Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oorsese besoekers en migrasie
Oorsese besoekers en migrasie [boodskap #6429] Wo, 08 Mei 1996 00:00
AntMan  is tans af-lyn  AntMan
Boodskappe: 10
Geregistreer: April 1996
Karma: 0
Junior Lid
Van die nuusgroep.

================================

EER AS 'N MILJOEN OORSESE BESOEKERS IN 1995

Die getal oorsese besoekers na Suid-Afrika vir 1995
(1 101 899) , die hoogste wat nog aangeteken is, het met
51,1% toegeneem in vergelyking met die 729 480 oor-

sese besoekers van 1994. Besoekers uit Oseani‰
(61 085) en Europa (721 878) het die grootste toenames
getoon met onderskeidelik 66,6% en 55,8%.

Van die 109 022 oorsese besoekers in SA gedurende
Desember 1995 was 85,2% (92 811) met vakansie, 6,5%
(7 086) vir besigheidsdoeleindes, 2,7% (2 939) vir
werk, terwyl 5,0% (5 467) in transito was.

Die getal Suid-Afrikaanse inwoners wat gedurende
Desember 1995 tydelik na die buiteland vertrek het,
het met 50,2% toegeneem teenoor Desember 1994.

'n Totaal van 8 725 emigrante het SA gedurende 1995
verlaat, terwyl net 5 064 immigrante hulle in die
land gevestig het. Dit verteenwoordig onderskeidelik
afnames van 14,8% en 20,9% vir emigrante en immi-

grante vergeleke met 1994. Verder beteken dit dat
die netto resultaat van immigrasie en emigrasie 'n
verlies van 3 661 persone getoon het vir 1995 teenoor
'n verlies van 3 837 persone vir 1994.

Die netto verlies van professionele, semi-professio-

nele en tegniese beroepe was 882 persone gedurende
1995 teenoor 'n verlies van 857 persone gedurende
1994.
Vorige onderwerp: legalspeak
Volgende onderwerp: Nuwe grondwet?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 11:24:39 MGT 2024