Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Werklike inflasiekoers
Werklike inflasiekoers [boodskap #6365] Ma, 29 April 1996 00:00 na volgende boodskap
Johann Christiaan Claasen  is tans af-lyn  Johann Christiaan Claasen
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Ek verneem die amptelike infklasiekoers vir Maart was net 6,3%. Ek eet my
driedubbele hoed op as die syfer die korrekte koers weerspie"el. Die wyse
waarop inflasie gemeet word, word selfs in gesonde ekonomie"e en
demokrasie"e bevraagteken. In SA waar die regering 'n "rear guard action"
moet veg om die bevolking gerus te stel oor die ekonomie, is dit net logies
dat die inflasiesyfer afwaarts gekook word. Ek meen 'n prof Posel het 'n
paar jaar gelede 'n boek geskryf oor ons werklike inflasiekoers. Hy het
onder andere aangetoon hoe die mandjie van geweegde goedere "gekook" word om
die inflasiesyfer beter te laat klink. Maar Jan en alleman voel daagliks aan
sy bas dat dinge so te sê 6% per MAAND styg; wat nog te sê oor 'n jaar,
soos die amptelike syfer dit wil h^e. Hoe dit ook al sy: selfs al is die
korrekte syfer miskien naby aan 6%, gaan dit binnekort moet styg agv
ingevoerde inflasie agv die daling van die Rand. Maar ek's nie mismoedig
nie. Veral hier uit die vreemde vergeef ek my land sy foutjies en verlang ek
vurig na braaivleis, rugby, sonskyn en hartlike mense, al kos die dinge ook
hoe duur in waardelose Rande.

Chris Claassen
Re: Werklike inflasiekoers [boodskap #6420 is 'n antwoord op boodskap #6365] Ma, 06 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Henry Flint  is tans af-lyn  Henry Flint
Boodskappe: 21
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Johann Christiaan Claasen wrote:

> Ek verneem die amptelike infklasiekoers vir Maart was net 6,3%. Ek eet my
> driedubbele hoed op as die syfer die korrekte koers weerspie"el.

Weet iemand dalk van 'n web-adres waar die inflasiekoers
beskikbaar is? Soek nou al lank daarna sonder sukses. Stel
veral belang in 'n maandelikse syfer oor 'n langer tyd as
net 'n paar maande.

Henry Flint

Home: http://www.oocities.org/SunsetStrip/1712/index.html
PGP public key available on home page and key servers
or send email with "send public key" as subject.
-------------------- END -----------------------------
re: Werklike inflasiekoers [boodskap #6469 is 'n antwoord op boodskap #6365] Di, 30 April 1996 00:00 Na vorige boodskap
<hen...  is tans af-lyn  <hen...
Boodskappe: 1
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Johann Claassen skryf oor die moontlike kook van die inflasiesyfers.

Hy sal dit interresant (reg gespel?) vind om te hoor dat die vorige hoof
van die Sentrale Statistiek Diens (dr. Du Toit) verlede jaar vervang is met
'n persoon wat nie juis in hierdie gebied presteer het nie. Daar is
algemeen geglo dat dit 'n politieke skuif was. Ekenome het toe gewaarsku
dat dit die betroubaarheid van die ekonomiese syfers (inflasie, BBP, ens.)
kan raak.

Groete
Hennie Olivier
-------------
Original Text
> From Johann Christiaan Claasen , on
4/29/96 7:48 PM:
Ek verneem die amptelike infklasiekoers vir Maart was net 6,3%. Ek eet my
driedubbele hoed op as die syfer die korrekte koers weerspie"el. Die wyse
waarop inflasie gemeet word, word selfs in gesonde ekonomie"e en
demokrasie"e bevraagteken. In SA waar die regering 'n "rear guard action"
moet veg om die bevolking gerus te stel oor die ekonomie, is dit net logies
dat die inflasiesyfer afwaarts gekook word. Ek meen 'n prof Posel het 'n
paar jaar gelede 'n boek geskryf oor ons werklike inflasiekoers. Hy het
onder andere aangetoon hoe die mandjie van geweegde goedere "gekook" word
om
die inflasiesyfer beter te laat klink. Maar Jan en alleman voel daagliks
aan
sy bas dat dinge so te sê 6% per MAAND styg; wat nog te sê oor 'n jaar,
soos die amptelike syfer dit wil h^e. Hoe dit ook al sy: selfs al is die
korrekte syfer miskien naby aan 6%, gaan dit binnekort moet styg agv
ingevoerde inflasie agv die daling van die Rand. Maar ek's nie mismoedig
nie. Veral hier uit die vreemde vergeef ek my land sy foutjies en verlang
ek
vurig na braaivleis, rugby, sonskyn en hartlike mense, al kos die dinge ook
hoe duur in waardelose Rande.

Chris Claassen
Vorige onderwerp: Toerisme en Migrasie 1995
Volgende onderwerp: Proteas in Australië
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 16:37:17 MGT 2024