Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » DS: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers
DS: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers [boodskap #5632] Do, 01 Februarie 1996 00:00
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: donderdag 1 februari 1996 11:15
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers

Jeff Zucker vra:

> Wat is Gatjieponners?

Lidmate van die Nederduitse Gereformeerde Kerk. Die naam kom blykbaar
oorspronklik van die "gatjapon" of manel (Engels "tailcoat") wat
deur manlike lidmate jare gelede gedra is.

>> Uit die Land des Doppers kry mens dikwels stof tot nadenke.
>
> Bedoel jy hiermee Potchefstroom (of die teologise fakulteit van PUK)?

Ja, vernaamlik omdat die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike
Hoer Onderwys oorspronklik as teologiese seminarium van die
Gereformeerde Kerk gestig is (oorspronklik in Burgersdorp in die
Kaap Kolonie).

> Sou iemand asb so goed wees om aan my ('n volkome "outsider")
> iets uit te lê oor die Doppers en hulle plek in die Geref. Kerk(e)?

Die Doppers is lidmate van die Gereformeerde Kerk, tradisioneel die
kleinste van die Afrikaanse Calvinistiese kerke. Hulle teologie is
behoudend, maar die Dopper kerkgeleerdes is ook bekend vir hul verligte
sienings oor kerk en samelewing. Soos W. A. de Klerk dit stel, daar
het op Potchefstroom meer van die "oorspronklike Calvyn" oorgebly as
elders in die land. Miskien is dit nie toevallig dat die
hervormingsgesinde Nasionale Partyleier, F. W. de Klerk, 'n Dopper is
nie.

Ek sal dit aan die Potch ouens oorlaat om die kerk se
ontstaansgeskiedenis uit te le - dit gaan terug na Ds. Postma se
kommer oor te veel "metodisme" is die Kaapse kerk, as ek dit nie mis
het nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas?
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5937] Limeriek: Bafana Bafana
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:05:52 MGT 2024