Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas?
Re: Bafana Bafana! Amabokke! ...Proteas? [boodskap #5627] Do, 01 Februarie 1996 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
joh...@osi.co.za (Johann W. Fourie) wrote:

was dit nie 'n goeie game nie![/color]


> Ivm die name Bafana Bafana & Amabokke (Springbokke), hierdie is name
> wat die mense se verbeelding aangryp en dit kom trouens ook vanuit die mense.
> (Is daar enige iemand wat presies kan sê waar die verskillende name vandaan
> kom en wat dit beteken?)
> Ek dink dit is egter nou tyd dat ons vir die Krieket span ook 'n naam kry wat
> die volk se verbeelding aangryp. Was daar nie iets van AmaGogga nie?
> "Viva Proteas Viva" klink vir my nie heeltemal lekker nie.>>>


Ek het die idee dat bafana bafana nie wyd aanvaar word onder
sokker-geesdriftiges nie. Daar word na 'n nuwe naam gesoek. Een wat
deur die kommentators gebruik word en wat ek baie laaik is "Rainbow
Warriors".
Kyk gerus na die eidstryd Saterdag as julle nog nie na van die
wedstryde gekyk het nie.
Dit is goeie sokker.
SA het 'n lekker span. Goeie verdediging, OK middelveld en 'n bietjie
"magic" op die aanval.
Rugby is my fisieke filosofie, maar ek ervaar dieselfde soort
opwinding as ek die sokker kyk as wat ek gehad het met die
rugby-wereldreeks.
Interresant om ook te sien hoeveel wit gesigte in die skare is!
Maar van die deelnemers van die forum sal natuurlik nie kan kyk nie
want:
1. Hulle betaal nie lisensie-geld nie
2. Die kommentaar is nie in Afrikaans nie.
:)

Hulle mis so baie....
Van die lekker sokker tot die gewisselde woord oor die span met
mede-Suid-Afrikaners in hysers, kafees en so meer...
:)

Aan al die Nederlanders: Gee ons nog so vyf, ses jaar dan eet ons
julle op in sokker!

N.S. Oor die krieketspan: Die naam Proteas werk nie want nie een van
die kolwers staan lank genoeg daar om 'n mens te laat dink aan iets
wat wortel kan skiet nie.
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5857] Re: jobhunt in SA
Volgende onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5938] Re: Doppers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 16:31:31 MGT 2024