Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rubicon: die inside story
Rubicon: die inside story [boodskap #6384 is 'n antwoord op boodskap #6394] Do, 02 Mei 1996 00:00 na volgende boodskap
Johann Christiaan Claasen  is tans af-lyn  Johann Christiaan Claasen
Boodskappe: 4
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Julle gesels oor Rubicon. Sonder om te veel uit die huis uit te praat, en
sonder om hewiglik naam te gooi ("name dropping"), die volgende: Ek het op
'n stadium 'n minister se dogter uitgeneem (het intussen darem oor die koors
gekom), en het toe meer van die ware Rubicon gehoor. Dit stem ooreen met die
bydraes op die poslys. Die land, NP en PW was gereed vir hervorming in
85/86. Drie kabinetslede, Kobie Coetsee, Pik en Chris Heunis het maande lank
voorberei aan 'n konseptoespraak. Toe gaan Pik kort voor Rubicon (Durban;
NP-kongres Augustus; '85 of '86? trouens, daar was eintlik 2 Rubicons)oorsee
en skep verwagtinge dat Mandela vrygelaat sou word, die ANC ontban sou word,
die demokratiese proses sou begin, ens; maw al die aankondigings van 2 Feb
1990. En, in die woorde van my amperse skoonpappie, "daar trek PW toe moer
en hy skryf sy eie speech!" Dis ook waar dat FW beswaard was teen te snelle
verandering. Een teorie is dat Pik aspris die voorbrand gaan doen het om die
oud-pres te "dwing" om te verander. 'n Teenoorgestelde teorie is dat hy juis
die oud-pres wou benadeel, omdat hy sou weet die oud-pres sou omspring. (Pik
en PW het uitgeval omdat Pik nie omgegeee het om onder 'n swart pres te dien
nie.) Wys net hoe onbetroubaar samesweringsteoriee is.

Chris Claassen
Re: Rubicon [boodskap #6385 is 'n antwoord op boodskap #6384] Wo, 01 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Frank Snyckers  is tans af-lyn  Frank Snyckers
Boodskappe: 68
Geregistreer: Maart 1996
Karma: 0
Volle Lid
On Wed, 1 May 1996, Jeffery Zucker wrote:

> Johan Brink skryf:
>
>> . . . Ongelukkig het die hudige bewindhebbers nie die
>> allenreg op `stupid' uitsprake wat op die ekonomie slaan nie. Onthou julle
>> nog die PW Botha `Rubicon'-toespraak van 10 jaar gelede? Dit is daar waar
>> die Rand sy afwaartse gly begin het, wat nou nog aangaan.
>
> Kan iemand my asb herinner waaroor PW Botha se "Rubicon" toespraak
> gegaan het? Was dit 'n waarskuwing teen FW se beleid?
>

So ver ek kan onthou was die rede vir die negatiewe reaksie op die
"Rubicon"-toespraak die feit dat groot verwagtinge van radikale
hervorming liederlik teleurgestel is. PW het dus nie genoeg gesê nie.
"Apartheid as usual" was die boodskap wat die negatiewe reaksie
veroorsaak het. Daar was natuurlik diegene wat gedink het hy het "te ver"
gegaan, nes daar mense is wat dink FW het "te ver" gegaan, en nes daar
mense is wat dink Hitler was 'n oulike ou.

Groete
Frank
Re: Rubicon [boodskap #6394 is 'n antwoord op boodskap #6384] Wo, 01 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Oor die Rubicon-toespraak:

Sover ek onthou:
Voor die tyd het Pik Botha oorsese mense glo laat weet hier kom 'n
belangrike toespraak.
Dit was die dae toe daar geflirteer is met die idee om Mandela vry te
laat.
Die implikasie was dat die toespraak 'n belangrike aankondiging sou
bevat wat SA op die punt van 'n politieke deurbraak sou plaas.
Die "mood" was eerder een van oper demokrasie as anderkant toe.
Toe - volgende skinder van die tyd - het die Militere kerels met PW se
verstand gewerk en die aand van die toespraak - met die hele wereld se
oe op hom via TV - bars hy toe los met 'n konserwatiewe
verkiesingstoespraak.
Hy het sy vinger wild en wakker geswaai voor sy kwaai oe" en as ek reg
onthou, het hy nog die wereld ook uitgedaag om te "try" wat hulle wil.
Later het dit geblyk een van die mense wat glo die aand gekyk het,
was 'n mover en shaker van 'n Amerikaanse bank wat baie oor ons lening
te se gehad het (Chase Manhatten?).
'n Paar maande later kon ek glad nie meer die pyp-tabak kry wat ek
gerook het nie. Dit was ingevoer van Swede of so plek (Borkhum Riff).
Intussen het eg darem opgehou rook.
Ferdi
Re: Rubicon [boodskap #6395 is 'n antwoord op boodskap #6394] Do, 02 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
mar...  is tans af-lyn  mar...
Boodskappe: 59
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
> Kan iemand my asb herinner waaroor PW Botha se "Rubicon" toespraak
> gegaan het? Was dit 'n waarskuwing teen FW se beleid?
>
> By voorbaat dankie,
>
> Jeff
>
Hendrik skryf:

almal (die internasionale wêreld inkluis) het gedink pw botha gaan vir
mandela vrylaat, maar dit het toe nie gebeur nie. die rand het toe begin val.

**************************************************

"Mel's Space Programme"

**************************************************
Re: Rubicon [boodskap #6396 is 'n antwoord op boodskap #6394] Do, 02 Mei 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
a...@rmbmain.rmb.co.za wrote:
>>[/color]

Nee, dit was nie.
Enige joernalis wat so 'n toespraak gehad het, kon ewige
joernalistieke roem deermee verdien het.
Miskien het een of twee baie baie diep vertrouelinge dit gehad, van
die soort wat dit weer gedienstig sou teruggee.
aar gewone politieke joernaliste het dit beslis nie voor die tyd
gekry nie.
Anders sou ons vandag presies geweet het wat daarin gestaan het.
Vorige onderwerp: Latynse leuse
Volgende onderwerp: spelrympies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 08:26:22 MGT 2024