Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Reserwebank

Di, 30 April 1996 00:00

Johan skryf:

> Ek vra:
>
> Is dit werklik so? In my MBA-ekonomieklas is ons vertel dat die SA
> Reserwebank uniek is in die opsig dat dit nie aan die regering behoort nie,
> maar 'n onafhanklike privaatbank is.

Indien dit die geval is, vra ek myself af waarom dit blykbaar die
monopolie op die uitreiking van geld het. Is daar enige beperking wat
'n ander bank verhoed op 'n geldeenheid in mededinging met die
Reserwebank uit te reik? Glad nie 'n slegte idee nie, aangesien die
Reserwebank die rand se waarde in die tagtigerjare aansienlik verminder
het deur die M1-geldvoorraad op te stoot. As jy die sondeboek vir ons
inflasieprobleme wil vind, hoef jy niks verder as die Reserwebank te
soek nie. Dit het geld gedruk om die staat se skuld af te betaal.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

schaken\Dirk

Ma, 29 April 1996 00:00

At 10:05 29-04-96 SAT, Dirk wrote:

"Ek het my reggemaak vir (jammer, ek kan nie nie Engelse stukname
vir lank volhou nie):
18 ... Pxf4 19 exf4, Lxf4
a. 20 Dg2? Lxd2 21 Dxd2 Lxf3
b. 20 Df2? Lxd2 21 Pd2?? (Dxd2 soos a.) Dg6+
c. 20 Dh4? Dxh4 21 Pxh4 Lxd2
d. 20 Dg4! Ld5
En nou kan Wit net sit en kyk terwyl Swart stadig die skroewe
aandraai."

Dirk, Rxf6 (en niet xf7) heb ik doorgerekend. Omdat Freek
Qxf6 speelde, ben ik met die variant verder gegaan. Om alle
varianten van Rxf6 nu weer door te gaan nemen, dat is te veel
gevraagd. Maar na 17. ... - Rxf6 zou ik wellicht kunnen
antwoorden met onder meer 18. Qe2 en na bv. 18. ... - Nxf4,
19.exf4 en 19. ... - Bxf4 met 20. Bc1.
Een voorbeeld slechts.
De toren kan me dan schaak gaan geven op g6, maar ook daar
is volgens mij uit te komen.

Bernhard

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Werklike inflasiekoers

Ma, 29 April 1996 00:00

Ek verneem die amptelike infklasiekoers vir Maart was net 6,3%. Ek eet my
driedubbele hoed op as die syfer die korrekte koers weerspie"el. Die wyse
waarop inflasie gemeet word, word selfs in gesonde ekonomie"e en
demokrasie"e bevraagteken. In SA waar die regering 'n "rear guard action"
moet veg om die bevolking gerus te stel oor die ekonomie, is dit net logies
dat die inflasiesyfer afwaarts gekook word. Ek meen 'n prof Posel het 'n
paar jaar gelede 'n boek geskryf oor ons werklike inflasiekoers. Hy het
onder andere aangetoon hoe die mandjie van geweegde goedere "gekook" word om
die inflasiesyfer beter te laat klink. Maar Jan en alleman voel daagliks aan
sy bas dat dinge so te sê 6% per MAAND styg; wat nog te sê oor 'n jaar,
soos die amptelike syfer dit wil h^e. Hoe dit ook al sy: selfs al is die
korrekte syfer miskien naby aan 6%, gaan dit binnekort moet styg agv
ingevoerde inflasie agv die daling van die Rand. Maar ek's nie mismoedig
nie. Veral hier uit die vreemde vergeef ek my land sy foutjies en verlang ek
vurig na braaivleis, rugby, sonskyn en hartlike mense, al kos die dinge ook
hoe duur in waardelose Rande.

Chris Claassen

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

internet Times

Ma, 29 April 1996 00:00

Na aanleiding van die berig uit The Times wat op die poslys geplaas is,
wou ek net aan diegene wat belangstel die volgende brokkie inligting verskaf:

The Times het 'n sprankel-site op die web, wat amper verbatim die
daaglikse gedrukte uitgawe herhaal, wat die regsverslae ook bevat, en wat
mens toelaat om deur vorige uitgawes te snuffel. Dis alles gratis.

http://www.the-times.co.uk

Daar is natuurlik hier en daar dinge in die gedrukte weergawe wat nie in
die internet-weergawe verskyn nie, maar die meeste berigte is volledig.

Wat die ekonomie-berig betref: Ja, erg kommerwekkend. Die Times is baie
invloedryk, en sulke doodsberigte kan ontsaglike groot trefkrag h^e.
Verbasend min beleggers sal verder kyk as die oggendblad vir die "algemene
gevoel". Ironies genoeg herhinner ek my aan twee groterige berigte in die
Times in Oktober, in die besigheidsbladsye, wat as hooftema die idee
gehad het dat Suid-Afrika miskien die volgende "tiger economy" sou wees.

Daar is natuurlik diegene wat die swak rand vir korttermyn-wins kan
uitbuit (die kopers op die beurs is blykbaar oorwegend buitelands, en die
uitvoerbedryf lewe lekker). Maar die kommerwekkende aspek aan die
Times-berig is die algemene, bre"e aard daarvan. Daar was 'n paar jaar
gelede 'n algemene "afskrywing" van Suid-Afrika in die invloedryke
Frankfurter Allgemeine, wat glo geweldige negatiewe effekte in Duitsland
gehad het. Die hoofstroom joernalistiek het 'n invloed op die algemene
houding teenoor buitelandse sake wat buite proporsie is, teenoor
byvoorbeeld fyn analises en statistieke wat meer akkurate informasie weergee.

aar, die feit dat sulke berigte hulle stem by die waarskuwings voeg,
verleen darem 'n bietjie steun aan die sang in die regering se
regter-oor. So lank as wat daardie sang deur persvryheid kan voortgaan,
is daar 'n kans dat die kreet in die linker-oor nie die oordromme sal
bars nie. As die ANC kon seker wees dat die ondersteuning van die
vakbonde nie deurslaggewend was vir verdere magsbehoud nie, dan sou hulle
miskien die regter-oor meer kans gegun het. Dat dit nie die geval is nie,
is kommerwekkend. Want een ding is seker: magsbehoud kom eerste, die
ekonomie tweede. Slegs as ekonomiese groei magsbehoud kon verseker, en
slegs as die verliese aan linkse steun, wat gesonde beleide sou veroorsaak,
nie die moontlikheid van magsbelonings uit welvaart sou kelder nie, sou dit
vir die ANC die moeite werd wees om gesonde ekonomiese beleide te
handhaaf. En die onmiskenbare feit is dat ekonomiese groei die rykes
ryker maak, en dat die armes die voordele eers later en meesal indirek
trek, wat nog te sê raaksien. Dan is die vraag: wie se stem tel, en hoe
lank duur een regeringstermyn? Die antwoorde op albei vrae dui daarop dat
die linkerskouer al hoe meer aandag gaan begin geniet. Die belangrikste
dringende teiken is dus om die voordele van gesonde ekonomiese groei so
vinnig moontlik, en so oortuigend moontlik, aan die armes te verkoop. Dit
was nog nooit maklik nie, en sal seker ook nie makliker word nie.

Waar ongeletterdheid en armoede so 'n groot invloed op die
kiesersmeerdereid het as wat die geval in Suid-Afrika is, blyk bg teiken
onbereikbaar te wees. Maar, as mens kyk na die soort kapitalistiese
beleide waarmee die regering tot dusver tog volgehou het, dan wonder mens
of die wiskunde nie miskien nog verder verkeerd bewys kan word nie. Dat
ons hoegenaamd die soort grondwetlike en ekonomiese stelsel het wat ons
nou het, en nie iets waansinnigs nie, is tog 'n bewys dat die ooglopende
uiteindes nie so onwrikbaar is as wat die sosio-ekonomiese statistieke
sou wou hê nie. Enige iets is nog moontlik. En, soos op 'n effektebeurs,
is die wil alles, en die werklikheid die wil.

Groete
Frank

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Re: Hulp gevra met "subscribe" en Microsoft Mail

Ma, 29 April 1996 00:00

Gert de Beer vra:

> Kan iemand my vertel hoe ek kan re"el om te sien wie
> 'n bydrae gepos het na die posgroep? Soms ontvang
> ek bydraes wat nie 'n naam onder aan het nie.

Dit hang van die individu af of hy/sy 'n .sig onderaan sy boodskap
heg. Kyk na die "From:" reël om die afstuurder se naam en/of
adres te sien.

> Almal in ons maatskappy gebruik Microsoft Mail en ons
> het een sentrale modem waardeur al ons Internet-data gaan.
> Moet asseblief nie voorstel dat ek 'n ander e-posleser
> gebruik nie. Stel eerder voor watter verstellings ek
> aan Microsoft Mail moet maak of hoe ek dalk ander
> "subscribe"-opsies na listserver moet stuur.

Jammer, ken nie MS Mail nie. Gebruik 'n ander posleser :-)

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Het Oude Testament

Ma, 29 April 1996 00:00

Hoe tussen 70 en 120 n.Chr. het Oude Testament tot stand kwam
------------------------------------------------------------ -

Degenen die met verklaringen kwamen omtrent de twee
scheppingsverhalen in respectievelijk Genesis 1 en 2 wil
ik op het volgende wijzen:
Gedurende de belegering van Jeruzalem in 70 n.chr.
werd in de stad Jamnia, gelegen aan de kust dicht bij
Jaffa, de academie _Bet Hammidrasj_ geopend door Rabbi
_Jochanan_. Joodse geleerden die de val van Jeruzalem had
den overleefd, kwamen naar deze stad.

In de daarop volgende vijftig jaar stelden zij voor
'eeuwig' vast welke boeken tot de Hebreeuwse bijbel zouden
behoren. INCLUSIEF Genesis 2! Doel: de joden een nieuwe
geestelijke leidraad te geven nu het centrum van hun
religie, Jeruzalem met de tempel, was verwoest.
Heel vaak was het onderwerp van discussie welke oude
teksten van de enorme hoeveelheid die er bestond, door God
waren ingegeven, en welke slechts het werk waren van vrome
mensen. Ook moesten er keuzen worden gemaakt tussen
verschillende versies van veel boeken. Weer andere werden
ingekort.

De opvolger van Rabbi Jochanan, nasi _Gamali"el_ heeft
de regels opgesteld waaraan het Jodendom zich vandaag de dag
nog houdt. Zoals veel van de rituelen voor Seideravond en de
verplichting om drie keer per dag te bidden. Nasi betekent
(godsdienstige) vorst.
Ook werden onder leiding van de academie de heilige
geschriften opnieuw in het Grieks en Aramees vertaald. De
Aramese vertaling, de _Targoem Onkelos_ is bewaard gebleven.

__Deze eerste complete en definitieve samenstelling van de
Joodse bijbel is door het Christendom overgenomen. Alleen werd
de volgorde van de bijbelboeken veranderd.__

Bernhard Bezemer

Uit: John Romer: Geschiedenis en Archeologie van de bijbel.
Nederlandse bewerking: drs. N. Rademaker en E. de Smet.

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Re: Die Ekonomie

Ma, 29 April 1996 00:00

In article ,
bri...@risc6.unisa.ac.za (Dr. J.A Brink) wrote:
> Freek skryf:
>
>> Ek wonder waar is al die beleggers wat ons in 'n JA-stem in gedreig
>> het met ons ekonomie wat kamstif so swak gaan wees (met 'n NEE-stem)
>> nou. Ek sien die rand het vandag al by R4.58 vir 'n dollar gedraai. Ek
>> wonder of dit dalk iets is wat ons geagte minister van Finansies gesê
het.
>
> 'n `Swak ekonomie' beteken meer as net die waarde van die Rand. Daar is
> ander meer positiewe faktore darem ook aanwesig. Ons het bv 'n positiewe
> groeikoers van 3%, iets wat ons in jare nie gehad het nie.
>
> Johan
>
'n Swakker Rand beteken meer geld uit MY eie persoonlikke sak. Petrol kos
14c per litter meer, wat alle ander goed se pryse ook sal opjaag. Die
rentekoerse is pas met 1% verhoog.

Groeikoers? Ek weet nie eers wat dit beteken nie. Dus, vanuit my
persoonlike oogpunt gesien is die ekonomie nie net besig om te verswak
nie, dit is klaar moer toe!


--
Johan Kriel
NAC Faure SA
(joh...@nac.ac.za)

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

RE: Skepping/Genesis

Ma, 29 April 1996 00:00

Net ter opheldering ven my oorsproklike artikel oor Bybelvertalings: sover
ek weet, is die 1933 Afrikaanse Bybel uit die ("oorspronklike") Hebreeuse en
Griekse tekse vertaal. Die Latynse Vulgaat is uit latere (Griekse?) tekse
vertaal.

Hendrik

**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************

Geloof & kerksake | 0 kommentare

waarheids kommisie

Ma, 29 April 1996 00:00

Ek wonder net of die persoonlikhede wat gifmengers en snellertrekkers was in die strafkampe van Angola ook voor die kommisie gaan getuig?
Sal hulle ook dalk aangekla kan word? Of is hierdie nou net regsgeldige basis om net die "ondredrukkers" te vervolg?
Ek vra maar net vir die ouens wat weet

Stoffel

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Ekonomiese groei ens

Ma, 29 April 1996 00:00

Pieter van der Dussen gee ons 'n dosis HNP propaganda:

> VERTROUE IN SWART REGIME STORT VOLLEDIG INEEN

[knip]

> Die wesenlike van die saak is dat die Swartbeheerde regime net so min
> in staat is om `n land te regeer as enige Swart regime elders in
> Afrika. Geen rentekoersverhoging of enige ander luttele poging kan
> hieraan iets verander nie.

[knip]

Kom ons vergeet gerieflik van die feit dat Botswana tot onlangs die
wêreld se hoogste ekonomiese groeikoers gehad het, en dat beleggers
uit Suid-Afrika na Botswana en Namibië vlug.

> aflaai. Dit is `n uiting van vertrouensgebrek nie soseer in Manuel of
> Mandela nie, maar in die toestand as geheel wat sedert die berugte De
> Klerktoespraak op 2 Februarie 1990 tot stand gekom het. Solank die
> SAKP/ANC aan bewind is, sal dit met die land e n die Rand slegter en
> slegter gaan. Nie oor hulle sosialisme as sulks nie, maar oor hulle
> onvermoe en die bewese mislukking van Kommunisme elders in die
> wereld.

Nee, die HNP sal natuurlik nie sosialisme "as sulks" kritiseer nie,
aangesien dit self 'n organisasie is wat sosialisme aanhang. Toegegee,
regse, oftewel fascistiese, sosialisme.

> Die enigste verweer teen die verval is dat Afrikanernasionalisme weer
> tot sy reg sal kom. Dit was die dryfkrag wat in die verlede die land se
> ontwikkeling en vooruitgang bewerkstellig het - tot so `n mate dat die
> Rand in die jare-sestig $2,50 werd was. D a arom moet die Afrikanervolk
> toenemend en met ywer dit wat eie aan hom is, weer opbou sodat hy
> gereed sal wees om in die toekoms, wanneer die tyd aanbreek, die land
> te herstel.

Arme HNP! Kan nou nog nie insien dat die gemors wat die ANC veroorsaak
juis die gevolg is van beleide en retoriek wat soortgelyk is aan die
HNP s'n. Dis juis Trevor Manuel se uitvaar teen wat die HNP die
"internasionale geldmagte" noem, wat soveel skuddings veroorsaak. Wat
retoriek en ekonomiese sin betref, kan Manuel maar net sowel 'n lid van
die HNP wees, alhoewel die werklikheid miskien hom 'n paar lesse geleer
het. Die HNP leef nog in 'n sosialistiese droomwêreld.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1619  1620  1621  1622  1623  1624  1625  1626  1627  1628  1629  1630  1631  1632  1633  1634    »]
Tyd nou: So Okt 06 21:25:32 MGT 2024