waarskynlik Potchefstroom. Jy moes
al in Potch gebly het om dit te verstaan :)

Die Gereformeerde Kerk is die enigste kerk wat die ware leerstellings
uit die Bybel navolg soos dit in die Bybel staan (Ek gaan nie met
jou daaroor stry nie want ek is dood seker elke kerkgroep sê dit).
Die doppers voel net erger daaroor as enige iemand anders. Dit is 'n
baie konservatiewe kerk met 'n baie interesante "beheer" struktuur.
Dit wil sê daar is nie regtig een nie. Almal werk soort van saam omdat
hulle in dieselfde goed glo. Waar pas dit in die ander Afrikaanse kerke
in - dit pas nie - dis mos die enigste ware kerk :))

____________________________________________________________ _____________
Nobody has the honor/dishonor to be held responsible for any of the
boblygook expressed in this long winded combination of primitive symbols
- ------------------------------------------------------------ -------------
Robert Sandilands - An Engineer and computer slave.
Virus Analyst : CSIR Virus Protection Services
Tel: +27-12-841-2106, Fax: +27-12-841-3037, Email: rob...@vps.cis.co.za
- ------------------------------------------------------------ -------------

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5948] Re: Jamie Uys

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 17:45
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5948] Re: Jamie Uys

Johannes (die Aartsbiskop van Kantelberg) skryf:

> Tussen hakies - leef Al Debbo nog? Ek wonder wie hom nog kan onthou.

Die afgelope naweek se Rapport het 'n kort artikel oor Al Debbo gehad.
Die ou is nou in sy middel sewentigs, en nog springlewendig.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5929] Doppers

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Jeffery Zucker[SMTP:...@maccs.dcss.McMaster.CA]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 8:00
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5929] Doppers

In a gesprek oor Calvinisme, menseregte en verwante onderwerpe,
skryf Tom Larney:

> (Toemaar, die Gatjieponners en ander het genoeg van
> hulle eie stommiteite.)

Wat is Gatjieponners?

Reinier voeg toe:

> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke.

Bedoel jy hiermee Potchefstroom (of die teologise fakulteit van PUK)?

Sou iemand asb so goed wees om aan my ('n volkome "outsider")
iets uit te lê oor die Doppers en hulle plek in die Geref. Kerk(e)?

By voorbaat dankie,

Jeff

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5935] Re: SECMAIL

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 10:34
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5935] Re: SECMAIL

On 1 Feb 96 at 9:11, Marius Swart wrote:

> As ek kyk na die tempo waarteen nuwe pos
> van die lys af instroom, het ek nie eintlik tyd om deur lang
> prosedures te gaan om 'n booskap te lees nie. "Delete" knoppies werk
> makliker.

Ek weet nie - op P-Mail vra "forward" of "Reply" net een knoppie meer
as "delete".

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5937] Limeriek: Bafana Bafana

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 11:09
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5937] Limeriek: Bafana Bafana



==============================
daar wys die bafana bafana
die arme manne van ghana
met drie doele teen geen
in die voorlaaste been
wie's klaas en wie is die bwana!
===joop========================

Groete

Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5927] Werkpermitte

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 0:01
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5927] Werkpermitte

Verskillende lande doen verskillende dinge met werkpermitte. Die
onderliggende aanname is dat werkgeleenthede skaars is, en dat burgers
van die land die eerste reg daarop het.
'n Switser het my een aand in Lausanne vertel dat hulle regering
"gaste werkers" se werkpermitte terug trek sodra die land se
werkloosheidsyfer 1.5% bereik. Voordat enige iemand 'n werkpermit
in die VSA kan kry moet die betrekking eers in drie verskillende
koerante geadverteer word. As 'n Amerikaner aansoek doen en
kwalifiseer, sal daar nie 'n werkpermit aan 'n nie-Amerikaner uitgereik
word nie. 'n Buitelander moet ook 'n werkpermit kry om in Suid Afrika te
kom werk.

Kundige immegrasie prokureurs in die VSA spesialiseer natuurlik in die
opstel van advertensies op so'n manier dat geen Amerikaner
kwalifiseer nie.

Hier is 'n voorbeeld: My vrou het aansoek gedoen vir 'n pos om Engels te
doseer. Die advertensie het gemeld dat die ELS (Enlish Language Services)
hulle dienste wil uitbrei om diens te lewer aan mense van Afrikalande en
Oosbloklande. Die Engelse dosent wat hulle soek moet minstens een van die
Oosbloktale of Duits sowel as 'n Afika taal magtig wees. Daar was
natuurlik nie juis Amerikaners wie se voorgraadse hoofvakke Zoeloe en
Duits was nie. Nog die Amerikaanse Dept. van Arbeid, nog die
Immergrasiediens het enige besware gehad dat 'n werkpermit aan
haar uitgereik word nie.

Die rigting waarvoor daar nou die maklikste 'n werkpermit en Groenkaart
(= permanet resident) uitgereik word, is vir mense met 'n kwalifikasie in
arbeidsterapie. As die man of die vrou 'n werkspermit kry, kry die res
van die gesin dit ook. Om Amerikaanse burgerskap te kry moet mense 5
jaar hulle groenkaarte he. Suid Afrikaanse Burgerskap hoef nie opgegee
te word as 'n persoon Amerikaanse burgerskap aanvaar nie.

Jan Lange

--

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5947] Jamie Uys

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Johannes...@sandwich.pfizer.com[SMTP:Johann...@sandwich.pfiz er.com]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 17:17
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5947] Jamie Uys

Ek het sopas gehoor van die dood van Jamie Uys.

Weet enige iemand of sy films op video vekrygbaar is - veral sy
Afrikaanse films?

Tussen hakies - leef Al Debbo nog? Ek wonder wie hom nog kan onthou.

Johannes,
Canterbury.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 11:15
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers

Jeff Zucker vra:

> Wat is Gatjieponners?

Lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Die naam kom blykbaar
oorspronklik van die "gatjapon" of manel (Engels "tailcoat") wat
deur manlike lidmate jare gelede gedra is.

>> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke.
>
> Bedoel jy hiermee Potchefstroom (of die teologise fakulteit van PUK)?

Ja, vernaamlik omdat die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike
Hoer Onderwys oorspronklik as teologiese seminarium van die
Gereformeerde Kerk gestig is (oorspronklik in Burgersdorp in die
Kaap Kolonie).

> Sou iemand asb so goed wees om aan my ('n volkome "outsider")
> iets uit te lê oor die Doppers en hulle plek in die Geref. Kerk(e)?

Die Doppers is lidmate van die Gereformeerde Kerk, tradisioneel die
kleinste van die Afrikaanse Calvinistiese kerke. Hulle teologie is
behoudend, maar die Dopper kerkgeleerdes is ook bekend vir hul verligte
sienings oor kerk en samelewing. Soos W. A. de Klerk dit stel, daar
het op Potchefstroom meer van die "oorspronklike Calvyn" oorgebly as
elders in die land. Miskien is dit nie toevallig dat die
hervormingsgesinde Nasionale Partyleier, F. W. de Klerk, 'n Dopper is
nie.

Ek sal dit aan die Potch ouens oorlaat om die kerk se
ontstaansgeskiedenis uit te le - dit gaan terug na Ds. Postma se
kommer oor te veel "metodisme" is die Kaapse kerk, as ek dit nie mis
het nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep

Do, 01 Februarie 1996 00:00

----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 13:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep

1. Ek en baie ander sien deesdae elke berig twee keer: op die poslys
en op die nuusgroep.

2. Party ouens op die nuusgroep is nie danig be"indruk met wat op die
poslys verskyn nie. Dit lyk nie of hulle die eiesoortige styl wat
ons hier ontwikkel het, behoorlik begryp nie. :-)

3. Daar is maar bitter min berigte wat eerste op die nuusgroep ontstaan.
Die poslys-berigte skep die oppervlakkige indruk van 'n lewendige
nuusgroep, maar eintlik is dit net 'n lewendige poslys.

As gevolg van bostaande oorwegings stel ek voor dat ons Robert versoek
om voortaan die verkeer slegs EENRIGTING te hou: die nuusgroep-berigte
kan nog na die poslys gepomp word, maar die poslys se berigte word nie
meer outomaties na die nuusgroep gestuur nie.

Dirk

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668    »]
Tyd nou: So Okt 06 13:30:18 MGT 2024