Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep
DS: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep [boodskap #5630] Do, 01 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Dirk Laurie[SMTP:d...@calvyn.puk.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 13:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5941] Poslys en nuusgroep

1. Ek en baie ander sien deesdae elke berig twee keer: op die poslys
en op die nuusgroep.

2. Party ouens op die nuusgroep is nie danig be"indruk met wat op die
poslys verskyn nie. Dit lyk nie of hulle die eiesoortige styl wat
ons hier ontwikkel het, behoorlik begryp nie. :-)

3. Daar is maar bitter min berigte wat eerste op die nuusgroep ontstaan.
Die poslys-berigte skep die oppervlakkige indruk van 'n lewendige
nuusgroep, maar eintlik is dit net 'n lewendige poslys.

As gevolg van bostaande oorwegings stel ek voor dat ons Robert versoek
om voortaan die verkeer slegs EENRIGTING te hou: die nuusgroep-berigte
kan nog na die poslys gepomp word, maar die poslys se berigte word nie
meer outomaties na die nuusgroep gestuur nie.

Dirk
DS: [AFRIKAANS:5943] Re: Poslys en nuusgroep [boodskap #5644 is 'n antwoord op boodskap #5630] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 14:54
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5943] Re: Poslys en nuusgroep

On 1 Feb 96 at 12:55, Dirk Laurie wrote:

> 1. Ek en baie ander sien deesdae elke berig twee keer: op die poslys
>
> en op die nuusgroep.
>
> 2. Party ouens op die nuusgroep is nie danig be"indruk met wat op
> die
> poslys verskyn nie. Dit lyk nie of hulle die eiesoortige styl
> wat ons hier ontwikkel het, behoorlik begryp nie. :-)
>
> 3. Daar is maar bitter min berigte wat eerste op die nuusgroep
> ontstaan.
> Die poslys-berigte skep die oppervlakkige indruk van 'n lewendige
> nuusgroep, maar eintlik is dit net 'n lewendige poslys.
>
> As gevolg van bostaande oorwegings stel ek voor dat ons Robert
> versoek om voortaan die verkeer slegs EENRIGTING te hou: die
> nuusgroep-berigte kan nog na die poslys gepomp word, maar die poslys
> se berigte word nie meer outomaties na die nuusgroep gestuur nie.

Ek stem saam - mits daar gereeld op die poslys inligting verskyn wat
nuusgroeplesers in staat stel om by die poslys in te skryf as hulle
belangstel om te sien wat daarin aangaan.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)
DS: [AFRIKAANS:5946] Re: Poslys en nuusgroep [boodskap #5645 is 'n antwoord op boodskap #5630] Do, 01 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 17:11
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5946] Re: Poslys en nuusgroep

Dirk skryf:

> As gevolg van bostaande oorwegings stel ek voor dat ons Robert versoek
> om voortaan die verkeer slegs EENRIGTING te hou: die nuusgroep-berigte
> kan nog na die poslys gepomp word, maar die poslys se berigte word nie
> meer outomaties na die nuusgroep gestuur nie.

Dit klink na 'n goeie idee. As persone wat op die poslys ingeskryf is
dan dinge op die nuusgroep sien waarop hulle wil reageer, kan hulle so
maak. Met Leendert se voorstel van gereelde instruksies oor hoe om op
die poslys in te skryf, sal dit ook tot 'n natuurlike evolusie lei
namate mense besluit of hulle die een bo die ander verkies (baie
Popperiaanse/Hayekiaanse gedagte, ne?)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Re: DS: [AFRIKAANS:5946] Re: Poslys en nuusgroep [boodskap #5677 is 'n antwoord op boodskap #5645] Vr, 02 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
As gevolg van bostaande oorwegings stel ek voor dat ons Robert
versoek
>> om voortaan die verkeer slegs EENRIGTING te hou: die nuusgroep-berigte
>> kan nog na die poslys gepomp word, maar die poslys se berigte word nie
>> meer outomaties na die nuusgroep gestuur nie.

> Dit klink na 'n goeie idee. As persone wat op die poslys ingeskryf is
> dan dinge op die nuusgroep sien waarop hulle wil reageer, kan hulle so
> maak. Met Leendert se voorstel van gereelde instruksies oor hoe om op
> die poslys in te skryf, sal dit ook tot 'n natuurlike evolusie lei
> namate mense besluit of hulle die een bo die ander verkies (baie
> Popperiaanse/Hayekiaanse gedagte, ne?)>>>

Wat beteken dit vir iemand wat nie in die poslys belangstel nie, maar
op die nuusgroep wil deelneem?

Die evolusie wat waarskynlik sal gebeur, is dat die poslys-groep
hulle by die poslys gaan bepaal (hoekom sal hulle na die nuusgroep
gaan as hulle in elk geval ingelig word oor wat daar gese word) en dat
die nuusgroep 'n baie verlepte ou groepie gaan word.
Gaan tel gerus hoeveel mense neem regstreeks aan die nuusgroep deel:
Freek, ek, Gloudina nou en dan......wie nog?
Dan kom die vraag weer op: Hoe lewensvatbaar......
[AFRIKAANS:6096] Re: DS: Re: Poslys en nuusgroep [boodskap #5768 is 'n antwoord op boodskap #5630] Ma, 12 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Marius Swart  is tans af-lyn  Marius Swart
Boodskappe: 9
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Hoepel skryf:

> Daar is (soos ek dit sien) twee hoofredes hoekom die poslys betreklik lewendig bly, maar die nuusgroep bra vervelig is. Die eerste is eenvoudig dat dit soveel makliker is om die poslys se korrespon

>
> Ek hou albei dop, maar dis bitter min wat ek "aangespoor" voel om op enigiets in die nuusgroep te reageer. Hoewel ek 'n geesdriftige ondersteuner was van die gedagte dat s.c.s-a.afrikaans geskep wo

Is deel van die probleem dalk nie die groot aantal berigte op die
nuusgroep? Dit is eintlik te veel om deur te werk. 'n Ander probleem
met nuus groepe is soms die kwaliteit van die debat.

Wat van die volgende voorstel? Ons koppel net 'n vaste daaglikse kwota
van die nuusgroep na die lys, sê 10. Omgekeerd kan ons dit alle lys
bydraes maak, of minder na gelang van die algemene gevoel, veral die
gevoel op die nuusgroep.

arius Swart
Vorige onderwerp: Visie van die Swartberge
Volgende onderwerp: KOM ONS BESKRYF PLEKKE
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 23:36:17 MGT 2024