Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Boeke, tydskrifte & koerante » internet Times
internet Times [boodskap #6364] Ma, 29 April 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
Na aanleiding van die berig uit The Times wat op die poslys geplaas is,
wou ek net aan diegene wat belangstel die volgende brokkie inligting verskaf:

The Times het 'n sprankel-site op die web, wat amper verbatim die
daaglikse gedrukte uitgawe herhaal, wat die regsverslae ook bevat, en wat
mens toelaat om deur vorige uitgawes te snuffel. Dis alles gratis.

http://www.the-times.co.uk

Daar is natuurlik hier en daar dinge in die gedrukte weergawe wat nie in
die internet-weergawe verskyn nie, maar die meeste berigte is volledig.

Wat die ekonomie-berig betref: Ja, erg kommerwekkend. Die Times is baie
invloedryk, en sulke doodsberigte kan ontsaglike groot trefkrag h^e.
Verbasend min beleggers sal verder kyk as die oggendblad vir die "algemene
gevoel". Ironies genoeg herhinner ek my aan twee groterige berigte in die
Times in Oktober, in die besigheidsbladsye, wat as hooftema die idee
gehad het dat Suid-Afrika miskien die volgende "tiger economy" sou wees.

Daar is natuurlik diegene wat die swak rand vir korttermyn-wins kan
uitbuit (die kopers op die beurs is blykbaar oorwegend buitelands, en die
uitvoerbedryf lewe lekker). Maar die kommerwekkende aspek aan die
Times-berig is die algemene, bre"e aard daarvan. Daar was 'n paar jaar
gelede 'n algemene "afskrywing" van Suid-Afrika in die invloedryke
Frankfurter Allgemeine, wat glo geweldige negatiewe effekte in Duitsland
gehad het. Die hoofstroom joernalistiek het 'n invloed op die algemene
houding teenoor buitelandse sake wat buite proporsie is, teenoor
byvoorbeeld fyn analises en statistieke wat meer akkurate informasie weergee.

aar, die feit dat sulke berigte hulle stem by die waarskuwings voeg,
verleen darem 'n bietjie steun aan die sang in die regering se
regter-oor. So lank as wat daardie sang deur persvryheid kan voortgaan,
is daar 'n kans dat die kreet in die linker-oor nie die oordromme sal
bars nie. As die ANC kon seker wees dat die ondersteuning van die
vakbonde nie deurslaggewend was vir verdere magsbehoud nie, dan sou hulle
miskien die regter-oor meer kans gegun het. Dat dit nie die geval is nie,
is kommerwekkend. Want een ding is seker: magsbehoud kom eerste, die
ekonomie tweede. Slegs as ekonomiese groei magsbehoud kon verseker, en
slegs as die verliese aan linkse steun, wat gesonde beleide sou veroorsaak,
nie die moontlikheid van magsbelonings uit welvaart sou kelder nie, sou dit
vir die ANC die moeite werd wees om gesonde ekonomiese beleide te
handhaaf. En die onmiskenbare feit is dat ekonomiese groei die rykes
ryker maak, en dat die armes die voordele eers later en meesal indirek
trek, wat nog te sê raaksien. Dan is die vraag: wie se stem tel, en hoe
lank duur een regeringstermyn? Die antwoorde op albei vrae dui daarop dat
die linkerskouer al hoe meer aandag gaan begin geniet. Die belangrikste
dringende teiken is dus om die voordele van gesonde ekonomiese groei so
vinnig moontlik, en so oortuigend moontlik, aan die armes te verkoop. Dit
was nog nooit maklik nie, en sal seker ook nie makliker word nie.

Waar ongeletterdheid en armoede so 'n groot invloed op die
kiesersmeerdereid het as wat die geval in Suid-Afrika is, blyk bg teiken
onbereikbaar te wees. Maar, as mens kyk na die soort kapitalistiese
beleide waarmee die regering tot dusver tog volgehou het, dan wonder mens
of die wiskunde nie miskien nog verder verkeerd bewys kan word nie. Dat
ons hoegenaamd die soort grondwetlike en ekonomiese stelsel het wat ons
nou het, en nie iets waansinnigs nie, is tog 'n bewys dat die ooglopende
uiteindes nie so onwrikbaar is as wat die sosio-ekonomiese statistieke
sou wou hê nie. Enige iets is nog moontlik. En, soos op 'n effektebeurs,
is die wil alles, en die werklikheid die wil.

Groete
Frank
Vorige onderwerp: De Duivels Verzen
Volgende onderwerp: Nuwe Afrikaanse boeke
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 04:01:08 MGT 2024