Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Ekonomiese groei ens
Re: Ekonomiese groei ens [boodskap #6354] Ma, 29 April 1996 00:00
Johan de Villiers  is tans af-lyn  Johan de Villiers
Boodskappe: 67
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Pieter van der Dussen gee ons 'n dosis HNP propaganda:

> VERTROUE IN SWART REGIME STORT VOLLEDIG INEEN

[knip]

> Die wesenlike van die saak is dat die Swartbeheerde regime net so min
> in staat is om `n land te regeer as enige Swart regime elders in
> Afrika. Geen rentekoersverhoging of enige ander luttele poging kan
> hieraan iets verander nie.

[knip]

Kom ons vergeet gerieflik van die feit dat Botswana tot onlangs die
wêreld se hoogste ekonomiese groeikoers gehad het, en dat beleggers
uit Suid-Afrika na Botswana en Namibië vlug.

> aflaai. Dit is `n uiting van vertrouensgebrek nie soseer in Manuel of
> Mandela nie, maar in die toestand as geheel wat sedert die berugte De
> Klerktoespraak op 2 Februarie 1990 tot stand gekom het. Solank die
> SAKP/ANC aan bewind is, sal dit met die land e n die Rand slegter en
> slegter gaan. Nie oor hulle sosialisme as sulks nie, maar oor hulle
> onvermoe en die bewese mislukking van Kommunisme elders in die
> wereld.

Nee, die HNP sal natuurlik nie sosialisme "as sulks" kritiseer nie,
aangesien dit self 'n organisasie is wat sosialisme aanhang. Toegegee,
regse, oftewel fascistiese, sosialisme.

> Die enigste verweer teen die verval is dat Afrikanernasionalisme weer
> tot sy reg sal kom. Dit was die dryfkrag wat in die verlede die land se
> ontwikkeling en vooruitgang bewerkstellig het - tot so `n mate dat die
> Rand in die jare-sestig $2,50 werd was. D a arom moet die Afrikanervolk
> toenemend en met ywer dit wat eie aan hom is, weer opbou sodat hy
> gereed sal wees om in die toekoms, wanneer die tyd aanbreek, die land
> te herstel.

Arme HNP! Kan nou nog nie insien dat die gemors wat die ANC veroorsaak
juis die gevolg is van beleide en retoriek wat soortgelyk is aan die
HNP s'n. Dis juis Trevor Manuel se uitvaar teen wat die HNP die
"internasionale geldmagte" noem, wat soveel skuddings veroorsaak. Wat
retoriek en ekonomiese sin betref, kan Manuel maar net sowel 'n lid van
die HNP wees, alhoewel die werklikheid miskien hom 'n paar lesse geleer
het. Die HNP leef nog in 'n sosialistiese droomwêreld.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: Die Juffrou wat skryf vir die Vrye Amsterdamme
Volgende onderwerp: Re: Hulp gevra met "subscribe" en Microsoft Mail
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 09:58:50 MGT 2024