Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Latynse leuse
Latynse leuse [boodskap #6400] Do, 02 Mei 1996 00:00
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Thu, 2 May 1996, Freek Eek wrote:

> Kan enige van die Latynkenners dalk vir my 'n goeie vertaling vir die
> leuse: "nemine sine criminem vivit" gee.

Freek, dit lyk soos 'n fout. "nemo sine crimine vivit" beteken "niemand
leef sonder skuld nie".

Letterlik beteken wat jy daar het

"sonder niemand leef ... (voorwerp) skuld...nie".
Selfs dit werk glad nie, want mens kry nooit die "sine" na die woord nie.
Maar "sine" neem die ablatief, en nie die voorwerp nie, dus moet daar
iets met die aanhaling se grammatika skeef wees.

Groete

Frank.

NS: ek stem 100% saam dat niemand sonder skuld leef nie. Dis immers wat
Christus gesuggesteer het toe hy gemaan het die onskuldige moet die
eerste klip gooi.
Vorige onderwerp: gesuggesteer
Volgende onderwerp: Rubicon: die inside story
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:08:49 MGT 2024