Die getal oorsese besoekers na Suid-Afrika vir 1995
(1 101 899) , die hoogste wat nog aangeteken is, het met
51,1% toegeneem in vergelyking met die 729 480 oor-
sese besoekers van 1994. Besoekers uit OseaniÂ
(61 085) en Europa (721 878) het die grootste toenames
getoon met onderskeidelik 66,6% en 55,8%.
Van die 109 022 oorsese besoekers in SA gedurende
Desember 1995 was 85,2% (92 811) met vakansie, 6,5%
(7 086) vir besigheidsdoeleindes, 2,7% (2 939) vir
werk, terwyl 5,0% (5 467) in transito was.
Die getal Suid-Afrikaanse inwoners wat gedurende
Desember 1995 tydelik na die buiteland vertrek het,
het met 50,2% toegeneem teenoor Desember 1994.
'n Totaal van 8 725 emigrante het SA gedurende 1995
verlaat, terwyl net 5 064 immigrante hulle in die
land gevestig het. Dit verteenwoordig onderskeidelik
afnames van 14,8% en 20,9% vir emigrante en immi-
grante vergeleke met 1994. Verder beteken dit dat
die netto resultaat van immigrasie en emigrasie 'n
verlies van 3 661 persone getoon het vir 1995 teenoor
'n verlies van 3 837 persone vir 1994.
Die netto verlies van professionele, semi-professio-
nele en tegniese beroepe was 882 persone gedurende
1995 teenoor 'n verlies van 857 persone gedurende
1994.
N.a.v. Bernhard se allergie vir lang sinne, en die gesprek oor regslui se
onnodig komplekse taalgebruik, wou ek darem die volgende met julle deel.
Die verslaggewer van die All England Law Reports (Celia Fox), het
blykbaar haarself uitgedaag om die hele appe'l-kwessie in R v Derby
agistrate's Court ex p B [1995] 4 All ER 526 in een sin, sonder kommas,
te omsluit. Hiermee dan haar sin:
A witness at the committal proceedings brought against his stepfather at
Derby Magistrates' Court for murder appealed with leave of the Appeal
Committee from the decision of the Queen's Bench Divisional Court
(McCowan LJ and Gage J) delivered on 21 October 1994 whereby it refused
his applications for judicial review of the issue on 21 June and 8 August
1994 by the stipendiary magistrate hearing the committal proceedings of
witness summonses pursuant to s 97 of the Magistrates' Courts Act 1978 to
his solicitor in defence of a charge of murder of the same victim as that
alleged to have been killed by his stepfather.
Wat merkwaardig is, is dat geen weglating van 'n komma in
daardie sin stylisties verkeerd is nie. Sy het uiteindelik minder woorde
gebruik as wat omskrywing sou verg. Die feite is baie akkuraat vasgevat.
Dit lees net 'n bietjie moeilik :-).
Ja!
Mens kry oral proteas in Australië te koop - taamlik algemeen.
Dit word hier gekweek en deur tuiniers geplant.
(Soos wat Suid-Afrikaners "bottlebrush" plant).
Ek vind dit verrassend dat baie Australiërs dink dat dit hul eie blom is.
Australië het natuurlik hul eie proteas, maar die lyk nie soos die
Suid-Afrikaanse soorte nie.
Maar Suid-Afrikaanse proteas groei makliker in Australië as Afrikaanse kultuur...
Groete
Twee dinge wat ek graag wil weet, altwee betreffende dieseldfe onderwerp.
ens kan dit dus beskou as een vraag met twee onderafdelings, of as twee
totaal onafhanlike vrae, wat toevallig dieselfde materiaal dek. Dis nes
mens wil.
Vraag 1 (en ek skaam myself simpel dat ek hierdie vraag moet vra, maar
mens vergeet dinge wat mens liewer nie sou wou vergeet nie, en dan sit
mens sonder dinge waarmee mens eerder nie sonder sou wou sit nie):
Wie het Brolloks en Bittergal geskryf?
Vraag 2 (dis nog jammerder dat ek dit nie kan onthou nie):
Was daar gedeeltes van die storie wat in versvorm geskryf is, of was dit
alles prosa?
Hoe meer ek terugdink aan die storie, hoe meer kan ek sweer dit was
alles prosa, maar hoekom pik-pik daar iets iewers saggies aan my
voorste breinlobbe omtrent versies in Brolloks et al? Miskien is ek nou
met Raueber Hotzenplotz deurmekaar. Dit was alles versies. En Duits. Min
hulp dus wat die Brolloks-geheue betref.
Praat van versies en Duits, ek het onlangs die stelling gemaak dat geen
ander digter nader aan Shakespeare kom wat reine lewende beelde betref as
NP van Wyk Louw nie. Mens moet darem Goethe hier noem. Maar ek moet
toegee, twee faktore bemoeilik die beslissing: die kindergeheue verleen
aan alles en almal ontsaglike beeldende vermo"e, so alle Goethe-versies
wat ek as kind vir die eerste keer leer ken het, tel nie. Dis faktor een.
Faktor twee: Ek het Faust gelees met die ondersteuning van een of ander
koring aquavite, wat ook miskien die beelde meer laat leef as wat hulle
moes. Ek kan dit sterk aanbeveel vir enigiemand wat Faust wil lees.
Wat het nou weer met Brolloks en Bittergal gebeur? (Jammer, dis nou al
drie vrae.) Op een stadium skiet iemand op hulle, of net op een, en word
een van hulle gekwes. Dis omtrent al wat ek van die hele ding kan onthou.
As ek toe maar die aquavite byderhand gehad het, was dit miskien nie
nodig om vandag hierdie vrae te stel nie.
Van digters gepraat (Brolloks en Bittergal het nie gedig nie, sover ek
kan onthou):
Hier volg 'n lys vervoerings-digters. Dis mense wat, meesal in vryvers,
dit regkry om die leser se gees te ontvoer, en iewers op 'n wasige eiland
tussen skimme, wat net te sag fluister vir ordentlik luister, te los. Dis
die onderbewussyn aan die stook. Begrip kom tweede, as dit hoegenaamd tel.
TS Eliot
Louis MacNeice
Dylan Thomas - veral "Fern Hill".
Dit werk natuurlik ook met die goeie ou romantici, maar weer op 'n ander
manier. (Novalis, Coleridge, Shelley, Keats, 'n bietjie Byron.)
Partymaal is die wasige eiland baie gemakliker as die stink-werklikheid.
Daar's iets aan die wasige eiland wat vreeslik seermaak, maar dis deel
van die skoonheid. Ek dink Keats was reg: ons geniet skoonheid en
ondervind plesier weens die sterflikheid wat daaraan klou. Sonder die pyn
van die sterflikheidsbesef is die genot vlak en dierlik. Kyk na sy
"Bright Star" gedig. Het dit nie byderhand nie. Het niks byderhand nie.
Dierlike genot moet natuurlik nooit afgeskryf word nie, maar dan net as
dit na refleksie as ervaring vertaal word, sodat mens dit rasioneel waardeer.
[ Groooot omverskoning. "kop" was "delete"; "stert" was "send". Stert.
Ek het dus nie 'n keuse gehad nie. Ek sou veel eerder, nes julle, wou
"kop" gehad het. ]
Vir die van ons wat in die buiteland woon en werk en bitter min
met enigiets Suid-Afrikaans in aanraking kom, is dit altyd baie aangenaam
om proteas raak te loop. Ek het al vars proteas gesien in straatstalletjies
in Toulouse en in San Fransisco. Weet enigiemand of sulke proteas plaaslik
gekweek word of vanuit Suid-Afrika ingevoer word?
Nog 'n opmerking: in Europa, na die val van sanksies, het lemoene oornag in
Outspans verander? Laat 'n mens wonder...
Om 'n suksesvolle statistiese stelsel in die RSA te
bedryf, is die samewerking tussen die Sentrale
Statistiekdiens en die inwoners van die RSA, die
private sektor en die owerheidsinstellings onont-
beerlik. Sonder hierdie volgehoue samewerking en
welwillendheid sal die tydige beskikbaarstelling
van relevante en betroubare amptelike statistieke
nie moontlik wees nie.
MEER AS 'N MILJOEN OORSESE BESOEKERS IN 1995
Die getal oorsese besoekers na Suid-Afrika vir 1995
(1 101 899) , die hoogste wat nog aangeteken is, het met
51,1% toegeneem in vergelyking met die 729 480 oor-
Msese besoekers van 1994. Besoekers uit OseaniÂ
(61 085) en Europa (721 878) het die grootste toenames
getoon met onderskeidelik 66,6% en 55,8%.
Van die 109 022 oorsese besoekers in SA gedurende
Desember 1995 was 85,2% (92 811) met vakansie, 6,5%
(7 086) vir besigheidsdoeleindes, 2,7% (2 939) vir
werk, terwyl 5,0% (5 467) in transito was.
Die getal Suid-Afrikaanse inwoners wat gedurende
Desember 1995 tydelik na die buiteland vertrek het,
het met 50,2% toegeneem teenoor Desember 1994.
'n Totaal van 8 725 emigrante het SA gedurende 1995
verlaat, terwyl net 5 064 immigrante hulle in die
land gevestig het. Dit verteenwoordig onderskeidelik
afnames van 14,8% en 20,9% vir emigrante en immi-
grante vergeleke met 1994. Verder beteken dit dat
die netto resultaat van immigrasie en emigrasie 'n
verlies van 3 661 persone getoon het vir 1995 teenoor
'n verlies van 3 837 persone vir 1994.
Die netto verlies van professionele, semi-professio-
nele en tegniese beroepe was 882 persone gedurende
1995 teenoor 'n verlies van 857 persone gedurende
1994.
Hoof: Sentrale Statistiekdiens
P0351
VERDUIDELIKENDE OPMERKINGS
Volledige emigrasiegegewens is deur die SSD tot en
met Desember 1992 gepubliseer. Aangesien basiese
inligting oor emigrasie nie daarna beskikbaar was
nie, was dit nie moontlik om maandeliks gegewens oor
emigrasie ten opsigte van die tydperk Januarie 1993
tot Oktober 1993 vry te stel nie.
Met ingang van 26 Oktober 1993 het die Departement
van Binnelandse Sake egter 'n stelsel in werking
gestel waarvolgens Suid-Afrikaanse inwoners wat vanaf
Johannesburg, Kaapstad en Durban Internasionale
Lughawe na die buiteland reis, vertrekvorms voltooi.
Hierdie stelsel is slegs by di drie lughawens
ingestel, omdat ongeveer 97% van die emigrante die
land deur hierdie drie poorte verlaat het.
Di stelsel het dit moontlik gemaak om weer vanaf
November 1993 inligting oor Suid-Afrikaanse toeriste
en emigrante wat die land deur hierdie drie poorte
verlaat, te bekom en te verwerk.
Die kategorie "oorsese besoekers" sluit nie besoekers
uit Afrika en sy eilande en uit "ongespesifiseerde"
lande in nie.
For those of you that are interested, there is a "bulletin board"
that has been dedicated to the debate on whether Afrikaans should be
used as the medium of instruction at Stellenbosch University.
Hier is 'n paar opmerkings oor geld, geld skepping, inflasie, en die
wisselkoerse van geld.
Die geldskeppingsrol van die Reserwe Bank moet nie verwar word met die
druk van Randnote en die munt van munte nie. In enige moderne ekonomie
vorm note en munte 'n onbenullige klein deeltjie van die geld in omloop.
Banke het in die dae van die goudsmede al agtergekom dat al hulle kliente
nie op die selfde tyd hulle gedeponeerde geld onttrek nie.
'n Bank kan vir kliente meer voorskied as wat by hulle gedeponeer is.
Die bank verdien rente deur ander mense se geld uit te leen. As almal
wat geld gedeponeer het gelyk hulle geld sou
wou onttrek, (soos soms wel gebeur het) sal die bank in die moeilikheid
wees. 'n Handelsbank wat net soveel uitleen as wat by hom gedeponeer is,
sal baie min geld maak. As 'n bank te veel uitleen, loop die bank gevaar
van ' n "run". Omdat handelsbanke hoofsaaklik met ander mense se geld
werk, leen hulle net geld uit op 'n min of meer risiko vrye basis; net
aan mense of ondernemings wat "nie werklik 'n lening nodig het nie" (dws.
die klient moet baie bates he waarop hulle kan beslag le as terugbetaling
nie betyds plaas vind nie). Die heel veiligste klient om aan te leen is
gewoonlik 'n land se sentrale regering. Die wyse waarop die regering leen
is deur skuldbriewe op 'n tenderbasis te floteer. Handelsbanke is groot
kopers van hie rdie skuldbriewe (omdat hulle 'n goeie rente teen geen of
weinig risiko verdien). Die regering sal altyd die rentekoers betaal wat
dit neem om die geld te kry wat hulle wil bestee om mee "stemme te koop").
Om die publiek te beskerm is daar sedert die eerste dekade van hierdie
eeu, 'n sentrale bank in elke Westerse land. Die sentralebanke is deur
die sentrale regerings verandwoordelik gemaak vir monetere beleid.
onetere beleid is veronderstel om daarop gerig te wees om 'n land se
geldeenheid se binnelanse waarde en wisselkoers te "handhaaf". In die
oudae was dit redelik maklik. Handelsbanke is wetlik verplig om vir elke
R1 000 wat hulle uitleen, 'n sekere bedrag by die sentrale bank te
deponeer Op hierdie "reserwes" het hulle nie rente verdien nie. Deur die
persentasie "reserwes" te verhoog, kon die sentrale bank die hoeveelheid
geld in "omloop" aansienlik en vinnig laat krimp. Indien die vraag na
geld (deur die handel en huishoudings) konsta nt bly terwyl die aanbod van
geld (deur die handelsbanke) daal as gevolg van 'n verhoogde reserwe
vereiste, styg die prys van geld; dws. die rentekoers. Vandag gebruik
sentrale banke nie dikwels veranderinge in die persentasie reserwes nie.
Beheer oor
die hoeveelheid geld in omloop word uitgeoefen deur sg. opemark
transaksies. Sentrale banke koop regeringskuldbriewe van handelsbanke
waneer hulle geld in omloop meer wil maak en rente koerse wil laat sak (om
die ekonomie te stimuleer). Of die sentrale
bank bied aan banke regeringskuldbriewe aan teen baie gunstige pryse
(waneer hulle geld uit die ekonomie wil onttrek en rentekoerse laat styg).
'n Sentrale bank koop nooit, maar nooit "nuwe" suldbriewe direk van die
regering nie!
Is die mense by die Suid Afrikaanse Reserwe bank goed? Tot baie onlangs
was aan elke sakeskool in die VSA 'n boek voorgeskryf met die naam
"Central Banking"; die skrywer was Gerhard de Kok se pa, wat aan Harvard
gestudeer het. Gerhard de Kok was op sy
beurt net op die regte tyd by Harvard om aan die "voete te sit" van die
mense wat die hele snetrale bankwese begrip bedink en verstaan het. Tot
die vroee 70er jare het Gerhard ook as 'n visi presidente van die IMF in
Washington diens gedoen. Chris Sta ls was op sy beurt 'n student van
Gerhard, en vir baie jare 'n kolega. Die Suid Afrikaanse Reserwebank het
natuurlik die bemarking van goud gehanteer vir die wereld se belangrikste
goud produserende land. In die dae van die goudstandaart was dit belangr
ik.
In 1972(?) was Nixon verplig om die Dollar finaal van goud te ontkoppel.
(Die einde van die Brettonwoods ooreenkoms in terme waarvan geldeendede se
waarde gedefinieer was in terme van 'n ons fyn goud. Wisselkoerse in
terme van goud kon slegs met die to estemming van die Internasionale
onetere Fonds verander word.) Na 1972 was wisselkoerse veronderstel om op
die wereldmark deur vraag en aanbod bepaal te word. Ekonome soos Milton
Friedman het almal verseker die koerse sou gou stabiliseer; ons wag nog.
Milton het tereg destyds gemeen dat die vraag en aanbod van buitelandse
valuta bebaal word deur handels en beleggings behoeftes. Vandag is die
wereld se valuta mark 'n blote "casino". Die daaglikse vloei van geld
tussen lande is drie jaar gelede ge raam op $650 biljoen. Van die bedrag
het minder as 10 persent enige iets te make met handel of belegging! 'n
Paar jaar gelede het 'n ou met 'n PC in New York so'n spekulasie teen die
New Zeelandse reserwebank aan die gang gesit, dat hulle betaalmiddel v ir
'n week van die mark onttrek moes word. Uitlatings van twee-tand Suid
Afrikaanse politici speel nie veel van 'n rol nie in die mark nie; om die
waarheid te se, dit word nie eers baie wyd geraporteer nie. Wat in PW se
tyd gebeur het was dat 'n pub likasie in England daarop gewys het dat die
kort-termyn (3 maande) leningsverpligtinge van Suid Afrika meer is as die
waarde van 3 jaar se uitvoere. Wat dit beteken het was dat as sommige van
die buitelandse banke nie hulle lenings aan Suid Afrika outom aties
verleng nie, gaan 'n paar banke lank wag vir hulle geld! Die
onvergeeflike toestand het ontstaan omdat iemand op Kerkplein aan die
slaap was.
Wat kan die Suid Afrikaanse Reserwe bank vandag doen om die Rand se
wisselkoers te handhaaf? Na my beskeie mening nie veel nie. So'n paar
weke gelede het die Bank van Japan probeer om 'n verstelling aan die
waarde van die Yen te maak. Hulle het op die bepaalde dag met Dollars uit
hulle groot buitelandse valuta reserwes $25 biljoen se Yen gekoop. Hulle
is bygestaan deur die "mighty" Federal Reserve van die VSA wat 'n verdere
$16 bijoen se Yen gekoop het. Teen die einde van die dag was die Yen laer
as aan die begin van die handelsdag! As die tweetjies dit nie kan doen
nie, moet niemand ernstig verwag dat Stals en Kie dit kan doen nie.
My raad, vir wat dit werd is. Suid Afrika moet ophou om Duitsland na te
volg met hulle uitgediende beheptheid met hulle stryd teen inflasie.
Hulle het meer as 12 % werkloosheid en belastings en vakbonde wat
nywerhede laat vlug. Suid Afrika sal beter doen om by Taiwan en Chile
kers op te steek.
> Kan enige van die Latynkenners dalk vir my 'n goeie vertaling vir die
> leuse: "nemine sine criminem vivit" gee.
Freek, dit lyk soos 'n fout. "nemo sine crimine vivit" beteken "niemand
leef sonder skuld nie".
Letterlik beteken wat jy daar het
"sonder niemand leef ... (voorwerp) skuld...nie".
Selfs dit werk glad nie, want mens kry nooit die "sine" na die woord nie.
Maar "sine" neem die ablatief, en nie die voorwerp nie, dus moet daar
iets met die aanhaling se grammatika skeef wees.
Groete
Frank.
NS: ek stem 100% saam dat niemand sonder skuld leef nie. Dis immers wat
Christus gesuggesteer het toe hy gemaan het die onskuldige moet die
eerste klip gooi.
> Ek dink egter dit is sinneloos om Japan se groei met die van die RSA
> te vergelyk, juis oor die inspuitings wat Japan van die VSA af ontvang
> het.
Ek veronderstel jy sluit die "inspuitings" van twee kernbomme en die
verwoesting van die Tweede Wêreldoorlog in. Die Amerikaners het wel
Japan gehelp om na die oorlog weer op haar voete te kom, maar mens kan
ook redeneer dat, indien daar nie 'n oorlog was nie, Japan nie sulke
inspuitings nodig sou gehad het nie. Japan was al voor die oorlog
geïndustrialiseer, en talle Japanse vervaardigde produkte was van
hoër gehalte as die gelykstaande produkte uit die VSA en Europa. Die
beeld van goedkoop, swak gehalte Japanse produkte het grootliks sy
oorsprong in die na-oorlogse tydperk van Amerikaanse besetting, toe
Japan van sy knieë probeer opstaan het.
Dit is egter waar dat suksesvolle lande bou op sekere sleutelfaktore,
waarna Antonie reeds elders verwys het, o.a. 'n werketiek, goeie
onderwys en opleiding, gebrek aan sosiale en politieke onrus, 'n sin
van sosiale verantwoordelikheid, waarin die gesin 'n kernrol speel.
Apartheid het baie gedoen om hierdie susksesfaktore af te takel, maar
ek kry die gevoel dat die nuwe regering nie juis alles in die stryd
werp op hierdie faktore aan te moedig nie. Die ondersteuning van die
COSATU staking deur die ANC was blote gekheid, om maar een ding te
noem.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
My views are my own, and do not necessarily reflect the views of the CCWR
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven